• No results found

Uitbreiding van die verpleegkundige se rol

3.4 Wet op Verpleging 50 van 1978 en die Nursing Act 33 van 2005

3.4.2 Uitbreiding van die verpleegkundige se rol

Verskeie wette het beperkings geplaas op die reg van verpleegkundiges om handelinge te verrig wat op die ondersoek van pasiënte, die diagnosering van siektes, die verskaffing van medisyne en die bevordering van geboortebeperking neerkom.62 Daar was vir baie jare die mening dat verpleegkundiges in sekere omstandighede die reg moet hê om sommige of al hierdie take te verrig. Die rol van die verpleegkundige is in die gesondheidsorgstelsel geleidelik uitgebrei.63 Ten einde wetteregtelik voorsiening vir hierdie uitgebreide rol te maak, is

59 Artikel 45(1)(q) van Wet 50 van 1978 en artikel 58(1)(q) van Wet 33 van 2005.

60 GkR.2598 van 30 November 1984 (Staatskoerant 9513) en gewysig deur GkR.1469 van

10 Junie 1987 (Staatskoerant 10818).

61 Die regulasies met betrekking tot artikel 38A word onder 4.2 hieronder behandel.

62 Strauss 1988:63. Die belangrikste hiervan was die Wet op die Beheer van Medisyne en

Verwante Stowwe 101 van 1965, die Wet op Aptekers 56 van 1974 en die Wet op Geneeshere, Tandartse en Aanvullende Gesondheidsberoepe 56 van 1974.

artikel 38A in 198164 by die Wet op Verpleging ingevoeg en dit bevat die volgende bepalings:

♦ Ondanks die ander bepalings van die Wet op Verpleging (50 van 1978) en die bepalings van die Wet op die Beheer van Medisyne en Verwante Stowwe (Wet 101 van 1965), die Wet op Aptekers (Wet 56 van 1974) en die Wet op Geneeshere, Tandartse en Aanvullende Gesondheidsberoepe (Wet 56 van 1974), kan ’n geregistreerde verpleegkundige gemagtig word om die volgende handelinge te verrig:

(a) die liggaamlike ondersoek van iemand;

(b) die diagnosering van ’n liggaamlike gebrek, ongesteldheid of tekortkoming by enige persoon;

(c) die aanhou van voorgeskrewe medisyne en die verskaffing, toediening of voorskryf daarvan op die voorgeskrewe voorwaardes; of

(d) die bevordering van gesinsbeplanning.

♦ Magtiging word slegs aan verpleegkundiges verleen wat in diens is van die Departement van Gesondheid, Welsyn en Pensioene, ’n provinsiale administrasie, ’n plaaslike bestuur of organisasie wat ’n gesondheidsdiens verrig65 en wat deur die Direkteur-generaal:

64 Artikel 2 van die Wysigingswet op Verpleging 71 van 1981.

65 Voorbeelde van organisasies wat aangewys mag word, is die Rooikruis en Noodhulpliga.

Gesondheid, Welsyn en Pensioene, na oorlegpleging met die Aptekersraad, aangewys is.

♦ Magtiging mag verleen word deur die Direkteur-generaal: Gesondheid, Welsyn en Pensioene, die Direkteur van Hospitaaldienste van daardie provinsie, die mediese gesondheidsbeampte van daardie plaaslike bestuur of geneesheer wat beheer oor daardie organisasie voer, na gelang van die geval. ♦ Magtiging mag ook slegs verleen word na oorlegpleging met die

Raad op Verpleging en die Aptekersraad.66 Die handeling wat die verpleegkundige mag verrig, mag oor die algemeen of in ’n bepaalde geval of in gevalle van ’n bepaalde aard, gemagtig word. Die verpleegkundige mag sodanige handeling slegs verrig wanneer die dienste van ’n geneesheer of apteker, na gelang van die geval, nie beskikbaar is nie en slegs in die loop van sy of haar diens as ’n werknemer van een van die gemelde instansies.

