• No results found

HOOFSTUK 4 SONOP ONDER EIENAARSKAP VAN DIE NED.GEREF.

4.6 Sonop “huisvaderloos” en selfregerend

Lubbe76 beskryf die begin van hierdie nuwe fase in Sonop se geskiedenis soos volg: Sondagmore 16 Maart (1947) 5.00 vm ’n klop aan my kamerdeur. Sakkie Bosman (oudste seun van Bosman) kom verwese binne: “My vader is oorlede”. So het Sonop “Huisvaderloos” geword (Sonop 60 Gedenkblad:67).

Tussen die afsterwe van Bosman op 16 Maart 1947 en die aankondiging deur mnr Sydney Martin77 op 22 September 1947 dat die Sonopraad besluit het om nie weer ’n huisvader aan te stel nie, het daar intriges afgespeel wat tot op hede in geen skrywe van Sonop se geskiedenis opgeneem is nie.

Daar was tussen die Sonopraad en dr (later professor en ook rektor) Eddie Hamman ’n gesprek, waartydens die Sonopraad vir Hamman78

genader het met die versoek of

76 Willie Lubbe (later professor) was die voorsitter van die Feesreëlingskomitee tydens Sonop se 70-jarige fees (Sonop 70 Feesnuusbrief, November 1986).

77 Mnr Sydney Martin was later voorsitter van die Sonopraad vanaf 1948 tot 1956 (Sonop Argief).

78 Eddie Hamman en Willie Lubbe het 8 jaar later swaers geword toe Lubbe met Hamman se suster, Erma Hamman, getroud is (Sonop Argief).

59

hy dit sal oorweeg om tydelik as huisvader van Sonop waar te neem. Toe Hamman in ’n gesprek met Lubbe besef dat hulle, as Huiskomitee, nie van die versoek van die Sonopraad bewus was nie, het Hamman die Sonopraad per skrywe ingelig dat hy die versoek alleenlik sal oorweeg indien die Sonopraad eers die saak met die Huiskomitee bespreek het en dié daartoe sou instem (EM Hamman, 23 Mei 1947).

Op 30 Mei 1947 rig Lubbe namens die Huiskomitee ’n skrywe aan die Sonopraad met die versoek om nie ’n tydelike huisvader vir die tweede semester van 1947 aan te stel nie. ’n Skrywe, ook gedateer 30 Mei 1947, onderteken deur twee inwoners, AJ Smuts en JE Grobler, word ter ondersteuning van hierdie versoek aangeheg.

Die motivering van die Huiskomitee was die volgende:

 Die gebaar van welwillendheid van die tehuis wat aangeheg is.

 Die Huiskomitee het in die omstandighede heeltemal opgewasse vir die taak gevoel.

 Die Huiskomitee was ook bereid om gevolg te gee aan redelike opdragte van die Sonopraad na die eis van onmiddellike belange van die tehuis as geheel.

Op aanbeveling van prof Ben Marais is daar toe besluit dat daar genoeg vertroue by die Sonopraad bestaan dat daar vir ’n proeftydperk nie vir die tweede semester ’n tydelike huisvader aangestel sou word nie (Sonop 80 Gedenkblad:10).

Hierdie Huiskomitee bestaande uit WJG Lubbe, ST Potgieter, WL Maree, FH Vermaas, HP Eloff, PJ Burger en TP Smith het só die vertroue van die Sonopraad gewen dat die proeftydperk ʼn permanente instelling geword het. Op 22 September 1947 het Martin die Huisvergadering bygewoon en nadat hy die inwoners gelukgewens het met hul verantwoordelike gedrag, het hy die volgende aankondigings gemaak:

 Die Sonopraad het besluit om nie ’n Huisvader aan te stel nie.

 Die Sonopraad stel volle vertroue in die HK en dié wat vanaand (vir die volgende termyn) verkies gaan word; verantwoordelikheid gaan egter gepaard hiermee.

60

 Die Huisvoorsitter kry ’n bonus van £30 per jaar en die HK-lede £10 per jaar.  As sake egter nie vlot gaan nie, sal daar weer ’n Huisvader aangestel word,

maar die Sonopraad het volle vertroue in die Sonoppers.

Uit die twee Huisvoorsitters wat Lubbe onderskeidelik in 1948 en 1949 opgevolg het se Jaarverslae blyk dit dat die selfregering van die tehuis in daardie dae ’n aktuele onderwerp was.

TP Smith, die HK-voorsitter 1947/1948 verklaar in sy Jaarverslag dat die Sonoppers die vertroue wat die Sonopraad in hulle gestel het, gestand gedoen het:

Sonop het vanjaar bewys gelewer dat hy homself kan beheer en regeer. Hierdie HK wens u te verseker van sy opregte waardering vir: (i) die steun wat u aan ons verleen het in alles wat ons aangepak het, (ii) u heelhartige samewerking waar die huis voor probleme te staan gekom het, (iii) die wyse waarop die lede van die huis hulle onderwerp het aan die reëls en dissipline en (iv) die groot mate van eensgesindheid wat altyd die goeie gees waarin meningsverskille geskied het, gekenmerk het. Só, geagte Sonoppers, kon ons, hoewel tog beskeie, selfstandig wees. Ons dank die Sonopraad vir die onafgebroke vertroue in ons gestel. Mag ons dit altyd waardig wees en bly. (Voorsittersverslag TP Smith, 1948)

Willie Maree,79 Huisvoorsitter 1948/1949 bou voort op sy voorganger se verklaring as hy sê:

