• No results found

VAN ’N MODELSTAAT

7. BOERDERY-OMSTANDIGHEDE, 1861 EN

8.4 Petrus Johannes (Peet) Grobbelaar op Meyerskraal

Peet Grobbelaar was die derde seun van Attie Grobbelaar van Cyferfontein en is in 1859 gebore. Hy en sy jongste broer, Kotie, het saam met hulle vader geboer tot en met laasgenoemde se dood in 1889. Die afhandeling van die boedel was uitgerek en hy kon eers op 11 Maart 1895 die plaas Meyerskraal uit sy vader se boedel koop vir die bedrag van £300.236 Die implikasie van hierdie koop is dat dit onder die broers

aanvaar is dat Peet op Meyerskraal sou boer, soos wat hy in elk geval reeds saam met sy vader gedoen het. Om te kompenseer vir die verbeterings wat hy reeds op Meyerskraal aangebring het, is hy blykbaar toegelaat om die plaas vir die nominale bedrag van £300 uit die boedel aan te koop.

Peet was nie bekend as ’n groot boer nie. Na die oorlog moes hy weer die plaas van meet af aan opbou. Hy moes sy boerdery versigtig bedryf het, want hy het nooit uitgeboer nie en dit wil voorkom of hy tevrede was om dit op ’n kleiner skaal te bedryf. Hy was bekend as ’n baie toegewyde mens en het tot sy dood in 1921 gereeld om die beurt met sy broer, Pieter, in die kerkraad gedien.237Sy kinderlike geloof en

toegewydheid kom baie duidelik na vore in die aangrypende briewe wat hy van die slagveld en uit die krygsgevangenekamp Diyatalawa in Ceylon aan sy dogter Bettie geskryf het.238

8.5 Jacobus Hermanus (Kotie) Grobbelaar op Cyferfontein

Kotie Grobbelaar, die jongste seun van Attie Grobbelaar van Cyferfontein, is in 1874 gebore. Aangesien hy nie voorheen elders ’n plaas gekoop het nie, is dit duidelik dat hy tot met sy vader se dood in 1889, toe Kotie ongeveer 15 jaar oud was, saam met sy vader op Cyferfontein geboer het. Met die afhandeling van sy vader se boedel het Kotie op 23 Maart 1895 op 21-jarige ouderdom Cyferfontein vir £1 000 uit sy vader se boedel gekoop.239 Voordat Kotie Grobbelaar hom werklik kon vestig en as boer

vooruitstrewend kon raak, het die Anglo-Boereoorlog in 1899 uitgebreek. Na die

236 Ibid., Hoofstuk 5, p. 2.

237 KAV, Bethulie-gemeente: Notules van kerkraadsvergaderings 1895 tot 1921.

238 VAB, Renier-versameling (A119), Herinneringe van mev. PJ Grobbelaar van Meyerskraal,

Bethulie. Kopieë van briewe van PJ Grobbelaar, burger en krygsgevangene te Diyatalawa, Ceylon, pp. 44-81. Die oorspronklike geraadpleegde dokumente is nie genommer nie.

oorlog moes hy ’n afgebrande en vernietigde plaas weer opnuut opbou. Hy het sy boerderybedrywighede so suksesvol voortgesit dat hy in 1916 die plaas Erfdeel vir £815 van sy swaer, Faan Ferreira, kon koop.240Op hierdie twee plase het hy suksesvol

geboer en welvarend geword.

