• No results found

Die belangrikste aspekte wat vanuit hierdie empiriese hoofstuk na vore gekom het, kan soos volg saamgevat word:

- Die navorser moet besluit of die ondersoek kwantitatief of kwalitatief of ʼn kombinasie van die twee sal wees. Die navorsingsontwerp word vervolgens gekies. Daar word tussen verkennend, verklarend, beskrywend, of ʼn kombinasie van die bogenoemde gekies. Die wyse van data-insameling word ook bepaal. Daar word ʼn keuse tussen onderhoude, meetinstrumente, skale of vraelyste gemaak.

- In hierdie betrokke navorsing het die navorser op basiese navorsing, deur middel van ʼn kwalitatiewe ondersoek wat gedoen word, besluit. Die navorsingsprosedure is gedoen deur van gevallestudies gebruik te maak om inligting in te win en op ʼn beskrywende wyse, deur middel van ʼn semi- gestruktureerde benadering, saam te stel.

- Die vertrouensverhouding tussen die navorser en die respondente was buigsaam, persoonlik en met onvoorwaardelike aanvaarding vanaf die navorser, soos deur Jesus Christus se voorbeeld bepaal.

90

was daar beperkte funksionering, wat emosionele verwonding impliseer, asook die potensiaal om meer te groei (psigies en geestelik), rakende hul identiteit en verhoudings. Drie van die vier respondente was adolessente en die navorser het die vierde gevallestudie na aanleiding van ʼn sessie met ʼn ouer gekies, aangesien ouerleiding ook in hierdie studie ter sprake is, en die metodiek ook op volwassenes van toepassing kan wees.

- In al vier hierdie gevalle was die basiese vertrekpunt om eksternalisering met die hulp van ʼn narratiewe struktuur (die Facebook-tydlyn) as deel van die narratiewe vertelling te laat plaasvind. Hierdeur is gepoog om vas te stel wat oorspronklik die aanleidende oorsake tot die belemmerde funksionering by die respondente was. Om hierdie narratiewe (verhale) van die respondente so volledig as moontlik te kry, is daar verskeie Facebook-tegnieke gebruik om vraestelling deur die navorser te stimuleer. Hierdie narratiewe was deur die respondente (gevallestudies) op ʼn tydlyn uitgebeeld wat hulle skriftelik of elektronies invul – die voorkoms daarvan was soortgelyk as die van Facebook (vgl. Bylaag C vir die leë invulblad, asook Bylaag D, ʼn voorbeeld van ʼn tydlyn wat tydens berading ingevul is). Hierdie tydlyn is ook in die proses van begeleiding van geestelike en psigiese groei deur middel van herraming gebruik en om distorsies reg te stel.

- Tydens die begeleidende gesprekke is daar in besonder aandag aan geleenthede geskenk waar emosionele verwonding asook seksuele trauma plaasgevind het. Tydens hierdie gesprekke is daar van gebed gebruik gemaak waartydens hierdie spesifieke insidente asook die emosionele belewenis daarvan hanteer is. Met betrekking tot die gevalle waar vergifnis nodig was, is sekere

Facebook-tegnieke gebruik wat tot eksternalisering lei – daarna is ʼn volgende

simboliese aktiwiteit uitgevoer wat geïmpliseer het dat die voorval afgehandel en geïntegreer is. Die individu het dus daardeur gegroei en dit belemmer nie meer sy/haar funksionering nie.

- Wat die hantering van emosionele verwonding, trauma en gebed betref, is daar veral gebruik gemaak van die twee bronne van David Seamands, Healing of

91

Hudson se boek, Discovering our spiritual identity: practices for God’s beloved (2010).

- Dit het voorgekom of die navorsing se bevindinge afhanklik van die metodologie was wat gevolg is. Deur die gebruik van die tydlyn as die narratiewe struktuur en die eksternalisering met behulp van Facebook-tegnieke, kon die respondente suksesvol tot psigiese en geestelike groei gelei word. Die respondente was klaarblyklik goed begelei met ʼn pastorale benadering waardeur negatiewe denkpatrone hanteer is terwyl emosionele verwonding en trauma deur middel van Skriftuurlike waarhede en gebedsessies uitgeloop het op ʼn groot mate van heling en genesing.

