• No results found

3.2 Die verklikker (1983)

3.2.2 Verhaalanalise: Die verklikker

3.2.2.1 Verteller en verteltegniek

3.2.2.4.4 Reekse en groepe gebeure

Die gebeure in die verhaal word in die hede en chronologies aangebied. Die verlede word deur middel van terugskouings van die hoofkarakters bekend, wat wisselend tussen gebeure in die verdere en nadere verlede gerepresenteer word.

Gebeure kan volgens tyd ingedeel word, omdat sekere gebeure in tyd op mekaar volg. Dit dra by tot die opbou van spanning in die verhaal. Ruimte en gebeure kan in 'n verhaal gekombineer word sodat dit 'n bepaalde betekenis verkry. In Die verklikker is die skure aanvanklik vir Jackie 'n onbekende ruimte, maar nie vir Carl nie, omdat hy al saam met Heinrich daarheen gegaan het. Dit is egter ook die ruimte, hoewel onbekend aan haar, waar sy uitvind van Heinrich se werklike planne met Carl. Al is die skure vir Carl 'n bekende ruimte, is hy onbewus van Heinrich se werklike planne met horn. Dit is dan ook in hierdie ruimte waar Jackie tot die besef kom dat sy tot aksie sal moet oorgaan as sy vir Carl wil help.

3.2.2.5 Tyd

Elke verhaal het karakters, wat sekere handelinge beleef wat in tyd afspeel. Vervolgens word fasette van die tydsbeelding soos in Die verklikker voorkom, bespreek.

3.2.2.5.1 Verteldetyd

Die vertelde tyd in Die verklikker begin in die Desembervakansie, wanneer Carl, Jackie en Anelia reeds sedert die begin van die vakansie by Heinrich op sy hoewe bly. Die verhaal eindig 'n paar dae na Oujaarsaand. Die betreklik kort verteltyd het moontlik te doen met die belangrikheid van die verband tussen die gebeure en die tyd in hierdie verhaal. Die verteltyd in die verhaal is 115 bladsye.

Retrospektiewe tyd behels die terugkyk en nadink oor die verlede. Voorbeelde hiervan is dat

Jackie terugdink aan die tyd net na haar pa se dood (p. 20) en hoe haar ma opgetree het. Sy onthou ook hoe die vakansietye saam met haar pa was (p. 34), asook Kerstyd (p. 67). Die kontras tussen die hede en verlede kan gesien word in Jackie se terugkyk in die verlede.

'n Voorbeeld van keertyd, 'n tydsaspek wat spanning bewerkstellig, is wanneer Jackie net tot die volgende aand ("moreaand", p. 103) het om te verhoed dat Carl saam met Heinrich en George'n diet word.

3.2.2.5.2 Volgorde

Volgorde in die tyd is belangrik. Die vertelde tyd in die verhaal word nie net chronologies aangebied nie, maar ook deur middel van terugskouings/analepsis en vooruitskouings/prolepsis. Voorbeelde van terugskouings en vooruitskouings word vervolgens genoem.

Deur terugskouings in die verhaal word die verlede (hetsy die nadere of verdere verlede) van die hoofkarakters bekend gemaak: Carl dink aan die gebeure vroeer die dag toe hy en Jackie hulle perde uitgekies het (p. 22), Jackie onthou hoe die verhouding tussen haar ma en pa was (p. 9) en hoe hulle ook altyd saam vir die kinders geskenke gegee het (p. 16), Jackie en Carl dink terug aan die vroeere verhouding tussen hulle (pp. 23, 105) en Jackie dink aan haar en Carl se boomhuisdae (p. 31), Jackie onthou die dag toe Heinrich haar pa by hulle huis kom sien het (pp. 40, 41), asook toe haar pa se besigheid ondergegaan het (p. 42).

Daar is talle vooruitskouings. Kersfees is oor 'n paar dae en Jackie en Carl kry perde vir Kersgeskenke van Heinrich (pp. 7,15). Hulle moet saam met Heinrich gaan om die perde te gaan uitsoek (p. 15) en die perde word die volgende dag op die hoewe afgelaai (p. 19). Daar word ook telkens vooruitskouend verwys na die moontlikheid dat Jackie kan seerkry as gevolg van die swart hings (pp. 22, 23, 26). Die vooruitskouing van Anelia se klavieroptrede voor 'n gehoor (p. 40) bewerkstellig spanning, want die leser weet teen hierdie tyd in die verhaal dat Anelia nie eintlik graag voor gehore optree nie. Jackie besluit dus om met Heinrich te gaan praat oor haar ma se senuagtigheid om voor gehore klavier te speel (p. 11). Anelia gaan die Maandag na 'n senukliniek (p. 79). Die spanning bou op met die verloop van die verhaal met die vooruitskouings van die rooftog wat Heinrich en George beplan (p. 87), Carl dink aan moreaand; die groot aand van die rooftog (p. 104). Die rooftog vind om twee- uur die oggend plaas en dit is op die oomblik tienuur (p. 109). Jackie vertel vir die sersant van die rooftog wat beplan is en nog moet gebeur (pp. 110-113).

