• No results found

3.2 Die verklikker (1983)

3.2.2 Verhaalanalise: Die verklikker

3.2.2.1 Verteller en verteltegniek

3.2.2.3.4 Heinrich Schuler

Heinrich Schuler word "Heinrich" genoem deur Carl (p. 4). Jackie noem egter "oom Heinrich" (p. 1), omdat dit is hoe haar pa en ma haar geleer het: om volwassenes respekvol aan te spreek, en nie omdat sy horn juis respekteer nie. Volgens Heinrich wil hy nie Jackie en Carl se pa se plek inneem nie; daarom moet hulle hom op sy naam noem (p. 6).

Heinrich word telkens beskryf as'n "groot man" (pp. 6, 21, 25, 35, 48) met helderblou oe wat vrolik skitter en as 'n man met 'n vrolike harde lag (p. 6). Die herhaalde gebruik van "groot man" kan moontlik in die konteks daarop dui dat Heinrich 'n aantreklike man is, maar "groot man" kan terselfdertyd ook as 'n bedreiging ge'i'nterpreteer word. Jackie se waarneming dat Heinrich vir haar "buitengewoon groot" aan die bopunt van die tafel lyk (p. 16), kan moontlik vanuit haar oogpunt as 'n bedreiging gesien word. Hy glimlag egter vir haar, wat ironies is, omdat die vriendelikheid terselfdertyd 'n bedreiging is.

Heinrich se gesigsuitdrukkings stem nie altyd ooreen met wat Jackie dink hy dink of voel nie: "Sy oe glimlag al weer nie saam met sy mond nie" (p. 49). Maar daar is ook tye wat dit weerspieel wat hy werklik dink of voel:"... die groot man (grynslag) openlik" (p. 29) en "(d)ie trek om die groot man se lippe weerspieel die spot in sy oe" (p. 28).

Heinrich se voorkoms word telkens vanuit Jackie se oogpunt beskryf. Vir Jackie lyk Heinrich op die oombiik aan die etenstafei, terwyl hy sy kop so op en af knik, soos die houtmannetjie op haar boekrak (p. 16). In Yi ander stadium is Heinrich ook skielik vir Jackie so groot soos die swart hings was voordat sy op hom geklim het (p. 28). Vir die leser is dit nie bekend hoe Heinrich voel of dink nie; dit word meestal vanuit Jackie se oogpunt bekend gemaak: "Hy klink so vriendelik" (p. 67); "Hy glimlag weer vriendelik vir haar." (p. 70); "Hy't het dun lippe soos twee stukke klei wat plat op mekaar gedruk is" (p. 29); "Hy het yskoue blou oe, dink Jackie ..." (p. 28); "... die amper wit-blou oe..." (p. 35). Heinrich se gesigsuitdrukking laat Jackie dink dat hy hom "heimlik staan en verkneukel" (p. 26) en dit maak haar woedend: "Maar dan vang haar oe die trek op sy gesig." (p. 26).

Heinrich se geaardheid word in sy dialoog gebeeld met die woorde: "Ja-nee, ek hou maar altyd 'n agterdeur oop vir die onverwagte" (p. 26). Dit dui daarop dat hy altyd voorbereid is. Die waarword van die woorde is ook gou. Dit is moontlik dat hy wil he Jackie moet seerkry met die swart hings sodat hy kan bewys hy is reg; dat sy na hom moes geluister het.

Heinrich se handeling is geheimsinnig en skep ook spanning by die leser: "... dat dit haar stiefpa se groot gestalte is wat koes-koes in die rigting van die skure draf (p. 24). Dit is 'n

oop plek in die verhaal, omdat dit nog nie op daardie stadium bekend is wat in die skure is en hoekom Heinrich "koes-koes" daarheen draf nie.

Dit is nie duidelik hoekom Heinrich vir Anelia juwele koop nie - of dit is omdat hy haar wil plesier en of dit vir die klavieroptrede is (p. 13) wat hy tot voordeel van sy eie sakebedrywighede wil benut nie. Dit blyk egter dat hy daarvan hou om vir mense geskenke te koop (p. 59). Jackie is ook agterdogtig oor Heinrich se stelling dat hy daarvan hou om presente te koop. Sy weet nie wat hy daarmee bedoel nie, dus is dit 'n oop plek in die verhaal.