Dit ly tans geen twyfel meer dat Sonop van ’n gewaagde proefneming ’n

ondubbelsinnige suskes gemaak het nie. Hoewel sekere onduidelikhede mettertyd eers opgeklaar moet word, is ek oortuig dat studente- selfstandigheid in Sonop gekom het om te bly. Dit kan egter slegs die geval wees indien die algemene gees in die tehuis kerngesond is. Is die teenoorgestelde waar kan selfs ’n huisvader nie ’n oplossing bied nie. Sorg dat u te alle tye die vertroue van die kerk behou. Die tehuis is deur

die kerk opgerig met die doel dat hier ’n atmosfeer heers wat hom van

gewone tehuis onderskei. Ek verseker u dat die belang van die inwoners nog altyd die Sonopraad se oogmerk bly. (Voorsittersverslag WL Maree, 1949)

As prof At Pelzer tydens Sonop se sestigjarige feesvieringe iets skryf oor Sonop se selfregering, iets wat vir buitestaanders ondenkbaar blyk te wees, dan verklaar hy dit aan die hand van twee uitstaande en unieke kenmerke van Sonop: Eerstens verwys

79 Willie Maree was vanaf 1970 tot 1989 redakteur van die Voorligter – die eerste niepredikant wat hierdie pos beklee het

61

hy na die senior status van so baie Sonopinwoners. Waar studente in ander koshuise, sodra hulle senior status bereik, die koshuis verlaat, gebeur dit nie in Sonop nie. Seniors verkies om nog in Sonop aan te bly.80 Tweedens lig hy die saambinding van inwoners uit as hy Sonop as ’n huis en ’n huisgesin beskryf. Vir hom is hierdie senioriteit en huisgesin-opset die rede waarom dit sedert die afsterwe van Bosman in 1947 nog nooit weer nodig was om ’n huisvader vir Sonop te benoem nie (Sonop 60 Gedenkblad:7).

Sonop se selfregeringstelsel word tydens die koshuis se veertigste verjaardagvieringe in die Sonop 40 Gedenkboek lof toegeswaai: Die periode na 1947 het getoon dat die vertroue van die Sonopraad in die studente-administrasie nie ongegrond was nie, en hierdie aantal jare het veral die Sonop Christelike Tehuis as Monumentstuk van die Ned.Herv. of Geref. Kerk bevestig (Sonop 40 Gedenkboek:12).

Alhoewel daar nooit van die Sonopraadsvoorsitter verwag is om in die tyd wat Sonop “huisvaderloos” was as huisvader te ageer nie, was prof Ben Marais, wat vir die tydperk van 1957 tot 1983 Sonopraadsvoorsitter was, ’n uitsondering. OudHuisvoorsitter Gerrie Doyer81 het dit raak opgesom:

Van my eerstejaar het ek hierdie waardige figuur gereeld by Sonop sien

inkom – eintlik as nie-amptelike huisvader. En later, toe ek eers op die

huiskomitee was, het ek besef van watter onskatbare waarde Oom Ben vir die koshuis was. Daar was hy: altyd vriendelik, vol liefde en begrip, altyd gereed om iets te sê oor sy twee geliefkoosde onderwerpe naamlik rugby en weer. (Sandenbergh, 1979:23)

Hierdie agering as nieamptelike huisvader van Marais kan toegeskryf word aan die volgende faktore:

 sy ervaring op Stellenbosch waar hy vir drie jaar voorsitter van die Huiskomitee van Wilgenhofkoshuis was en ook later goed bevriend geword het met Danie Craven wat vir etlike jare huisvader van Wilgenhof was;

80 Sonop se unieke opset met sy losstaande vierslaapkamerhuisies, elkeen met sy eie stoepie en tuintjie wat die inwoners self in stand hou, die ruim kamers en die feit dat die inwoners nie, soos in ander koshuise, vakansies hul kamers moet ontruim nie, maar selfs vakansies gratis kan inwoon, maak van Sonop ‘n ware “home away from home”, sodat baie seniors verkies om steeds in Sonop te bly (Mededelings deur inwoners).

81 Gerrie Doyer was HK-voorsitter in 1973 en het ook die erediens tydens die Sonop Eeufees gelei. ’n Gedenkplaat is na die erediens deur hom onthul, waarop die eeufeesgangers na aanleiding van 1 Samuel 7:12 hul afhanklikheid teenoor God bely het (Sonop Eeufeesprogram, 2016).

62

 sy ervaring van en voorliefde vir studentebearbeiding oor ’n tydperk van elf jaar, vanaf Maart 1938 tot Februarie 1941 as sinodale studenteleraar vir die hele Transvaal en vanaf Maart 1941 tot Maart 1949 as studenteleraar van die Ned.Geref. Gemeente Pretoria-Oos; en

 die feit dat hy en sy eggenote Sibs ’n spreekwoordelike klipgooi vanaf Sonop gewoon het en hul huis altyd oop was vir Sonoppers.

Die selfregeringstelsel sou vir 63 jaar met groot sukses voortduur tot in 2010 toe Sonop se vierde huisvader deur die Sonopraad aangestel word. Danie Slabbert,82 Sonopraadsvoorsitter vir die tydperk 2010 tot 2016, motiveer hierdie aanstelling van ds Tonie Viljoen soos volg:

Dit is op wag van die Sonopraad van die afgelope ses jaar dat ’n Huisvader weer aangestel is. ’n Vreemde verskynsel in Sonop wat sedert 1947 huisvaderloos was. Tonie Viljoen wat sedert 2010 die inwonende Huisvader is, is vandag ’n geliefde mentor vir die inwoners en ’n noodsaaklike uitvoerende beampte vir die Sonopraad. (Sonop Eeufees Gedenkboek:9)