• No results found

EVALUERING VAN DIE RESULTATE VAN 'N EMPIRIESE ONDERSOEK

DEELNEMER DRIE

Agtergrondgeskiedenis

Ben is 'n 31 jarige man, getroud en het twee kinders. HuUe woon in 'n woonstel op dieselfde erf

as sy ouers. Ben het nog altyd gesukkel met woede, maar in die laaste jaar het die intensiteit daarvan toegeneem. Wanneer hy hierdie uitbarstings beleef, sou hy alles rondom horn stukkend slaan en breek. Sy vrou het gewoonlik dan ook met die kinders gevlug. Sy ouers was so totaal magteloos dat hulle by geleentheid die polisie geskakel het om horn in hegtenis te neem, waarna Ben na navorser vir hulp verwys is.

Pastorale begeleiding

Ben was baie oop en ontvanklik vir die hulpverlening. Hy was ook baie desperaat om gehelp te word, want hy was bewus van die vernietigende effek wat sy woede op sy lewe en verhoudings gehad het. Ben se vrou het egter nie meer kans gesien om so aan te gaan nie en het horn kort na die aanvang van die terapie verlaat. Ben het vertel dat hy niks kan onthou van die woede uitbarstings nie. Hy het dit beskryf asof hy net 'uitsny' en dan later wakker word te midde van al die chaos. Navorser het Ben geevalueer met behulp van 'n diagnostiese persoonlikheidsontleding en het horn verwys na die psigiatriese afdeling van die Provinsiale hospitaal vir medikasie (hy het geen mediese fonds nie). Terapeutiese hulpverlening is daarna begin en baie gou het dit duidelik geword dat Ben worstel met onverwerkte onderdrukte emosies vanuit sy kinderjare£. Omrede Ben 'n meer praktiese mens is, was dit nogal moeilik om op 'n intellektuele vlak met horn te werk. Tydens een van die sessies het navorser voorgestel dat hulle rollespel moes doene. As deel van

hierdie rollespel moes die klein Ben van graad een op die stoel oorkant navorser sit en aan haar van sy dag by die skool vertel. Tot navorser se verbasing het Ben egter vertel dat 'dit nie nodig is

baie rustigheid ervaar, daar 'n klein seuntjie met horn sou praat, wat hy ge'i'dentifiseer het as hyself op sewejarige ouderdom - slegs hy kon ook hierdie 'klein seuntjie' sien. Ben het ook gese dat hy sal probeer om klein Ben met lekkernye om te koop om die volgende sessie saam met horn te kom. Met die aanvang van die volgende sessie het Ben gese dat klein Ben nog te skaam is en nie wou saamkom nie\ Navorser het op hierdie stadium na die gebedsessie aanbeweeg en God vir leiding vertrou. Navorser het Ben gevra om rustig te sit en gemaklik asem te haal en het toe voortgegaan in gebed om met God te praat oor hierdie situasie". Nadat navorser gebid het, het sy vir Ben gevra om net so met toe oe te sit. Kort daarna het Ben vertel dat hy 'n groot lig sien en iemand wat voor die lig staan. Navorser het horn gevra om te fokus op die persoon wat voor die lig staan en te kyk of hy horn kan herken. Ben het vertel dat dit sy Hemelse Vader is en het toe na Horn toe gestap'. Hy het spontaan aangegaan met die vertelling en vertel dat God aan horn se dat hulle saam die dorings uit sy lewe gaan uithaal. Hy het vertel dat hulle begin tuinmaak het deur eers die bedding skoon te maak, waarna hulle saad geplant het en dit toe nat gemaak het - daarna het die mooiste blomme wat hy nog ooit gesien het onmiddellik begin groei. God het aan horn vertel dat dit ook so in sy lewe is en dat hy nie die lewenspad sonder Horn kan stap nie. Ben het skielik vertel dat klein Ben ook te voorskyn gekom het en dat God hulle albei saam vasgehou het. In die proses het klein Ben deel van Ben geword. Daarna het God aan Ben gese om horn los te maak van die seer wat hy tydens sy kinderjare beleef het en dat dit is soos die dorings wat hulle uitgehaal het. Ben het dan ook bevestig dat hy die dorings uitgetrek het toe hulle tuin gemaak het en dat dit nie meer deel van sy lewe is nie. Daarna het hulle omgedraai en saam na die lig terug gestap. Na 'n rukkie het Ben sy oe oopgemaak en die verligting was by horn ook duidelik sigbaar/. Ben het vertel dat na hierdie gebed het klein Ben nie weer aan horn verskyn nie en dat hy nie meer met negatiewe gevoelens worstel nie.

Terugvoer

Aanvanklik het dit baie goed met Ben gegaan, maar na 'n tydperk van twee weke het hy weer 'n ervaring beleef waar dit gevoel het asof hy 'uitsny' en nie bewus is van wat rondom horn aangaan nie. Navorser het vervolgens met die psigiaters by die provinsiale hospitaal geskakel. Ben is opgeneem en 'n EEG en 'n breinskandering is gedoen, waarna temporale lobepilepsie gediagnoseer is en hy dan ook die nodige medikasie hiervoor ontvang het. Ben en sy ouers het intussen ook by navorser se gemeente aangesluit en die verandering in Ben is ooglopend; selfs sy voorkoms het verander. Met die nodige medikasie funksioneer hy baie goed. Hy beleef geestelike groei en woon gereeld eredienste, selgroepe en kampe by. Daar is altesaam sewe beradingsessies

gedoen en navorser monitor sy toestand gereeld.