92

INTERPRETERENDE TAAK

HOOFSTUK 3

PERSPEKTIEWE VANUIT DIE AANVERWANTE WETENSKAPPE

3.1 INLEIDING

In hierdie hoofstuk gaan dit volgens Osmer (2008:4) se model om die interpreterende taak. Dit impliseer onder andere die daarstelling van ʼn metateorie waar Praktiese Teologie met verskillende ander dissiplines, onder andere die Sosiale- en Natuurwetenskappe, in verbinding tree. Kruis-dissiplinêre werk vorm ʼn inherente deel van Praktiese Teologie se vier take (Osmer, 2008:240). Die vier take van Osmer (2008:4), die deskriptiewe, interpreterende, normatiewe en pragmatiese, hou met mekaar verband en werk voortdurend op mekaar in. Verder beskryf Osmer ook die interpreterende aspek van Praktiese Teologie as ʼn ‘brug-konsep’ in die sin dat dit al die verskillende sub-dissiplines binne Praktiese Teologie tot ʼn eenheid saambind (Osmer, 2008:12-13).

Volgens Osmer (2008:58) word die metateorie uit komponente van realiteit, wetenskap en kennis saamgestel. Verantwoording moet vanuit drie (3) vlakke gedoen word as daar na die bogenoemde verwys word en De Klerk en De Wet (2013:6) verwoord hierdie aspek soos volg:

... [V]erantwoording ten opsigte van die implikasies van die onderliggende werklikheidsbeskouing waarmee gewerk word. Verantwoording ten opsigte van die onderliggende siening rondom die manier waarop die handelingspraksis wat ondersoek word, op ʼn omvangryke en getroue manier verstaan kan word. Verantwoording ten opsigte van die onderliggende beskouing rondom die aard en taak van wetenskapsbeoefening.

93

Venter (1993:247) definieer metateorie as “... ’n teorie waarin wetenskaplike vertrekpunte uitgespel word wat raakvlakke met ander vakke deel, vakke wat aspekte van dieselfde aard bestudeer”. Volgens Venter (1996:89) gaan dit om vakke wat aspekte van dieselfde werklikheidsveld ondersoek. In hierdie selfde verband beklemtoon Pieterse (1993:133) die feit dat interdissiplinêre interaksie die basisteorie vanuit die aangrensende wetenskappe voed.

Die navorser sal in ankerloosheid ronddryf as daar nie uitdruklike verantwoording ten opsigte van die metateoretiese onderbou van die werklikheidsbeskoulike vertrekpunte waarmee gewerk word gedoen sou word nie, terwyl daar ook aandag aan die invalshoeke en die doel van die navorsing gegee moet word (De Klerk & De Wet, 2013:7; vgl. ook Heystek, 2000:56). Daarom beklemtoon Osmer (2008:58) ook die feit dat ʼn metateoretiese perspektief uit vooronderstellinge oor die werklikheid, kennis en wetenskap bestaan. Die kulturele konteks, die samelewing en psigologiese interpretasie is dus van belang om Praktiese Teologie te verstaan – om waarnemings beter te begryp en te verklaar is die ondersoek van ander wetenskappe gevolglik van belang (Osmer, 2008:4,7).

In die lig van bovermelde is dit dus van belang om op ʼn metateoretiese vlak ʼn besluit oor die verband tussen teorie en praksis in ʼn prakties-teologiese ondersoek te maak. Die teorie-praksisverhouding is daarom die kern van die prakties teologiese wetenskapsteoretiese beginsels (De Klerk & De Wet, 2013:7).

Ten einde die nodige metateoretiese insigte te verkry sal daar vervolgens in hierdie hoofstuk aandag aan die dissiplines van Psigologie, Sosiologie, Rekenaarwetenskappe, Kommunikasiekunde en ook die Mediese vakgebied geskenk word.