• No results found

3.2 Die verklikker (1983)

3.2.2 Verhaalanalise: Die verklikker

3.2.2.1 Verteller en verteltegniek

3.2.2.5.5 Verhoudinge van tyd met ander verhaalaspekte

Die tyd in die verhaal hou ook verband met ander verhaalaspekte. Jackie as karakter het ontwikkel in die tyd deurdat sy besef het dat dit haar verantwoordelikheid is om toe te sien dat Carl nie saam met Heinrich h dief word nie. Carl het egter negatief verander, nie positief ontwikkel nie. Hy het horn meer by Heinrich en George geskaar en sodoende meer vervreem geraak van sy ma en suster. Anelia se karakter het self ook net verander. Sy het haar al meer onttrek van haar omgewing en haar kinders, en haar klavieroptrede het haar senutoestand in so 'n mate vererger dat sy in 'n senukliniek opgeneem moes word.

3.2.2.6 Ruimte

Die verhaal speel hoofsaaklik in die psigiese ruimtes van die twee hoofkarakters af. Daar is dus baie innerlike belewing van Carl en Jackie.

Die fisiese/konkrete ruimte in die verhaal word onderskei as Heinrich se hoewe, waar Anelia, Jackie en Carl kom bly het nadat Anelia en Heinrich getroud is. Die ander ruimtes wat ook genoem word, is die huis (p. 8), die eetkamer (pp. 15, 47), die werf, die skure (pp. 2, 54), Jackie en Carl se kamers (pp. 1, 12), die polisiekantoor (p. 110), die hospitaal waar Anelia opgeneem word (p. 101), asook die skool waaraan Carl dink, hoewel Carl net in sy herinneringe daarna verwys (p. 8).

Die enigste konkrete ruimtewisseling wat plaasvind, is waar Heinrich vir Jackie en Carl na 'n ander hoewe neem om vir hulle perde te gaan uitsoek wat hy vir hulle as Kersgeskenke wil gee. Aan die begin van die verhaal ry Carl en Heinrich ook dorp toe (pp. 5-8). Teen die einde van die verhaal jaag Jackie ook met Perd op die gruispad van die hoewe af dorp toe (p. 110) om die polisie te gaan vertel van Heinrich se planne om die juwelierswinkel te besteel.

Carl se belewing van die psigiese ruimte (hy is gedurig ingedagte) is so oorheersend dat hy by tye nie eens die fisiese ruimte waameem nie: "Die hemel skeur oop en 'n skitterwit kraak groei oor die nagswart hemel. Maar Carl is onbewus van die elemente wat tierend buite woed" (p. 23). Hy is net bewus van die woede binne in horn, soos vroeer waar hy nie die

borne sien nie (p. 6). Hoewel Jackie ook baie ingedagte is, is sy, anders as Carl, bewus van die natuur: "Toe nog 'n woeste donderslag aan Jackie se kamervenster ruk, is sy nog steeds wakker. Sy sukkel altyd om aan die slaap te raak as die weer so swaar is" (p. 23).

Jackie se gevoelens loop parallel met wat in die fisiese ruimte gebeur. Haar gevoel van woede - om iets stukkend te slaan - kom op dieselfde oomblik wanneer 'n verblindende weerligstraal slaan (p. 11). Die skure waarvandaan Heinrich se vervoerbesigheid bedryf word, word in die verblindende weerligstraal gesien (p. 11). Geen inligting oor die besigheid word in hierdie stadium van die verhaal bekend gemaak nie, wat dit baie geheimsinnig maak.

Die weersomstandighede kan moontlik simbolies wees van die gevoelens van die karakters. Dit is moontlik dat die reen buite (p. 12) simbolies is van die somber gevoel of stemming in

die huis. Vir Jackie is die borne met die swaar, nat toppe soos ou mense wat moeg vir die lewe is (p. 12).

Die tyd van die jaar (Kersfees) be'invloed Jackie se ervaring van die ruimte. Sy beleef die ruimte positief:

Buite le die dag oneindig mooi. So asof die natuur kennis geneem het van die groot gebeurtenis eeue gelede, dink Jackie. En die gras is vir haar groener, die blomme amper verspot kleurvol. (p. 68.)

Hierdie ruimtelike belewing van Jackie laat haar besluit dat vandag aan vandag moet behoort (p. 68), wat op moontlike identiteitsontwikkeling dui. Sy wil nie aan die verlede dink en daarin delf nie; sy wil op vandag/die hede fokus.

Jackie se belewing van die natuur is negatief. Die hemel is vir haar neerdrukkend blougrys, en selfs as sy sien dat die bome weer na die reen orent kom en die son weer skyn (p. 17), wat gewoonlik 'n positiewe teken in die natuur is, ervaar sy dit as negatief: "Sy glimlag wrang" (p. 17). Dit blyk dat sy dit wat in die ruimte en natuur gebeur, aan Heinrich verbind en dit sodoende as negatief ervaar. Dit is asof sy dink dat haar stiefpa die middag so bestel het. Daar kan moontlik afgelei word dat Jackie dink dat Heinrich gewoonlik kry wat hy wil he.

Vir Jackie is haar slaapkamer 'n private en persoonlike ruimte, wat Heinrich of Carl nie die reg het om te betree nie. Volgens Jackie het haar kamer vir haar 'n tronk geword vandat haar ma weg is na die kliniek toe (p. 105) en sy voel tot 'n derde keer of die kamerdeur gesluit is. Dit is moontlik dat dit die enigste plek (behalwe die boomhuis) is waar sy min of meerveilig voel.