DEELNEMERVIER

Agtergrondgeskiedenis

Ansie is 39 jaar oud en getroud. Sy is kinderloos en alle pogings om swanger te raak, het tot

dusver misluk. Dit het tot gevolg dat sy baie depressief geword het en met die negatiewe uitwerking daarvan in haar lewe en verhoudings sukkel. Gedurende 1995 was daar 'n selfmoordpoging, waarna sy vir 'n naweek lank gehospitaliseer is.

Pastorale begeleiding

Ansie het geen vorige terapeutiese hulpverlening van enige aard ondergaan nie. Sy het navorser geskakel en 'n afspraak gemaak, omrede sy gevoel het sy kan nie meer so voortgaan nie. Navorser het 'n volledige persoonlikheidsontleding gedoen en haar pastoraal begin begelei. As deel van die praktiese hulpverlening rondom depressie is sy ook na haar huisdokter vir anti- depressante verwys. Ansie is gemolesteer as kind en het altyd 'uit' gevoel tussen haar maats, omrede sy ook fisies vinniger ontwikkel het as die deursnee dogter. Ten spyte hiervan was haar kinderjare redelik gelukkig en getuig sy van liefde en omgee in die gesin. Sy het egter baie verwerping beleef toe sy na die skoolkoshuis toe moes gaan, omrede haar ouers in 'n buurstaat gewoon het. Akademies het sy baie goed gevorder en tans het sy 'n baie goeie betrekking. Sy worstel egter soms met negatiewe gevoelens, omdat sy die enigste kind in hul gesin is wat geen formele naskoolse kwalifikasies het nie. Ansie is die afgelope vyftien jaar getroud en hul huwelik is redelik gelukkig, maar finansies en die kinderloosheid plaas baie druk op hul albei. Haar eggenoot is verder ook gepreokkupeerd met sy eie dinge en dit laat haar soms baie afgesluit en alleen voel. Die pastorale hulpverlening het hoofsaaklik twee uitkomste ten doel gehad, naamlik die hantering van emosionele wonde en die aanleer van vaardighede om haar te bemagtig. Tydens een gebedsessie het Jesus Christus vir Ansie op 'n besondere manier self bedien. Navorser het weereens begin deur aan haar te verduidelik hoe die gebedsessie werka en haar op haar gemak

gesteR Daarna het navorser die gebed begin deur met God oor Ansie se situasie te praat en gebid dat Hy Homself op 'n besondere wyse aan haar sal openbaarc. Nadat navorser gebid het, het sy vir

Ansie gevra om rustig te sit en te ontspan. Na 'n rukkie het sy vir Ansie gevra of sy enigiets in haar geestesoog sien. Sy het vertel dat sy haarself as 'n klein dogterjie in 'n bos sien. Navorser het gevra dat sy deur die bos moes loop en kyk of sy nog iets of iemand sien. Na 'n rukkie het Ansie

baie bang geword en vertel dat 'n wolf haar jaag. Ansie het die angs baie intens beleef en navorser het vir haar gevra om vinnig 'n boom te soek om in te klim1. Ansie het vertel dat sy in

'n boom geklim het, maar het steeds baie angs beleef. Navorser het rustig voortgegaan om met haar te gesels. Na 'n rukkie het sy kalmeer en vertel dat sy vanuit die hoe boom tot aan die einde van die bos kan sien. Daar het sy groen gras gesien en baie ander kinders wat daar gespeel het. Sy het vir 'n ruk lank stil gesit en hulle net dopgehou. Daarna het sy vertel van iemand wat na haar aangestap kom en die wolf wegjaag. Navorser het aan haar gevra of sy persoon erken en sy het vertel dat dit Jesus Christus was. Hy het haar gevra om af te klim en saam met Horn te stap. Hulle het na die ander kinders gestap en op 'n bankie gaan sit en gesels. Jesus Christus het met Ansie gepraat en vir haar vertel dat Hy lief is vir haar en dat sy niks het om oor skaam of skuldig te voel nie - sy hoef haarself ook nie van ander te onttrek nie. Ansie het vertel dat Jesus Christus met intense liefde na haar gekyk en haar getroos het. Sy het vir 'n rukkie by Jesus Christus op die bankie gesit en daarna opgestaan en saam met die ander kinders gespeel. Gedurende die proses het Ansie selfs hardop gelag. Na 'n hele rukkie het Ansie vertel dat Jesus Christus opgestaan het en weer met haar gepraat het. Sy was nou weer die voJwasse vrou. Hy het haar verseker dat Hy altyd by haar sal wees en haar sal versorg. Daarna het Jesus Christus haar gegroet en sy het die gebed beeindig. Navorser en Ansie het na afloop van die gebed oor dit wat sy ervaar het gesels en die ervaring gekoppel aan die Skrifgedeelte van die verlore skaap (Matt 18:10-14). Ansie het hierna verseker geweet dat sy belangrik is vir God en sy kon begin om al meer haar waarde in Horn te vind.

Terugvoer

Ansie beleef geestelike groei en sy het haarself ook verbind tot sekere geestelike dissiplines, soos om byvoorbeeld elke dag stiltetyd te hou. Sy het geleer om ook vir haarself doelwitte te stel op alle vlakke van haar lewe en om haar gedagtes te beheer. Sy vorder goed, maar kontak navorser steeds van tyd tot tyd.