Heinrich is oenskynlik besorg oor Jackie wanneer hy aan haar se dat die perd wat sy gekies het, teruggeneem moet word, nadat hy gesien het hoe die perd teen die doringdraad van Jackie probeer ontslae raak het (p. 28). Ten spyte van sy oenskynlike besorgdheid oor Jackie ontstaan die vraag wel of Heinrich werklik sy gesin beskerm soos 'n man en pa veronderstel is om te doen (p. 58). As Heinrich regtig vir sy gesin omgegee het, sou hy nie iemand soos George da Silva by hulle (veral sy vrou en stiefdogter) toegelaat het nie.

Deur Heinrich se dialoog word daar inligting oor sy verlede bekend gemaak (p. 6). Hy het sy vrou en kind in 'n motorongeluk verloor. Hy se ook aan Carl dat hy dink Carl en sy seun Fritz goeie maats sou gewees het. Die vreugdelose laggie (p. 7) wat hy egter daarna gee, is ironies; hy lag vir die onmoontlikheid van die situasie.

In sy verhouding met Carl tree Heinrich anders teenoor Carl op as teenoor Jackie (p. 36). Dit is moontlik dat Heinrich Carl as sy seun (al is dit sy stiefseun) sien of wil behandel. Die moontlikheid bestaan ook dat hy van die begin af 'n plan gehad het om Carl in sy skelmstreke te gebruik en daarom Carl aan sy wou kant kry.

'n Ander moontlikheid is dat Heinrich tog op 'n manier vir Carl 'n pa wil wees, wat hy nooit vir sy eie seun kon gewees het nie. Vir Carl beteken dit dat hy weer dinge saam met Heinrich kan doen wat hy nie meer saam met sy eie pa kan doen nie, al beteken dit dat dit sonder Jackie of sy ma is. Die gesinsverhoudinge is nie so sterk soos dit vroeer was nie, omdat die situasie in die gesin verander het.

Dit word uit 'n gesprek tussen George en Heinrich duidelik wat Heinrich se eintlike planne met Carl is, asook watter tipe sakeonderneming Heinrich bedryf. Heinrich wil Carl oplei om eendag by horn oor te neem. George beklemtoon dat hulle nie 'n "besigheid" het nie, maar professionele rowers is (p. 85). Hy is ook bekommerd oor Jackie wat die "snuffelsoort" is en sien dit as 'n moontlike bedreiging vir hulle, omdat sy kan uitvind waarmee hulle eintlik besig

is. Die rede hoekom Heinrich met Anelia getrou het, word ook bekend in hierdie gesprek. Hy wou haar klavierspelery gebruik om by die rykes uit te kom en die inligting aan George te gee, wat dan hulle brandkaste sou gaan beroof het.

Heinrich wil Jackie se goedgesindheid met 'n geskenk koop (p. 37). Die verhouding tussen Jackie en Carl is hier belangrik, omdat Carl die voorstel maak dat Heinrich vir Jackie 'n hangertjie moet koop. Sy voorstel is moontlik 'n manier om te verhoed dat Heinrich dalk vir Jackie 'n horlosie sou wou koop. Carl weet dat dit haar sal ontstel, omdat hulle pa vir hulle elkeen 'n horlosie gekoop het; dit was die laaste geskenk wat hulle van horn gekry het voor hydood is (pp. 1, 2).

Jackie vind dit moeilik om van Heinrich te hou. Hierdie gevoel word versterk deurdat dit vir Jackie lyk of Heinrich die situasie (waar Anelia Jackie smeek om 'n ander perd te kies), terdee geniet (p. 28). Dit is asof Heinrich nie omgee dat die situasie sy vrou ontstel nie.

Met die opmerking van Heinrich oor sy geskenk (die swart hings) aan Jackie, is dit vreemd dat hy noem dat die geskenk net van horn af kom: "Ek is bly dat jy in jou skik is met my geskenk, Jackie" (p. 16). Dit beteken dat hy Anelia nie ken in die gee van geskenke vir die tweeling nie. Dit is in teenstelling met hoe Karel en Anelia dit vroeer gedoen het: "Toe haar pa nog geleef het, het hy en haar ma altyd saam vir haar en Carl Kersgeskenke gegee" (P- 16).

Heinrich maak die voorstel om die helfte van die geld vir senuwee-inrigtings te gee (p. 97). Volgens horn kan hy vir sy vrou se behandeling betaal, maar baie ander mense kan nie. Die manier waarop Heinrich Anelia se seerkry uitbuit, kan as wreed beskou word.

