• No results found

ONTSTAAN VAN SONOP CHRISTELIKE TEHUIS

3.1 Die behoefte aan ʼn koshuis, uitgespreek op die Ned.Geref. Kerk se Transvaalse Sinode van 1916

Die eerste gedagte aan ’n koshuis deur die Kerk daargestel vir mansstudente aan die Transvaal University College, is tydens die Ned.Geref. Kerk van Transvaal se Sinode van 1916 uitgespreek.

Tydens die Commissie voor Onderwijs en Opvoeding se verslag was dit twee predikante uit die platteland – Lydenburg en Soutpansberg23 – wat met hul voorstel toegesien het dat daar nie net oor ’n koshuis gedebatteer word nie, maar wel ’n koshuis tot stand gebring word.24 Dit word na die Sinodale Kommissie verwys, met die opdrag om naar bevind van zake te handelen (NGK Sinode Transvaal, 1916:73),

3.2 Die Ned.Geref. Gemeente Pretoria gee gestalte aan die behoefte

Met die Ned.Geref. Gemeente Pretoria (gestig 1845) as die gemeente binne wie se grense die Transvaalse Universiteit College (TUC) geval het, het hierdie belangrike saak van die daarstel van ʼn manskoshuis vanaf die Sinode binne die bestek van ’n maand op die sakelys van die gemeente se kerkraadsvergadering van 3 Junie 1916 verskyn.

By dié vergadering is ’n klein kommissie aangestel om die saak verder te ondersoek. Die drie lede was DE van Velden,25 WH Hofmeyr en dr DF du T Malherbe26 (NGK Pretoria, 03/06/1016).

23 Die 2 predikante was onderskeidelik di. PJ Pienaar van Lydenburg en BH Swart van Zoutpansberg (NGK Transvaal, 1916:76).

24 In die Sonop 50 Gedenkblad:6 asook in ’n bylae van ’n ondersoekkommissie van die TUC in 1926 word die oorspronklike gedagte aan ʼn koshuis aan prof WP de Villiers toegedig.

17

Hierdie drie manne het die saak ondersoek en wyd gekonsulteer – in die besonder ook met die Council van die Transvaal University College. Op die kerkraadsvergadering van 2 September 1916 lê hulle hul uitgebreide verslag aan die Kerkraad voor, met die aanbeveling dat die koshuis gestig word en ’n eiendom daarvoor aangekoop word. Die tafel was gedek vir die stigting van ʼn Afrikaanse

Kosthuis.27

Enkele belangrike grepe uit die kommissie se verslag is die volgende:

 Die Kerkraad kan op die volle steun van die Raad van het Kollege steun en selfs ook op ’n jaarlikse bydrae van £150.

 Die kommissie het saam met die finansiële kommissie die beoogde eiendom van ene mnr Archie Struben te Murraystraat, Brooklyn besoek en vind dit uiters geskik.

 Die koopsom van die eiendom is £3 000 en die finansiële kommissie beveel aan dat, ten spyte van die geldelike laste wat die Kerkraad reeds het, dit wel aangekoop word.

 Die eienaar verlang £250 kontant, waarna die balans vanaf een jaar na die kooptransaksie teen 60% rente per jaar met £250 per jaar verminder moet word.

 Die besit van die eiendom kan na September 1916 geneem word, maar okkupasie slegs vanaf 1 Januarie 1917.

Na die verslag het ouderlinge W Morkel en SR Roodt die stigting van die koshuis en die aankoop van die betrokke eiendom voorgestel. Dié voorstel is met twee-en- twintig stemme teenoor twee goedgekeur (NGK Pretoria, 02/09/1916).

Net meer as ’n maand na die stigting van Sonop word daar op die kerkraadsvergadering van 14 Oktober 1916 ’n skrywe vanaf die Raad van die TUC behandel.

26 Dr DF du Toit Malherbe was 1 van die eerste 4 professore wat by die destydse TUK aangestel is. Hy was een van die eerstes wat van sy lesings (Chemie) in Afrikaans aangebied het (Pelzer:50).

27 In die vroeë notules is daar heelwat variasie wat die skryf van die koshuis se aanvanklike naam betref. Ander name wat o.a. in die notules van die NGK Pretoria voorkom is “Kristelik Huis”, “Pretoria Kristelik Tehuis” en “Brooklyn Kosthuis”. Die naam “Sonop Kristelike Tehuis” is afkomstig van ouderling Dirk van Velden en verskyn vir die eerste keer in die kerkraadsnotule van 5 Januarie 1918 (vgl. NGK Pretoria se notules vanaf 2 September 1916 tot 5 Januarie 1918).

18

In die skrywe word die Kerkraad versoek om hulle tot die volgende versoeke te verbind:

 dat alle inwoners en toekomstige inwoners van die koshuis studente aan die TUC moet wees;

 dat die aanwys van ’n huisvader deur die Raad van TUC bekragtig moet word;

 dat die Kerkraad jaarliks ’n finansiële verslag aan die Raad van die TUC beskikbaar sal stel; die motivering hiervoor was dat die Raad zich kan vergewissen van de bestemming der toelage (NGK Pretoria, 14/10/1916); en  dat die Kerkraad bereid moet wees om van tyd tot tyd ’n verteenwoordiger

van die Raad toe te laat vir inspeksie by die koshuis; die doel van die versoek was veral gerig op die nakoming van het gedeelte der losies discipline van het TUC (NGK Pretoria, 14/10/1916).

