• No results found

Die omgewing se struktuur as ‘n dimensie van skoolklimaat

2.2 Die rol van kultuur en klimaat in die vestiging en bevordering van ‘n onderrigklimaat

2.2.2 Klimaat

2.2.2.1 Veiligheid, onderrigleer, verhoudings en die omgewing se struktuur as ‘n dimensie van

2.2.2.1.4 Die omgewing se struktuur as ‘n dimensie van skoolklimaat

Die omgewing se struktuur verwys na die netheid van die omgewing, genoegsame ruimte, onderrigleermateriaal en onderrigtyd, die grootte van die skool en die beskikbaarheid van kurrikulêre - en ekstra kurrikulêre aktiwiteite.

Volgens Rhodes et al. (2009) kan skoolleiers onderwysers se persepsie van die skoolklimaat verander deur die verwydering van struikelblokke tydens die proses van onderrigleer. Dit impliseer dat skoolleiers wat ‘n positiewe skoolklimaat bevorder,aan onderwysers die nodige ondersteuning en bronne soos onderrigleermateriaal en voldoende onderrigleer- en kontaktyd moet voorsien, ‘n ruimte waarin onderrigleer kan plaasvind, volgens die aantal leerders wat onderrigleer ontvang, en die netheid van die ruimte waarin onderrigleer kan plaasvind, wat verwys na die omgewing se struktuur as ‘n dimensie van skoolklimaat.

Mucherah et al. (2014) bevestig dat die ruimte waarin onderrigleer plaasvind, wat as georganiseerd en orderlik vertoon, ‘n beter akademiese vertoning ondersteun. Die toestand van die fisiese leeromgewing, as ruimte waarin onderrigleer plaasvind, het ‘n impak op die akademiese vordering van leerders. Leerders se gedrag en daaglikse bywoning van skool word deur die fisiese omgewing, as ruimte waarin onderrigleer plaasvind, beïnvloed (Asiyai, 2014). Die onderhoud van ‘n skool as skoon en gemaklik, bevorder ‘n positiewe skoolklimaat (Voight & Nation, 2016). Volgens Zullig et al. (2010) word skoolklimaat gemeet aan die toestand van die skoolgeboue en

skoolgronde in die uitleef van kurrikulêre - en ekstra - kurrikulêre aktiwiteite wat verwys na die omgewing se struktuur as ‘n dimensie van skoolklimaat, die geraasvlakke van die skool en die klaskamer se uitleg, as ruimte waarin onderrigleer plaasvind. Kim et al. (2014) verwys ook na skoolklimaat as die omgewing se fisiese struktuur as dimensie van skoolklimaat. Wang en Degol (2016) verwys na die institusionele omgewing van die skool as die fisiese uitleg en omgewing van die skoolopset, as ‘n dimensie van skoolklimaat.

Volgens Jackson en Rothman (2006) het navorsing getoon dat onderwysers in Suid- Afrika nie hul werksomgewing as positief ervaar nie. Dit word benadruk dat dit die taak van die skoolbestuurspan, onder leiding van die skoolhoof, is om ‘n ondersteunende omgewing te skep wat onderwysers en leerders bemagtig in die uitleef van hul taak, rol en verantwoordelikhede (De Bruyn & Van der Westhuizen, 2007).

Die multi-kulturele aspekte soos ras, taal, godsdiens en sosio-ekonomiese agtergrond waaraan die skoolbestuurspan op skoolvlak in Suid-Afrikaanse skole blootgestel word, bevestig die behoefte vir verandering om alle jongmense as individue te behandel en dus diversiteit uit te leef in ons skole, deur die diverse behoeftes van leerders aan te spreek in die skep van ‘n positiewe leeromgewing. Dit verwys na die omgewing se struktuur as ‘n dimensie van skoolklimaat.

Volgens Ertmer en Ottenbreit-Leftwich (2010) is dit belangrik om die konteks waarin onderwysers onderrig, in gedagte te hou wanneer die kultuur oorweeg word, omdat dit ‘n impak op die ontwikkeling van onderwysers se kennis en oortuigings het. Kennis van die konteks van die omgewing sluit in die kultuur, die praktyke van die skool, kontekstuele faktore, soos leerders en hul agtergrond, sterkpunte en swakpunte, verwagtinge en geleenthede wat onderrigleer beïnvloed (Mukeredzi, 2013). Volgens Turner en Patrick (2008) is dit belangrik dat skoolleiers op onderwysers se persepsies van die konteks van die skool fokus, omdat individue nie altyd dieselfde konteks identies vertolk nie.