Kragtens artikel 45 van die Wet op Verpleging het die Minister van Gesondheid op aanbeveling van die Raad op Verpleging regulasies met betrekking tot artikel 38A uitgevaardig.67 Ingevolge regulasie 2 hiervan mag ’n verpleegkundige aan wie magtiging verleen is, onderworpe aan die bepalings van artikel 38A en regulasie 3, ongeskeduleerde (tans bylae 0) medisyne en ook bylaes 1-, 2-, 3-, en 4-medisyne68 vir gebruik deur ’n persoon besit, voorskryf, toedien of verskaf. Die medisyne wat hiervolgens aan pasiënte verskaf word, is in die Standard Treatment Guidelines and Essential Drugs List (EDL) vir primêre gesondheidsorg,

66 Sien regulasie 3, GkR.2418 van 2 November 1984 (Staatskoerant 9483). 67 GkR.2418 van 2 November 1984 (Staatskoerant 9483).

wat deur die Nasionale Departement van Gesondheid gepubliseer is, vervat.69 Regulasie 3(a) verskaf ’n volledige omskrywing van die vereiste rekordhouding. ’n Verpleegkundige moet direk nadat enige medisyne voorgeskryf, toegedien of verskaf is, die vereiste gegewens in die pasiënt se lêer aanteken. Regulasie 3(b) omskryf die gegewens wat op die medisyne se etiket moet verskyn, ongeag of die medisyne in die oorspronklike verpakking of herverpakking is.

In die praktyk word daar normaalweg vereis dat ’n verpleegkundige wat kragtens artikel 38A optree, ’n nabasiese kwalifikasie in die diagnosering van siektes en die voorskryf van medisyne aan ’n tersiêre inrigting, geakkrediteer by die Raad, moet deurloop. By die Universiteit van die Vrystaat word sodanige kennis verwerf deur die nabasiese kursus van een jaar (deeltyds) in Primêre Gesondheidsorg te volg. Die benaming van die kursus verskil van instansie tot instansie.

Op 1 Julie 2005 het artikel 39 van die Medisynewet, wat bepaal dat die bepalings van die wet voortaan ook die staat bind, in werking getree. Daar het onsekerheid by die publiek oor die rol van die verpleegkundige met betrekking tot die verskaffing van medisyne na-ure ontstaan. Op 23 Junie 2005 was die Departement van Gesondheid genoodsaak om die volgende verklaring uit te reik:70

“The Department of Health would like to correct the perception created by the media that the provisions of the Medicines and Related Substances Act that require a health professional to have a valid

69 3de uitgawe 2003. Daar is nog twee volumes van die EDL, onder andere een vir “Paediatrics

Hospital Level”. Verpleegkundiges wat in Noodgevalle werk, moet soms na-ure, indien die apteek nie oop is nie, uit die sogenaamde “noodkas” medisyne resepteer.

dispensing license in order to dispense scheduled medicines, is bound to cause chaos and backlogs in public hospitals.

We would like to reassure the public that it is not true, as projected by the media this week, that the dispensing of scheduled medicines is only restricted to pharmacists, and that patients who visit the hospital at night would be unable to get medication because of the provisions.

Section 38A of the Nursing Act71 allows any registered nurse who is in the service of the Department of Health, a provincial administration, a local authority or any organization performing any health service and authorized by the Director General of Health to perform the following duties:

♦ the physical examination of any person

♦ the diagnosing of any physical defect, illness or deficiency in any person

♦ the keeping of prescribed medicines and the supply, administering or prescribing of such medicines and the promotion of family planning.

These special provisions relating to certain nurses, further indicate that such nurse may perform such act only whenever the services of a medical practitioner or pharmacist, as the circumstances may require, are not available.

The Director General has already sent out a letter to clarify the position regarding nurses and dispensing licenses and the requirements to comply with the Pharmacy Act. He has also delegated authority to provinces to allow nurses to perform the said duties.

All health care professionals who issue or dispense medicines should be adequately trained for what they do. Nurses in the public sector may complete a dispensing course and may be issued with a dispensing license, but those who provide personal primary health care services and issue pre-packed medication to their patients, or dispense72

medicines, do not need licenses to dispense provided that each nurse employed to provide such service has a letter, signed on behalf of the Head of the Department, authorizing them to provide the service in terms of section 38A of the Nursing Act.”