Alhoewel die Kerkraad besluit het om nie net blindelings aan hierdie vier versoeke toe te gee nie, word twee daarvan sedert 1916 tot en met die jongste Memorandum of Incorporation, nagekom:

 Slegs mansstudente aan die Universiteit van Pretoria mag in Sonop tuisgaan.  Daar dien deurlopend ʼn verteenwoordiger van die universiteit op die

Sonopraad.

Een van die ander versoeke, naamlik dat die Raad die aanstel van ’n huisvader telkens wil bekragtig, het in die vroeë 1930’s tot groot onmin tussen die kerkraad van die Ned.Geref. Gemeente Pretoria-Oos en die Raad gelei – veral met die aanstelling van die tweede huisvader in 1936.28

Op 4 November 1916 word WP de Villiers tydens ’n kerkraadsvergadering as die eerste huisvader aangestel. Op sy skouers sou die taak rus om die nuutgestigte koshuis op dreef te kry (NGK Pretoria, 04/11/1916). Hy het hierdie pos vir negentien

28 Na die bedanking van prof WP de Villiers as eerste huisvader op 1 November 1935 en voor die aanstel van mnr AC Vlok as tweede huisvader in Februarie 1936, was daar hewige korrespondensiewisseling tussen die NGK Pretoria-Oos en die Kollegeraad insake die aanstel van ʼn huisvader (Skrywe van UP gedateer 06/11/1935 en andere).

19

jaar met groot onderskeiding beklee, ten spyte van enkele ongelukkighede, waarna later in hierdie studie meer spesifiek verwys sal word.

Die intrek van die eerste inwoners van Sonop het vroeg in Februarie 1917 plaasgevind. Waar daar aanvanklik 20 studente verwag is, het daar op die eerste dag uiteindelik 39 studente opgedaag! Dit het die Ned.Geref. Gemeente Pretoria genoop om ’n verdere £165 te spandeer om ’n tweede huis (anneks) te meubileer (NGK Pretoria, 03/02/1917).

Die amptelike opening het ’n maand later plaasgevind en dié geskiedkundige gebeurtenis word soos volg beskryf:

In Maart 1917 werd de Inrichting formeel geopend, bij welke gelegenheid

Z. Ed. De Administrateur29, de Burgermeester30 en de lede van de

Stadsraad, de leden van het Collegeraad, gemeenteleden en studente op uitnodiging van het Bestuur tegenwoordig waren. (De Kerkbode, 26/04/2017:398)

3.3 Versoek tot uitbreiding

Twee jaar na die opening van Sonop word daar reeds by die Ned.Geref. Kerk van Transvaal se Sinode van 1919 baie positief oor die reeds gestigte Sonop gerapporteer. Die predikante van Hendrina en Alberton31 het voorgestel dat die saak rakende Sonop terugverwys moet word na die Sinodale Kommissie, wat op hul beurt met die kerkraad van die Ned.Geref. Gemeente Pretoria moet onderhandel met die oog op moontlike uitbreiding van die tehuis (NGK Transvaal Sinode, 1919:77).

Bykomend tot bogenoemde voorstel ter uitbreiding van die koshuis, het die kommissie van Hoger Onderwijs self in ’n aanhangsel die nood vir huisvesting van studente onder die Sinode se aandag gebring deur die vergadering daarop te wys dat die getal jong Afrikaanssprekendes wat by die TUC kom studeer, aan die toeneem is (NGK Transvaal Sinode, 1919:245).

29 Die administrateur van Transvaal op daardie stadium was Johan Frederich Bernhard Rissik. Sy ampstermyn het gestrek van 31 Mei 1910 tot 23 Julie 1917 (Engelbrecht, 1955:140).

30 CW Giovanetti het vanaf 17 November 1915 tot 29 Oktober 1920 die amp van burgermeester van Pretoria beklee (Engelbrecht, 1955:377).

31 Die 2 predikante was onderskeidelik di. JWG Strasheim van Hendrina en SJ Stander van Alberton (NGK Transvaal Sinode, 1919:76).

20

Aansluitend by die toename van die studente, laat hulle ook die gedagte te midde van die Sinode of die Sinode nie daaraan moet dink of die huisvesting van studente

niet eerder ʼn nationale en geen parachiale zaak is, en of er niet ’n plan gemaakt

moet worden om voor het werk nationale betekenis en ondersteuning te verkrijgen (NGK Transvaal Sinode, 1919:245).

Hierdie uitbreiding de kosthuizen (NGK Transvaal Sinode, 1919:77), soos op die Sinode van 1919 bepleit, sou nooit die voorreg word van die Ned.Geref. Gemeente Pretoria nie. Dit was dié gemeente se voorreg om vir slegs drie en ’n half jaar hulle oor die geestelike welstand van die Sonopinwoners te kon ontferm.

Weldra het daar ’n nuwe gemeente op die horison verskyn – ’n gemeente digby die universiteitskampus asook die koshuisgronde – wat vir 39 jaar die Sonoppers se geestelike tuiste sou word.

21