Met Heinrich se uitlatings oor geld blyk dit dat geld vir horn baie belangrik is: "Toe, ou grote, vroeg uit die bed maak die beursie vet..." (p. 3) en "Dis net dom mense wat nie geld het nie. As jy slim is, het jy altyd geld" (p. 4).

Heinrich se opmerking dat mense soms roof, nie omdat hulle sleg is nie, maar vir die uitdaging en avontuur daarvan (p. 48), kan 'n moontlike aanduiding wees dat hy hulle optrede wil probeer verontskuldig en regverdig. Dit is nie in hierdie stadium van die verhaal duidelik hoe Heinrich weet hoe die diewe moontlik redeneer nie, maar later in die verhaal, as dit bekend word dat hy self 'n dief is, kan daar moontlik afgelei word dat hy self so redeneer. Heinrich se houding teenoor die winkeldiefstal is verteenwoordigend van die morele waardes wat hy het.

Daar is deurgaans in die verhaal suggesties dat Heinrich nie 'n positiewe karakter is nie. Voorbeelde hiervan is sy opmerking teenoor Carl dat Carl en Jackie mekaar ontgroei het (p. 61), en Heinrich wat na twaalfuur in die aand koes-koes na die skure loop (p. 24). Hy word gedurig negatief gefokaliseer deur Jackie en word daardeur negatief gebeeld in die verhaal.

As gevolg van die opmerking van Heinrich aan Carl, dat hy nie kan toelaat dat Jackie hulle besigheid skade aandoen nie (p. 74), versleg die verhoudinge. Dit plaas Heinrich se karakter, asook die moontlike goeie bedoelings wat hy miskien kon gehad het, onder verdenking. Dit veroorsaak wantroue teenoor Heinrich by die leser.

3.2.2.3.5 Anelia

Heinrich se naamgewing van "Anelia-skat" en "my skat" (pp. 25, 29, 48, 68) blyk skynheilig en geforseer te wees.

Die leser leer Anelia hoofsaaklik deur Jackie se oe, en haar gedagtes en beskrywings van haar ma ken (p. 38).

Vir Jackie lyk haar ma soos daardie dag toe alles so skielik gebeur het (p. 9). Sy blom egter skielik oop in 'n vriendelike glimlag. Daar word 'n vergelyking getref tussen hoe Anelia voor haar man se dood was en hoe sy nou is. Jackie dink: "As haar ma so lyk en klink, wil sy nie na haar kyk nie." (p. 29). Anelia kyk na Jackie met "sulke honger-honde-oe" (p. 51). Dit blyk amper 'n smeking te wees. Jackie kan dit egter nie verdra nie. Sy wil he haar ma moet anders optree.

Anelia se voorkoms word beskryf waar sy voor die klavier sit (p. 39). Sy het mooi hande met lang, dun, slanke vingers (p. 10). Sy lyk vir Jackie soos die glaspoppie op haar spieeltafel, wat moontlik beteken dat Jackie haar as baie broos en breekbaar sien. Karel het Anelia sy "ou voeltjie" (p. 39) genoem, ook "bang voeltjie" (p. 39). Jackie komplimenteer Anelia oor haar voorkoms voor die klavieruitvoering (p. 59). Jackie se bedoeling is om die werklike feite te bevestig - dat haar ma werklik pragtig lyk, asook om haar ma te bemoedig en selfvertroue te gee voor die groot vertoning van die aand.

Tydens die klavieruitvoering het Anelia 'n smaraggroen rok aan (p. 62). Dit is 'n kleur wat uitstaan. Jackie sou verkies dat Anelia 'n roomwit of skulppienk rok aangetrek het. Daar is 'n kontras tussen die pragtige smaraggroen rok en die verwesenheid, inmekaargeklemde

hande van Anelia. Anelia se hande is altyd doelloos besig of inmekaar geklem - kenmerkend van iemand wat onder spanning is. Jackie sien ook haar ma het groot, bruin "honde-oe" (p. 66).

Vir die eerste keer in veertien jaar sit Anelia weer voortdurend en klavier oefen (p. 4). Sy wil Heinrich help met sy sake-onderneming deur klavier te speel vir potensiele kliente. Hoewel Anelia byna permanent sit en oefen, twyfel sy steeds aan haarself (p. 8).