8.6 Abraham Jacobus Griesel van Rustfontein en Springbokfontein

Abraham Jacobus (Apie) Griesel sr. was getroud met Margaretha Johanna Grobbelaar, dogter van Attie Grobbelaar van Cyferfontein. Hy het aanvanklik saam met sy swaer op Kapteinskraal geboer, waar hy uitgeboer het, waarskynlik omdat die plaas te klein vir twee boere was.241 Daarna het hy ’n boerderyverbintenis met sy skoonvader gehad,

want Apie se seun, Apie jr., vertel: “Die kinders van my oupa moes altyd om die helfte saai, en my oupa se deel moes afgelewer word in sy stoor op Cyferfontein.”242

Apie sr. het die betrokke jaar 14 sakke koring gewen, met ander woorde die wins nadat die nodige saadkoring vir die volgende oes teruggehou is. Daarom moes hy toe sewe sakke in sy skoonvader se stoor lewer. 243

Toe Apie Griesel sr. weer sterk genoeg gevoel het, het hy die plaas Rustfontein gekoop vir £650. Rustfontein het behoort aan CG Wiesner jr. en was 1 070 morg en 551,5 vk. roede groot.244 Dit was vroeër ’n deel van die plaas Springbokfontein wat

aan CG Wiesner sr. behoort het.245 Volgens Apie Griesel jr. was Rustfontein te klein

na sy vader se sin en besluit hy toe om ook Springbokfontein te koop.246

Springbokfontein is oorspronklik deur DJ Viljoen op 18 Junie 1859 vir £300 van Abel Metgogo, 'n onderdaan van kaptein Lephui, gekoop.247 Op 19 Februarie 1860 is die

plaas verkoop aan CG Wiesner vir die bedrag van £700. Springbokfontein is toe met Tweefontein en Sleutelspoort gekonsolideer. Die plaas is in die nuwe grondbrief beskryf as Springbokfontein, geleë in die wyk Grootrivier, 6 379 morg 112 vk. roede groot. Die jaarlikse rekognisie het £6.7.0 sterling bedra.248 ’n Gedeelte van hierdie

240 Neethling, hoofstuk 8, p. e8/1.

241 AJ Griesel, ’n Oudstryder vertel, pp. 5-6. 242 Ibid., p. 9.

243 Ibid.

244 Transportakte 35599, fotokopie van inskrywing in Neethling, hoofstuk 6, p. 6. 245 Neethling, Hoofstuk 6, p. 1.

246 Griesel, p. 15.

247 Transportakte 3332, fotokopie van inskrywing in Neethling, hoofstuk 6, p. 3. 248 Inskrywing, fotokopie in Neethling, hoofstuk 6, p. 2.

plaas is op 7 November 1873 aan CA Swanepoel vir £1 400 verkoop.249 Nog ’n deel is

terselfdertyd afgesny en op 15 Junie 1874 vir £800 aan CG Wiesner jr. en JJE Griesel verkoop.250 Die oorblywende gedeelte van die plaas, wat nog die eiendom van die

boedel van wyle CG Wiesner sr. was, is op 1 Augustus 1874 aan Abraham Jacobus Griesel vir £500 verkoop.251 Met sy oorspronklike koop van Rustfontein het Apie

Griesel sr. nou oor ’n aansienlike gedeelte van die oorspronklike Springbokfontein beskik.252

Die herinneringe van Apie Griesel jr. bied ’n interessante kykie op die lewe op ’n Vrystaatse boereplaas in die distrik Bethulie in die jare 1870 tot 1895. Hy vertel dat die boerdery op Springbokfontein en Rustfontein gevlot en sy ouers vooruitgegaan het. Die eerste jaar op Springbokfontein was die oes meer as 300 vet lammers. Daarna was die lammers elke jaar meer, totdat dit later 600 stuks was. Al die lammers is in die oop veld grootgemaak; nie een skaap mag in die lande met groenvoer gekom het nie, want volgens sy vader sou dit hulle bederf het.253 Apie Griesel sr. en sy vrou was

baie hardwerkend. Hy moes by geleentheid 500 skape skeer, waarvan sy vrou, Margaretha, 95 afgekeer en self geskeer het. Wanneer sy met een skaap klaar was, het Apie sr. vir haar ’n volgende skaap na die skeerplek ingedra. So het Margaretha ook, wanneer sy geen huishulp gehad het nie, met die bondel wasgoed op haar kop na die wasklip gestap, terwyl sy haar dogtertjie op haar rug geabba het.254

