• No results found

Die rol en verantwoordelikheid van die Nasionale en Provinsiale Onderwysdepartement in

3.2 Die skoolgebaseerde bestuursmodel

3.2.5 Die rol en verantwoordelikheid van die verskillende rolspelers in die skoolgebaseerde

3.2.5.4 Die rol en verantwoordelikheid van die Nasionale en Provinsiale Onderwysdepartement in

Skoolbestuur is deur die skoolgebaseerde bestuursmodel tot op skoolvlak gedesentraliseer om verantwoordelikheid te neem en vas te stel watter faktore vir onderprestasie verantwoordelik is en om ‘n ingrypingsplan te ontwikkel binne ‘n gesentraliseerde raamwerk van beleide, doelwitte, standaarde, kurrikulum en verantwoordelikhede, afkomstig van die Nasionale Onderwysdepartement. Desentralisasie verwys na die oordra van mag vanaf ‘n sentrale, Nasionale vlak na skoolvlak, verteenwoordig deur ‘n skoolbestuurspan, in samewerking met die beheerliggaam van die skool.

Die Nasionale Ontwikkelingsplan van 2012, onder leiding van Trevor Manuel, dui aan dat die gebrek aan verantwoordelikheid op verskillende vlakke van die Onderwyssisteem as een van die verduidelikings gegee kan word hoekom die kwaliteit van Suid-Afrikaanse Onderwys nie aangespreek word nie.

Die Nasionale Departement van Basiese Onderwys is verantwoordelik vir die voorsiening van beleide, standaarde, doelwitte en die kurrikulum aan skole, monitering van onderwyslewering in alle provinsies en die ondersteuning aan skole rakende die implementering van die beleide (Department of Basic Education National Education Policy Act no 27 of 1996).

Sedert 1996 het die Nasionale Departement van Basiese Onderwys beleide ontwikkel ter ondersteuning van die uitleef van ‘n skoolgebaseerde bestuursmodel soos die National Policy framework for Teacher Education and Development in South Africa (NPFTED) (Government Gazette Staatskoerant RSA Vol 502 Pretoria 26 April 2007 No 29832) met die doel om onderwysers as skoolbestuurspan toe te rus om die rol en verantwoordelikheid as lid van die skoolbestuurspan uit te voer in die uitleef van die skoolgebaseerde bestuursmodel. Nasionale beleide ter ondersteuning van professionele ontwikkeling deur die skoolbestuurspan verwys na die Nasionale Geïntegreerde Gehaltebestuurstelsel. Die Nasionale Geïntegreerde Gehaltebestuurstelsel gee ‘n aanduiding van die individu se vlakke van bevoegdheid op verskillende posvlakke, verseker dat die posbeskrywings uitgeleef word ten opsigte van die funksionering van die skool en dui aan waar ondersteuning benodig word om die vlak van skoolprestasie te verbeter in die uitleef van die praktyke van die skoolbestuurspan om die skoolklimaat te beheer en ‘n skoolklimaat van moontlikhede te skep.

Volgens die Nasionale Onderwysbeleid 1996 (Department of Basic Education National Education Policy Act no 27 of 1996) word die Nasionale Onderwysdepartement verteenwoordig op Provinsiale vlak met die Distrikkantoor verantwoordelik vir die ondersteuning van skole met die implementering van die beleide op skoolvlak. Die Distrikkantoor vervul vier rolle volgens die Department of Basic Education National Education Policy Act no 27 of 1996: a) om skole met ontwikkelings- en verbeteringsplanne te ondersteun b) om professionele ontwikkeling aan skoolleiers en onderwysers te verleen, ondersteuning aan skole ter verbetering van onderrigleer te verleen en te verseker dat skole in lyn met beleide funksioneer c) om skoolleiers verantwoordelik te hou vir die vertoning van die skool d) om te konsulteer met die publiek en hulle rakende onderwyskwessies in te lig.

