• No results found

Berei die weg vir genesing deur middel van gebed

PRAKTYKTEORETIESE PERSPEKTIEWE TEN OPSIGTE VAN DIE ROL VAN GEBED IN DIE PROSES VAN INNERLIKE

6.4 RIGLYNE TEN OPSIGTE VAN GEBEDSTERAPIE

6.4.3 Die gespreksgebed waartydens die beradene na Jesus Christus gebring word vir emosionele genesing en geestelike vernuwing

6.4.3.2 Berei die weg vir genesing deur middel van gebed

Wanneer al die inligting verkry en 'n nodige strategie bepaal is, word daar voortbeweeg na die gebed. Die beradene moet tydens die gebedsessie na God gebring word, sodat die Heiiige Gees die onaangename herinneringe vir die beradene na die bewussyn kan bring vir genesing (vgl. 3.6.2.1). In die voorafgaande hoofstukke is verskeie modelle en riglyne deur verskillende outeurs beskryf wat effektief tydens die gespreksgebed gebruik kan word. Vanuit al hierdie bydraes wil navorser vervolgens die volgende riglyne vir die gespreksgebed formuleer.

By die aanvang van die gebedsessie is dit belangrik dat die berader sal besef dat hy slegs maar die fasiliteerder is en dat dit Jesus Christus self is wat genesing en vernuwing aan die beradene bring. Die berader is dus maar net die instrument in die hande van Jesus Christus en sodoende word Sy bediening deur die berader voortgesit (vgl. 2.6.5). In hierdie proses is dit die Heilige Gees wat kragtig deur die berader werk, sodat die beradene genesing en vernuwing kan ontvang (vgl. 2.6 en 3.5.2). Dit is dan ook om hierdie rede dat die berader nie een tegniek as die absolute kan aanvaar nie. Soos tydens Sy aardse bediening sal Jesus Christus ook in hierdie gevalle met elke persoon op 'n unieke wyse handel (vgl. 5.3.2.4). Dit het tot gevolg dat die beradene homself somtyds sal terug bevind in die oorspronklike traumagebeure en in sekere gevalle sal daar dan selfs ook deur middel van beeldspraak - soos in die geval van Ben en Ansie wat medewerkers tydens die empiriese ondersoek was - genesing kan intree; somtyds sal die beradene die onderskeie betrokke partye 'sien' en met hulle kan kommunikeer; en somtyds moet die berader die beradene begelei om homself in gesprek met Jesus Christus te visualiseer. Die berader moet egter deur hierdie hele proses fyn ingestel wees op die leiding van die Heilige Gees.

Dit is sinvol dat die berader normaalweg eerste begin om te bid - hy bid dan onder andere vir die beradene en vir dit wat gaan volg. Die berader kan byvoorbeeld in so 'n openingsgebed vir God vra om die belofte van Joh 14:21 (vgl. 2.6 en 5.3.2.4) in die lewe van die beradene waar te maak, wanneer hy vra dat Jesus Christus die beradene sal bedien met Sy ingrypende en helende teenwoordigheid. Die berader moet vervolgens ingestel wees op die beradene se spesifieke behoeftes en dit dan in gebed na God bring vir genesing en heling.

Daarna moet die beradene aangemoedig word om self te bid en sy emosionele pyn teenoor Jesus Christus te verbal iseer - die beradene moet dus toegelaat word om op hierdie punt ten voile uiting aan sy emosies te gee. Wanneer die beradene klaar gebid het, moet die berader horn vra om net so rustig te sit, sy oe gesluit te hou en te fokus op die teenwoordigheid van Jesus Christus. Na verloop van 'n paar oomblikke kan die berader aan die beradene vra of hy enigiets emosioneel beleef of moontlik in sy geestesoog ervaar. Die reaksie van die beradene kan in sekere gevalle 'n redelike mate van invloed he betreffende die verdere verloop van die gebedsessie.

Daar is verder minstens drie opsies wat die berader hiernaas sou kon volg en aan elk hiervan word vervolgens aandag geskenk.