Perry en Rahim (2011) dui aan dat onderwysers se persepsies van die skoolkonteks krities is in die bepaling van besluite wat in die klaskamer geneem word. Die konteks sluit die gemeenskap wat die skool ondersteun in. Dit gebeur deur ontwikkeling aan

die gemeenskap te bied wat ‘n bydraende rol in die samelewing speel. Die betrokkenheid van die gemeenskap dra groot waarde. Die konteks waaraan die gemeenskap blootgestel word, bepaal die vlak van ondersteuning en ontwikkeling deur die skool aan die gemeenskap. In sommige gemeenskappe is die werkloosheidsvlak, kriminele - en huislike geweld hoog en armoede vier hoogty

.

2.3 ‘n Stelselteoretiese perspektief op die onderrigleerklimaat 2.3.1 Inleiding

Die stelselteorie verskaf ‘n perspektief op die interaktiewe proses van die skoolbestuurspan tydens die proses van verandering in die vestiging en bevordering van ‘n onderrigleerklimaat.

Die multi-kulturele aspekte soos ras, taal, godsdiens en sosio-ekonomiese agtergrond waaraan die skoolbestuurspan op skoolvlak in Suid-Afrikaanse skole blootgestel word, bevestig die behoefte vir verandering om alle jong mense as individue te behandel en dus diversiteit uit te leef in ons skole deur die diverse behoeftes van leerders aan te spreek. Die skoolklimaat sal aandui of ‘n skool effektief reageer het op die unieke uitdagings wat die gevolg is van die vinnige veranderinge (soos reeds vermeld), wat in die eksterne omgewing plaasvind (MacNiel et al, 2009).

‘n Stelsel sluit komponente soos mense, produkte, prosesse en karaktertrekke in, soos die invoer, die proses en die uitvoer van elke komponent en die verhoudings wat na die interaksie tussen die komponente en die karaktertrekke van die komponente verwys (Tien & Berg, 2003). Die skool, as ‘n komponent van die Onderwysstelsel, leef die karaktertrekke van die invoer, die proses en die uitvoer uit deur ‘n personeel, leerders en ouers, met die toepassing van beleide en verhoudings wat tydens die interaksie met die Onderwysdepartement op ‘n mikrovlak, mesovlak en makrovlak ontwikkel. ‘n Stelsel word as oop of geslote beskou. ‘n Stelsel word as oop beskou indien inligting, energie, bronne en materiaal met die omgewing geruil word.

Die stelselteorie is ‘n interdissiplinêre teorie vir alle stelsels, sowel as ‘n raamwerk om vanuit ‘n holistiese benadering te analiseer (Capra, 1997). Die stelselteorie het sy oorsprong in pogings om die verhouding tussen die komponente en die verhouding tussen die stel komponente en hul omgewing te verstaan. Die stelselteorie is ‘n teoretiese perspektief om die geheel te analiseer en nie die som van die komponente

nie. Bronfenbrenner konseptualiseer die omgewing as ‘n stelsel wat op interaksie fokus, wat verwys na die interaksie tussen die omgewing en die komponente op verskillende vlakke (in Friedman & Wachs, 1999 en Tien & Berg, 2003). Volgens Bronfenbrenner se ekologiese model (Bronfenbrenner, 1994), vind ontwikkeling deur ‘n proses van interaksie tussen die komponente en die onmiddellike omgewing plaas, wat onder andere die ouergemeenskap, beheerliggaam en die Onderwysdepartement, as die onmiddellike omgewing van skole, insluit. Die vlak van effektiwiteit hang van die interaksie met die omgewing op ‘n gereelde basis, oor ‘n verlengde tydperk, af.

Volgens die ekologiese stelselteorie (Bronfenbrenner, 1994) is ontwikkeling die funksie van kragte wat na die interaksie tussen die skoolbestuurspan en die omgewing verwys, vanuit ‘n verskeidenheid komponente, en die verhouding tussen die skoolbestuurspan as die interne omgewing en die eksterne omgewing. Die skoolkonteks verwys na die plek met spesifieke fisiese kenmerke, die spesifieke aktiwiteite waaraan die skoolbestuurspan, onderwysers en leerlinge deelneem, sowel as die spesifieke rol wat deur die ontwikkelende skoolbestuurspan vervul word en die spesifieke periode wanneer die ontwikkeling plaasvind. Volgens Bronfenbrenner se ekologiese model, bepaal die interaksie tussen die komponente en die omgewing die effektiwiteit van menslike ontwikkeling, wat mense, voorwerpe en simbole op ‘n gereelde basis, oor ‘n verlengde tydperk, in wisselwerking met mekaar, insluit.