• No results found

1. INLEIDING

Die geskiedenis van die Vrystaat in die 19de eeu is in die eerste plek die verhaal van die inburgering van ’n groep boere wat die suide van die gebied binnegetrek het op soek na lewensruimte en weiveld. Hulle was primêr ingestel op ekonomiese oorlewing. Een van hierdie Boere wat hom teen 1861 in hierdie gebied gevestig het, was Jan Adriaan Grobbelaar, die seun van Pieter Grobbelaar van Meerderwyk, distrik Colesberg. Sy vestiging op Cyferfontein, distrik Bethulie, het om suiwer ekonomiese redes geskied, omdat daar vir ’n boer nie meer genoeg beskikbare lewensruimte in die Colesberg-distrik was nie. Hierdie groep het reeds vanaf vroeg in die 19de eeu die gebied binnegetrek met geen politieke motief vir hulle migrasie oor die Oranjerivier nie.

Hierbenewens is dit die verhaal van ’n tweede groep, die Voortrekkers, wat reeds in 1836 die Vrystaat binnegetrek het met ’n hoofsaaklik politieke motief om die Kaapkolonie te verlaat en onder Britse gesag uit te trek. Hierdie trek het ’n ander dimensie aan die bestaan in die gebied tussen die Oranje- en die Vaalriviere gegee, omdat die Britse regering dit gesien het as ’n uitdaging van die Britse gesag in Suid- Afrika. In die daaropvolgende jare het die suiwer ekonomiese belang van die eerste groep al meer op die agtergrond gekom. Die oorgrote meerderheid boere se teenwoordigheid in die Vrystaat het ’n politieke kleur begin aanneem as gevolg van die optrede van die Britse imperiale regering teenoor hierdie mense wat hulle rug gekeer het op Britse heerskappy. Daarom is hierdie geskiedenis ook die geskiedenis van Britse imperiale inmenging in die sake van hierdie boere; wat met verloop van tyd bloot as “die Boere” bekendgeword het.

Die rol wat die Britse imperiale regering in die Vrystaat gespeel het, kan die beste geïllustreer word aan die hand van ’n ontmoeting van ’n afvaardiging van die

Vrystaatse Volksraad met sir George Grey op 29 September 1857 in Aliwal-Noord. Dit was na aanleiding van die begeerte van die twee jong Boererepublieke om saam te smelt. Grey wou so ’n samesmelting voorkom en het aangevoer dat dit die twee konvensies sou vernietig waarvolgens die onafhanklikheid van die twee republieke erken is. Volgens Grey het Brittanje die beperkings wat die Pretoria- en Sandrivier- konvensies op hom gelê het met betrekking tot bondgenootskappe met swart stamme en handel met vuurwapens en ammunisie, te bindend, kwetsend en vernederend gevind. Hy het ten slotte verklaar dat die Britse regering hom die reg voorbehou het om die aankoop en invoer van wapens en ammunisie deur die burgers te belemmer of te verbied, indien dit hom sou pas.1

Volgens dr. GD Scholtz, gesaghebbende skrywer van ’n reeks werke oor die politieke ontwikkeling van die Afrikaner, was hierdie uiting van sir George Grey die eerste teken van die latere “British supremacy” of Britse oppermag. In die praktyk het Brittanje homself as die allesoorheersende mag in Suid-Afrika beskou wie se belange altyd deurslaggewend moes wees, ongeag die gevolge daarvan vir die twee republieke. Grey se siening van sake was geensins nuut nie en derhalwe ook nie die eerste teken daarvan nie. Wat hy gedoen het, was om die praktyk wat nog deurgaans gevolg is, amptelik te maak. Hierdie beleid is reeds deur Brittanje sedert die Groot Trek ten opsigte van die Voortrekkers gevolg. Dit is die beleid wat agtereenvolgende Britse regerings tot 1899 teenoor die twee Boererepublieke sou volg en wat die beginsels van die volkereg eensydig ter syde gestel het in so verre dit die onafhanklikheid van state raak. Dié Britse siening bewys in die woorde van Scholtz “die politiek word nou eenmaal deur die magsfaktor beheers. Wie oor die mag beskik, dwing sy wil af op diegene wat dit nie besit nie. Brittanje was magtig; die twee Boererepublieke was dit nie.”2

