1.4 Indeling van proefskrif
2.2.2 Verenigde State van Amerika (VSA)
Gemeet aan die hoeveelheid geld wat in die VSA aan gesondheidsorgdienste bestee word (14% van die Bruto Nasionale Produk; in 2003 was dit $1,6 triljoen), behoort hul gesondheidsorgdienste die beste ter wêreld te wees.72 Dit is klaarblyklik nie die geval nie. In 'n onlangse vergelykende studie tussen dertien lande kom die VSA tweede laaste, met Japan eerste, gevolg deur Swede, Kanada, Frankryk, Australië, Spanje, Finland, Nederland, die Verenigde Koninkryk, Denemarke, België en dan die VSA.73 'n WGO-verslag in 2000 plaas die VSA vyftiende onder 25 nywerheidslande.74
Statistiek in die VSA lyk inderdaad skokkend. Volgens die verslag van die Institute of Medicine: “To err is human”, sterf jaarliks 'n geskatte 44 000 tot 98 000 mense in die VSA as gevolg van medies-verwante foute. Meer mense sterf dus as gevolg hiervan as van motorongelukke
71 Donaldson 2000:17. Hierdie is 1998/1999-statistiek. 72 Null
et al. 2003:3.
73 Starfield 2000:483.
(43 458), borskanker (42 2297) of vigs (16 516).75 Indien die totale jaarlikse getal iatrogene sterftes van 783 936 geneem word, beteken dit dat die Amerikaanse gesondheidsorgstelsel die leidende oorsaak van dood en besering in die VSA is. Volgens hierdie syfers blyk dit dat meer Amerikaners elke ses maande as gevolg van mediese foute in hospitale in die VSA sterf, as in die hele Viëtnam-oorlog. Die getal sterftes is gelykstaande aan drie volgelaaide jumbo-passassierstralers wat elke tweede dag neerstort.76 Die volgende statistiek word deur Null et al.77 verskaf:
Tabel 1: JAARLIKSE FISIESE EN EKONOMIESE KOSTE VAN MEDIESE
INGREPE
Toestand Sterftes Koste
Nadelige medikasiereaksies (Adverse drug reactions)
106 000 $12 Biljoen
Mediese foute 98 000 $2 Biljoen
Bedsere 115 000 $55 Biljoen
Infeksie 88 000 $5 Biljoen
Wanvoeding 108 800 –
Buitepasiënte 199 000 $77 Biljoen
Onnodige prosedures 37 136 $122 Biljoen
Chirurgie-verwant 32 000 $9 Biljoen TOTAAL 783 936 $282 Biljoen 75 Kohn et al. 1999:1. 76 Clark 2004:349. 77 2003:1.
Die sterftesyfer kan volgens Null et al. selfs tot 999 936 styg indien ander statistiek (soos deur die bron vermeld) gebruik word.78
Die totale nasionale koste (verlies aan inkomste, ongeskiktheid en mediese koste) van voorkombare nadelige mediese insidente (medies- verwante foute wat nadeel veroorsaak) word op tussen $17 biljoen en $29 biljoen geskat. Hiervan is die helfte mediese uitgawes.
Elke jaar sterf ongeveer 6 000 Amerikaners as gevolg van beserings opgedoen by hul werkplek. As gevolg van slegs medikasiefoute, sterf meer as 7 000 Amerikaners jaarliks. Kommerwekkend is die feit dat hierdie getal 'n stygende tendens het. Vanaf 1983 tot 1993 het die getal medikasieverwante sterftes verdubbel.79 Hierdie stygende tendens word bevestig deur 'n verslag van U.S. Pharmacopeia.80 Volgens hierdie verslag het die getal medikasiefoute in hospitale in die VSA met 82% in 2002 gestyg. Die verslag is gebaseer op die anonieme rapportering van 482 hospitale en gesondheidsorgfasiliteite. 'n Totaal van 192 477 medikasiefoute is vir 2002 aangemeld. Die verslag meld voorts dat baie van die foute opgespoor is voordat die pasiënt die medikasie ontvang het en dat die meerderheid van die foute nie ernstige nadeel vir die pasiënt ingehou het nie. Ander navorsing dui daarop dat 57% van medikasiefoute tot ernstige nadeel (sterfte of ernstige siekte) van die pasiënte gelei het.81 Pasiënte oor die ouderdom van 65 jaar se kanse om deur 'n medikasiefout benadeel te word, is twee keer so groot as by jonger pasiënte. Volgens die “Harvard Medical Practice Study” is 19,4% van nadelige mediese insidente te wyte aan medikasiefoute. Hierdie is die
78 2003:2.
