• No results found

HOOFSTUK 4 SONOP ONDER EIENAARSKAP VAN DIE NED.GEREF.

5.1 Studentebediening

Waar die bediening van studente voorheen deel van die gemeenteleraar se pligte was, het dit in 1940 verander deurdat daar in November 1940 besluit is dat twee

89 Die Normaal (Onderwys) Kollege het op 2/9/1902 geopen met mnr (later sir) John E Adamson as eerste prinsipaal en mej Maria Elizabeth Bosman van Newcastle as eerste student (Engelbrecht, 1955:226).

69

leraars in Transvaal vir die studentebediening verantwoordelik sou wees: een leraar vir die studente van Johannesburg en Potchefstroom en een leraar vir Pretoria en Heidelberg. Ds Ben Marais is toe vir die kombinasie Pretoria/Heidelberg beroep en op 6 Maart 1946 in die Ned.Geref. Gemeente Pretoria-Oos bevestig. Dit was die begin van aktiewe en gespesialiseerde studentebediening (NGK Pretoria-Oos 50 Gedenkblad:35).

Tot 1960 met die afstigting van die Ned.Geref. Kerk Universiteitsoord op 29 Julie 1960 het nog twee studenteleraars Marais opgevolg – vanaf 1949 tot 1955 dr Beyers Naudé en vanaf 1955 tot 1960 ds Kobus Potgieter. Elk van hierdie drie studenteleraars het op hulle eie manier besondere aanklank met en liefde vir die studente gehad.

Interessant is ook dat dieselfde bedieningspatroon by elk van hierdie leraars gevind word deurdat hulle in hul vroeë bedieningsjare uitgeblink het as studenteleraars en later op die breër kerklike terrein hul stempel met groot waardering afdruk: Marais as dosent in Kerkgeskiedenis, Naudé as jarelange kampvegter teen apartheid en Potgieter as moderator, eers van die Sinode van Noord-Transvaal en later van die Algemene Sinode.

5.1.1 Dr Ben Marais

In sy ongepubliseerde BD-proefskrif skryf ds Kobus Sandenberg dat Marais se beleid nie net was om die groepie van 20% of 30% wat vanselfsprekend entoesiasties oor die kerk is, te bearbei, sonder dat die groot groep minder geïnteresseerdes ook betrek word nie. Sy strewe was om nie net die “makkes” op te bou nie, maar ook om die onverskilliges te wen (Sandenbergh, 1979:10).

Die Huisvoorsitter vir 1949, WL Marais, bring hulde aan Marais en sy eggenote, alombekend as “tannie Sibs”, se besondere bydrae tot die geestelike versorging van die Sonoppers, as hy in sy bedankingswoord skryf: Ons afgetrede studenteleraar en mev Ben Marais wie se leiding en geseënde werk in Sonop onmoontlik na waarde geskat kan word en wat vir ons almal meer beteken het as wat ons kan bepaal (Voorsitter Jaarverslag, 15/09/1949).

70

Nadat daar op 24 April 1949 afskeid van Marais as studenteleraar geneem is, het hy oorgeskuif na gemeenteleraar van die Ooskerk tot 1 November 1953. In sy afskeidsboodskap tydens ’n aanddiens op 1 November 1953 eggo Marais se liefde vir die jeug baie sterk as hy terugdink aan sy studentebediening: Ons het baie jongmense sien inkom in die koninkryk van God. Ons het baie ander, soos die ryk jongman, bedroef sien weggaan sonder Christus in hulle harte (NGK Pretoria-Oos 50 Gedenkblad:36).

5.1.2 Dr Beyers Naude

Alhoewel dr Beyers Naudé in die Kerkgeskiedenis altyd onthou sal word as ’n ikoon in die stryd teen apartheid,90 was hy in sy jonger dae as teologiese student op Stellenbosch (1932 – 1939), in sy eerste gemeente, die Ned.Geref. Gemeente Wellington (1940 – 1942) en later as studentepredikant van die Ned.Geref. Gemeente Pretoria-Oos (1949 – 1955) nou betrokke by jeugwerk.

Nie alleen het Beyers, wat ’n persoonlike bekeringservaring gehad het tydens ’n Pinksterdiens wat deur sy vader ds Jozua Naudé gelei is, as student aan Stellenbosch aan aktiwiteite soos die Debatsvereniging en die Berg- en Toerklub deelgeneem nie, maar ook aktief by die Christelike Studentevereniging (CSV)91 ingeskakel.

In sy eerste gemeente, die Ned.Geref. Wellington (1940 – 1942), word hy blootgestel aan die Ned.Geref. Sendinginstituut waar studente vir die bediening in die Nederduitse Gereformeerde Sendingkerk (NGSK) opgelei word. As jong predikant met ’n hartklop vir die jeug word hy bewus van die minderwaardigheid wat hy by baie van die jong teologiese studente beleef oor hul status as predikant teenoor dié wat by Stellenbosch vir die wit Ned.Geref. Kerk opgelei word.

In Mei 1949 word hy as opvolger van dr Ben Marais as studenteleraar na die Ned.Geref. Gemeente Pretoria-Oos beroep. As jong studenteleraarspaar het hulle

90 In Vreesloos Gehoorsaam – ’n keur uit Beyers Naude se preke 1939 – 1997 word sy vreeslose gehoorsaamheid om op

Bybelse gronde teen apartheid standpunt in te neem, beskryf as ’n goue draad wat deur sy lewe loop.

91 Die CSV is op 28/07/1896 deur prof NJ Hofmeyr, dr Andrew Murray en ds JH Neethling op Stellenbosch gestig (Van der Watt, 1987:271).

