• No results found

Skoolgebaseerde bestuursmodel het die potensiaal om die kwaliteit van onderwys te

3.2 Die skoolgebaseerde bestuursmodel

3.2.3 Skoolgebaseerde bestuursmodel het die potensiaal om die kwaliteit van onderwys te

3.2.3.1 Skoolgebaseerde bestuursmodel en skooleffektiwiteit

Volgens Bush (2008) lei ‘n skoolgebaseerde bestuursmodel na verbeterde skool- effektiwiteit. Die skoolgebaseerde bestuursmodel kan ‘n benadering wees om skool- effektiwiteit na te streef deur die toegewydheid van die personeel met ‘n gevoel van eienaarskap te ondersteun (Elmelegy, 2015).

Die skoolgebaseerde bestuursmodel het die potensiaal om die kwaliteit van onderwys te verbeter deur die neem van verantwoordelikheid op skoolvlak tot die voordeel van onderrigleer. Volgens De Grauwe (2005) verteenwoordig ‘n skoolgebaseerde bestuursmodel ‘n deelnemende skoolomgewing en word onderwysers en ouers ondersteun om besluite rakende onderwyskwessies demokraties te maak. Volgens Liontos (1994) berus ‘n skoolgebaseerde bestuursmodel op vier oortuigings: a) Rolspelers naaste aan die aktiwiteite is in ‘n beter posisie om effektiewe besluitneming toe te pas. b) Lede van die skoolgemeenskap moet meer verantwoordelikheid gegee word rakende aspekte wat die skoolopset affekteer. c) Rolspelers, verantwoordelik vir die implementering van besluitneming, behoort by besluitneming betrokke te wees. d) ‘n Beter kans op verandering word voorspel met rolspelers wat ‘n gevoel van eienaarskap vir die verandering wat plaasgevind het, beleef.

Die skool en die onderrigleerkonteks is die vertrekpunt om die verskillende vlakke van besluitneming en betrokkenheid van alle rolspelers aan te dui. Dit koester samewerking en samehorigheid onder die personeel omdat spangees sigbaar is, openlike samewerking word gegee en verantwoordelikheid word gedeel om onderrigleer te verbeter. Die skoolgebaseerde bestuurstyl ondersteun professionele ontwikkeling op ‘n voortdurende basis met die doel om te groei. Volgens Mollootimile en Zengele (2015) het professionele ontwikkeling ‘n positiewe uitwerking op die bereiking van doelwitte deur die rolspelers naaste aan die leerders te bemagtig, onderwysers wat die leerders bemagtig en die interaksie uitbrei tot die gemeenskap ter ontwikkeling van die gemeenskap waaruit die leerders kom.

3.2.3.2 Ontwikkeling deur interaksie met die omgewing op verskillende vlakke

Volgens Cheng en Mok (2007) is die belangrikste funksie van ‘n skoolgebaseerde bestuursmodel om die leerders, onderwysers, ouers en die skool te ontwikkel. Onderwysers wat met ouers van ‘n spesifieke gemeenskap werk, verstaan die leerders beter, kry oplossings vir probleme in die klas en het ‘n goeie verstandhouding met die leerders en die ouers.

Die skoolgebaseerde bestuursmodel in die uitleef van die desentralisasie van mag en besluitneming het skole meer as ooit tevore verander in ‘n oop stelsel met ‘n verhoogde afhanklikheid tot verskillende eksterne instansies en instellinge (Whitaker, 2003). Skoolhoofde word genoodsaak om vennootskappe met die gemeenskap en

ander diensverskaffers te sluit om die diverse behoeftes van die leerders te bevredig (Bradshaw, 1999). Interaksie met die omgewing van die skool op verskillende vlakke, in die uitleef van die skoolgebaseerde bestuursmodel, genoodsaak skole om die diverse behoeftes van die leerders te bevredig en ontwikkeling ter uitbreiding van die kapasiteit van die skool te ondersteun.

3.2.3.3 Verantwoordbaarheid in die uitleef van selfbestuur

Verantwoordbaarheid word geskuif vanaf eksterne bestuur na skole se selfbestuur. Die skoolgebaseerde bestuursmodel skep ‘n beeld van die skool as ‘n organisasie wat minder vasgevang is in oorhoofse beheer en mag, werk teen die hiërargiese model op pad na ‘n professionele leerorganisasie (Jamali et al, 2006).

Dahawy en Elmelegy (2010) bevestig dat die skoolbestuursprosesse ‘n vlak van selfbestuur verteenwoordig wat verwys na die desentralisasie van mag, die strategiese skoolbestuur wat die skool in staat stel om verskillende interne - en eksterne veranderinge te hanteer en ‘n groepsvlak wat op aanvaarbare gedrag deur die personeel fokus. Die beweging van die desentralisasie van mag op skoolvlak, word as ‘n uitdaging by skole beleef omdat sterk struktuur by vele skole ontbreek om intervensie as ondersteuning op skoolvlak te verleen in die hantering van interne- en eksterne verandering (Departement of Basic Education, 2013). Dit is te wagte dat leerkragte hulself meer beskikbaar sal maak vir die beplanningproses, veral omdat hulle verantwoordbaar gehou word vir hul optrede en uitkomstes wat bereik moet word. Die beskikbaarheid van leerkragte dra by tot die bou van die skool se kapasiteit en die verbetering van die personeel se vermoëns. Volgens Elmelegy (2015) mag dit lei tot voorbereiding om verantwoordelikheid te neem vir die skep van ‘n effektiewe omgewing waarin kwaliteit onderrigleer kan plaasvind.