Volgens Itumeleng (2014) verwag die Nasionale Onderwysdepartement dat die skoolbestuurspan komplekse beleide implementeer met weinig of geen ondersteuning vanaf die Distrikskantoor nie. Hierdie uitdaging is deur die Departement van Basiese Onderwys as ‘n faktor wat dringende aandag benodig, uitgelig (Summit Document, 2011). Volgens Itumeleng (2014) dui dit daarop dat die skoolbestuurspan van ‘n onderpresterende skool ‘n behoefte het aan insiggewende verandering in die manier waarop die skool op Distrikvlak ondersteun word. Indien daar gefaal word om hierdie uitdaging aan te spreek, kan dit tot oneffektiwiteit lei wat sigbaar is as ‘n onderpresterende skool. Dit lei tot ‘n gebrek aan vertroue in Distriksamptenare wat die posbeskrywing het om skole, veral onderpresterende skole, te ondersteun deur professionele ontwikkeling (Phorabatho, 2010). Interaksie met skoolbestuurspanne op makrovlak rakende die ondersteuning van uitdagings wat lei tot disfunksionaliteit en onderprestasie van leerders, vind in baie gebiede regoor Suid-Afrika nie plaas nie (Van der Voort & Wood, 2016). In sommige gevalle is die Distriksamptenaar onbevoeg en moet die skoolbestuurspan leiding gee rakende uitdagings op bestuursvlak van die spesifieke skool (The Public Commission, 2006). Volgens Bantwini en Diko (2011) is ondersteuning deur Distriksamptenare aan disfunksionele skole gewoonlik gefragmenteerd en ongekoördineerd. Die behoefte aan effektiewe ondersteuning is nie slegs sigbaar in Suid-Afrika nie, want vele lande verwys na die oneffektiewe ondersteuning deur Distriksamptenare aan skole. Volgens Bantwini en Diko (2011) is daar ‘n duidelike korrelasie tussen die oneffektiewe ondersteuning vanaf Distriksvlak en die vlak van begrip van skoolverbetering wat bestuur moet word. Distriksamptenare is op gereelde basis nie beskikbaar om skole te ondersteun nie (Province of the Eastern Cape, Department of Education, 2008, 2009).

Distrikskantore het volgens die Nasionale Onderwysbeleid 1996 (Department of Basic Education National Education Policy Act no 27 of 1996) die volgende beperkinge wat ‘n uitwerking het op die effektiewe ondersteuning aan skole met die uitleef van ‘n skoolgebaseerde bestuurmodel: Daar is te veel skole per distrik om te ondersteun, die gedelegeerde mag, rolle en lyne van verantwoordbaarheid is nie duidelik geformuleer en ingeoefen nie, die afwesigheid van duidelike, gedelegeerde mag het tot gevolg dat vertragings tot burokratiese besluite lei en nie dadelik geneem kan word nie en die kwaliteit van die skoolbestuur word beperk, slegs ‘n beperkte aantal Distriksamptenare het opleiding ontvang rakende die uitleef van hul rolle en die

verantwoordelikhede of besit die nodige vaardighede om skole effektief te ondersteun. Sommige Distrikskantore het nie die mannekrag om die aantal skole waarvoor verantwoordelikheid geneem moet word, te ondersteun nie, en dienslewering is dus nie op standaard om skole effektief te ondersteun nie.

Ontwikkeling, as ‘n funksie van kragte, verwys na die interaksie tussen die skoolbestuurspan en die komponente van die omgewing op makrovlak met Provinsiale - en Distriksamptenare om effektiwiteit as ‘n vlak van ontwikkeling op ‘n gereelde basis, oor ‘n verlengde tydperk, in wisselwerking met mekaar, te bepaal. Die ontwikkeling om verandering te weeg, spreek professionele ontwikkeling aan.

3.2.5.5 Die rol en verantwoordelikheid van die skoolbestuurspan in die skoolgebaseerde