• No results found

Alhoewel medikasie (soos in die meerderheid van gevalle) veilig voorgeskryf en toegedien word, kan pasiënte nogtans benadeel word deur

nadelige newe-effekte (adverse drug reactions). Die gebruik van énige medikasie het ’n inherente risiko.96 Baie newe-effekte is voorspelbaar en word as inherente risiko’s van die behandeling aanvaar. Sommige newe- effekte kan voorkom of verminder word deur die versigtige voorskryf en gebruik van die medikasie. Sommige negatiewe reaksies is egter onvoorspelbaar en kan nie voorkom word nie. Hoewel laasgenoemde groep minder algemeen voorkom, kan hierdie reaksies ernstiger benadeling inhou as die voorspelbare groep. ’n Sogenaamde “adverse drug reaction” word deur die Wêreldgesondheidsorganisasie gedefinieer as: “Any response to a drug which is noxious, unintended and occurs at doses used for prophylaxis, diagnosis or therapy.”97 Hierdie reaksies word (soos reeds vroeër genoem) in Suid-Afrika deur die Medisynebeheerraad gereguleer en moet aan die National Adverse Drug Monitoring Centre gerapporteer word.98 In teenstelling hiermee, is medikasiefoute (met betrekking tot die voorskryf, reseptering en gebruik daarvan), wel voorkombaar.

Min lande het ’n gevestigde definisie vir ’n medikasiefout.99 Baie gepubliseerde navorsingstudies het ook nie ’n duidelike omskrywing van “medikasiefout” nie en onderskei ook nie tussen medikasiefoute en nadelige medikasiereaksies/-newe-effekte (adverse drug reactions) nie.100 Die term “drug misadventure” word byvoorbeeld gebruik en sluit “adverse drug reactions, prescribing errors and medication errors” in.101 In mediese literatuur word “adverse drug events” dikwels gebruik en word dit omskryf as “an injury from a drug-related intervention, which

96 Smith 2004:19. 97 Smith 2004:19.

98 Hierdie sentrum is verbonde aan die Departement van Farmakologie van die Universiteit van

Kaapstad.

99 Council of Europe: Committee of Experts on Pharmaceutical Questions 2003:4. 100 Smith 2004:20.

can include prescribing errors, dispensing errors and medication administration errors”.102 Selfs nie eers die Wêreldgesondheids- organisasie se International Statistical Classification of Diseases and Related Health Problems tref ’n onderskeid tussen ’n medikasiefout en ’n nadelige medikasiereaksie/-newe-effek nie.103

Definisies van foutkategorieë word ook gebruik. ’n “Medikasie- toedieningsfout” word gedefinieer as enige afwyking van die voorskrifgewer se geskrewe opdrag of soos dit deur die voorskrifgewer in die rekenaarstelsel ingesleutel is. Voorts word ’n “medikasiefout” dikwels as verwant beskou aan die toediening van die medikasie en ’n “resepteringsfout” as dié gemaak deur die apteker. ’n Medikasiefout is ook al gedefinieer as “errors in the process of ordering or delivering a medication”. Daar word verder tussen foutkategorieë onderskei met byvoorbeeld definisies vir ’n “unauthorised drug error”, ’n “extra dose error”, ’n “omission error”, ’n “wrong dose error”, ’n “wrong dosage form error” ’n “wrong time error”, ’n “wrong route error”, ensovoorts.104

Om sake verder te kompliseer, word medikasiefoute dikwels onder die breë kategorie “adverse health event” ingedeel wat insluit “any event or omission arising during clinical care and causing physical or psychological injury to a patient”.105

Die gebrek aan ’n algemeen aanvaarde definisie vir ’n medikasiefout word as een van die hoofredes vir die onderrapportering van

102 Bates et al. 1995:29. 103 Smith 2004:20. 104 Flynn 2004:1. 105 Donaldson 2000:xii.

medikasiefoute beskou.106 Rapportering is natuurlik onontbeerlik onder meer vir die verkryging van statistiek, die identifisering van oorsake en die neem van voorkomende stappe.107 Daar behoort dus duidelik

onderskei te word tussen nadelige gevolge wat die gevolg is van ’n medikasiefout en dié wat voorkom tydens die korrekte terapeutiese gebruik van medikasie.108

Die omskrywing van medikasiefout wat deur verskeie lande en instansies aanvaar word, is dié van die US National Co-ordinating Council for Medication Error Reporting and Prevention109 en lui soos volg:

“A medication error is any preventable event that may cause or lead to inappropriate medication use or patient harm while the medication is in the control of the health care professional, patient or consumer. Such events may be related to professional practice, health care products, procedures and systems including: prescribing; order communication; product labelling, packaging and nomenclature; compounding; dispensing; distribution; administration; education; monitoring and use.”

Hierdie definisie word deur die National Patient Safety Agency in die Verenigde Koninkryk, Spanje, Nederland en Ierland gebruik110 en sluit nadelige medikasie-reaksies/-newe-effekte wat nie voorkombaar is nie, uit. Per definisie is ’n medikasiefout dus voorkombaar.

Baie medikasiefoute veroorsaak nie nadeel aan die pasiënt nie, of word opgespoor voordat dit die pasiënt bereik (’n sogenaamde “near miss”). Laasgenoemde is ’n goeie aanduiding van die veiligheid van die stelsel en

106 Jablow 2004:73. 107 Dean

et al. 2002b:1373.

108 Smith 2004:20.

109 Beskikbaar op die Internet by www.nccmerp.org, besoek op 12 Oktober 2004. 110 Council of Europe: Committee of Experts on Pharmaceutical Questions 2003:8.

moet nooit geïgnoreer word nie, maar behoort ook soos werklike medikasiefoute gerapporteer te word. Voorbeelde is:

• ’n Enkeldosis van 500 mg amoksisilien word aan ’n volwasse pasiënt gegee in plaas van 250 mg.

• ’n Dosis digoksien (’n middel waarmee hartversaking behandel word) vir ’n kleuter word verkeerd bereken, maar voor toediening reggestel.

Ander medikasiefoute veroorsaak wel nadeel vir die pasiënt, byvoorbeeld:

• Penisillien word voorgeskryf en toegedien aan ’n pasiënt met ’n gedokumenteerde geskiedenis van ’n allergie. Die pasiënt doen anafilaktiese skok op.111

• In die teater word ampules met adrenalien verkeerdelik vir atropien aangesien en toegedien. Die pasiënt gaan in ventrikulêre fibrillasie wat nie reggestel kan word nie.

• Reseptering van die verkeerde formulering van ’n anti-epileptiese middel veroorsaak dat ’n pasiënt met gekontroleerde epilepsie, weer toevalle kry.

111 Anafilakse is ’n ernstige allergiese reaksie, wat laringeale edeem, brongospasma en hipotensie

veroorsaak. Ernstige anafilakse kan fataal wees. Bloedprodukte, vaksiene, aspiriene en ander niesteroïed-anti-inflammatoriese medikasie (NSAID’s), heparien, spierverslappers wat tydens narkose gebruik word en nog baie ander medikasie, het die potensiaal om anafilakse te veroorsaak. Sien Smith 2004:68.

Nadelige medikasiereaksies wat nie die gevolg van ’n medikasiefout is nie, is byvoorbeeld die volgende:

• ’n Pasiënt toon ’n hipersensitiwiteit vir penisillien, maar het geen vorige geskiedenis van ’n allergie daarvoor nie.

• ’n Pasiënt het haarverlies as gevolg van ’n kursus chemoterapie.112

2.4 Faktore wat die uitwerking van ’n medikasiefout