71

letterlik tussen die studente gaan woon toe hulle in die nuutaangekoopte pastorie in Duxburyweg ingetrek het. Hierdie pastorie het gou gewild geword onder die studente en is druk besoek deur die studente by wie hy en sy eggenote baie gewild was (NGK Pretoria-Oos 50 Gedenkblad:41).

Ook by die Sonopinwoners het hulle gou byval gevind. Wanneer die uittredende Huisvoorsitter, WL Marais, skaars vyf maande nadat Naudé en sy eggenote hul studenteleraarspaar geword het, op 15 September 1949 sy Jaarverslag voorlê, dan bedank hy hulle vir die plek wat hulle reeds onder die Sonoppers ingeneem het.

Nie alleen het hy met onderskeiding sy amp as studenteleraar vervul nie, maar ook op breër kerklike terrein op die jeugakker gearbei. So was Naudé medestigter van die destydse nasionale Kerkjeugvereniging (KJV)92 en word hy in 1951 tot nasionale voorsitter verkies. In 1953 onderneem hy, saam met Willem de Wet Strauss,93 ’n sesmaandelange studiereis na Noord-Amerika en Europa om jeugwerk in verskeie lande te ondersoek (NGK Pretoria-Oos 50 Gedenkblad:41).

Dat Naudé en sy eggenote Ilse gewild onder die studente was en daar groot waardering was vir die geestelike werk wat hulle gedoen het, word tydens hul afskeid soos volg verwoord: Ons weet vandag dat die geseënde invloed van die bydrae wat hulle gemaak het in die vorming van jong manne en vroue, vir lange jare nog ʼn verrykende suurdeeg sal wees (NGK Pretoria-Oos 50 Gedenkblad:41,42).

5.1.3 Ds Kobus Potgieter

Potgieter se studentebediening strek oor ’n tydperk van twaalf jaar – vyf jaar verbonde aan die Ned.Geref. Gemeente Pretoria-Oos en sewe jaar aan die Ned.Geref. Gemeente Universiteitsoord.

Na voltooiing van sy studies bedien hy vir sewe jaar die Ned.Geref. Gemeente Dalunie buite Brits, waarna hy op 20 Februarie 1955 deur sy vader, ds ST Potgieter

92 Die KJV het op 6 Julie 1951 in Wellington tot stand gekom met die ontbinding van die CJV en die Christelike

Strewersvereniging. Hiermee is die band tussen die Kerk en die jeugvereniging amptelik gebind (Van der Watt, 1987:272). 93 Dr Willem de Wet Strauss was vanaf 1936 tot 1976 voltyds in die bediening, waartydens hy hom hoofsaaklik op die jeug

toegespits het. Sy doktorale proefskrif (UOVS) het juis gehandel oor die inskakeling van die jongmense by die Kerk. Hy was die eerste algemene sekretaris van die KJV. Interessant is dat hy sy bediening in die NGK Pretoria begin het en dit weer daar beëindig het (Voorligter Junie, 1976:31).

72

van die Ned.Geref. Gemeente Lichtenburg, in die Ned.Geref. Gemeente Pretoria- Oos bevestig word.

Van die begin af het Potgieter se nederige en innige wyse waarop hy homself tot diens aangebied het, tesame met sy misname opregtheid vir hom ’n oop pad gebaan na die harte van die gemeente en die studente. Hul pastorie in Duxburyweg het ’n gesogte bymekaarkomplek vir studente geword, waartoe veral die hartlikheid van sy eggenote, “tannie Mercia”, bygedra het (NGK Pretoria-Oos 50 Gedenkblad:43).

Alhoewel die seën op Potgieter se toegewyde studentebediening, wat onomkeerbaar gelei het tot afstigting, aanstons bespreek word, word ’n enkele hoogtepunt uit sy handgeskrewe Dagboek – Studenteleraarskantoor genoem:

Op Woensdag 17 Februarie 1960 skryf hy:

’n Ideaal waarvoor ons baie moeite gedoen het, is verwesenlik. Die

Rektor, prof CH Rautenbach, het woord gehou en kamer no 13 – ek

beskou dit as ’n bloot onskadelike en selfs gelukkige nommer – op die

eerste vloer van die Ou Klubsaal aan die “Studenteleraars”,94

geskenk. Dit

is ’n aangename kantoor95

en omdat ek glo dat dit van die Here kom, ’n

kantoor wat vir ons studente en studentebediening in die toekoms baie gaan beteken. Soli Deo Gloria!

Op Maandag 29 Februarie 1960 skryf Potgieter dat dit baie besiger in die Studenteleraarskantoor gaan as wat verwag is. Sommer vroeg die Maandagoggend, na die vorige aand se Studenteverwelkomingsdiens in die Rautenbachsaal, waar 2 012 studente aanwesig was, het hy besoek van ʼn student met huislike probleme ontvang. Na dié vroegoggendbesoek skryf Potgieter die volgende in sy dagboek neer, wat ʼn weerspieëling is van sy toegewydheid aan sy roeping: Dit is duidelik dat hierdie kantoor my ook nou van my Maandag se ontspanning beroof het. Maar die saak is groter! Dit was dan juis hiérdie toewyding wat tot die onafwendbare afstigting gelei het.

94 Ds CL (Mossie) van den Berg was die eerste studenteleraar van die Ned.Herv. Gemeente Philidelphia wat in 1960 gestig is. Na sy emiraat in 1986 het hy diep spore in die Afrikaner-volkslewe getrap (https://groups.yahoo.com/

neo/groups/praag/conversations/topics34701/26/05/2017).

95 Die Studenteleraarskantoor is aanvanklik deur ds Kobus Potgieter en ds CL van den Berg van die Ned.Herv. Kerk van Afrika gedeel (Dagboek Studenteleraarskantoor, 17/02/1960).

73