Die skure waarvandaan Heinrich sy besigheid bedryf is op die hoewe gelee. Vir Jackie is dit 'n onbekende ruimte, waar sy nie toegelaat word nie. Sy gaan egter een keer saam met Carl en Heinrich daamatoe. Jackie se beskrywing van die skure as "hierdie gemorsplek" (p. 55) en "'n simpele ou olienes" (p. 57) beklemtoon haar negatiewe belewing van die ruimte. Vir Carl is die skure 'n positiewe ruimtelike belewing en die verskillende voertuie daarbinne 'n teken van Heinrich se sukses. Volgens Carl gaan Heinrich voor die einde van die jaar nog 'n stroper koop (p. 54). Dit impliseer dat Heinrich beplan dat dit steeds goed of selfs beter met sy sake-ondememing sal gaan. Carl se bewoording daarvan beklemtoon dat hy deel van Heinrich se lewe en ook sy besigheid voel: "Heinrich se as dinge mooi loop, koop ons voor die einde van die jaar nog 'n stroper" (p. 54). Hy is egter onbewus daarvan dat Heinrich vir Anelia wil gebruik om meer ryk en aanstaande mense te ontmoet en hulle dan te besteel.

Carl is onder die indruk dat Heinrich net kontakte wil opbou vir sy vervoerbesigheid, sodat hy die mense se goedere kan vervoer.

Daar kan 'n kontras gesien word tussen die ruimte waarin Jackie en Carl hulle nou bevind (die hoewe, saam met Heinrich en Anelia), en die ruimte waarin hulle (saam met Karel en Anelia) was. Volgens Carl het Heinrich vir hulle 'n mooi huis met 'n ruim woonkamer (p. 38) en groot glasdeure (p. 73) gegee om in te woon en niks ontbreek hulle nie; hulle kry meer as waaraan hulle gewoond was (p. 31). Heinrich het geld, hy hou van geld en dit blyk uit die voorafgaande stelling van Carl (die koop van nog 'n stroper) dat sy besigheid floreer. Daarteenoor was Karel se besigheid voor sy dood in die moeilikheid en as gevolg van die bankrotskap van sy boedel na sy dood moes Anelia, Jackie en Carl na 'n beknopte tweeslaapkamerwoonstelletjie trek (p. 31).

Die emosionele ervaring van die ruimtewisseling van die huis (waar hulle saam met Karel gebly het) na die beknopte woonstel (waar hulle na Karel se dood gebly het) na die hoewe (waar hulle saam met Heinrich bly) is verskillend vir Anelia, Jackie en Carl. Vir Anelia is Heinrich se huis 'n skuiling teen dit wat met haar gebeur het. Vir Carl is dit 'n huis waar hy weer 'n pa het en 'n perd het en alles kry wat hy nog altyd wou gehad het, hoewel sy verhoudings met sy ma en suster nie meer dieselfde is nie. Vir Jackie is dit 'n plek waar niks meer dieselfde is nie en sy glad nie tuis voel nie. Dit is vir haar asof sy net op die hoewe kuier (p. 54). Carl is nie meer haar broer soos altyd nie, haar ma is nie dieselfde nie en sy vertrou nie vir Heinrich nie.

Hoewel Jackie die hoewe as 'n negatiewe ruimte beleef, blyk dit dat die boomhuis, wat Carl gebou het toe hulle daar kom bly het, "die vreemdheid en hartseer bietjie minder gemaak het" (p. 44). Jackie gaan telkens terug na die boomhuis wanneer sy alleen wil wees. Dit is asof sy dieselfde gevoel wat sy in die ou boomhuis by hulle eie huis gehad het, net vir oomblikke weer wil beleef - asof sy hier alles nog kan herleef soos dit vroeer was. Sy assosieer die boomhuis met veiligheid, dit is dus vir haar 'n veilige ruimte, en wanneer Heinrich sy kop deur die opening van die boomhuis steek (p. 58), is dit asof hy 'n indringer in haar ruimte van veiligheid is. Sy ervaar horn nie net as 'n indringer in haar ruimte nie, maar ook in haar lewe. Die boom op die kinderhuis se terrein (p. 115) waar Jackie en Carl aan die einde van die verhaal is, kan moontlik gesien word as 'n plaasvervanger vir die boomhuis op die hoewe en ook moontlik die boomhuis wat hulle vroeer by hulle eie huis gehad het. Volgens Jackie sal sy nog baie onder die boom sit en dink. Dit is hier funksioneel, omdat die adolessent meer in die psigiese wereld leef en moontlik baie oor die lewe nadink.

Die adolessente leser kan aanklank vind by die oorwegend psigiese belewing van die ruimte deur die twee hoofkarakters in die verhaal. Die adolessent Ieef self ook baie in sy/haar binnewereld; dus kan die verhaal gesien word as 'n geslaagde jeugverhaal.

3.2.2.7 Sintese

In hierdie onderafdeling van die hoofstuk is daar 'n analise gedoen van die jeugverhaal Die

verklikker, aan die hand van die verhaalteorie, asook die ontwikkelingspsigologie soos dit in

Hoofstuk 2 bespreek is.

Uit die analise van die verhaal blyk dit dat die verhaal oorwegend 'n karakterverhaal is. Die gebeure (werklike/fisiese) asook die ruimtewisseling in die verhaal is betreklik min of relatief min. Die afleiding kan moontlik gemaak word dat die karakters en veral hulle psigiese belewing van die verhaalwereld die kern van die verhaal is en dat die teks dus as 'n karakterverhaal beskou kan word.

Die gebeure en ruimtewisseling vind hoofsaaklik in die karakters se gedagtewerelde (net Jackie en Carl s'n) plaas. Die karakters, gebeure en ruimte, asook die tyd word deur die fokalisasie van twee jeugkarakters aan die leser bekendgestel. Dit maak die verhaal geloofwaardig en funksioneel as 'n jeugverhaal, omdat die belewenis vanuit die adolessent se oogpunt geskied.