• No results found

2.5 Die filmiese ontleding

2.5.2 Die televisiedrama as genre

Die televisiedrama as genre word onderverdeel in subgenres. Smith (1989:67-91; 1994:285) onderskei die volgende: die kunsdrama/ernstige drama; die strooisage/sepie; die situasiekomedie/sitkom; die komedie; die dokumentere drama; die oorlogsdrama; die riller; die misdaadreeks; die hospitaaldrama; die joernalistieke drama, die wetenskapsfiksie en fantasietelevisie en die jeug-, kinder- en kleuterdrama. Hierdie subgenres word vervolgens kortliks bespreek en met Afrikaanse voorbeelde toegelig.

Die kunsdrama of ernstige drama is 'n swaar drama met 'n stadige tempo. Die teikengehoor is gewoonlik die ingeligte kyker wat simboliek, fyn kamerawerk en meervlakkigheid kan waardeer. Voorbeelde van hierdie dramas is Die Hartseerwals, 'n Bruidsbed vir tant Nonnie en Liesbet slaap uit.

Die strooisage/sepie het lang, ingewikkelde intriges en 'n mengelmoes storielyne, veral random mooi/slim/verontregte/sensuele vroue en magsbehepte/macho mans. Geen sepie is 'n sepie sonder liefde, haat, jaloesie en wellus as hoofbestanddele nie. Sepies word in vervolgreeksvorm aangebied en elke episode eindig gewoonlik op 'n senutergende/raaiselagtige noot, wat die kyker byna verplig om verder te kyk. Voorbeelde van sepies in Afrikaans is Egoli, Sewende laan, Hart van Staal, Villa Rosa, Die

Mannheimsage, Wolwedans in die skemer, Binnelanders en Begeertes.

Die situasiekomedie/sitkom word altyd in reeksvorm aangebied. Elke episode het 'n komiese situasie van sy eie. Die karakters en ruimte bly deurgaans dieselfde. Daar vind ook min of geen karakterontwikkeling plaas. Afrikaanse sitkoms van die afgelope jare is onder andere

Dot en Kie, Net 'n bietjie liefde, Oos,wes, Orkney Snork Nie, Vetkoekpaleis, Gauteng-aling, Oepse daisy en Gabriel.

Die komedie, soos die sitkom, word in reeksvorm aangebied. Anders as die sitkom vind daar heel dikwels karakterontwikkeling plaas. Die ruimte wissel van episode tot episode.

Voorbeelde van Afrikaanse komedies is Bosveldhotel, Nommer Asseblief, Die

Manakwalanners en Andries Plak.

Die dokumentere drama of dokudrama moet onderskei word van die dokumenter. Waar dit in 'n dokumenter oor die "werklikheid" handel, wat sover as moontlik realisties/konkreet weergegee word, gaan dit in die dokumentere drama oor werklike gebeure wat gedramatiseerd aangebied word. Ware gebeure word geinterpreteer, gedramatiseer en aangebied in (gewoonlik) 'n enkeldrama of 'n minireeks. Enkele voorbeelde is Verskroeide

aarde, Jopie Fourie en De la Rey.

Die grensdrama handel in Afrikaans hoofsaaklik oor die politieke gebeure vanaf 1960 en die grensoorlog van 1984. Enkele voorbeelde van grensdramas is Reccie, Jantjie, Ouens soos

ons en Op die grens. Die oorlogsdrama kan saam met die grensdrama onderskei word,

maar handel nie net eksklusief oor die grensoorlog nie. Voorbeelde van oorlogsdramas is

Veldslag en Arende.

Die riller of siddersessie wek kenmerkend die gevoel van vrees by die kyker. Die riller is gewoonlik 'n enkeldrama of 'n minireeks. Om die spanningslyn te behou is die enkeldrama gewoonlik die aangewese vorm om die riller aan te bied. Die riller word egter ook in minireeksvorm aangebied en die spanningslyn bly hier behoue, deurdat elke episode op 'n dramatiese, spanningsvolle moment eindig en die kyker te midde hiervan moet wag tot die volgende episode (week). Enkele voorbeelde is Wolwedans in die skemer en Lied van die

Lappop.

Die misdaadreeks of krimmie kan onderverdeel word in spioenasie-, speur- of polisiereekse en word gewoonlik in reeksvorm aangebied, maar kan ook 'n vervolgreeks wees, 'n Misdaad in die een of ander vorm word in elke episode uitgebeeld. In Afrikaans word die misdaadreeks gewoonlik in vervolgreeksvorm aangebied met voorbeelde soos Die dood van

Elmien Adler, Die Laksman, Die Binnekring, Vyfster en Die vierde kabinet. Die jeugreeks Rieksie Rautenbach is in reeksvorm gebeeldsend, met'n selfstandige episode elke week.