Plase is destyds nog nie omhein nie, alles was oop veld. Dit het gemaak dat die perde elke oggend vroeg bymekaar gemaak moes word om te keer dat hulle in die bure se veld beland, want dít het die boere nie geduld nie. Een van Apie Griesel sr se perde, ou Velskoen, het swak pote gehad. Bethulie, waar hy die perd kon laat beslaan het, was te ver en boonop was die koste verbonde daaraan ook te duur. Toe het hy, wanneer hy of een van die bure bees geslag het, die bees se kopvel geneem en vir Velskoen velskoene daarvan gemaak. Die rou vel is nat om die pote getrek en met ’n rou riempie bo-op goed vasgemaak. Daarna moes Velskoen ’n hele dag lank in die kraal in die son staan tot die skoene droog was. So ’n paar velskoene het byna ’n

249 Transportakte 15042, fotokopie van inskrywing in Neethling, hoofstuk 6, p. 2. 250 Transportakte 15044, fotokopie van inskrywing in Neethling, hoofstuk 6, p. 4. 251 Transportakte 15041, fotokopie van inskrywing in Neethling, hoofstuk 6, p. 4. 252 Neethling, Hoofstuk 6, p. 1.

253 Griesel, p. 18. 254 Ibid., p. 9.

maand gehou.255 Die mense van daardie tyd het snaakse name aan hulle perde

gegee, gewoonlik half-Engels. ’n Bont perd was gewoonlik Lotbieg (Ludwig). Verder was daar name soos Beaufort, Fairplay, Charlie en Serjon (Sir John). Muile het weer name gehad soos Koffie, Rietbok, Esau, Eva, Padtoe en Steenbok.256

Die saailande is gewoonlik met gestapelde klipmure omhein. Toe die eerste draad vir omheining beskikbaar was, was dit ’n dik draad, byna so dik soos ’n pinkie. Apie sr. het sy koringlande toegespan met vyf van die gladde drade. Die draad het baie yster bevat. Solank dit reguit getrek is, het dit goed gehou, maar as dit enigsins gebuig was, het dit gesplits en gebreek. Die draad is met behulp van ’n osjuk getrek nadat dit om die wenpaal in die rondte omgedraai is. Omtrent ’n jaar later het die eerste doringdraad, die “Johnstons”, op die mark gekom. Daarop het Apie sr. besluit om een gladde draad bo af te haal en dit met ’n doringdraad te vervang om te verhinder dat sy perde oor die omheining kom.257

9. DIE OORLOGSPOLITIEK VAN LORD MILNER

Hoewel die oorlogspolitiek van lord Milner ’n integrale deel vorm van die Britse imperiale rol in Suid-Afrika wat reeds vroeër beskryf is, word dit ter wille van chronologie eers hier hanteer. Die Cyferfontein-Grobbelaars was aan die einde van die 19de eeu gevestigde en vooruitstrewende boere. Hulle het die golf van welvaart wat op die ontdekking van goud en diamante gevolg het, beleef. As sodanig het hulle gereageer op die prikkels van die tyd en ’n eie siening oor sake ontwikkel. Die grootste prikkel van daardie tydperk was die Britse imperialisme wat in die vestiging van sy oppergesag in Suid-Afrika die burgers van die Vrystaat verneder en beledig laat voel het.

