• No results found

HOOFSTUK 4 SONOP ONDER EIENAARSKAP VAN DIE NED.GEREF.

4.5 Sonop se huisvaders

4.5.2 Mnr AC Vlok – Sonop se tweede huisvader

Na die bedanking van De Villiers as huisvader van Sonop op 1 November 1935 het die Universiteitsraad geen tyd verspil om sy greep stewig op die aanstel van Sonop se tweede huisvader te kry nie. Binne vyf dae, op 6 November 1935, ontvang die voorsitter van die kerkraad van die Ned.Geref. Gemeente Pretoria-Oos ’n skrywe van die sekretaris van die Universiteitsraad.

In hierdie skrywe het die Universiteitsraad drie vereistes van hulle kant vir die aanstel van De Villiers se opvolger deur die Kerkraad gestel:

52

 Daar is gewys op Artikel 9c van die koopakte67

wat bepaal dat die benoeming deur die Kerkraad deur die Kollege68 goedgekeur moet word.

 Die Kerkraad is herinner aan ’n besluit van die Universiteitsraad op sy vergadering van 17 Mei 1935 dat (a) die volgende huisvader ’n lid van die doserende staf moes wees en (b) die aanstelling slegs vir ’n tweejaartermyn moes wees, soos by die ander universiteitskoshuise.

 Die Kerkraad is versoek om die saak as dringend te beskou vir afhandeling met die oog op die koshuise wat op Vrydag 21 Februarie 1936 sou begin en die lesings op Dinsdag 25 Februarie 1936.

Buiten die versoek van die Universiteitsraad het die Kerkraad self ook die saak as dringend beskou om dit voor die einde van 1935 te probeer afhandel.

Die Kerkraad het op sy vergadering van 14 November 1935 die bedanking van De Villiers amptelik aanvaar. Ten spyte van al die ongelukkigheid tussen die Kerkraad en De Villiers het die Kerkraad in ’n skrywe aan De Villiers en sy eggenote hul waardering uitgespreek vir die werk wat deur hulle as die huisouers vir negentien jaar aan die inrigting gedoen is (NGK Pretoria-Oos, 15/11/1935).

By dieselfde vergadering is die skrywe van die Universiteitsraad ook behandel. Die vereiste dat die nuwe huisvader deel van die universiteit se doserende personeel moet wees, is nie net gelate aanvaar nie. Daar is besluit om regskundige advies by die Kerk se regsadviseur, advokaat Murray, in te win om vas te stel wat die Kerkraad se regte hieromtrent is.

Met die regsadvies dat die vereiste van die Universiteitsraad dat die nuwe huisvader lid van die Universiteit se doserende personeel moet wees, inbreuk op die Kerkraad se regte sou maak, het die Kerkraad in ’n skrywe gedateer 12 Desember 1935 die naam van WH Hofmeyr69 (nie ’n doserende personeellid nie) voorgehou as die nuwe

67 Die koopakte waarvolgens die Sonopeiendom van die naam van die NGK Pretoria-Oos na die TUC oorgedra is, is op 14 Maart 1921 onderteken (Koopkontrak, 14/03/1921).

68 Die woord “Kollege” kom in die oorspronklike koopakte voor en verwys na die UP – daardie tyd die TUC (Koopkontrak, 14/03/1921).

69 WH Hofmeyr was die skoolhoof van Pretoria Boys’ High vir die tydperk 1909 tot 1935 (NGK Pretoria-Oos 50 Gedenkblad:57)

53

huisvader. Hierdie benoeming van Hofmeyr as huisvader het plaasgevind op die kerkraadsvergadering van 11 Desember 1935.

Soos te verwagte, het die skriba van die Kerkraad ’n skerp bewoorde skrywe van die Universiteitsraad ontvang. Twee mededelings is aan die Kerkraad gemaak: Eerstens dat die Universiteitsraad die benoeming van Hofmeyr as nuwe huisvader nie goedgekeur het nie en tweedens dat ’n deputasie benoem is om die Universiteitsraad se standpunt aan die Kerkraad te kom verduidelik (Universiteitsraad, 13/12/1935). Hierdie deputasie het uit die Voorsitter van die Universiteitsraad en die rektor, mnre FJ le Roux en GH Brink, bestaan en die versoek was dat die deputasie, in die lig van die feit dat 1935 ten einde spoed, die Kerkraad op 17 Desember 1935 wou ontmoet.