Die hospitaaldrama speel gewoonlik in die hospitaal af of beeld die lewe van 'n dokter of dokters met 'n privaatpraktyk, uit. Die drama kom in reeksvorm, vervolgreeksvorm en enkeldramavorm voor. Voorbeelde van hierdie dramas is Dokter, Dokter, Die seders van

Die joernalistieke drama het hoofsaaklik 'n koerant-, tydskrif- en selfs 'n televisienuuskantoor as agtergrond en betrek die redaksielede en hul joernalistieke bedrywighede. Voorbeelde van die dramas is Gazette, Keertyd 11:30 en Hoekie vireensames.

Wetenskapsfiksie soos Interster en Buks de la Rey het gewoonlik die kind as teikengehoor.

Dit is dikwels futuristiese verhale en beeld meestal verbeeldingryke ruimtereise uit. Televisiedramas in 'n fantasiemodus handel gewoonlik oor bonatuurlike verskynsels soos spoke of ruimtewesens, byvoorbeeld Blomme vir Ma en Spookstories. Selfs fantasiekarakters uit die letterkunde, soos Liewe Heksie, word deel van fantasietelevisie.

Die kleuter-, kinder- enjeugdrama fokus uiteraard op die jeug, kinders en kleuters as gehoor. Hierdie programme kan opvoedkundige waarde he en ook vermaaklik wees. Reekse vir kleuters is byvoorbeeld Haas Das, Doffel, Babbel en Bekkie, Pieriewieriepark, Woepies

Wurm en Die pikkewouters van Amperstamperland. Vir kinders is daar reekse soos Liewe Heksie, Wielie-Walie, Supersnuiters, Die Swart Kat, Patrys-hulle, Trompie en die Boksombende en Saartjie. Die jeugreeks(drama) kan as reeks, vervolgreeks en enkeldrama

aangebied word. Voorbeelde van Afrikaanse jeugreekse(dramas) is Skooldae, Roep van die

visarend, Sienjynou!, Skoolplaasstories, Wennersen Carpe Diem.

Net soos jeugliteratuur wesenlik ook anders is as kinderliteratuur en ook volwasse literatuur in die aanbieding en benadering van stof, die omvang, die keuse van temas, die inkleding en inherente lewensbeskouing, kan die televisie-jeugdrama om hierdie selfde redes verskil van die bogenoemde onderskeidende subgenres van die televisiedrama, wat gewoonlik vir volwassenes geskep word. Volgens Smith (1994:284) is elke subgenre met kodes gelaai. Deur die identifikasie van die subgenre, kan die kyker reeds weet wat hy van die televisiedrama te wagte kan wees. Wanneer die kyker weet dat waarna hy kyk/gaan kyk, 'n jeugreeks of -drama is, is hy reeds sekere dinge te wagte.

Die televisie-jeugdrama sal gewoonlik 'n adolessent as hoofkarakter he, en daarom is die adolessent ook die teikengehoor. Die verhaai word ook uit die oogpunt van 'n adolessent vertel en die uitbeelding van die ruimte en tyd sal sodanig wees dat dit ooreenstem met 'n tiener se belewing daarvan. Dieselfde geld vir die jeugprosateks, waar die leser sal verwag dat die boek oor adolessente en gebeure random hulle sal handel.

Volgens Smith (1989:54-63; 1992:533; 1994:286) maak elke subgenre van die televisiedrama van die een of ander dramavorm gebruik. Hierdie dramavorm is dan die vorm waarin die televisiedrama aangebied word. Sekere subgenres kan net sekere dramavorme

gebruik. Die dramavorm betrek ook aspekte soos die produksieproses, die bouvorm, die aantal episodes, die inhoud en die teikengroep of teikengehoor. Die verskillende dramavorms wat onderskei word is: 'n vervolgreeks, 'n reeks, 'n enkeldrama, 'n minireeks, 'n seisoenale reeks, 'n splinterreeks en opvolgreeks.

