• No results found

Hendrik is Dirkie (gevallestudie 3) se pa. Hy is getroud en boer op ʼn baie groot plaas. Hy het vroeër sy pa se plaasbedryf oorgeneem en werk baie hard. Hy is baie perfeksionisties. Hy is getroud en het drie kinders. Hendrik was as kind geboelie en daar bestaan ʼn groot moontlikheid van generasiebagasie tussen hom en sy seun, veral wat verhoudings met ander betref. Aangesien Hendrik nie gereeld sou kon inry dorp toe as gevolg van werksomstandighede nie en ook as gevolg van liggaamlike probleme, het die navorser voorgestel dat afsprake geskeduleer word wanneer hy wel in die dorp sou wees. Die res van die tyd sou die navorser aan hom huiswerk (elektronies) gee, veral wat selfbewuswording betref, om te doen.

82

Aanmeldingsklagte en simptome was die volgende: Hendrik raak met tye baie geïrriteerd, is angstig en isoleer homself. Hendrik blyk geneig tot angs te wees. Hy raak moedeloos en gefrustreerd wanneer alles nie perfek verloop of as elke komponent van sy lewe nie in sy oë perfek is nie. Dit klink asof hy onhaalbare doelwitte vir homself met tye stel.

Tydens die eerste onderhoud was die sessie met die oog op basiese ouerleiding (vgl. gevallestudie 3, Dirkie; Richardson, 2005:124) geskeduleer maar die gesprek het die punt bereik waar Hendrik tot persoonlike berading ingestem het. Hy het begin vertel van sy lewe tot en met 10 jarige ouderdom. Hy was in ʼn koshuis aangesien sy ouers op die plaas gewoon het. Een van die ouer seuns het hom baie geboelie.

Navorser: “Het hierdie geboelie jou identiteit in enige opsig beïnvloed?”

Respondent: “Nee ek glo nie dit het nie, ek het gedink dit is maar kinderspeletjies.”

Navorser: “Wat het jy gedoen wanneer jy geboelie is?”

Respondent: “Uit hulle pad gebly.”

Navorser: “Het jy jouself probeer beskerm deur uit hulle pad te bly?”

Respondent: “Ek kon nie werklik nie, hulle was op dieselfde gang as ek.”

Navorser: “Het jy bang gevoel.”

Respondent: “Nee ek was nie.”

Die navorser het voorgestel dat hulle in gebed sou gaan en vra dat die Heilige Gees enige verskuilde bekommernisse en ook enige emosionele verwonding wat kon plaasvind sal openbaar. Daar is vervolgens saamgebid en die Heilige Gees is gevra om die respondent gerus te stel dat hierdie ʼn veilige plek sou wees om oor enigiets wat pla te gesels en dat die respondent kon weet dat Jesus Christus saam met hom die pad van genesing sou stap met betrekking tot enige negatiewe herinneringe wat na vore sou mag tree (5.7.5.1; 5.9.4.6; Richardson, 2005:228).

Navorser: “Het jy ʼn gunsteling prentjie of film of boek gehad?”

83

gebruik sonder dat die respondent ʼn tydlyn gehad het. Die model leen dit daartoe dat enige beginner navorser sou kon weet watter vrae gevra kan word om eksternalisering te bevorder asook opvolgende vrae te stimuleer. In hierdie geval kon die tegniek, met die nodige aanpassing, ewe gemaklik op ʼn ouer persoon toegepas word. Die tegnieke is dus in die algemeen meer riglyne vir vraestelling en eksternalisering (3.2.4;3.2.9) as wat dit vir die respondent werk is om te voltooi).

Respondent: “Daar was ʼn gedig teen die muur van my Engelse juffrou wat gegaan

het oor ‘The road less travelled’. Ek het daarvan gehou. Ek kan nog ʼn deel daarvan

onthou, ‘Two roads diverged in a word, and I took the one less travelled by, and that

has made all the difference’, deur Robert Frost.”

