• No results found

3.2 Die verklikker (1983)

3.2.2 Verhaalanalise: Die verklikker

3.2.2.1 Verteller en verteltegniek

3.2.2.3.7 George da Silva

George da Silva is een van Heinrich se werknemers. Sy voorkoms word uitvoerig beskryf soos Jackie horn sien. Dit is moontlik om horn as 'n negatiewe karakter te beskou. Hy het 'n "grynslag op sy gesig", 'n "groot, verskriklik(e) groot" neus, "pikswart ogies" wat "klein en afgeskeep" lyk en 'n "onderlangse laggie" (terwyl hy en Jackie alleen in die skure is) (p. 55). Jackie beskryf horn ook as "daardie gomtorvent" (p. 56), 'n "vuil stink oliekoek", 'n "regte skobbejak" en 'n "teertang" (p. 81).

Sy optrede teenoor Jackie kan as dreigend gesien word. Hy maak "slypbewegings" (p. 56) met sy mes terwyl hy met Jackie staan en praat. In George se handeling kan die weglatingspunte in die teks bedreiging vir Jackie suggereer: "Toe gee hy 'n tree nader ..." (p. 55). Die suggestie van bedreiging kan ook gesien word in George se optrede toe Jackie gaan draf het. Hy het sonder enige geldige rede langs haar gery en later ook die perd

opsetlik skrikgemaak deur die toeter te druk terwyl sy op Perd op die gruispad gaan ry het (p. 54).

Die verhouding tussen George en Heinrich word duideliker met sy opmerking aan Jackie dat Heinrich nie sonder horn kan bestaan nie. Heinrich sal horn ook nie in die pad steek nie. Volgens George hou hy vir Heinrich in die holte van sy hand (p. 78). Hierdie uitlating van George word versterk met sy woorde aan Jackie dat hulle (Jackie, Carl en Anelia) dalk op straat gaan sit. Jackie is nie seker wat hy daarmee bedoei nie, maar dit is vir haar asof George in beheer is van wat met hulle gebeur, hoewel hy tog net vir Heinrich werk. Sy weet nie in hierdie stadium (van die verhaal) wat die waarheid is nie.

Uit sy opmerkings aan Heinrich kan daar afgelei word dat George 'n wrok teen vroue het, en inligting oor sy verlede word ook bekend. Sy ma het horn op tienjarige ouderdom in Angola

gelos en hy moes saam met ander mense Suid-Afrika toe vlug en is in 'n weeshuis gesit. Hierdie wrokgevoelens word so verwoord: "Vroumense is gemors!" (p. 85). In 'n gesprek met Jackie waarsku Heinrich haar teen George en maak bekend dat hy (George) al in die tronk was omdat hy 'n vrou aangerand het (p. 59).

3.2.2.3.8 Perd

Hoewel Die verklikker nie 'n fantasieverhaal is nie, kan Perd as 'n karakter in die verhaal beskou word. Hy speel 'n belangrike rol in Jackie se lewe.

Jackie noem haar perd, wat sy as Kersgeskenk by Heinrich gekry het, gewoon en direk Perd (p. 29). Dit kan gesien word as 'n belediging vir die perd omdat dit nie 'n spesifieke naam is nie en 'n naam tog betekenis aan iets gee. Jackie verduidelik aan haar ma dat die naam van die perd nie juis vir haar belangrik is nie. Tog wil sy he sy en Perd moet mekaar verstaan. Selfs Carl wil ook weet hoekom sy nie die perd "Pronk" noem, soos sy nog altyd haar perd wou noem nie.

Perd word beskryf as "yslik groot" en dat hy "amper duiwels" vertoon (p. 18). Anelia beskryf die hings as '"n vreeslike groot perd" (p. 25). Die opmerking van Anelia beklemtoon dat die perd groot is en moontlik gevaarlik is. Vir Jackie gaan die boodskap in haar ma se woorde glad nie verlore nie, sy weet dat haar ma nie oordryf nie. Dit kan as 'n deurlopende motief gesien word, omdat daar herhaaldelik gese word dat die perd gevaarlik is. Hier kan 'n parallel met Heinrich gesien word. Heinrich word ook dikwels as "die groot man" beskryf (pp. 3, 6, 26, 35, 70).

