• No results found

EVALUERING VAN DIE RESULTATE VAN 'N EMPIRIESE ONDERSOEK

DEELNEMER VYF

5.3.2.5 Bespreking van vraelyste

Soos reeds genoem, is daar in hierdie studie gebruik gemaak van twee vraelyste (Bylae C en D). Die eerste vraelys is gebruik om die agtergrondgegewens te verkry, waarna daar na die gebedsessie voortbeweeg kon word. Tydens die bespreking van hierdie vraelys het al vyf deelnemers te kenne gegee dat hulle wel glo in gebed as wyse van kommunikasie met God, sowel as in die krag van gebed, maar nie een van hulle het al voorheen 'n baie spesiale ervaring of konkrete emosionele genesing beleef tydens gebed nie. Nie een van die deelnemers is ook spesifiek vantevore pastoraal begelei deur 'n proses van innerlike genesing met die klem op gebedsterapie nie. Die tweede vraelys is gebruik na afloop van die onderskeie gebedsessies met elke deelnemer en daar is veral gefokus op die betrokke persoon se belewenis van die gebedsessie. Navorser het met elke deelnemer afsonderlik 'n onderhoud gereel om die vraelys te bespreek. Die terugvoer is as volg:

Het u enige opmerkings rakende die gebedsessie?

Hans: "Hierdie gebedsessie was met betrekking tot die finaliteit van my oorlede pa se dood en

meegaande afwesigheid, 'n omkeerpunt vir my, waar ekfmaal kon afskeid en vrede maak. Ek kon van die gevoelens van selfbejammering en minderwaardigheid afstand doen. "

Lena: "Dit was 'n wonderlike belewenis en die eerste keer dat ek gebed so spesiaal beleef het. " Ben: "Hierdie was die eerste keer dat ek so iets beleef het en ek sal dit nooit in my lewe vergeet

nie."

Ansie: "Dit was intens en het baie positiewe gevolge gehad. "

Karin: "Dit was vir my 'n heel nuwe ervaring om so intens met God te kon kommunikeer. Ek het

Was dit vir u maklik om met God te kommunikeer?

Hans: "Aanvanklik nie, maar namate ek op die sessie konfokus, kon ek mettertyd sonder enige

inspanning met Horn praat en kon ek ook duidelik God met my hoor praat. Dit was en is tot dusver ook die voelbaarste wat ek God tot my hoor spreek het. "

Lena: "Ja, ek kpm God se stem maklik hoor. Ek het onlangs tot bekering gekom en dit was vir

my spesiaal om op hierdie manier Godse stem te kon hoor. "

Ben: "Ja, dit was vir my maklik om met my Hemelse Vader te kon praat. "

Ansie: "Ja en nee. In die begin was dit moeilik en ek het nie geweet wat om te verwag nie, maar

dit het al makliker geword hoe meer ek myself oorgee het. "

Karin: "Nee, ek het aanvanklik baie selfbewus gevoel en dit het nie vir my gevoel asofek eg was

nie."

Soos reeds genoem, word gebed dikwels gedefinieer as 'n kontakpunt tussen God en die mens. Hoe het u hierdie kontak beleef?

Hans: "Baie intens." Lena: "Baie intens."

Ben: "Dit was baie intens en spesiaal; ek het dit nooit voorheen so beleef nie. " Ansie: "Baie intens."

Karin: "Aanvanklik geen kontak nie, maar later het dit intens geword. "

Het u opinie in verband met die krag van gebed verander?

Hans: "Nee. Ek is egter van mening dat gebed soos enige aangeleerde vaardigheid is - as 'n

mens dit nie aanhou beoefen nie, gaan dit verslete raak en gaan 'n mens nie God se teenwoordigheid en inspraak in 'n mens se lewe ervaar soos God dit bedoel het nie. "

Lena: "Ja, ek het tot die besef gekom dat God met ons wil kommunikeer. My hele gebedslewe

het verander, ek bid baie meer as voorheen. In die verlede sou ek net in die aande bid, maar ek het geleer dat ek die heeldag met God kan praat en dat Hy hoor. "

Ben: "Ja, beslis. Ek weet dat ek nie sonder God kan voortgaan nie. As dinge vir my moeilik

begin word, bid ek nou altyd Dit gebeur somtyds wanneer ek bid dat ek weer die warm gevoel beleef wat ek tydens die sessie beleef het. ".

my lewe voel ek nog positiewer en sterker daaroor. "

Karin: "Nee, ek het nog altyd geglo dat daar krag in gebed is. Ek het net nog nooit genoeg

geloof gehad om dit vir myself te aanvaar nie. "

Het u enige spesiale ervarings tydens die gebed beleef?

Elke deelnemer se ervaring is onder punt 5.3.2.2 bespreek.

