• No results found

Stap 1: Berei die weg vir genesing deur middel van gebed

TEOLOGIESE BASISTEORIE BETREFFENDE DIE ROL VAN GEBED IN DIE PROSES VAN INNERLIKE GENESING

3.6 DIE PROSES VAN GEBEDSTERAPIE

3.6.2 Fase 2: Die gcsprcksgebed

3.6.2.1 Stap 1: Berei die weg vir genesing deur middel van gebed

Wanneer al die inligting verkry is en 'n nodige strategie bepaal is, word daar voortbeweeg na gebed. Kraan (1983:136) beskryf hierdie tipe gebed vir innerlike genesing as ge'intensiveerd

gebed en beklemtoon die krag van hierdie tipe gebed na aanleiding van Jak 5:16. Die berader

moet gevolglik die geloof en vrymoedigheid he om God te vertrou vir genesing en vernuwing wanneer hy die beradene in gebed na Horn bring. Tydens hierdie proses bring die Heilige Gees dan die onaangename herinneringe vir die beradene na die oppervlakte (bewussyn) vir genesing (Seamands, 1993:20; Littauer, 1996:107; Worthington, 2003:161). In talle gevalle blyk die oorsaak van die onmiddellike probleem gesetel te wees in die onderbewussyn en daarom is dit noodsaaklik dat die Gees van God dit na die bewussyn sal bring. Genesing tree nie vanselfsprekend in wanneer die oorspronklike gebeure skielik onthou kan word nie, maar wanneer die beradene die Waarheid in hierdie gebeurtenis kan ontvang en beleef - dit lei gewoonlik tot 'n totale nuwe perspektief op die betrokke gebeure (Clinton et al, 2005:428). Wanneer die oorspronklike gebeure dan op hierdie wyse herbeleef word, tesame met die besef dat Jesus Christus eintlik tydens die gebeurtenis teenwoordig was en die beradene beskerm het, het dit dan oor die algemeen tot gevolg dat emosionele genesing intree en dat die pynlike emosionele wond getransformeer word tot 'n pynlose merk (Kraft, 1993:117; Trollinger, 2007:59; Tan, 2007:3). Op die webblad van MacNutt (2005) som hy dit treffend op wanneer hy se: "God

doesn 't reveal something unless He intends to heal it."

Virkler (2005:78) stel voor dat die berader die gebed kan begin deur die beradene te begelei om homself in gesprek met Jesus Christus te visualiseer. Dit impliseer dan gewoonlik dat die beradene homself in gesprek met Jesus Christus bevind met betrekking tot al die pynvolle herinneringe van die verlede of hy kan die gebeure weer herbeleef. Die beradene moet vir solank as wat dit vir horn nodig is, homself in gesprek met Jesus Christus visualiseer, omrede dit uiteindelik hierdie teenwoordigheid van Jesus Christus is wat heling en genesing bewerkstellig (Hicks, 1996:158). Alhoewel hierdie stap die kern van gebedsterapie is, is dit seker die mees radikale stap en dit is ook al gekritiseer in die sin dat dit die getraumatiseerde persoon weer 'n tweede keer aan dieselfde trauma sou blootstel (Matsakis, 1998:261). Smith (1999:116) verduidelik egter die noodsaaklikheid van die herbelewing van die traumatiese herinnering, in die sin dat dit die interpretasie van die gebeurtenis - en nie die gebeurtenis self is nie - wat die pyn laat vestig het. Wanneer die herinnering herbeleef word, vind daar eerstens emosionele ontlading

plaas en tweedens word die geleentheid geskep, sodat Jesus Christus genesing in die herinneringe kan bring. Die emosionele pyn bei'nvloed die persoon se funksioneringstyl elke dag van sy lewe, hetsybewustelikofonbewustelik(Seamands, 1982:196; Whitfield, 1989:78; Matsakis, 1998:266; Cloete, 2005:94). Besluiteloosheid, gevoelens van twyfel en wanhoop, die behoefte om ten alle tye in beheer te wees, vrese, selfhaat en gebroke verhoudings blyk maar net die refleksie van pynlike herinneringe te wees en die mag wat hierdie pyn oor die beradene se lewe uitoefen. Die ontkenning en onderdrukking van emosionele pyn in 'n poging om daarvan te ontsnap, sal gevolglik lei tot die versterking van die houvas daarvan op die beradene se lewe (Payne, 2005:88). Tydens die herbelewing van die herinneringe word die beradene nou begelei om te fokus op die geheueprentjie en sal hy die emosies intens beleef soos tydens die werklike gebeurtenis (Worthington, 2003:162). Hierdie herbelewing bevestig die leuen wat geglo word as gevolg van die traumatiese gebeurtenis, byvoorbeeld: Ek is vasgevang en daar is geen manier hoe

ek kan ontsnap nie. Wanneer hierdie intensiteit beleef word, moet die berader vervolgens bid dat

God die waarheid aan die beradene sal uitwys, die leuen sal uitkanselleer en sodoende genesing bewerkstellig (Seamands, 1993:20; Dearing, 2002:133; MacNutt, 1999:147).

