• No results found

METATEORETIESE PERSPEKTIEWE MET BETREKKING TOT DIE ROL VAN GEBED IN DIE TERAPEUTIESE PROSES

4.4 BELANGRIKE ROLSPELERS

4.4.2 Koenig en Pritchett se bydraes

In 1985 het Harold Koenig geroepe gevoel om homself in besonder toe te spits op navorsing rondom die verhouding en wisselwerking tussen godsdiens en psigoterapie. Die navorsingswerk wat hy tot dusver gedoen het, het ook 'n besondere bydrae gelewer tot 'n groter openheid binne die hulpwetenskappe betreffende geestelike terapeutiese insette (waaronder dan ook gebed). Teen 2004 het hy sy bevindinge in meer as 25 boeke en 50 hoofstukke vir versamelwerke neergepen, 25 navorsingsprojekte suksesvol geloods en meer as 200 wetenskaplike artikels gepubliseer. Koenig is die redakteur van die tydskrif The International Journal of Psychiatry and Medicine en die mede-redakteur van Science and Theology, 'n internasionale tydskrif wat maandeliks verslag doen oor die resultate van hierdie navorsing.

Koenig (2004:91; 2007:60-63) som die bevindinge van sy navorsing kortliks soos volg op:

• Baie mense wend hulle na hul geloof wanneer hul fisies siek word of spanningsdruk van die lewe ervaar.

• Diegene wat oor sterk geloofsoortuigings beskik, beleef laer vlakke van depressie en angstigheid oor hul probleme en pas makliker aan by die omstandighede.

• Selfs al verval mense in depressie weens siekte of omstandighede, vind herstel daarvan gouer plaas indien hulle oor diep gevestigde godsdienstige oortuigings beskik.

• Wanneer diep gelowige Christene diagnoseer word met ernstige fisiese ongesteldhede, is dit dikwels hul geloof wat hul daardeur dra en wat bydra tot die feit dat hulle agterna psigies sterker daaraan toe is.

• Mense wat gereeld deelneem aan godsdienstige rituele, soos byvoorbeeld kerkbywoning en gebed, het psigies meer gesond voorgekom.

• Mense wat geestelike ondersteuning aan ander bied, hetsy deur prediking, gebed of pastorale begeleiding, is minder depressief ten tye van siekte.

• Mense wat gereeld kerkdienste bywoon, bid en Bybel lees, is minder geneig tot die misbruik van alkohol of sigarette.

• Groter psigiese gesondheid, meer sosiale ondersteuning en 'n gelukkiger lewenstyl onder diegene wat hul geloof uitleef, veroorsaak dat hulle minder geneig is tot fisiese ongesteldhede.

• Mense wat aktief in die samelewing betrokke is in een of ander vorm van bediening, beskik oor groter immuniteit teen infeksies en siektes.

• Mense wat gereeld kerkdienste bywoon, bid en Bybel lees, se bloeddruk is laer en is minder vatbaar vir hipertensie.

• Mense wat gereeld kerkdienste bywoon lewe langer (Koenig vergelyk die effek hiervan met die voordele van iemand wat sy motor se veiligheidsgordel dra of iemand wat nie rook nie).

• Mense met 'n psigiese afwyking soos byvoorbeeld skisofrenie, het groter kans om 'n sinvolle lewe te lei indien hul oor 'n geestelike ondersteuningsbasis beskik.

Uit die resultate van Koenig se navorsing tot dusver blyk dit duidelik dat die geestelike sy nie langer ontken word, as 'n uiters belangrike komponent van 'n holistiese benadering tot die mens en sy probleme nie. Terwyl daar nog groot verskille is betreffende die wyse waarop hulpverleners godsdiens integreer met psigoterapie, het die klimaat binne die hulpwetenskappe al meer gunstig en ontvanklik geraak vir 'n geintegreerde multidissiplinere benadering en is sekere kriteria deur die APA ook reeds aangepas, naamlik:

1. In 1995 het die American Psychiatric Association (APA, 1995a) 'n volume Practice

Guidelines for the Psychiatric evaluation of adults gepubliseer, wat die volgende riglyne

bevat:

(a) Belangrike kulturele en godsdienstige invloede moet in ag geneem word in die evaluasie van die pasient (p. 71).