'n Vervolgreeks is 'n kontinue, opeenvolgende, lineere en onomkeerbare vertelling wat uit elf of meer episodes bestaan. Die reeks sluit ligte en ernstige dramas in, maar word gewoonlik met ontspanningsliteratuur soos strooisages/sepies geassosieer. Die teikengroep van die vervolgreeks word bepaal deur die inhoud van die drama en ook die tyd van uitsending. Enkele voorbeelde van Afrikaanse vervolgreekse is Soutmansland, Die Sonkring,

Samaritaan, Onder draai die duiwel rond I en //, Paradys, Agter elke man I en //, Wolwedans in die skemer, Triptiek I en //, Jackpot, Arende I en //, Woestynblom, Sleurstroom, Grondbaronne, Cul de Sac, Die Laksman, Hagenheim: Streng Privaat, Meeulanders, Die Binnekring, Die vierde kabinet, Konings, Torings, lemand om lief te he, Voete van goud, Samaritaan, Arsenaal, Een Skoenlapper, Plek van die Vleisvreters, Song vir Katryn I en //, Amalia I en //, Dit wat stom is, Orion, Dryfsand, Sien jy nou! (jeugreeks), Mooirivier

(jeugreeks), Wenners (jeugreeks) en Roep van die visarend (jeugreeks).

Die episodes van 'n reeks (nie 'n opeenvolgende vertelling soos voorafgaande vervolgreeks nie) vertel elkeen 'n selfstandige storie met 'n begin en 'n slot. Daar is sekere bindende/deurlopende/konstante elemente in 'n reeks teenwoordig, soos karakters en/of ruimte. 'n Reeks word ook deur herhaling gekenmerk omdat 'n sekere patroon resepmatig gevolg word. Kooperasiestories, Nommer Asseblief, Ma-plotters, Orkney Snork Nie, Oos,

wes, Net 'n bietjie liefde, Die Avonture van Joachim Verwey, Die Manakwalanners, Vleuels, Gabriel, Rieksie Rautenbach (jeugreeks), Supersnuiters (jeugreeks) Trompie en die Boksombende (jeugreeks), Saartjie (jeugreeks) en Die Swart Kat (jeugreeks) is enkele

voorbeelde van Afrikaanse (nie-deurlopende) reekse.

'n Enkeldrama bestaan uit een episode en word gewoonlik eenmalig vertoon. Die tydsduur van 'n enkeldrama wissel gewoonlik tussen 30 en 100 minute. Enkeldramas is gewoonlik swaar en ernstig. Voorbeelde van enkeldramas in Afrikaans is Nagspel, Die Hartseerwals, 'n

Bruidsbed vir tant Nonnie, Liesbet slaap uit, Vierspel, Uitdraai en More is 'n lang dag.

'n Minireeks bestaan gewoonlik uit 3 tot 13 episodes. Dit word in vervolgreeksvorm aangebied en die episodes volg kort op mekaar, wat 'n idee van kompaktheid skep. Die minireeks se kompakte aard word versterk deurdat dit 'n definitiewe begin en einde net. In Suid-Afrika is die minireeks gewoonlik ligte vermaak, soos Meulenhof se mense en Gazette.

Die minireeks kan net soos die enkeldrama meer ernstige dramas wee. In Afrikaans is die meer onlangse minireekse van 'n meer ernstige aard soos Brood vir my broer, Veldslag,

Netwerk, en Lied van die Lappop.

'n Seisoenale reeks word in reeksvorm of in vervolgreeksvorm aangebied. 'n Gemiddelde reeks van ongeveer 26 episodes word gedurende 'n seisoen gebeeldsend en die volgende reeks word na 'n lang tussenpose uitgesaai. Afrikaanse televisie het betreklik min seisoenale reekse met die uitsondering van Orkney Snork Nie (vier seisoene en twee rolprente),

Vetkoekpaleis (vyf seisoene) en Gauteng-aleng (drie seisoene).

'n Splinterreeks word gemaak na aanleiding van die sukses van 'n ander reeks of vervolgreeks. Die enigste Afrikaanse voorbeeld is Interster en Buks de la Rey. Laasgenoemde is 'n splinterreeks van eersgenoemde.

'n Opvolgreeks word gewoonlik gemaak wanneer die oorspronklike reeks 'n groot sukses was. Voorbeelde van Afrikaanse opvolgreekse is Arende, Die Sonkring, Agter elke man,

Onder draai die duiwel rond, Nommer Asseblief, Die Swart Kat, Triptiek, Cul de Sac, Orkney Snork Nie, Vetkoekpaleis, lemand om lief te he, Konings (opvolgreeks is Torings), Song vir Katryn en Amalia.

Volgens die voorafgaande onderskeid van die verskillende dramavorme kan die televisie- jeugreeks Wenners onderskei word as 'n vervolgreeks bestaande uit 13 episodes van ongeveer 30 minute elk.