(1) Die begeleiding tydens gevalle waar die beradene homself as't ware terug bevind in die oorspronklike traumagebeure (vgl. 3.6.2.1)

Dit gebeur soms dat die beradene tydens die gebed in 'n sekere sin terugbeweeg na die oorspronklike traumatiese situasie. Wanneer dit gebeur, verander die beradene se stemtoon of liggaamshouding ook soms in ooreenstemming met die gebeure en omstandighede soos tydens die trauma - selfs die liggaamsposisie en emosies kan diensooreenkomstig verander. Die beradene sal ook nou in staat wees om dinge te kan verwoord wat hy tydens die oorspronklike trauma situasie soms nie toegelaat was om te doen nie. Wat die begeleiding op hierdie stadium betref, is die berader totaal afhanklik van die leiding deur die Heilige Gees (vgl. Joh 14:21; Jer 33:3). Die berader moet ook die beradene daaraan herinner 9dat Jesus Christus altyd by die mens teenwoordig is en horn vra om Jesus Christus se teenwoordigheid te probeer ervaar te midde van die oorspronklike pynvolle situasie. Vrae soos onder andere 'Hoe beleef jy God op hierdie oomblik? Wat se Jesus Christus vir jou in hierdie omstandighede?' kan gevra word. Dit is egter belangrik dat alhoewel die berader die gebed begelei, hy nooit suggestief sal optree nie, maar slegs sal reageer op dit wat die beradene opper. Soos reeds genoem, is dit so dat wanneer die beradene homself terugbevind in die oorspronklike traumatiese situasie, hy dieselfde ontstellende emosies kan beleef as tydens die oorspronklike trauma. In die fasilitering hiervan moet die berader hom daaraan herinner dat dit slegs 'n herinnering van die oorspronklike gebeure is wat hier beleef word en dat die beradene huidiglik in 'n veilige plek is waar hy homself ten voile kan oopstel vir genesing. Die beradene moet egter die emosies beleef, sodat verwerking dan kan plaasvind. Hy moet verder begelei word tot insig in die situasie en toelaat dat Jesus Christus hom volkome hierin genees. Die uitspreek van vergifnis teenoor die betrokke partye is ook van besondere belang. Wanneer die beradene sukkel om die oortreder te vergewe, moet die berader die Skriftuurlike beginsels rondom vergifnis aan hom verduidelik. Die veronderstelling is dan ook dat die beradene emosioneel en geestelik reeds 'n punt bereik het waar hy in staat is om te kan vergewe. Na die kwessie van vergifnis beweeg die berader verder voort met die proses deur aan die beradene te vra om

weereens deur sy herinneringe te beweeg op soek na verdere emosionele pyn, sodat dit op dieselfde manier hanteer kan word. Dit is vervolgens belangrik dat daar oor elke insident asook elke negatiewe emosie en herinnering gebid sal word. Dit gebeur ook soms dat die beradene vir Jesus Christus in die herinnering sal 'sien'. In sulke gevalle moet die berader horn vra om na Jesus Christus te gaan en te doen wat Hy se. 'n Gebedsessie soos hierdie is gewoonlik 'n emosioneel uitputtende ervaring. Die beradene kan dit beleef asof iets van horn weggeneem is en onttrekkingsimptome mag in sekere gevalle ontstaan. Daar kan selfs werklike fisiese simptome beleef word, soos byvoorbeeld erge hoofpyn, gevoelens van naarheid, braking, diaree of intense uitputting. Hierdie simptome kom nie in alle gevalle voor nie, maar dit is goed om daarop voorbereid te wees. In die meeste gevalle sal die beradene egter 'n diepe vrede beleef. (In Bylaag B is daar 'n volledige uiteensetting van Seamands (2001:139-161) se model rondom hierdie fase van die terapeutiese proses).

Dit gebeur egter ook in sekere gevalle dat die beradene geen konkrete belewenis hoegenaamd ervaar, nadat hyself en die berader gebid het nie. In sulke gevalle kan die berader die beradene begelei deur die gebruikmaking van of die visualiserings tegniek, of 'n gebed rondom die hele lewensiklus van die beradene. Riglyne hieromtrent is soos volg:

(2) Begeleiding met behulp van visualisering (vgl. 3.6.2.1)

Die berader lei weereens die gebedsessie in deur self te bid. Na die gebed moet hy die beradene begelei om rustig met sy oe gesluit te bly sit en te luister na die berader se stem. Die berader begin dan deur die beradene te begelei om homself in gesprek met Jesus Christus te visualiseer. In Bylaag E is 'n voorbeeld van 'n visualiseringstegniek bygevoeg wat baie effektief in hierdie proses gebruik word. Hierdie prosedure impliseer dat die beradene in sy geestesoog sal ervaar hoe hy en Jesus Christus gesels. Die berader moet die beradene dan vra om oor sy pyn met Jesus Christus te gesels. Wanneer die beradene sy pyn verwoord teenoor Jesus Christus, kan dit ook weereens gebeur dat hy homself in die oorspronklike gebeure terugbevind, soos beskryf onder punt (1). In sulke gevalle moet die berader die beradene dan diensooreenkomstig begelei. Ook tydens hierdie proses moet die berader sensitief ingestel wees op die leiding van die Heilige Gees. Wanneer die