(b) Evaluasie moet gedoen word op 'n wyse wat sensitief is teenoor die pasient se individualiteit, identifiseerbare kwessies random ontwikkeling, kultuur, etniese grense, geslag, seksuele orientasie, familie/oorerflike patrone, geestelike/spirituele oortuigings, sosiale stand, fisiese en sosiale omgewing wat 'n invloed op die pasient se simptome en gedrag uitoefen (p. 74).

(c) Die waardebepaling moet inligting insluit wat spesifiek is tot die individuele pasient en wat verder strek as die diagnostiese definisie. Hierdie inligting hou

verband met kultuur, etniese groep, geslag, seksuele orientasie en geestelike/spirituele oortuigings (p. 76).

2. Die DSM-IV-TR (APA, 2000:741) bevat 'n diagnostiese kode wat godsdienstige

aspekte omskryf. In hierdie kode word geestelike en spirituele aspekte omskryf as 'n addisionele toestand wat kliniese begeleiding vereis.

3. In 1995 het die American College for Graduate Medical Education die volgende inligting ingesluit in die opleidingvereistes vir psigiaters en wat ook noodsaaklik is vir akkreditering deur die Accreditation Council on Graduate Medical Education (APA, 1995b):

(a) Didaktiese opleiding in die voorstelling van biologie, fisiologie, kulturele,

ekonomiese, etniese, geslagtelike, geestelik/spirituele, seksuele orientasie en familiegeskiedenis wat 'n merkwaardige invloed het op die fisiese en psigiese ontwikkeling van die pasient (p. 11-12).

(b) Die studente moet voorsien word van inligting rakende die verskillende kulture en subkulture. Hierdie inligting moet kwessies insluit rondom seksuele aspekte, ras, etniese verskille, geestelik/spirituele aspekte en seksuele orientasie (p. 18).

Hieruit kan die afleiding gemaak word dat voor enige psigoterapeutiese intervensie kan plaasvind, die pasient se godsdienstige oortuigings (onder andere) eers in ag geneem moet word, om sodoende te bepaal of dit deel uitmaak van die oorsaak van die probleem en/of hoe die oortuigings genesing kan help bevorder.

Koenig en Pritchett (1998:329-333) onderskei gevolglik die volgende ses geestelike intervensies wat tydens psigoterapie gebruik kan word:

• In die eerste plek vorm ondersteuning en empatie die basis in die hulpverleningsproses. Om na die pasient te luister en sy gesonde geestelike lewenswyse te erken, vorm 'n belangrike onderdeel van hierdie basis. Die aanslag is veral waardevol in gevalle waar die pasient onder chroniese spanning gebuk gaan (1998:329).

• Tweedens kan die terapeut relevante Skrifgedeeltes kwoteer om hoop, selfwaarde en 'n gevoel van omgee en sorg te bevorder. Die Skrifgedeeltes kan vertroosting bied in tye wanneer die pasient op sy eie, sonder die terapeut, moet funksioneer. Die Bybel is vol van sketse van persone wat self ook angs, depressie, vrees, ensovoorts oorkom het en dit kan die pasient help fokus (1998:330).

• Derdens, sodra die spanningstoestand ge'identifiseer en aangespreek is en die pasient 'n emosionele ekwilibrium bereik het, word die terapeutiese fokus verskuif na die verandering van disfunksionele denke en gedrag. Hierdie verandering lei uiteindelik tot die integrasie van geestelike en spirituele beginsels (1998:330).

• Vierdens, die terapeut kan die pasient se godsdienstige wereldbeskouing gebruik as basis waaruit verkeerde, disfunksionele denke en gedrag aangespreek word (1998:321).

• Vyfdens, in gevalle waar die terapeut om welke redes ook al onbekwaam voel om die pasient op geestelike terrein te begelei, kan hy die pasient verwys na 'n predikant, geestelike werker of pastorale berader (1998:321).