Die rol van die Britse imperialisme in Suid-Afrika kan nie in perspektief geplaas word sonder om kennis te neem van die werk van dr. John Philip, verbonde aan die Londense Sendinggenootskap nie. Hy was die grondlegger van liberalisme in Suid- Afrika. In sy benadering tot sake was die Europese ideale met betrekking tot vryheid en gelykheid sy uitgangspunt. Hy het ’n onbeheerste strewe na mag en ’n behoefte aan

1 GD Scholtz, Die ontwikkeling van die politieke denke van die Afrikaner 3: 1854-1881, pp. 370-372. 2 Ibid.

invloed, status en aansien gehad. Ook was hy baie onverdraagsaam en het geen opposisie geduld nie. Dr. Philip wou basiese vraagstukke oplos en het daarom byvoorbeeld gepleit vir die stigting van reservate vir onder andere die San, die Griekwas en swart stamme om vir hulle ’n selfstandige ekonomiese voortbestaan te verseker. By die uitbou van sy werk het hy die geroepenheid wat by die Britse volk aanwesig was om die seëninge van die Britse beskawing en die Christendom na alle heidense volke van die wêreld uit te dra, wel deeglik benut.3 Hy het groot invloed

gehad by die Britse regering en met sy persoonlikheid sou hy sekerlik nie geskroom het om te bots met die Britse amptenare aan die Kaap, indien hy nie sy sin kon kry nie. Teen hierdie agtergrond moet die rol van Brits imperialisme in die Vrystaat beoordeel word.

Die Grobbelaars van Cyferfontein het omrede hulle eie ekonomiese welvaart ’n vasskopplek in die distrik Bethulie gevind. Binne die breër konteks van die aankoms van die Voortrekkers in 1836 en die Britse imperiale politiek het hulle ’n deel van die Vrystaat geword. Mettertyd het hulle, in reaksie op die Britse imperiale politiek, ’n Vrystaatse lojaliteit met ’n liefde vir die nuwe vaderland ontwikkel. In Bethulie het hulle ’n vooraanstaande en suksesvolle boerefamilie geword. In plaaslike aangeleenthede het hulle ook op kerklike gebied as kerkraadslede en op militêre gebied as burgers op kommando ’n leidende rol in die gemeenskap gespeel. Uit hierdie familie sou later nie net boere nie, maar ook predikante, sendelinge en ander professioneles na vore tree.

2. DIE OORSPRONKLIKE INWONERS

Toe die Boere aanvanklik die Vrystaat binnegetrek het op soek na weiveld en lewensruimte, het hulle besetting van die sentrale gebied volgens sir George Clerk nie ten koste van enige swart stamme geskied nie, want behalwe die San het geen ander inboorlinge belanggestel in so ’n droë en onproduktiewe grondgebied nie.4 Min of

meer gelyktydig met die Boere het Mosjesj en sy Basoetos hulle in die bergwêreld van die teenswoordige Lesotho, aangrensend aan die Vrystaat, gevestig. Mosjesj is

3 PH Kapp, Dr. John Philip die grondlegger van liberalisme in Suid-Afrika, pp. 283, 285-286.

4 Vrystaatse Argiefbewaarplek (VAB), IBB6: Further correspondence relative to the state of the Orange

deur die Kaapse goewerneur, sir Harry Smith, in ’n brief aan graaf Grey, Minister van Kolonies, beskryf as die “wily and evasive Chief Moshesh”.5 Adam Kok en sy

Griekwas het in die suide gewoon, by Thaba Nchu was kaptein Moroka en sy Barolongstam en aan die westekant van die destydse Basoetoland kleiner groepies inboorlinge. Dr. Philip het ’n groep Griekwas, Korannas en Bergenaars oorreed om Adam Kok II as hulle leier te erken en hulle amptelik t een 1833 in die Transgariep te vestig.6Goewerneur Harry Smith het Kok en sy volgelinge beskryf as

“mere squatters [with] no more hereditary right to the country in question than the Boers themselves, who [….] for the sake of pasturage, [had been] driving their herds and flocks over the Orange River”.7Die Britse imperiale beleid ten opsigte van die

Boere noord van die Gariep het sy beslag na die Groot Trek in 1836 gekry.

