• No results found

3.2 Die verklikker (1983)

3.2.2 Verhaalanalise: Die verklikker

3.2.2.1 Verteller en verteltegniek

3.2.2.4.1 Statiese en dinamiese gebeure

Daar is duidelik statiese en dinamiese gebeure in die verhaal te onderskei. Nie alle gebeurtenisse in Yi verhaal het 'n handelingsverloop tot gevolg nie. Voorbeelde van die statiese gebeure is onder andere Jackie en Carl wat dikwels alleen in hulle kamers le en dink, Jackie se gesprekke met haar ma (onder andere oor haar pa), die gesin wat om die etenstafel sit, en Jackie en Janpiet wat 'n Kersboom gaan soek. Talle terugskouings in die verhaal kan ook beskou word as statiese gebeure. Dit help die leser om die lewensgeskiedenis van die karakters, asook die omstandighede wat aanleiding gegee het tot die huidige omstandighede, te leer ken, in die tyd voor die begin van die verhaal. Die gebeure het nie noodwendig 'n impak op die verdere verloop van die verhaal nie, maar die leser leer die karakters beter ken en meer detail word bekend.

Gebeure kan oenskynlik staties wees, soos wanneer die jeugkarakters sit of le en dink, maar dit is dikwels hulle gedagtes wat aanleiding gee tot hulle volgende handeling en verdere gebeure. In 'n psigologiese verhaal soos Die verklikker, waar dit blyk dat die handeling van die jeugkarakters meestal staties is, is dit eintlik tipies van adolessente. Hulle is dikwels besig met hulle eie gedagtes en is dan oenskynlik passief, maar is intussen besig om lewensprobleme en vrae in hulle psige te verwerk.

Die dinamiese gebeure in 'n verhaal laat die verhaal van die een situasie na 'n volgende beweeg. Die hoofgebeure/-momente in Die verklikker soos dit in die verhaal gerepresenteer is, kan soos volg uiteengesit word:

• Jackie en Carl kies vir hulle perde as Kersgeskenke van Heinrich. Die spanning laai op met die kies van die perde.

• Die perde word op die hoewe afgelaai en Jackie en Carl ry die eerste keer met hulle perde. Jackie se stryd met Perd begin.

• Anelia se klavieruitvoering.

• Jackie volg Heinrich na die skure waar sy sy en George se planne oor die rooftog afluister. Sy besluit om te probeer verhoed dat Carl saam met Heinrich en George gaan steel.

• Jackie sluip die aand van die beplande rooftog uit haar kamer en gaan na die polisie toe op Perd.

• Jackie vertel vir die polisie van Heinrich se planne.

Die spanning in die verhaal word opgebou deur die gebeure wat op mekaar volg, asook die inligting wat bekend word namate die verhaal verder verloop. Die spanning word tot 'n hoogtepunt gevoer wanneer Jackie uiteindelik die besluit neem om self te sorg dat Carl nie 'n dief word nie en met Perd na die polisie gaan om te gaan "klik".

3.2.2.4.2 Handelingskategoriee

Die teoretiese aspekte rakende vier handelingskategoriee wat in die vorige hoofstuk uiteengesit is (vergelyk 2.4.2.3), word vervolgens op Die verklikker toegepas en ge'i'nterpreteer.

Die houding van 'n karakter ten opsigte van 'n sekere saak, en selfs die geaardheid van 'n karakter, word dikwels deur nie-verbale handeling bekend gemaak. Jackie en Carl se houding teenoor mekaar kan gesien word in hulle handeling:

Hulle is deesdae net soos twee buurhonde. As hulle mekaar nie aangluur nie, knor hulle vir mekaar. En vanmiddag het hulle mekaar selfs toegetakel. (p. 15.)

Jackie se handeling wanneer sy na buite gaan om die eerste keer haar perd te gaan ry, laat blyk dat sy baie senuagtig en selfs bang is oor die vooruitsig om haar swart hings te ry:

Toe Jackie oomblikke later met die trap afstap, tik sy aanhoudend met die peits teen haar rykamaste. (p. 25.)

Die woede wat Jackie op 'n oomblik vir haar omstandighede voel, word getoon in 'n handeling soos die volgende: "Sy stamp die stoel met geweld agteruit" (p. 66).

'n Voorbeeld van verbale handeling is wanneer Jackie vir Perd se "Jou soort kan 'n mens nooit vertrou nie" (p. 27) en hy die volgende oomblik die verraderlikheid waarvan sy horn beskuldig, bevestig en hard aan die teuels pluk wat sy net liggies tussen haar vingers vashou. Dit is asof hy haar woorde oenskynlik "verstaan" en as gevolg daarvan so optree; dis geloofwaardig in die lig daarvan dat 'n perd die houding van 'n ruiter kan aanvoel en daarop kan reageer.

Dit is moontlik dat handeling ook in 'n karakter se gedagtes afspeel. Gedagtes kan ook fisieke handeling tot gevolg he. In hierdie verhaal is daar betreklik min uiterlike handeling in vergelyking met die innerlike handeling. Deur Jackie en Carl se gedagtes leer die leser hulle beter ken. Jackie neem ook 'n besluit in haar gedagtes (p. 21) om die hings te ry en elke keer op te klim as hy haar afgooi. Jackie se herinneringe aan haar pa en die teenwoordigheid van sy besittings (wat sy in die pakkamer gekry het) laat haar besef wat haar te doen staan: "En skielik weet sy wat sy moet doen!" (p. 109).

Gemoedsbewegings word van gedagtes onderskei, deurdat dit bepaalde emosies tot uiting bring in uiterlike handeling. Voorbeelde hiervan in Die verklikker is wanneer Jackie die laken oor haar gesig trek as sy aan haarself erken dat sy bang vir swart hings is (p. 20). Haar vrees vir die perd kom ook duidelik na vore wanneer sy ondertoe wil loop om die perd in ontvangs te neem: "Nee, daarvoor bly haar bene te lam en onwillig le" (p. 24.) Haar vasberadenheid kan gesien word in haar handeling: "... terwyl sy met haar vingers in die matras grawe, weet sy met 'n doodse sekerheid ... more gaan sy daardie swart hings ry en elke keer wat hy haar afgooi, sal sy weer opklim" (p. 21).