beradene homself nie terugbevind in die oorspronklike traumagebeure nie, moet die berader aanhou om aan horn vrae te stel (vgl. 3.6.1.3 - wat, hoekom en waarom), sodat hy dieper in die herinnering kan inbeweeg, totdat alle moontlike leuens ten voile geidentifiseer is. Telkens wanneer die leuen geidentifiseer is, word dit vervang met die Waarheid vanuit die Woord. In talle gevalle sal die beradene dit beleef asof dit Jesus Christus self is wat hierdie waarheid aan horn gee en sodoende kan hy genesing en vernuwing ontvang.

(3) Gebed rondom die hele lewensiklus van die beradene (vgl. 3.6.2.1)

Wanneer die Heilige Gees nie 'n spesifieke herinnering na die beradene se bewussyn bring nie - soos in die geval van (1) en (2) hierbo - moet die gebed onderverdeel word om die hele lewensiklus van die beradene te dek. Sodoende word daar dan stelselmatig deur al die inligting gewerk wat tydens die terapeutiese gesprek aan die lig gekom het - met besondere klem dan op elk insident waar die beradene emosionele pyn, skokke, krisisse en trauma beleef het. Daar moet telkens gebid word dat Jesus Christus alle tersaaklike herinneringe na die beradene se bewussyn sal bring en dat die beradene op die een of ander wyse (al is dit dan nie noodwendig by wyse van visualisering of 'n 'prentjie' in die geestesoog nie) Jesus Christus in die herinneringe sal sien/beleef. Wanneer die beradene iets hiervan beleef en as't ware Sy stem herken wat genesing inspreek, vind daar oor die algemeen verwerking plaas en rustigheid word verkry. Ter voorbereiding van die gebedsessie kan die beradene gevra word om 'n lewenslyn op te stel waar belangrike gebeure in kronologiese volgorde en ook ouderdomsgewys aangedui word - in 'n sekere sin dus 'n traumageskiedenis. In hierdie gevalle kan daar selfs van prentjes vanuit tydskrifte gebruik gemaak word om uitdrukking aan hul emosies te gee met betrekking tot spesifieke traumatiese gebeure uit die verlede. Dit is weereens belangrik dat die berader sensitief ingestel moet wees op die verbale en nie-verbale kommunikasie van die beradene. Daar moet oor elke insident gebid word - selfs al voel dit vir die beradene (nou as volwassene) onbenullig - omrede die pynlike herinneringe van die verlede die huidige funksioneringstyl bei'nvloed (vgl. 3.6.1.1).

Die gebed kan vervolgens in vier dele verdeel word, naamlik: • Familiemilieu

Tydens die aanvanklike terapeutiese gesprek moet die berader die beradene ook uitvra betreffende sy familiegeskiedens. Op hierdie stadium moet daar dan in die gebed gefokus word op alle aspekte wat verband mag hou met 'n moontlike negatiewe milieu waarbinne die persoon kon opgegroei het - soos byvoorbeeld 'n disfunksionele gesin waar daar molestering, verwerping, ensovoorts kon plaasgevind het.

• Voorgeboortelike stadium

Bylaag A verskaf praktiese riglyne rondom moontlike negatiewe invloede vanuit hierdie fase. Die berader moet bid oor enige probleme, negatiewe emosies, skokke of trauma wat die moeder tydens die swangerskap kon beleef het en wat gevolglik 'n invloed op die baba kon gehad het.

• Vroee kinderjare

Hierdie fase strek vanaf die beradene se geboorte tot ongeveer twaalfjarige ouderdom. Daar moet gebid word dat die Heilige Gees alle moontlike negatiewe insidente na die bewussyn sal bring, sodat dit verwerk kan word. Die grootste gedeelte van die mens se verwyssingsraamwerk ontstaan in hierdie periode van sy lewe en daarom is gebeure vanuit hierdie fase gewoonlik deurslaggewend met betrekking tot die latere volwasse funksioneringstyl. In hierdie verband moet die beradene se verkeerde denkpatrone ook herken en moet dit hanteer word.

• Latere lewe

Laastens word daar stelselmatig deur alle verdere negatiewe herinneringe tot by die hede beweeg.

Deur die hele gebedsessie word daar deurgaans gevra vir Jesus Christus se ingrype en helende teenwoordigheid. Dit is uiteindelik Hyself wat die beradene bedien in sy spesifieke behoeftes rondom vergifnis, genesing en vernuwing (vgl. 2.3; 2.4; 2.5; 2.6; 3.4).