Volgens die Departement van Gesondheid, benodig ’n verpleegkundige wat kragtens artikel 38A van die Wet op Verpleging optree dus nie ’n lisensie in terme van artikel 22C van die Medisynewet nie en hoef die persoon dus nie ’n resepteringskursus suksesvol te voltooi nie.

Op 15 Desember 2006 het sekere artikels van die nuwe Nursing Act73 in werking getree, waaronder artikel 30. Die bestek van praktyk word in artikel 30 “Scope of profession and practice of nursing” omskryf. Subartikel (1) bepaal soos volg:

“A professional nurse is a person who is qualified and competent to independently practice comprehensive nursing in the manner and to the level prescribed and who is capable of assuming responsibility and accountability for such practice.”

Daar is ’n soortgelyke bepaling ten opsigte van ’n geregistreerde vroedvrou.74 ’n Stafverpleegkundige moet basiese verpleegsorg kan gee en ’n verpleegassistent elementêre verpleegsorg.75

72 Sien kommentaar hieronder. 73 33 van 2005.

74 Subartikel 30(2). 75 Subartikels 30(3) en (4).

“Nursing” word omskryf as “a caring profession practiced by a person registered under section 31, which supports, cares for and treats a health care user to achieve or maintain health and where this is not possible, cares for the health care user so that he or she lives in comfort and with dignity until death.”76

Ingevolge artikel 30 lyk dit of die werkgewer sal moet verseker dat die persoon wat in diens geneem word om sekere verpleegsorgtake te verrig, die nodige kundigheid het om dit te verrig. Die regulasies onder die nuwe Nursing Act is nog nie uitgevaardig nie.

Artikel 38A is met ’n aantal byvoegings en wysigings in die nuwe Wet herbepaal en wel in artikel 56 “Special provisions relating to certain nurses”. Hoewel hierdie artikel nog nie in werking getree het nie, is daar noemenswaardige bepalings wat in die afsienbare toekoms in werking gaan tree en daarom verdere bespreking verdien.

Subartikel 56(1), saamgelees met artikel 31, bepaal dat die Raad op Verpleging, ’n persoon wat geregistreer is as ’n professionele verpleegkundige, vroedvrou of stafverpleegkundige, kan registreer om ’n pasiënt te ondersoek, diagnoseer, behandeling voor te skryf en medisyne vir voorgeskrewe siektes en verwante gesondheidsprobleme te besit en te verskaf indien so ’n persoon:

(a) bewys verskaf dat ’n voorgeskrewe kwalifikasie en opleiding suksesvol voltooi is;

(b) die voorgeskrewe registrasiefooi betaal is; en (c) aan subartikel (6) se bepalings voldoen word.

Indien ’n persoon aan bogenoemde bepalings voldoen, moet die Raad aan hom/haar ’n registrasiesertifikaat uitreik, wat vir drie jaar geldig is en onderworpe aan sekere voorwaardes hernu kan word.

Subartikel 56(5) bepaal dat ’n persoon wat so geregistreer is, mag:

(a) medisyne verkry, gebruik, besit of verskaf onderworpe aan die bepalings van die Medisynewet77 en

(b) medisyne resepteer onderworpe aan die bepalings van die Medisynewet.

Subartikel 56(6) bepaal (ten spyte van die bepalings van die Nursing Act, die Medisynewet, die Aptekerswet en die Wet op Gesondheidsberoepe) dat ’n verpleegkundige in diens van die nasionale departement, ’n provinsiale departement van gesondheid, ’n munisipaliteit of organisasie wat ’n gesondheidsdiens verskaf (en dan die volgende herbepaling van artikel 38A) gemagtig kan word deur die omskrewe persone om enige persoon te ondersoek, diagnoseer, voorgeskrewe medisyne aan te hou, te verskaf, toe te dien en voor te skryf ingevolge die voorgeskrewe voorwaardes.