• Laastens vorm gebed - alhoewel baie kontroversieel - 'n belangrike intervensie in die psigoterapeutiese proses. Sommige terapeute beweer dat gebed kan lei tot onduidelikheid in rolverdeling tydens die hulpverleningsproses. Daar sal gevolglik nog baie gesprekvoering en navorsing rondom hierdie kwessie moet plaasvind voordat klarigheid gevind kan word. In teenstelling met sekere teenargumente is daar 'n aantal indikasies dat gebed wel aanvaarbaar is vir 'n groot persentasie van pasiente tydens die terapeutiese proses (1998:332). Gebed kan 'n belangrike ondersteuningsbasis vorm in gevalle waar die pasient kroniese spanning ervaar of sukkel met kroniese gedragsprobleme. Koenig en Pritchett (1998:333) maak in hierdie verband die volgende voorstelle rakende gebed:

o Gebede moet so kort as moontlik gehou word, korter as 'n minuut indien moontlik, omrede lang gebede meer afbrekend as opbouend kan wees.

o Die pasient moet self bid en nie die terapeut nie - hy kan die gebed ondersteun deur bloot 'amen' daarop te se.

o Indien die pasient die terapeut wel vra om te bid, moet die terapeut in die algemeen bid vir ondersteuning, hoop en suksesvolle hantering van die probleem.

o Die terapeut moet terugvoer vra oor hoe die pasient die gebed beleef het.

Om godsdiens en psigoterapie effektief te integreer, maak Carson en Koenig (2004:4) verder die stelling dat dit noodsaaklik is dat die basis van waaruit hulpverlening geskied, sal moet verander vanaf 'n suiwer klinies wetenskaplike aanslag, na 'n liefdevolle, empatiese, ondersteunende benadering. Hulle ondersteun hulle standpunt met Matt 22:37-39 waar die groot gebod van liefde gegee word:

"Jy moet die Here jou God lieflie met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste lieflie soos jouself. "

Elke mens is daarom dus geroep om God lief te he en te eer deur sy hele lewenswandel, insluitende sy werk en alle verhoudings. Vanuit hierdie oogpunt is dit dus noodsaaklik dat die terapeut 'n bepaalde ingesteldheid teenoor sy hulpverlening sal handhaaf (Carson en Koenig, 2004:4-10), naamlik:

• 'n Geroepe dienaar streef daarna om kwaliteit tyd vir die pasient te gee deur na horn te luister en te probeer verstaan, sodat hy hoop vir die toekoms kan gee.

• 'n Geroepene tree in verhouding met die pasient en luister na sy pyn sonder enige oordeel.

• 'n Geroepene werk saam met die pasient op 'n rigtinggewende manier, eerder as om die probleem namens horn te wil oplos.

• 'n Geroepene streef na liefde en omgee, selfs al is die pasient ondankbaar, aggressief, onbereikbaar en liefdeloos.

• 'n Geroepene aanvaar sy eie gebrokenheid, menslikheid en kwesbaarheid, en daarom kan hy in verhouding uitreik na diegene wat gebuk gaan onder seer in die lewe.

• 'n Geroepene tree as fasiliteerder op ten opsigte van verandering in die pasient se lewe en verstaan dat hy nie verantwoordelik is vir die verandering wat moet intree nie. • 'n Geroepene laat die pasient toe om sy eie keuses te maak en ondersteun horn daarin.

• 'n Geroepene besef dat oplossings vir probleme makliker bereikbaar is wanneer die pasient gedien word.

• 'n Geroepene besef dat hy nie noodwendig 'n einde aan die pasient se emosionele pyn kan bring nie, maar dat hy hom kan begelei tot 'n verstaan en verwerking daarvan. • 'n Geroepene aanvaar ander mense soos hulle is en probeer nie om hulle te verander

nie.

• 'n Geroepene is in staat om pasiente te begelei, sodat hulle hul selfwaarde kan besef om sodoende hul doelwitte te kan bereik.