Het u enigsins die ervaring gehad dat God tydens die gebedsessie weer saam met u in die oorspronklike situasie was en dat Hy op een of ander wyse die situasie positief kom verander het?

Hans: "Ja, definitief. Gedurende die grootste deel van die sessie was ek in 'n een-tot-een

interaksie met my oorlede pa en Jesus Christus gewees. Dit was vir my moontlik om in 'n tydperk van 'n paar ure met die vrae en worstelinge waarmee ekjare lank gesit het, te deel deur in die gees met beide my pa en Jesus Christus te praat. Ek kon uiteindelik my pa vir sy afwesigheid in my lewe vergewe en ookfinaal van horn afskeid neem, wat ek voorheen nie kon doen nie. "

Lena: "Die ervaring was vir my spesiaal. Ek vind dat ek mense nou makliker kan vergewe en dat

God die leemte kom vul het, wat my aardsepa gelaat het. "

Ben: "Nee, ek het nie die werklike situasie weer beleef nie, maar ek weet dat God my op 'n

spesiale manier aangeraak het. Daar het so baie dinge van daardie dag afin my lewe verander. "

Ansie: "Ons was nie in die oorspronklike situasie nie, maar God het op 'n ander manier die

situasie positief verander."

Karin: "Aanvanklik het ek nie ervaar dat Hy saam met my in die situasie was nie, maar later het

Hy my vasgehou en my getroos. Aan die einde het Hy ook my hand geneem en ons het saam van die toneel afweggestap."

Het u enige blokkasies beleef tydens die gebed?

Hans: "Aan die begin van die sessie, ja. Omdat ek nie bekend met hierdie gebedstegniek was

nie, was ek aanvanklik huiwerig om myself aan die Heilige Gees oor te gee. Ek kon egter later met die hulp van my berader se raad, ontspan en op die sessie fokus, waarna ek die deurbraak gehad het."

Lena: "Ek was baie angstig aan die begin en wou opgee, maar het later rustig begin word en

Ben: "Nee." Ansie: "Nee."

Karin: "Aanvanklik kom ek nie heeltemal oorgee nie - dit was asofiets my teruggehou het, maar

later kon ek myself oorgee aan God. "

Is daar enigiets wat u nog wil byvoeg of enige vrae?

Hans: "Nee."

Lena: "My lewe het na hierdie gebedsessie verander en my geloofhet verdiep. Dankie. " Ben: "Nee."

Ansie: 'Wo die gebedsessie is my situasie vir die eerste keer werklik opgelos en afgehandel. " Karin: "Nee."

Bespreking

Al vyf die deelnemers het te kenne gegee dat hierdie gebedsessie 'n keerpunt in hul lewens tot gevolg gehad het, omrede hulle genesing van diep innerlike wonde kon ontvang. Dit is opmerklik dat alhoewel die deelnemers se genesing onmiddelik, volkome en permanent (vgl. Hoofstuk 3, punt 3.4.3) was, was dit ook voorwaardelik in die sin dat die nodige gehoorsaamheid van die deelnemers se kant af moes geskied - al vyf deelnemers moes uiteindelik vergifnis en vryspraak uitspreek, die leuen erken en vervang met die waarheid. Hulle verkeerde denkpatrone moes verbreek en verander word. Al die deelnemers het dan ook God se teenwoordigheid intens beleef, alhoewel drie te kenne gegee het dat hulle aanvanklik nie geweet het wat om te verwag nie, maar hulle kon hulself later oopstel vir die werking van die Heilige Gees. Die rede hiervoor kon moontlik wees dat wanneer navorser by die aanvang van die sessie verduidelik hoe die gebed gaan plaasvind, daar gewoonlik daarteen gewaak word om nie enige iets te suggereer nie. Uiteindelik moet die ervaring vir die beradene eg wees. Navorser het ook al gevind dat wanneer die beradene se selfbeeld en eiewaarde baie laag is, hulle hulself heel dikwels nie as waardig beskou dat God direk met hulle op hierdie manier sal praat nie - dit kan ook die proses aanvanklik bemoeilik. 'n Verdere moontlike blokkasie is die herbelewins van die oorspronlike emosies soos tydens die traumagebeure. Vir die deelnemer is hierdie belewenis normaalweg nie baie positief nie. Wanneer die beradene sulke intense emosies beleef, is die versoeking vir die berader dan somtyds ook groot om die gebed te beeindig. Die berader moet egter voortgaan om onder leiding van die Heilige Gees die proses te fasiliteer, sodat hierdie emosies deurgewerk en innerlike

genesing bewerkstellig kan word. In hierdie opsig is die berader telkens maar net 'n tydelike

assistent van die Heilige Gees (Seamands, 2001:129). Jesus Christus is die een wat deur die

werking van die Heilige Gees uiteindelik die genesing en die vryheid bewerkstellig.