Die Britse beleid van die laat 19de eeu moet gesien word in die lig van die neo- imperialisme wat na 1870 ’n wedloop om kolonies tot gevolg gehad het waaraan Brittanje, Frankryk, België en Italië, en later ook Duitsland, deelgeneem het. Hieruit het die verdeling van Afrika voortgevloei, waartydens Brittanje die hele suidelike

255 Ibid., p. 7. 256 Ibid., p. 10. 257 Ibid., pp. 10-11.

Afrika, insluitende die ZAR, as sy invloedsfeer beskou het.258Binne die raamwerk van

die sosiale Darwinisme wat uit Charles Darwin in 1859 se Origin of species voortgespruit het, het die idee ontstaan dat in die stryd om bestaan die sterkstes altyd seëvier, terwyl die res ondergaan. Dit het nasionalisme en patriotisme aangewakker en ’n uitbreidingsdrang of imperialisme wakker gemaak. Binne hierdie konteks het die Britse “race patriotism” hoogty gevier.259

As uitvloeisel van hierdie imperialistiese siening het sowel sir George Grey as sy opvolger, sir Philip Wodehouse, hulle beywer om die Boererepublieke in ’n Britse federasie te betrek. So het die hertog van Newcastle, die Britse Minister van Kolonies, in 1861 sy spyt uitgespreek oor die konvensies van 1852 en 1854, konvensies wat die twee republieke onafhanklik gemaak het. Hy was onseker of daardie besluite gehandhaaf moes word. Daarna het sir Henry Barkly sonder welslae sy federasieplanne voortgesit. In 1871 is die diamantvelde geannekseer en in 1877 is die ZAR deur Brittanje ingelyf.260 Die burgers van die ZAR het in 1880 en 1881 met die

Transvaalse Vryheidsoorlog daarin geslaag om die Britse juk af te skud, maar hulle het nie as volslae oorwinnaars uit die stryd getree nie. In 1881 het die ZAR deur die Pretoriase Konvensie sy onafhanklikheid slegs gedeelte1ik herwin. Drie jaar later is hierdie konvensie in Londen hersien. Na die mening van die 1eiers van die ZAR het Britse inmenging in die binnelandse aangeleenthede van die ZAR uit die Londense ooreenkoms verdwyn. Tog sou dit later ’n twisappel tussen Londen en Pretoria word. Volgens die Britse siening was die ZAR op die gebied van buitelandse aangeleenthede nie vo1kome vry en onafhanklik nie.261

Die ZAR en die Vrystaat het geglo dat Brittanje nie vertrou kon word nie. Die ontplooiing en opbou van die imperiale aanslag teen hulle was duidelik uit die korrespondensie tussen lord Milner en die Britse regering in Londen. Elke stadium van hierdie ontplooiing het ’n negatiewe reaksie van die inwoners van die twee Boererepublieke verwek. Hierdie reaksie het later sterk standpunte geword wat ook

258 F Pretorius, Die Anglo-Boereoorlog 1899 – 1902, pp. 9-10. 259 Ibid.

260 J Ploeger, Die lotgevalle van die burgerlike bevolking gedurende die Anglo-Boereoorlog, 1899- 1902 1, p. 1.3.

die beskouing van die Grobbelaar-familie geslyp het.262 Sowel die diamantvelde as die

goud in die ZAR sou tot hierdie gevoel bydra. Wat die Grobbelaar-familie in die besonder en die Vrystaters in die algemeen aangevoel het, is versinnebeeld deur Joseph Conrad, ’n Pools-gebore skrywer van die tyd, in sy werk The heart of darkness as “robbery with violence”.263 Dit was inderdaad hoe gemiddelde burgers van die twee

republieke oor die Britse inmenging gevoel het.

Dit is belangrik om die Britse imperiale politiek van die laat 19de eeu in Suid-Afrika en die reaksie en siening van die twee republieke daarop in perspektief te plaas. Wat verstaan moet word, is dat die Britse imperialisme twee gesigte gehad het: die een liberaal en die ander outoritêr. Die liberale imperialisme het in Suid-Afrika ’n demokratiese regering en nie-rassige stemreg voorgestaan. Die outoritêre imperialisme weer was aggressief, outoritêr en minagtend teenoor sogenaamde “laer” kulture. Hulle was eweneens genadeloos aggressief teenoor enige verset teen wat as die Britse belange beskou is. Uit hierdie imperiale ideologie het die begrip “jingoïsme” met sy luide, veglustige en chauvinistiese vertolking van Britse patriotisme ontwikkel.264