Wanneer die Heilige Gees nie 'n spesifieke herinnering na die beradene se bewussyn bring nie, moet die gebed basies in vier dele verdeel word, om sodoende stelselmatig deur al die inligting te werk wat tydens die terapeutiese gesprek aan die lig gekom het (Kraft, 1993:100). Tydens elke deel van die gebedsessie moet daar gebid word dat Jesus Christus alle tersaaklike herinneringe na die bewussyn sal bring en die beradene moet dan gevra word om Jesus Christus op een of ander wyse in die herinneringe te sien/beleef. Wanneer die beradene dan iets hiervan beleef en as't ware Sy stem kan herken wat genesing inspreek in die pynvolle situasie (of op watter wyse ook al nuwe innerlike perspektief bring), vind daar oor die algemeen verwerking plaas en rustigheid word verkry. Volgens Kraft is die vier dele van die gebed waarop gefokus moet word, die volgende:

• Familie milieu

Daar word gefokus op alle aspekte wat verband hou met moontlike negatiewe invloede van die familie milieu waarbinne die persoon opgegroei het (Tauke, 2004:90; Littauer, 1994:31; Kraft, 1993:100; Sandford, 1985:371). Volgens Carder

et al. (1995:74) word disfunksionele gedrag heel dikwels vanaf die een geslag na

die volgende oorgedra as gevolg van die pynvolle en dikwels 'siek' milieu waarbinne opeenvolgende geslagte opgroei. Tydens die gebed moet die berader die

beradene gevolglik begelei om alle negatiewe invloede te erken en die waarheid daarvan in die oe te kyk, anders veroorsaak dit maar net die voortsetting van die negatiewe kringloop (Hemfelt et al, 1989:180).

• Voorgeboortelike stadium

Hanteer enige probleme, negatiewe emosies, skokke of trauma wat die moeder kon beleef het en wat gevolglik erens tussen konsepsie en die geboorteproses oorgedra kon gewees het (Sandford, 1985:30; Kraft, 1993:100). Navorsing deur Verny en Kelly (1984:89) stel dit dat die fondament van die menslike persoonlikheid deur die voorgeboortelike en geboorte-ervarings gevestig word. Alhoewel die tradisionele mediese wetenskap nog altyd geglo het dat kinders niks kan onthou voor die ouderdom van twee jaar nie, omrede hulle hoofsenuweebane nog nie ten voile gemieliniseer (vorming van mielienskede) is nie, het verdere navorsing aangetoon dat herkenbare geheuepatrone reeds vanaf die sesde maand van die swangerskap periode gevestig word. Teen die tyd het die ongebore baba se brein en senuweestelstel al ver genoeg ontwikkel om dit moontlik te maak. Die feit dat die herinneringe wat uit hierdie periode opgediep kan word 'n herkenbare fatsoen en gestalte het, bevestig ook die opvatting dat die brein reeds vanaf die derde trimester feitlik op normale volwasse vlak funksioneer. Die feit dat die betrokke persoon op 'n latere stadium in die lewe nie in staat is om spesifieke gebeure en situasies te kan onthou met betrekking tot hierdie vroee fase nie, beteken nie noodwendig dat hierdie belewenisse en die gevoelens wat daarmee gepaard gegaan het, onherroeplik verlore gegaan het nie. Selfs herinneringe wat baie diep begrawe le, bly behoue in hulle emosionele resonansie. Een van die dinge wat mag veroorsaak dat herinneringe uit hierdie tydperk nie bewustelik herroep kan word nie, is 'n proses waarby oksitosien betrokke is. Oksitosien is die hormoon wat tydens die bevalling beheer oor die sametrekking van die baarmoederspiere uitoefen. Verdere navorsing het getoon dat groot hoeveelhede oksitosien geheueverlies veroorsaak en daarom kan die meeste mense nie die geboorteproses bewustelik herroep nie (Verny en Kelly, 1984:139). Volgens Stapleton (1977:12) is dit net Jesus Christus wat ware genesing vir die pyn en seer wat gedurende die voorgeboortelike stadium ontstaan het, kan bring. (Sien Bylaag A vir praktiese riglyne in die hantering hiervan).

• Vroee kinderjare

Hierdie stadium omsluit die beradene se babatyd asook jeugjare tot min of meer twaalfjarige ouderdom. Met betrekking tot hierdie fase word daar gebid en gevra dat Jesus Christus alle moontlike negatiewe herinneringe na die bewussyn moet bring ten einde genesing daarvoor te ontvang (Kraft, 1993:100).

• Die latere lewe

Laastens word daar deur alle verdere herinneringe tot by die hede beweeg (Kraft, 1993:100).