79 Philips 1998:643. In 1993 was daar 7 931 sterftes as gevolg van medikasiefoute. 80 http://positivepopulations.org/updates8.htm, besoek op 25 Augustus 2004. 81 Clark 2004:351.
grootste enkele kategorie.82 Huidige skattings van die omvang van medikasiefoute is, soos onder andere in die VK, ook laag omdat baie foute ongedokumenteer en ongerapporteer bly. 'n Studie is in 1993 oor ’n tydperk van ses maande onder pasiënte gedoen wat tot vyf verskillende pasiëntesorgeenhede by 'n tersiêresorghospitaal toegelaat is. Daar is bevind dat insidente slegs in drie van die 54 gevalle waar pasiënte 'n nadelige medikasie-insident beleef het, by die hospitaal se kwaliteitversekeringsprogram of by die apteek se sogenaamde “hotline” gerapporteer is.
In 'n media-onderhoud het Cousins, die skepper van MEDMARX - 'n anonieme, vrywillige medikasiefoutrapporteringstelsel vir hospitale - die volgende as rede vir onderrapportering aangevoer: “... hospitals are very concerned about their liability. So if there’s going to be underreporting at all, I would say it’s in the serious or fatal error categories, because there are state laws whereby a hospital may lose protection of the information if it is provided to third parties outside the hospital.”83
Dit blyk duidelik dat medikasiefoute dikwels in hospitale voorkom. Hoewel nie almal tot daadwerklike skade lei nie, eis dié wat wel skade veroorsaak, 'n hoë tol. Onlangse navorsing in twee hoogaangeskrewe opleidingshospitale het getoon dat twee pasiënte uit elke 100 toelatings, 'n voorkombare medikasiefout beleef, wat verdere hospitalisasiekoste van gemiddeld $4 700 per pasiënt meebring. Indien hierdie uitgawe veralgemeen word, kos voorkombare medikasiefoute met 'n nadelige invloed op hospitaalpasiënte, die land as geheel $2 biljoen aan
82 Leape
et al. 1991:378.
hospitalisasiekoste per jaar. Hierdie is 'n baie konserwatiewe aanduiding van die omvang van die werklike koste, aangesien hospitaalpasiënte slegs 'n klein deel van die algemene publiek uitmaak wat die gevaar loop om benadeel te word.84
Direkte hospitalisasiekoste is egter net 'n fraksie van die totale koste. Baie en soms komplekse gesondheidsorg word toenemend ook in buitepasiënte-afdelings, geneeshere se spreekkamers, klinieke en apteke verskaf. Veral apteke is dikwels gemoeid met die uitreik van voorskrifte en die verskaffing van inligting aan pasiënte rakende die veilige gebruik van medikasie. Hoewel die meeste navorsing rondom medikasiefoute in hospitale onderneem is en statistiek normaalweg slegs medikasiefoute binne hospitale reflekteer, is medikasiefoute ook buite hospitale 'n groot probleem.85 Philips et al. is juis van mening dat die waarskynlikste oorsaak vir die styging in die getal medikasiesterftes86 die korter verblyf van pasiënte in hospitale is. Clark verklaar pasiënte verlaat die hospitaal “quiker and sicker” en baie is onbewus van wat hulle te doen staan met betrekking tot medikasie en opvolgbesoeke.87 Die grootste aantal sterftes as gevolg van medikasiefoute was juis by buitepasiënte. Philips en sy mede-outeur het al die doodsertifikate in die VSA vir die tydperk 1983 tot 1993 nagegaan en gevind dat drie keer soveel buitepasiënte as hospitaalpasiënte, as gevolg hiervan gesterf het. Dit dien vermeld te word dat die VSA gedurende hierdie tydperk na bestuurde gesondheidsorg
84 Kohn
et al. 1999:2. Sien ook 28-30 vir verdere statistiek.
85 Kohn
et al. 1999:2.
86 Die omskrywing van “medikasiefout” soos deur Philips et al. 1998:1657 gebruik, is soos volg:
“... accidental overdose of drugs, wrong substance given or taken inadvertently, [and] accidents in the usage of drugs and biomedicals in medical and surgical procedures.” Kritiek op hierdie wye omskrywing is gelewer deur Manasse 1998:1655. Sien ook Ferner 1998:1656 vir verdere kommentaar op Philips et al. se artikel.
oorgeskakel het. Buitepasiëntebesoeke het in die tydperk met 75% toegeneem en die getal binnepasiëntedae het met 21% gedaal.88 Medikasie met ’n hoër risiko word toenemend vir buitepasiënte voorgeskryf89, terwyl die geneesheer sy pasiënte swakker ken en
byvoorbeeld nie bewus sal wees dat die persoon alkohol misbruik nie. Dit kan weer fataal wees saam met die gebruik van die voorgeskrewe medikasie.90