Die kerkraad van die Ned.Geref. Gemeente Pretoria-Oos was nie bereid dat die Universiteitsraad hom hier aan die einde van die jaar oor hierdie belangrike beginselsaak stoomroller nie. In ’n skrywe net die dag na ontvangs van die Universiteitsraad se skrywe, het die Kerkraad hom op die Kerkorde beroep deurdat die Kerkraad nie kans gesien het om te voldoen aan die versoek van die Voorsitter van die Raad om 17 Desember 1935 ’n afvaardiging van die Raad te ontmoet nie, aangesien daar nie voldoende kennisgewing70 aan al die lede van die Kerkraad gegee kon word nie (NGK Pretoria-Oos, 14/12/1935).

In dieselfde skrywe het die Kerkraad wel die uitnodiging aan die Universiteitsraad gerig dat sy aangewese deputasie welkom was om die Kerkraad op 23 Januarie 1936 tydens sy eerste vergadering in die nuwe jaar te ontmoet om die saak verder te bespreek.

Alhoewel die ontmoeting op 23 Januarie 1936 in ’n goeie gees plaasgevind het, kon die twee partye mekaar tydens die gesprek nie vind wat betref die vereiste deur die Universiteit, naamlik dat die nuwe huisvader een van sy doserende personeellede moet wees nie. Net soos in die vorige skrywe van 12 Desember 1935, het die Kerkraad onomwonde sy standpunt herhaal dat die Universiteit se vereiste in stryd

70 Die NGK se Kerkorde het nog deur al die jare voorsiening gemaak vir voldoende en amptelike kennisgewing van kerkraadsvergaderings (sien o.a. Die Kerkorde van die NG Kerk, 2007:28.11 en 28.1.2).

54

was met die bepalings van die bestaande kontrak tussen die Universiteitsraad en die Kerkraad, en dat Hofmeyr op 1 Februarie 1936 diens as koshuisvader sou aanvaar (NGK Pretoria-Oos, 27/01/1936).

Die Universiteitsraad was egter nie bereid om ’n duim skiet te gee en van die vereiste af te sien nie. Op 30 Januarie 1936 laat weet die Universiteitsraad per brief kort en bondig dat hy rééds te kenne gegee het dat hy nie die benoeming goedgekeur het nie.

Met al die briefwisseling tussen die twee partye aan die gang, het die opening van die koshuise op 21 Februarie 1936 vinnig nadergekom, terwyl daar nog geen huisvader amptelik aangestel is nie! Net toe dit lyk of daar geen kompromie moontlik was nie, het die ferm standpunt van die Kerkraad vrugte afgewerp.

Die Universiteitsraad het op sy vergadering van 11 Februarie 1936 besluit om die hele saak van die vereiste dat Sonop se koshuisvader ’n lid van die Universiteit se doserende personeel moet wees, in hersiening te neem. In die lig hiervan word die Kerkraad versoek om, hangende dié hersiening, ’n huisvader by die voorsitter van die Raad aan te beveel vir ’n tydperk nie langer as ses maande nie. Die voorsitter van die Raad en die rektor is gemagtig om die aanbeveling goed te keur (Universiteitsraad, 12/02/1936).

Terwyl al bogenoemde korrespondensie tussen die Kerkraad en die Universiteitsraad aan die gang was, het Hofmeyr intussen die benoeming van die hand gewys, wat deur die Kerkraad verkeerdelik as bedank71 geïnterpreteer is. Die gevolg was dat AC Vlok72 toe benoem is en sy naam aan die Universiteit voorgehou is vir goedkeuring, wat wel ook verleen is.

71 In ’n persoonlike skrywe noem Hofmeyr dat hy nie kopuitgetrek het of bedank het soos die Kerkraad dit interpreteer het nie, maar hom slegs neergelê het by die versoek van die UP en nie daarop aangedring het om willens en wetens die

huisvaderskap aan te neem, terwyl die vereistes vir huisvaderskap nog hersien word nie (Skrywe, 21/03/1936). 72 AC Vlok was ’n landmeter van beroep en was vanaf 2 Maart 1922 by Sonop betrokke. Twee landmerke in die nabye

Sonopomgewing roep herinneringe aan hom op: Vlokstraat in Sunnyside is na hom vernoem en Hildastraat in Hatfield na sy tweelingsuster (Sonop Eeufees Gedenkblad:162).

55

Hierdie aanstelling van die nege-en-sestigjarige73 Vlok op 3 Maart 1936 was, soos reeds genoem, in die lig van die Universiteitsraad se besluit aanvanklik vir ’n tydperk van ses maande. Met verdere verwikkelinge (die proses om Sonop terug te koop van die Universiteit), wat aanstons bespreek word, is Vlok se aanstelling verleng tot einde 1936 (NGK Pretoria-Oos, 15/06/1936). Die proses van Vlok se tydelike aanstelling het hom weer herhaal en hy het uiteindelik die pos beklee tot prof ID Bosman74 op 8 Augustus 1939 as Sonop se derde huisvader benoem is.