Enkele vooruitskouings binne die terugskouings kom ook in die teks voor: Jackie dink aan die planne wat sy en Carl altyd vroeer gemaak het vir die komende atletiekseisoen (p. 12). Carl weet nie hoekom Jackie nou 'n swart hings gekies het terwyl sy nog altyd 'n geelbruin merrie wou gehad het nie (p. 19).

Daar kom verskeie tydspronge in die verhaal voor, dit wil se die verhaal spring tussen die hede, die verlede en die toekoms. In 'n jeugverhaal is die tydspronge geslaagd. Dit korreleer met die ontwikkelingspsigologie, waaruit dit duidelik blyk dat die adolessent se begrip van tyd reeds so ontwikkel is dat dit hom/haar in staat stel om meer komplekse tydsverhoudinge te verstaan.

3.2.2.5.3 Ritme

Die vyf verhoudinge van ritme word vervolgens op die teks toegepas.

Ellipse is tydspronge in die verhaal. Die wit gedeeltes tussen die onderafdelings van die

verhaal is gewoonlik ellipse. Dit kom byna op elke bladsy van Die verklikker voor. As gevolg van die ellips vandat Jackie die polisie vertel van die beplande rooftog totdat sy en Carl saam met die maatskaplike werkster voor die kinderhuis stilhou (p. 113), weet die leser nie hoe die polisie vir Heinrich en die ander aangekeer het nie en wat verder met hulle gebeur het nie. Dit is ook nie duidelik hoeveel tyd intussen verloop het nie. Dit is moontlik dat die fokalisasiepatroon in die verhaal dit nie moontlik gemaak het om van die inhegtenisname te vertel nie. Dit moes waarskynlik uit die eksterne fokalisator se oogpunt gewees het, maar die eksterne fokalisator is minimaal in die verhaal gebruik. Die gebeure uit Jackie se fokalisasie is nie moontlik nie, omdat sy uiteraard nie saam met die polisie kon gaan nie. Daar kom ook 'n ellips voor wanneer Jackie haar bekommernis oor die moontlike rooftog vir die sersant vertel (p. 113). Die leser ken reeds die besonderhede van die storie en dit is dus nie nodig om dit te herhaal nie.

'n Opsomming word gegee wanneer daar nie baie tyd in die vertelteks aan die gebeure afgestaan wil of kan word nie, maar die inligting wat deur die opsomming gegee word, tog belangrik vir die leser is. 'n Voorbeeld van 'n opsomming in die teks is waar Jackie terugdink aan die gebeure van die laaste jaar dit in 'n enkele paragraaf genoem word (p. 108).

Die tyd wat daar aan die gebeure in die vertelteks afgestaan word, is ooreenstemmend met die tyd wat die gebeure in werklike tyd sal neem. Voorbeelde van tonele is die gebeure

random die kies van Carl en Jackie se perde (pp. 17-19), asook die eerste keer dat Carl en Jackie hulle perde ry (pp. 25-28).

Uitbreidings in die verhaal stem ooreen met statiese gebeure. Dit is nie noodwendig

belangrik vir die voortstu van die verhaal nie, maar verskaf addisionele inligting. Die ontmoeting en interaksie tussen George en Jackie (pp. 76-79) word baie breedvoerig beskryf. Jackie se belewing van die ontmoeting en van George word in baie fyn sintuiglike besonderhede gebeeld. Dit het nie soveel impak op die klimaks en uiteinde van die verhaal nie, maar dit beklemtoon Jackie se negatiewe ervaring en die gevoel van afsku en vrees teenoor George. Jackie se eerste rit met Perd (pp. 26-28) word ook in baie fyn besonderhede gebeeld. Die huidige verhouding, asook die vooruitskouing van die toekomstige verhouding tussen Jackie en Perd, word hierdeur beklemtoon.

'n Pouse, net soos uitbreiding, stem dikwels ooreen met statiese gebeure. Die verhaal word onderbreek of staan stil terwyl die teks voortgaan. Voorbeelde uit Die verklikker is byna elke keer wanneer Jackie of Carl aan die verlede terugdink. Die verhaal gaan nie voort nie, maar die detail oor die verlede word ingevul, en inligting oor die karakters, soos Anelia en Karel, word bekend gemaak.

3.2.2.5.4 Frekwensie

Een voorbeeld van frekwensie as tydsverhouding in Die verklikker is die beplande rooftog waarvoor Heinrich en George vir Carl gaan saamneem, wat in die toekoms van die verhaal net een keer gebeur, maar talle kere genoem word. Dit dui op die belangrikheid daarvan vir die klimaks van die verhaal. 'n Ander voorbeeld is wanneer Jackie na die pakkamer gaan om na haar album te kyk om te sien en te onthou hoe haar pa gelyk het. Sy doen dit net een keer en dit word ook slegs een keer in die vertelteks aangebied.