• No results found

3.4 Wet op Verpleging 50 van 1978 en die Nursing Act 33 van 2005

3.4.3 Kommentaar

3.4.3.1 Registrasiesertifikaat

Subartikel 56(1) vermeld dat die Raad ’n persoon registreer. Hierdie is dus ’n addisionele nabasiese registrasie om te kan diagnoseer, ’n voorskrif te gee en om medisyne te besit en te verskaf vir voorgeskrewe

siektes en verwante gesondheidsprobleme.78 Nie slegs ’n professionele verpleegkundige met ’n vierjaaropleiding kan sodanige registrasie verkry nie, maar ook ’n vroedvrou en stafverpleegkundige, met mindere opleiding. Laasgenoemde het tans ’n opleiding van twee jaar.

Vir sodanige registrasie moet die persoon ook aan die bepalings van subartikel 56(6) voldoen en dus in diens wees van een van die genoemde openbare instansies of ’n aangewese organisasie wat ’n gesondheidsdiens verrig en die nodige magtiging kry van die Direkteur-generaal, hoof van die provinsiale departement van gesondheid, die mediese beampte van die munisipaliteit of mediese praktisyn in beheer van die organisasie, wat weereens moet bepaal watter handelinge die verpleegkundige mag verrig, oor die algemeen of in ’n bepaalde geval, of in gevalle van ’n bepaalde aard.

Ingevolge subartikel 56(5) kan so ’n persoon medisyne verkry, besit, verskaf en resepteer onderworpe aan die bepalings van die Medisynewet. Dit sal naamlik die verkryging van ’n resepteringslisensie ingevolge die bepalings van artikel 22C en regulasie 18 wees waaraan voldoen moet word. Vir enige verpleegkundige in die openbare sektor is dit uiters moeilik om aan hierdie bepalings te voldoen en sover bekend is lisensies ingevolge artikel 22C nog net aan verpleegkundiges in privaat praktyk of verbonde aan ouetehuise en skole vir kinders met spesiale behoeftes uitgereik.79 Die redes is die volgende: Regulasie 18 vereis onder meer dat die presiese plek (“exact location of the premises”) waar die persoon gaan resepteer, aangedui moet word. Baie van die verpleegkundiges in die

78

Bewys van die suksesvolle voltooiing van ’n kursus om hierdie handelinge te kan verrig, moet verskaf word.

79 Persoonlike onderhoud met mevrou Hettie Marais, hoof van Farmaseutiese Dienste,

openbare sektor wat resepteer, beman mobiele klinieke en die verpleegkundiges roteer ook dikwels. Voorts moet daar R1 000 vir die lisensie betaal word. In die Vrystaat het 800 verpleegkundiges in die onlangse verlede vir die kursus aangemeld, waarvan 300 uiteindelik geslaag het.80 Dit sal die staat dus voorlopig R300 000 aan lisensies kos en benewens hierdie uitgawe vereis regulasie 18 dat sodanige persoon ook in ’n koerant in daardie area ’n kennisgewing moet publiseer dat hy of sy van voorneme is om aansoek om ’n lisensie te doen om daar te resepteer. Enige persoon moet dan binne 30 dae vertoë aan die Direkteur- generaal rig om die aansoek voor of teen te staan. Sekere bepalings van regulasie 18(5), naamlik die faktore wat die Direkteur-generaal in ag moes neem voor die uitreiking daarvan, was bedoel om gevestigde aptekers se belange teen resepterende dokters en verpleegkundiges te beskerm. Verpleegkundiges in die openbare sektor is nie in kompetisie met privaat aptekers en resepterende dokters nie.81

Die verpleegkundiges in die openbare sektor wat wel pasiënte ondersoek, medikasie voorskryf, besit en verskaf, doen dit ingevolge die magtiging van artikel 38A van die Wet op Verpleging en het ingevolge hierdie artikel en die herbepaling daarvan in subartikel 56(6) nie ’n resepteringslisensie nodig nie. Die Direkteur-generaal of genoemde geneeshere in beheer van die instansies gee slegs die nodige magtiging. Daar word tans bloot op die integriteit van die betrokke dokter staatgemaak om te verseker dat die verpleegkundige oor die nodige kundigheid beskik om hierdie handelinge te verrig, alvorens magtiging verleen word. Uiteraard word sodanige geneeshere aan aanspreeklikheid blootgestel sou hierdie magtiging aan ’n verpleegkundige verskaf word

80 Geen artikel 22C-lisensie kon nog vir enige een van hulle bekom word nie.

81 Die bepalings van regulasie 18(5)(a), (c), (d) en (e) is egter in Affordable Medicines Trust v

sonder om seker te maak dat die persoon oor die nodige kennis en vaardigheid beskik. Dit is te verstane dat sommige van hierdie geneeshere hul eie “eksamen” opstel wat eers afgelê moet word voordat die magtiging verleen word. Met verloop van tyd is daar in die praktyk ’n groot leemte, veral rakende die resepteringsfunksie, geïdentifiseer. Die etikettering van medikasie deur verpleegkundiges was onaanvaarbaar, asook die toebereiding van medisyne, byvoorbeeld antibiotikum- suspensies vir kinders en morfienstroop. Verdere opleiding (wat nie volgens die wet vereis word nie) moes verskaf word en verpleegkundiges word merendeels volgens die resepteringskursus, soos saamgestel om aan die vereistes vir ’n artikel 22C-lisensie te voldoen, onderrig. Die korrekte berekening van dosisse vir babas en kinders blyk steeds ’n groot probleem te wees en is die hoofrede waarom slegs 300 uit ’n moontlike 800 kandidate (wat as primêre gesondheidsorgverpleegkundiges werk), die resepteringskursus geslaag het.82

’n Registrasiesertifikaat van die Raad dien as bevestiging dat ’n persoon oor die nodige kundigheid beskik om sekere handelinge te kan verrig. Dit sou eenvormigheid bewerkstellig en diskresionêre oordele oor persone se kundigheid uitskakel. Die statutêre vereistes is egter onuitvoerbaar en dit blyk dat weinig, indien enige, verpleegkundiges aan die vereistes daarvan sal kan voldoen. Die vereistes vervat in artikel 56 van die nuwe Nursing Act is klaarblyklik bepaal sonder voldoende inagneming van die doelwitte en bepalings van artikel 22C en regulasie 18 van die Medisynewet.

82 Persoonlike onderhoud met mevrou Hettie Marais, hoof van Farmaseutiese Dienste,