Anelia se innerlike spanning kan gesien word in haar uiteriike handeling. Haar oe ontwyk Jackie s'n en sy vroetel met die musiekboeke asof sy iets soek sonder dat sy weet waarna sy soek (p. 9). Anelia ontken dat daar iets fout is, maar Jackie se gedagtes bevestig dat Anelia se optrede anders is as wat sy (Anelia) vir Jackie se: "Nou hoekom hardloop jou oe dan vir my weg as jy dit vir my se, Mams?" (p. 9).

Anelia se handeling is deurgaans passief in die verhaal (p. 20). Selfs met die nuus dat Heinrich vir die kinders perde gaan koop, reageer Anelia nie en bly sy net lepels en lepels vol rys en pampoen inskep (p. 16). Vir Jackie is dit vreemde gedrag, omdat sy weet dat haar ma nie rys of pampoen eet nie. In die beskrywing van Anelia se handeling blyk dit dat dit 'n meganiese handeling is en sy nie besef wat sy doen nie. Anelia doen dinge wat Jackie weet sy nie gewoonlik doen of vroeer gedoen het nie. Selfs Carl tree ook volgens Jackie vreemd op en dit is vandat hulle op Hoewe Ses kom bly het. Dit is moontlik dat die nuwe omgewing en die nuwe lewensomstandighede hulle normale, gewone self, dus hulle identiteit aangetas het.

Vir Anelia veroorsaak haar klavierspel en moontlik ook die omstandighede waarin sy nou bly, spanning. Dit word telkens gesien in haar hande, voorkoms, lyftaal en gedagtewereld: "Sy sien hoe haar ma haar hande in mekaar wring" (p. 26); "Haar ma se hande spartel soos verwilderde skoenlappers." (p. 28); "Sy hoor haar ma lag ... yl en hoog." (p. 10) en "Bekommerd sien sy hoe haar ma se hande styf inmekaar geklem teen haar bors vasdruk" (p. 62).

Anelia se handeling dui haar spanning aan: "Daar vroetel sy al weer met haar hande asof dit met 'n klein sleuteltjie opgewen is." (p. 40) en "... (sy) keer... kwaad toe haar ma verwilderd orent kom" (p. 40).

Die intensiteit van Anelia se spanning verhoog stadig en stelselmatig met Jackie wat vasbeslote is om die perd te hou. Sy het 'n smeking in haar stem dat Jackie Heinrich moet

toelaat om vir haar 'n ander perd te kies. Hierdie smeking van Anelia maak Jackie net meer vasberade om die perd te hou.

Daar is ander dinge wat Anelia se bewussyn oorneem (p. 16). Dit is 'n oop plek in die verhaal, want die leser weet nie wat haar gedagtes of bewussyn so oorneem of besig hou nie.

Anelia se gevoel van magteloosheid word uitgedruk in haar dialoog met die woorde: "Ek het nie geweet wat om te doen nie" (p. 42).

Anelia twyfel aan haarself en word kwaad vir haar "dom en lui vingers" (p. 9), wat nie die note reg kan speel nie. Sy het moontlik negatiewe assosiasies met klavierspeel voor gehore en dit het 'n invloed op haar selfbeeld en laat haar twyfel oor haar vermoe om goed te kan speel. Dit wil voorkom asof sy afhanklik van die klavierspel is as 'n moontlike instrument om te help om van haar huwelik 'n sukses te maak. Sy is vasbeslote om Heinrich te help om van sy sake-ondememing 'n sukses te maak en om nie dieselfde fout te maak as met Karel, toe sy net bygestaan het en niks gedoen het terwyl alles skeefgeloop het nie.

Hoewel Anelia Karel se rol as haar man en die pa van haar kinders met Heinrich vervang het, kan Heinrich nie Karel se rol ten voile oorneem nie. Volgens Kalish (1985:201) word die rolle van die persoon wat dood is, oorgeneem deur ander. Ander lede van die familie neem verskillende rolle oor, totdat die persoon wat dood is, se rol volledig of gedeeltelik deur iemand anders oorgeneem word. Direk na die dood van Karel, wat die voorsiener van die familie was, is sy rol direk gedeeltelik deur Jackie en Carl oorgeneem. Hulle moes sorg dat hulle ma eet; Jackie moes selfs haar hare kam. Volgens Silverman (2000:37) kan kinders moontlik probeer om hulle ouers behulpsaam te wees om hulle sodoende te probeer beskerm. Hulle hoop dat hierdie gedrag 'n bietjie meer stabiliteit aan die omgewing sal gee en wil nie hulle ouers met meer belas as wat nodig is nie. Dit is moontlik dat Jackie en Carl so gevoel het oor Anelia na Karel se dood, haar geaardheid in ag genome. Hulle het haar bygestaan, moontlik ten koste van hulle eie hartseer.