Onder die Britse politici en koloniale burokrate was mnr. Joseph Chamberlain en lord Alfred Milner die belangrikste voorstanders van ’n aggressiewe imperialisme in Suid- Afrika. Chamberlain, die Britse Minister van Kolonies, het geglo dit is in Brittanje se belang om die Britse kultuur en beskawing aan die “gekleurde rasse” in Afrika te bring. Milner weer het die idee van die meerderwaardigheid van die Britse “ras” aangegryp. Hy het homself as ’n “British race patriot” beskou en so hartstogtelik in die Britse Ryk geglo dat hy sterk aangedring het op regeringsinmenging om Britse belange te beskerm.265 Hy was bereid om oorlog te voer vir sy ideaal van ’n federasie

van die meerderwaardige Anglo-Saksiese ras waarin die Boere bloot ’n aanhangsel sou wees en die miljoene bruin en swart mense slegs behoorlik geadministreerde arbeiders. Daarom is dit nie vreemd nie dat hy by geleentheid beskryf is as ’n rassistiese politikus wat in baie opsigte met Hitler vergelyk kon word. Beide het

262 Van Oordt, p. 172; HJC Pieterse, Volksaltare, pp. 1-4.

263 Joseph Conrad, The heart of darkness, soos aangehaal in H Giliomee, Die Afrikaners, p. 192. 264 Giliomee, pp. 191-192.

wêreldoorheersing deur die wit ras nagestreef en beide het oorlog beplan om hulle visie te verwesenlik.266

Die derde groot aggressiewe imperialis was Cecil John Rhodes wat geglo het dat die Britse Ryk in Afrika minstens tot by die Zambezi, maar ook verder na Uganda moes strek. Hy het die Kaapse regering as bykans outonoom beskou, wat daarom die verantwoordelikheid moes aanvaar om nuwe gebiede by die Britse Ryk in te lyf. Hy wou ’n federasie in Suid-Afrika onder die Britse vlag en Kaapse leiding tot stand te bring, maar moes as gevolg van sy betrokkenheid by die Jameson-inval as Kaapse eerste minister bedank. In 1898 verskyn hy weer met die goedkeuring van mnr. Chamberlain en lord Milner op die politieke toneel. Hy word toe vir alle praktiese doeleindes die leier van die pas gestigte Progressiewe Party en president van die South African League, ’n vereniging wat hom beywer het om steun vir Britse imperialisme dwarsdeur Suid-Afrika te werf.267

Die volgende belangrike rolspeler in hierdie ontwikkelende stryd tussen Britse imperialisme en die ZAR was pres. SJP Kruger. Hy is buite die konserwatiewe kring waarin hy beweeg het, gerespekteer, maar het gesukkel om die ZAR staatkundig op te bou.268 Sy groot kans het in 1886 met die ontdekking van goud gekom. Dit het skielike

rykdom en radikale transformasie van hierdie landelike gemeenskap na die ZAR gebring het.269 Pres. Kruger se sterkste teenstanders was die meer progressief

denkendes onder leiding van kmdt.-genl. Piet Joubert, met mense, soos Louis Botha, JH la Rey, Carel Jeppe, Ewald Esselen, Schalk Burger en die joernalis Eugéne Marais, in hul geledere. Hulle het die ondersteuning van ongeveer ’n derde van die verteenwoordigers in albei kamers van die Volksraad gehad. Hierdie groep wou die modernisasie van die staat versnel en die stemreg uitbrei om te voorkom dat Brittanje ’n voorwendsel kon vind om die ZAR te vernietig. Kruger was in baie opsigte innove- rend, pragmaties en soepel en die ZAR was besig om met behulp van goud ’n dinamiese en doeltreffende staat te word wat al die state in Suid-Afrika polities en