Dit blyk dat Brittanje nie daarin kon berus dat die Boere onafhanklik was en onafhanklik kon optree nie, maar ook nie Britse gesag oor die hele gebied wou uitbrei nie. Terselfdertyd wou die Britse regering nie sy gesag oor die Trekkers prysgee nie en het daarom “An Act for the Prevention and Punishment of Offences committed by His Majesty’s Subjects within certain Territories adjacent to the Colony of the Cape of Good Hope, 13 August 1836” gepromulgeer om beheer te behou oor die inwoners van ’n gebied wat nie ’n Britse gebied was nie. Die rede wat die Britse regering aangevoer het, was dat onderdane van die Britse koningin dikwels oortredings teen die inwoners in so ’n gebied gepleeg het. Om dié rede sou die wette wat toe of daarna van krag was in die Kaapkolonie, ook van toepassing wees op alle onderdane van die Britse koningin binne die gebied aangrensend aan die Kaapkolonie, suid van die 25ste breedtegraad.8Hoewel nie meer onder die Britse gesag nie, het die Britse regering die

Boere steeds as onderdane beskou en geïmpliseer dat hulle so dikwels oortredings teen die swart bevolking gepleeg het dat ’n Britse wet van krag gemaak moes word in ’n gebied wat nog nooit Britse gebied was nie. Dit staan in ’n skrille teenstelling met dit wat sir George Clerk in 1853 bevind het.

5 HPN Muller, Oude tyden in den Oranje-Vrystaat, p. 5; V.A.B., IBB6: Further correspondence relative

to the state of the Orange River Territory, 31 Mei 1853, p. 29.

6 K Schoeman, Griqua Records: The Philippolis Captaincy, p. xii-xiii; Muller, p. 6.

7 VAB, IBB4: Correspondence with the Governor of the Cape of Good Hope relative to assumption of

sovereignty over the territory between the Vaal and Orange rivers, 19 Mei 1851, p. 82.

8 VAB, IBB6: Further correspondence relative to the state of the Orange River Territory, 31 Mei 1853,

HPN Muller huldig in sy werk, Oude tyden in den Oranje-Vrystaat, die standpunt dat hierdie wetgewing gesteun is deur ’n politiek wat daarop gemik was om die Boere terug te dwing na die oosgrens van die Kaapkolonie, omdat hulle wegtrek daarvandaan ’n vakuum op die oosgrens van die Kaapkolonie sou veroorsaak. Daardie grens het dus oopgelê vir die swart stamme op die Oosgrens. Volgens hom het die Britse owerhede daarom begin om die swart stamme in en om die gebiede waar die Boere hulle gevestig het, magtig te maak. Sodoende wou hulle die wêreld vir hulle só onaangenaam maak dat hulle sou terugkeer na die Kaapkolonie.9 Hierdie standpunt

van Muller is egter te simplisties gestel en moet teen ’n wyer agtergrond benader word. Dit moet veral in gedagte gehou word dat die hoofdoel van die Britse regering dwarsdeur die 19de eeu was om sy oppermag (“paramountcy”) in Suid-Afrika te vestig en te handhaaf.10

Die konteks waarbinne die Britse regering wou optree, word uiteengesit in ’n brief van die Britse Minister van Kolonies, graaf Grey, aan sir Harry Smith op 12 November 1850. Daarin skryf Grey dat die swart stamhoofde gou deur die Boere oorwin en uitgeroei sou word. Daarom behoort die stamhoofde se eerste stap te wees om ’n “general authority” te vestig as verdediging teen aggressie en hulle te onderwerp aan die leiding van aangestelde blankes wat ’n einde sou bring aan die optrede van die Boere. Die eerste stap sou wees om ’n konfederasie te vestig. Dan moes ’n resident, deur die goewerneur aangestel, in die betrokke gebied geplaas word om die regering, met die hulp van die sendelinge, by te staan. Hierdie resident moes ook in bevel van die gewapende magte wees, terwyl die regering nominaal by die swart stamhoofde, maar in werklikheid by die resident sou berus.11Die implikasie van

hierdie politiek is duidelik, naamlik dat dit nie slegs ter wille van die verlening van beskerming aan die swart stamme gegaan het nie, maar ook om beheer oor die sake van die swart stamme te verkry en so Britse oppermag in Suid-Afrika te vestig.