Kalish (1985:202-203) noem dat die sosiale sisteem binne die gemeenskap en selfs die gesin bly funksioneer, selfs met die dood van 'n persoon, ten spyte van die belangrikheid van die rolle van die persoon wat dood is. Die oorblywende ouer neem baie van die take en verantwoordelikhede van die oorlede ouer oor, veral in die geval van afhanklike kinders. Die nuwe man in die gesin se lewe neem gedeeltelik die rolle van die oorlede man/pa in. Dit kan 'n effek op die ouer kinders he wat sekere rolle reeds oorgeneem het. Hulle wil moontlik nie

hulle rolle prysgee nie. Met Anelia se vinnige troue blyk dit dat daar nie baie tyd was vir Jackie en Carl en selfs Anelia om van Karel se rolle oor te neem nie. Tog het Jackie en Carl na hulle ma omgesien.

Volgens Anelia moet Jackie haar nie oor haar (Anelia) bekommer nie. Dit is egter onwaarskynlik dat Jackie haar nie oor haar ma sal bekommer nie, terwyl sy self sien in watter toestand haar ma is. Jackie is onder die indruk dat dit haar optrede (teenoor Heinrich en selfs Carl) is wat haar ma so ontstel en dat haar ma nie besef sy voel so nie en haar dus nie kan reghelp nie. Dit is egter 'n oop plek in die verhaal. Jackie weet nie verseker hoekom haar ma in so toestand is nie en optree soos sy optree nie; sy kan net raai. Jackie gaan egter terug na die rede wat haar self die meeste pla: dat sy nie van Heinrich hou nie.

In Karel se verhouding met Anelia het hy haar geaardheid in ag geneem in sy optrede teenoor haar (p. 63). Hy het vir die kinders gese dat hulle mooi na hulle ma moet kyk. Jackie het geweet wat hy daarmee bedoel. Sy en haar pa, en selfs vroeer ook Carl, het geweet hoe om teenoor Anelia op te tree. Karel het geweet dat Anelia nie daarvan hou om voor gehore op te tree nie en het haar daarom nooit "gedwing" om dit te doen nie. Volgens horn was dit goed genoeg dat sy vir haar gesin by die huis klavier speel. Heinrich tree nie dieselfde as Karel teenoor Anelia op nie. Dit is moontlik dat Jackie horn daaroor kwalik neem.

Die moontlikheid bestaan dat Karel in sy bedoeling om Anelia te beskerm, haar ook onbewustelik afhanklik van horn gemaak het (pp. 40, 88). Dit kan gesien word in sy opmerking teenoor Jackie, dat hy nie weet wat van Anelia sal word as hy skielik moes doodgaan nie (p. 20). Selfs vir Jackie was haar ma soos ,Dn potplantjie" (p. 20) waarna baie

mooi gekyk moes word. Dit is dus nie net Karel wat Anelia wou beskerm het nie, maar ook die kinders.

Die alleenplasing van Jackie se vraag dui op die belangrikheid daarvan vir Jackie: "Sou haar ma ook vanoggend onthou?" (p. 35). Jackie wonder of haar ma aan haar pa dink wanneer sy die "Liebestraume" speel, want dit is die lied wat sy altyd vir Karel gespeel het.

Anelia word beskryf as 'n sensitiewe en sagsinnige mens; dit word gekontrasteer met Heinrich wat telkens as "groot" beskryf word (p. 21).

Volgens Kalish (1985:204, 205) kan die weduwee 'n voornemende maat sien of oordeel in terme van sy vermoe om die rolle te vervang en verhoudinge wat deur die oorledene vakant gelaat is, te herstel. Die nuwe verhouding na die dood van die vorige maat is nie eintlik 'n

vervanging nie; dit is 'n verhouding wat eerder sekere van dieselfde kwaliteite het en ook van dieselfde behoeftes en vereistes het. Vir Anelia het Heinrich se rol as versorger en voorsiener heel moontlik die deurslag gegee vir haar troue met horn.