3.2.3.4 Die uitbreiding van skoolkapasiteit

Eksterne sisteme om verantwoordelikheid te neem, moet by die infrastrukture van skole ingebou word. Die sisteem moet gebaseer wees op die filosofie van kapasiteit wat uitgebrei word om assessering vir leer te gebruik.

Die skoolgebaseerde bestuursmodel poog om die proses van skoolkapasiteit te ondersteun deur die ontwikkeling van beleide, opleiding, professionele ontwikkeling en ondersteuning op ‘n gereelde basis, om ontwikkeling te onderhou op skoolvlak

binne ‘n nasionale konteks van beleide en om te funksioneer as ‘n professionele leergemeenskap. Suksesvolle, skoolgebaseerde bestuur fokus op die voortdurende ontwikkeling van die skoolhoof en die personeel. Volgens McGinn en Welsch (1999) fokus die nuwe paradigma van bestuur die aandag op uitvoere eerder as invoere en versterk die belangrikheid om die interne kapasiteit van besluitneming te versterk. Skoolleiers behoort as die grootste deel van hul taak op die uitbreiding van die kapasiteit van die personeel, rakende die vermoë om effektiewe besluite te kan neem, te fokus (Caldwell, 2003).

Binne die dinamiese, voortdurend veranderde skoolkonteks waarin skole funksioneer, is ‘n verhoogde fokus op interpersoonlike vaardighede en vermoëns om effektiewe besluite te kan neem om verandering effektief aan te spreek. Interpersoonlike vaardighede ter sprake is vaardighede soos konsultasie, onderhandeling, konflikbestuur, oorreding en die uitleef van toegewydheid binne die raamwerk van deelnemende besluitneming (Cranston, 2001).

Brown (1990) dui aan dat die rol en verantwoordelikhede van die skoolhoof as lid van die skoolbestuurspan die meeste in ‘n skoolgebaseerde bestuursmodel geraak word. Die ‘Standard Framework for Leaders’ (1997) verwys na die volgende ses sleutelrolle van die skoolhoof in ‘n skoolgebaseerde bestuursmodel: om leier te wees, om bestuurder te wees, om verandering te bring, om uitkomsgerig te wees, om verantwoordbaar te wees en om vennootskappe met mense te sluit (Cranston, 2001). Dit kan gedoen word deur die ontwikkeling van professionele leergemeenskappe (Elmelegy, 2015).

Suksesvolle, skoolgebaseerde bestuur is gebaseer op:

1) ‘n aktiewe visie, gefokus op onderrigleer wat gekoördineer is met nasionale standaarde

2) besluitnemingsgesag wat sigbaar is rakende die kurrikulum, finansies en die personeel, om betekenisvolle onderrigleer te skep

3) die verspreiding van mag deur netwerke van besluitnemings-spanne te ontwikkel 4) die ontwikkeling van kennis en vaardighede op ‘n deurlopende basis om die kapasiteit vir verandering te bou

5) veelvuldige meganismes in plek om inligting rakende skoolprioriteite te versamel en dit te aan alle rolspelers te kommunikeer

6) verspreide leierskap op die personeel

7) die inbring van eksterne bronne deur by professionele netwerke betrokke te raak. Distriksamptenare se rol ter ondersteuning van die skoolbestuurspan in die desentralisasie van besluitneming word uitgeleef deur ontwikkelingsessies en monitering op ‘n gereelde basis. Die skoolgebaseerde bestuursmodel se doelwitte is om opvoedkundige uitkomstes vir leerders te verbeter, effektiewe dienste aan die gemeenskap te voorsien en die geleentheid vir interne besluitneming te bied (Elmelegy, 2015).

3.2.3.5 Die bemagtiging van onderwysers

Die bemagtiging van onderwysers binne die raamwerk van die skoolgebaseerde bestuursmodel fokus op verantwoordelikhede en verantwoordbaarheid en minder op voorregte, wat die moontlikheid insluit dat leerkragte ingeroep kan word om verantwoording vir hul optrede te doen.

Die bemagtiging van leerkragte sluit in leerkragbetrokkenheid by die ontwikkeling van beleide en besluitneming. Nuwe professionele vaardighede word benodig deur toegang tot professionele ontwikkeling te hê en verandering te implementeer. Die bemagtiging van leerkragte kan verandering fasiliteer en werksbevrediging vir die leerkragte bevorder. Dit bemagtig leerkragte om effektief te wees en beheer oor hul werk uit te oefen. Hulle funksioneer beter as spanlede, neem deel aan besluitneming en ervaar minder uitbranding of werkstres. Volgens Elmelegy (2015) sluit strukture vir magtiging in: geleenthede, bronne, inligting, ondersteuning, formele - en informele mag. Volgens Elmelegy (2011) skep die bemagtiging van leerkragte ‘n gevoel van eienaarskap wat selfvertroue en verantwoordbaarheid by leerkragte bevorder, deelname aanmoedig, burokrasie verander, groei inspireer en samewerking stimuleer. Die bemagtiging van leerkragte benodig ‘n vertrouensverhouding tussen die leerkragte en die skoolbestuurspan.

3.2.4 Die beweging na ‘n skoolgebaseerde bestuursmodel word as ‘n