Wanneer die beradene in die herinneringe terugbeweeg het en gereed is om die gebeurtenis te verwerk, moet die berader hom daaraan herinner dat Jesus Christus altyd by die mens teenwoordig is en hom vra om Jesus Christus se teenwoordigheid te probeer ervaar te midde van elke vorige traumatiese gebeurtenis (MacNutt, 1999:147; Richardson, 2005:34). Volgens hulle berus gebedsterapie nie op begeleidende voorstellings of suggesties nie en daarom moet die berader die beradene slegs maar bewus maak van Jesus Christus se alomteenwoordigheid. Somtyds gebeur dit egter dat die beradene vir Jesus Christus in die geheueprentjie sal 'sien' of Hom sal 'hoor', en ander kere sal dit slegs 'n intense bewustheid van Sy teenwoordigheid wees waartydens die beradene die sekere wete en gevoel sal ervaar dat alles nou in orde is (Whitfield, 1990:181; Dearing, 2002:133). Rondom daardie ervarings waar die beradene dan wel genesing ervaar, sal sy hele houding die verligting uitstraal. Die berader gaan dan voort deur die beradene te vra om verder deur sy herinneringe te beweeg op soek na enige verdere emosionele pyn. Die beradene word gevra om na Jesus Christus te gaan (in geval waar die beradene Jesus Christus 'sien') en te doen wat Hy se; andersins word daar na 'n volgende pynvolle herinnering beweeg om dit op dieselfde manier te hanteer (MacNutt, 1999:147). In hierdie begeleiding maak vergifnis ook 'n baie belangrike deel uit. Die berader moet vergifnis aan die beradene verduidelik, sodat hy vergifnis vir homself kan ontvang en dit ook kan skenk aan diegene deur wie hy verontreg of te na gekom is (Sandage, 1998:11; Arterburn, 2005:123). Volgens Stoop en Masteller (2004:188) sal die beradene weet dat hy ten voile vergewe het, wanneer hy nie meer wraakgedagtes koester aangaande diegene wat hom seergemaak het nie, maar in staat is om vir hulle te bid en hulle te seen. Die beradene sal weet dat die verlede uiteindelik steeds deel van hom is, maar dat dit nou tot die verlede hoort. Die seer en pyn het nie meer 'n invloed op sy hede nie (Littauer, 1994:49).

Seamands (2001:129) herinner dat dit belangrik is om te onthou dat die berader se rol in hierdie bediening slegs is om die proses te fasiliteer, terwyl Jesus Christus die volkome genesingswerk doen. In sy beskrywing van berading aan persone wat emosioneel geweldig seergekry het, omskryf Seamands (2001:129) die rol van gebed as die 'hart' van die beradingsproses. Hy beklemtoon die belangrikheid dat daar oor elke insident, asook elke negatiewe emosie en herinnering gebid sal word, 'n Gebedsessie, soos hierdie, is gewoonlik 'n emosioneel uitputtende ervaring (Seamands, 2001:161). Die beradene kan dit beleef asof iets van hom weggeneem is en onttrekkingsimptome kan selfs in sommige gevalle ontstaan. Daar kan selfs werklike fisiese simptome beleef word, soos byvoorbeeld erge hoofpyn, gevoelens van naarheid, braking, diarree of intense uitputting. Hierdie simptome kom nie in alle gevalle voor nie, maar dit is goed om daarop voorbereid te wees (Sien Bylaag B vir Seamands se riglyne vir die gebedsessie).

In kontras met die meeste ander navorsers se riglyne vir die gespreksgebed, beklemtoon Adams (1979:76) dat hierdie 'n wilsaksie is en dat daar nie op die emosie gefokus moet word nie, omrede die emosies subjektief is. Hy se in hierdie verband dat die eerste stap is om te bid, tweedens moet die beradene sy denke vernuwe, derdens moet hy oorgaan tot die toepaslike aksies en dan eers sal vrede volg. Verder beklemtoon hy ook die belangrikheid dat die berader Jesus Christus se liefde aan die beradene moet demonstreer, omrede dit liefde is wat genesing vir die seer herinneringe bring. Jesus Christus se liefde is 'n kragtige, energie- en lewegewende emosie, gelaai met genesingskrag wat die gewer en ontvanger be'i'nvloed. Dearing (2002:123) beklemtoon ook die transformerende krag van God se liefde. In hierdie sin word gebed dus die kanaal waardeur God se liefde kan vloei om vergifnis, genesing en vernuwing te bewerkstellig. Daarom is gebed, volg ens Minirth et al. (1992:214), asook Minirth en Meier (1994:180) uiteindelik meer as blote positiewe gedagtes, suggesties of wensdenkery - soos wat sommige sekulere sielkundiges dit wil afmaak. Gebed is om 'n beroep te doen op die kragtige ingryping van God in die lewe van Sy kinders. Johannes stel dit duidelik in 1 Joh 5:14-15:

"En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra. En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets so vra, weet ons ook dat ons by wat ons van Hom vra. "