Ten spyte van al Vlok se prysenswaardige bydraes tydens sy huisvaderstermyn, het hy, net soos sy voorganger, ook ’n ongelukkige einde gehad deurdat die verhouding tussen hom en die inwoners versuur het (Sonop 70 Gedenkblad:9).

By drie geleenthede is Vlok deur die inwoners versoek om die huisvergadering by te woon sodat hulle hul griewe teen hom kon lug:

 Tydens die eerste huisvergadering wat Vlok op 8 Junie 1937 op versoek van die inwoners bygewoon het, kla die inwoners oor verskillende sake soos die toestand van die badkamers, warmwaterverskaffing, tekort aan spieëls, ensovoorts. Geen aggressie is teenoor Vlok openbaar nie en op elk van die klagtes het hy telkens onderneem om werk daarvan te maak (Huisvergadering, 08/06/1937).

 Bykans ’n jaar later, op 15 Maart 1938, word Vlok weer gevra om die huisvergadering by te woon. Hierdie keer is daar ’n groot mate van aggressie teenoor die huisvader en is hy daarvan beskuldig dat hy nie sy beloftes nakom nie en nie kon verwag om die huislede se vertroue te behou as hy so optree nie. In die lig hiervan besluit die vergadering dat daar ’n brief aan die Sonopraad geskryf moes word om hul klagtes bloot te lê (Huisvergadering, 05/03/1938).

 Op 15 Maart 1939 verskyn Vlok vir die derde keer voor die huisvergadering en word ’n petisie van die inwoners aan hom oorhandig met die versoek om

73 Vlok se hoë ouderdom – 69 ten tyde van sy aanstelling – sou later tot ’n generasiegaping tussen hom en die inwoners lei (Sonop 70 Gedenkboek, 9).

56

as huisvader te bedank. Vlok se verweer om nie aan die petisie gehoor te gee nie, was tweërlei van aard: Eerstens het hy gevoel dat alhoewel hy graag sou wou weggaan om plek vir ’n jonger persoon te maak, hy eers sy werk by Sonop wou klaarmaak. Tweedens is hy deur die Sonopraad aangestel en moes die Sonopraad oor sy toekoms beslis. Die Sonopraad het dan ook op 1 Mei 1939 aan Vlok kennis gegee van die beëindig van sy dienste met ingang 1 Augustus 1939 (Sonop 70 Gedenkblad:9).

4.5.2.1 Vlok se nalatenskap

Alhoewel Vlok nie, soos De Villiers, ’n stigterslid van Sonop was nie, gaan sy betrokkenheid by Sonop so ver terug as 28 April 1920 toe hy vir die eerste keer op die Ned.Geref. Gemeente Pretoria-Oos se Sonopkommissie verkies is. Toe die mantel van koshuisvader dus in 1936 op sy skouers geval het, het hy al vir sestien jaar op die Sonopkommissie gedien – lank ook as voorsitter.

Een van sy grootste bydraes aan Sonop was toe hy, net soos sy voorganger, sy stem dik gemaak het teen Sonop se oorhandiging aan die TUK. In ’n skrywe gedateer 20 Junie 1934 het Vlok as voorsitter van die Sonopkommissie sterk standpunt teen oorname deur die TUK ingeneem en met versiendheid die beoogde daarstel van ’n Teologiese Fakulteit vir die Ned.Geref. Kerk as motief gebruik. Sy poging was suksesvol en so het hy bygedra tot die behoud van Sonop deur die Kerk.

As huisvader het Vlok ook meegewerk aan die uitbreiding van Sonop se behuising. In 1937 is daar vier nuwe mansjoene gebou75 en later in sy termyn nog vier. Interessant is dat Vlok die plan van sy voorganger ietwat gewysig het deur vir elke mansjoen twee onderdakstoepies te laat bybou het (Sonop 70 Gedenkblad:9). Na latere uitbreidings wat gevolg het, is daar tans veertien mansjoene op die terrein: ses De Villiers-tipe mansjoene sonder stoepies en agt Vlok-tipe mansjoene met stoepies.

75 Hierdie vier mansjoene wat onder leiding van Vlok aangebou is, was die enigste uitbreiding op die Universiteitskampus daardie jaar (Senaat Jaarverslag, 1937).

57