Hierdie politiek wat Brittanje in Suid-Afrika gevolg het, rym nie met die politiek wat dieselfde imperiale regering gedurende die 19de eeu in Australië gevolg het nie. In sy verslag Genocide in Australia sê prof. Colin Tatz van die Australian Institute of Aboriginal and Torres Strait Islander Studies dat die beleid van die koloniale

9 Muller, p. 8.

10 Scholtz, pp. 370-371.

administrasie sedert 1788 neergekom het op die volksmoord van die Australiese inboorlinge of aborigines. Terwyl daar in 1788 tussen 250 000 en 750 000 aborigines was, was daar teen 1911 slegs 31 000 oor. Gedurende daardie tydperk is kinders ontvoer en as gedwonge arbeiders gebruik, vroue is verkrag, gemartel en vergiftig en die mans is geskiet. Hulle is op ’n stelselmatige wyse twee-twee, drie-drie of in dosyne uitgewis, eerder as in een sistematiese massamoord. In 1824 is setlaars toegelaat om die aborigines te skiet. In 1828 is krygswet afgekondig en het soldate en setlaars enige aborigines wat in gevestigde distrikte gevind is, gearresteer of geskiet. Hulle is volgens Tatz doodgemaak omdat hulle aborigines was. Hulle is beskou as “wild animals”, “vermin”, “scarcely human”, “hideous to humanity”, “loathsome” en ’n “nuisance” en was “fair game for white ‘sportsmen’.”12

Daar was geen kritiek van die Britse imperiale regering of enige sendeling van die Londense Sendinggenootskap op die onmenslike behandeling van die aborigines nie. Niemand is ooit deur die imperiale of koloniale regering vir hierdie slagting vervolg nie.13 Hierdie beleid van die Britse imperiale regering en die koloniale regering in

Australië was in skerp teenstelling met dit wat sir George Clerk in Suid-Afrika bevind het, naamlik dat die Boere in vrede met hulle swart bure leef.14 Hoekom het dieselfde

imperiale regering op twee verskillende kontinente totaal teenoorgestelde beleide gevolg? Een rede is waarskynlik dat die invloed van die Londense Sendinggenootskap in die persoon van dr. Philip nie so ver soos Australië gestrek het nie. Daar was ook nie ’n bedreiging teen Britse oppermag in die vorm van ’n selfstandige groep setlaars nie. Om hierdie rede sou, teen die agtergrond wat Tatz skets, ook geredeneer kon word dat die imperiale beleid ten opsigte van die Boere nie soseer pro-swart was nie as wat dit anti-Boer was; met ander woorde, teen diegene wat as afvallig van Britse heerskappy beskou is. Sou dit waar wees, dan was daar onderliggend aan die Britse imperiale politiek in Suid-Afrika geen werklike besorgdheid oor die swart stamme en hulle heil nie, maar eerder kommer oor die Britse oppermag.

12 B Stone, Genocide in Australia, pp. 1-8. 13 Ibid.

In 1845 het ’n geskil tussen die Boere en die Griekwas aan die Britse bewind die geleentheid gebied om hom in die sake van die Boere in te meng.15 Die Britse

goewerneur aan die Kaap, sir Peregrine Maitland, het ’n verdrag met Adam Kok gesluit, ingevolge waarvan Kok se heerskappy oor die Griekwa-gebied erken is en die Boere in bedwang gehou kon word. Die Britse resident sou regsmag oor die Boere uitoefen, terwyl Kok dit oor sy eie mense sou doen met betrekking tot misdade teenoor Britse onderdane, waarvan die Boere deel was.16Op 3 Februarie 1848 het sir

Harry Smith die gebied tussen die Oranje en die Vaal en ook Natal tot Britse gebied geproklameer en dit die Oranjerivier Soewereiniteit genoem.17 ‘n Britse amptenaar is

met ’n troepemag tussen die Vaal en die Oranje geplaas, waardeur die Britse gesag oor die gebied uitgebrei is.18Die inboorlingstamme het egter nie die soewereiniteit van

die Britse koningin erken nie. In hierdie verband het sir George Cathcart op 14 November 1852 gemeld: “With regard to the native tribes […] I cannot find that [they] have ever at any time acknowledged their vassalage or Her Majesty's superiority […] In a certain document […] dated 27th January 1848, […] Sir H. Smith and the Chief Moshesh […] are styled high contracting powers.”19 Dit wil dus

voorkom of ook hierdie proklamasie eerder teen die belange van die Boere gemik was, aangesien net van hulle verwag is om hulle by die beperkings van die Soewereiniteit neer te lê.