Wat die perd se temperament betref, het die swart hings volgens Jackie vuur in horn (p. 18). Die eienaar van die stalle waar Heinrich, Carl en Jackie die perde gaan uitsoek het, se dat hy nie die hings vir 'n meisie sal aanbeveel nie:"... hy kan nogal redelik befoeterd wees as hy lus is" (p. 18). Jackie merk ook op: "Jou soort kan 'n mens nooit vertrou nie" (p. 27). 'n Moontlike konneksie kan gemaak word dat, as gevolg daarvan dat Jackie die perd met Heinrich vergelyk, hierdie opmerking nie net op die perd bedoel is nie, maar ook op Heinrich.

Jackie se opmerking aan Perd dat hy nie die soort is wat vertrou kan word nie, word bevestig deur sy handeling. Hy pluk hard aan die teuels wat Jackie liggies tussen haar vingers vasgehou het. Met die beur van sy uitgestrekte nek aan die teuels is dit asof die verteller wil suggereer dat hy gewonne is, maar nie oorwonne nie (p. 27).

Die verhouding tussen Perd en Jackie is van die begin af een van konflik. Dit gaan oor die spel van wie die baas is (p. 27). Aan die ander kant is dit Perd wat toenadering tot Jackie soek toe sy op haar eensaamste gevoel het, asof niemand meer vir haar omgee nie (pp. 81- 82). Met Perd wat toelaat dat Jackie sy sygladde nek saggies streel, word die band tussen hulle hegter en persoonliker. Jackie bely selfs: "Jy is nou al wat ek het, Perd" (p. 82). Die moontlikheid dat hulle mekaar beter kan leer ken, kom hier na vore. Perd is ook later die enigste vertroueling wat Jackie het en ook die een wat haar help om in die middel van die nag na polisiekantoor te ry om daar te gaan "klik" oor die diefstal wat beplan word (p. 110).

Die suggestie van 'n tweestryd tussen Jackie en Perd kan ook op Jackie en Heinrich van toepassing wees. Dit het hier te doen met die spel van wie die baas is. Daar word na Heinrich verwys as die baas van Hoewe Ses (p. 27). Die konflik tussen horn en Jackie kom hier ter sprake. Die moontlikheid bestaan dat Jackie net die swart hings gekies het omdat Heinrich dink dit is nie so 'n goeie idee nie, hoewel sy gewaarsku is dat hy gevaarlik is. Sy het die perd moontlik moedswillig gekies om vir Heinrich en Carl te bewys dat sy haar nie laat voorse nie.

Uit die taalgebruik en die vertelwyse is dit moontlik om te beweer dat die perd gepersonifieer word as 'n karakter. Dit is ook moontlik dat dit net by die assosiasie met Heinrich bly. Daarteenoor word die perd se emosies, byvoorbeeld dat hy "misnoegd" (p. 25) is, beskryf asof hy 'n persoon of karakter is.

Die swart hings se reaksie teenoor Carl is anders as sy reaksie teenoor Jackie (pp. 38, 43). Perd se reaksie teenoor Jackie is moontlik 'n suggestie van en 'n parallelisme met die konflik tussen haar en Heinrich. Sy vergelyk Heinrich met die perd in haar drome; sy kry nagmerries oor Heinrich (p. 32).

Wanneer die perd se oe waansinnig glinster, verbeel Jackie haar dat sy haat daarin kan lees (p. 43). Die suggestie is dat menslike gevoelens op Perd geprojekteer word. Dit het moontlik 'n bykomende betekenis, want vir Jackie as karakter is die woord haat dalk oordrewe. Die ooreenkoms met Heinrich kan ook gesuggereer word deur die woorde: "Hy hou nie van my nie" (p. 43). Dit wat Jackie dink hoe die perd oor haar voel, is presies hoe sy oor Heinrich voel (en hy dalk oor haar).

Na aanleiding van die titel van die verhaal, Die verklikker, kan die leser reeds met die aanvang van die verhaal sekere afleidings maak oor wie die verklikker is en waaroor hy/sy klik. Die outeur verkies om die storie te vertel vanaf die punt in die tyd wanneer Anelia, Jackie en Carl reeds op die hoewe saam met Heinrich bly, met terugskouings na die verdere verlede om die verhaal met meer detail in te kleur. Die gebeure wat gekies is om in die verhaal vertel te word, gee die leser aan die einde van die verhaal die antwoord op sy/haar aanvanklike bespiegelinge oor die betekenis van die titel van die verhaal. Dus is spanning by die leser gewek. Die keuse van die teikengroep van die verhaal wat vertel word, het moontlik ook te doen met die lengte van die teks. 'n Jeugverhaal is selde so omvangryk soos 'n roman; dus kan nie alles wat gebeur, in die vertelteks ingesluit word nie.