266 Ibid., p. 193.

267 E Stockenström, Geskiedenis van Suid-Afrika 2, p. 422; Giliomee, p. 193. 268 Giliomee, p. 194.

ekonomies begin oorheers het. Juis om hierdie ontwikkeling te keer, wou Chamberlain en Milner betyds oorlog maak..270

Die voorwendsel wat die Britse regering aangegryp het om in die ZAR in te meng, was die stemreg van die groot aantal Uitlanders wat na die goudvelde gestroom het, waarvan ’n groot persentasie Britse onderdane was. ’n Komplot waarvan mnr. Chamberlain kennis gedra het, is teen die onafhanklikheid van die ZAR gesmee. Dit het uitgeloop op die Jameson-inval waartydens pres. Kruger vinnig en beslissend opgetree het, sodat dr. Jameson en sy invallers op 2 Januarie 1896 by Doornkop moes oorgee. Die Vrystaters het hierdie aanslag op die Transvaalse onafhanklikheid ook as ’n aanslag op hulle eie onafhanklikheid beskou en gewapende burgers na die Vaalrivier gestuur.271 Hierdie burgers het die Vaalrivier bewaak, terwyl hulle die

Basoetos op hulle oosgrens in gedagte gehou het.272 Die rede wat vir die Jameson-inval

aangevoer is, was die herstel van sogenaamde Uitlandergriewe. Die doel van die inval was egter om die ZAR oor te neem. Volgens EB Rose kan die bewyse daarvoor in mnr. Lionel Philips se private brieweboek gevind word. Dit het ook geblyk dat die Britse hoë kommissaris kennis gedra het van die voorgenome revolusie en moontlik ook van die inval self.273

Die Jameson-inval het die rustigheid van die bestaan in die Vrystaat in so ’n mate versteur dat ’n anti-Britse reaksie daarop gevolg het. Vrystaatse amptenare, Afrikaners en Skotte, het uit protes teen alles wat Brits was, slegs in die hoogste Nederlands met die Kaapkolonie gekorrespondeer. As direkte gevolg van die inval het regter MT Steyn in 1896 in die presidentsverkiesing ’n maklike oorwinning oor mnr. JG Fraser behaal.274 Voorts is die politieke verbond van 1889 met die ZAR in 1897 in

Bloemfontein hernu. Dit het daarop neergekom dat sou ’n aanval op een van die twee state plaasvind, die ander een hom te hulp sou snel. ’n Federale Raad is ook in 1898 geskep wat aan pres. MT Steyn ’n mate van seggenskap in die ZAR se diplomasie gegee het.275

270 Giliomee, pp. 196-197; Van Oordt, pp. 471-507.

271 FA van Jaarsveld, Van Van Riebeeck tot P.W. Botha, p. 228. 272 EA Walker, A history of South Africa, p. 459.

273 EB Rose, The truth about the Transvaal, p. 110.. 274 Walker, p. 459.

Hoewel mnr. Chamberlain die Jameson-inval veroordeel het, was hy van mening dat die Britse regering op grond van sy belange in Suid-Afrika en met die oog op vrede en stabiliteit in die ZAR, die reg gehad het om die Uitlanders, hoofsaaklik Britse onderdane, raad te gee. In hierdie verband het hy onder meer die stemregkwessie as ’n gegronde grief beskou.276 Die inval en die negatiewe reaksie van die twee republieke

het tot gevolg gehad dat alle imperialistiesgesinde Britte in Suid-Afrika in die South African League (SAL) verenig het. Die doel van die SAL was die handhawing van Britse oppergesag in Suid-Afrika, asook gelyke politieke regte vir alle blankes in ’n Suid-Afrika onder die Britse vlag. Hierdie Britse kamp het gesag gehad omdat die inisiatief in ’n groot mate in Brittanje geneem sou word.277 Onder hierdie omstandighede het Chamberlain belanggestel in die griewe van die Uitlanders, want hy het dit as ’n instrument beskou in sy aanslag op die ZAR. Hy het ingemeng in die