Die invloed van die sendelinge op die swart stamme het tot groot ergernis gelei. Daaroor het die Minister van Kolonies op 21 Maart 1852 aan Cathcart geskryf dat indien die sendelinge voortgaan om op te tree as staatkundige raadgewers, hulle uiteindelik mag ontdek dat hulle die gevolge van hulle advies sou moes dra.20

Probleme is toenemend met Mosjesj ondervind en dit was onvermydelik dat hy gekonfronteer sou moes word. In hierdie trant het sir George Cathcart aan Mosjesj geskryf dat “in short, the Basuto people under your rule have become a nation of

15 VAB, IBB6, 31 Mei 1853, p. 51.

16 Verdrag van 5 Februarie 1846 tussen Adam Kok en sir Peregrine Maitland, soos vertaal en aangehaal

deur Muller, pp. 279-288.

17 FA van Jaarsveld, 100 basiese dokumente by die studie van die Suid-Afrikaanse geskiedenis 1648- 1961, pp. 86-88.

18 VAB, IBB4, 19 Mei 1851, p. 87. 19 VAB, IBB6, 31 Mei 1853, p. 72.

20 Pakington – Cathcart, 21 Maart 1852, soos aangehaal in Muller, p. 31; VAB, IBB6, 10 April 1854,

thieves”.21 As gevolg van die voortdurende probleme met die Basoetos wil dit

voorkom of die koloniale regering begin moeg raak het vir die Soewereiniteit. Cathcart het gevoel dat dit vir Brittanje wenslik was om sy soewereine regering tot die Oranjerivier te beperk. Die prokureur-generaal van die Kaapkolonie, Porter, het gevoel dat sowel die Boere as die swart stamme en die handjievol Britte onder die Boere almal bly sou wees oor die opheffing van Britse bestuur.22 In ’n verslag aan die

hertog van Newcastle het Cathcart op 15 Maart 1853 geskryf: “the decided preference on the part of the Burgher population would be in favour of independence”.23Hy was

ook ten gunste van die vereniging van die Soewereiniteit met die Transvaalse republiek. Op 14 Julie 1853 het hy geskryf dat deur die skepping van een magtige Boerestaat die aandag van die opperhoofde, Panda en Mosjesj, weggetrek sou word van die Kaapkolonie en Natal.24 Vandaar sy gevoel dat die beste beleid was om die

Soewereiniteit prys te gee en ’n “unreserved grant and declaration of independence [….] would [….] bring about an amalgamation of the burgher population on both sides of the Vaal”.25

Op 14 Maart 1853 het Newcastle aan Cathcart geskryf dat die Britse regering besluit het om uit die Oranjerivier Soewereiniteit te onttrek omdat die basiese vorm van regering wat daar bestaan het nie aan die doel beantwoord het waarvoor dit ingestel is nie.26 Die onderhandelinge vir die oorname wat daarop gevolg het, het gelei tot ’n

koninklike besluit op 30 Januarie 1854 om die heerskappy oor die Soewereiniteit op te hef.27Op daardie stadium is die betrekkinge met Mosjesj doelbewus nie vasgelê nie,

omdat die spesiale kommissaris belas met die opheffing van die Soewereiniteit die mening gehuldig het dat sake met hom op so ’n voet gelaat moes word dat dit nie ’n latere nouer band sou uitsluit nie.28 Op 23 Februarie 1854 is die verdrag vir die

onafhanklikheid van die Soewereiniteit deur die afgevaardigdes van die blanke inwoners onderteken.29In die Britse politiek oor die opskorting van die Soewereiniteit

en die erkenning van die Vrystaatse onafhanklikheid kan reeds gesien word hoe

21 VAB, IBB6, 31 Mei 1853, p. 96. 22 Ibid., p. 80; Muller, p. 36. 23 VAB, IBB6, 10 April 1854, p. 1. 24 Ibid., p. 7.

25 VAB, IBB6, 31 Mei 1853, pp. 70, 73. 26 Ibid., p. 118.

27 Koninklike proklamasie, 30 Januarie 1854, soos aangehaal in Muller, p. 304. 28 VAB, IBB6, 10 April 1854, p. 73.

Brittanje die deur wyd oopgelaat het om in die huishoudelike sake van die Vrystaat in te meng deur nie die betrekkinge met Mosjesj vas te lê nie.

3. BETHULIE, DIE DORP VAN DIE GROBBELAARS

In 1829 het eerwaarde Clark van die Londense Sendinggenootskap ’n skool vir die San gestig waar Bethulie tans geleë is.30 Sir Andries Stockenstrom, die luitenant-