Navorser: “Hoekom dink jy was dit op die juffrou se muur?”

Respondent: “Ek dink sy het geweet jongmense het nodig om te weet hulle het

ʼn keuse... en dit was daar vir my om te sien, reg langs my.”

Navorser: “Waarom moes jy dit sien?”

Respondent: “Ek moes kies of slegte dinge my toekoms gaan vernietig?”

Navorser: “Slegte dinge?”

Respondent: “Daar was ʼn ouer matriekseun wat met tye na my toe gekom het in

die koshuis toe ek so 9 of 10 was, sy pa was die koshuisvader. Ek het niemand daarvan gesê nie.”

Die navorser het empaties verder geluister. Dit was baie moeilik vir die respondent om hieroor te praat. Hy het baie met vrae soos die volgende geworstel: “Waar was God in hierdie tyd, hoekom het Hy hom nie beskerm nie, hoe moet hy die persoon vergewe”?

Die navorser het die proses van genesing begin deur die respondent in gebed as’t ware terug te begelei tot ʼn herbelewenis van die betrokke insident jare gelede (Seamands, 1993:294; vgl. ook 3.2.6). Hy het die trauma weer beleef en vrees ervaar

84

asook dieselfde weerloosheid wat hy as kind destyds ervaar het. Die navorser het toe aan hom gevra of hy vir Jesus Christus kon sien wat by hom staan in die vertrek en dat Hy daar is om hom te versterk en hom deur die trauma te help en aan hom veiligheid en sekuriteit te bied (Vgl. ook Littauer, 1996:108, 112-120). Hy is ook gevra om die emosies wat hy ervaar het te identifiseer en daar is vervolgens saam met hom spesifiek vir elkeen hiervan gebid ten einde genesing te ontvang. Hy is daarna ook na spesifieke detail, soos die oortreder se naam, gevra sodat hierdie gedetailleerde inligting ook in gebed aan Jesus Christus vir vergifnis en vryspraak gegee kon word (Kraft, 1994:93, 98).

Die navorser het daarna in gebed vir God gevra om die wonde van hierdie traumatiese ervaring te genees en om vir die beradene te help om die oortreder ten volle aan God se sorg toe te vertrou (5.9.4.6; vgl. ook Seamands, 1995:141; Richardson, 2005:157).

Hendrik het hierna die kleurpotlode geneem en ʼn reënboog geteken.

Navorser: “Jy kan die tydlyn gaan invul soos jy onthou voor of na hierdie prentjie,

maar as ons jou tydlyn nou hier kan begin met hierdie prentjie, wat sou jy hier op

jou tydlyn wou byvoeg (inskryf)?” (Die tydlyn sou later as die narratiewe struktuur vir

vraestelling kon dien, of dit sou slegs riglyne vir die navorser kon wees om ʼn opvolgende vraag te stel (3.2.9;3.2.3).

Respondent: “God het ʼn reënboog as simbool gegee dat hy by Sy belofte hou en

ek sou daar wil byvoeg dat daar altyd iets sal wees om my te herinner dat God sal ingryp.” Navorser: “Sou hierdie dus vir jou ʼn simbool van genesing vanaf God kon

wees? Dalk kan jy ʼn slagspreuk op jou tydlyn byvoeg om die meer geïntegreerde

weergawe van jouself te motiveer?”

Respondent: “God is in control!”

Navorser: “Het dinge vir jou tye buite beheer gevoel?”

Respondent: “Ja veral met die traumatiese insidente... nou ook met tye.”

Navorser: “Kan perfeksionisme en om alles reg en perfek te doen en te hou, ʼn gevolg

van ʼn behoefte wees om beheer te probeer behou?”

85

Navorser: “As jy aan enige foto’s kan dink wat jy as tiener tydens onderom 13-15

jaar op jou tydlyn sou wou plak, wat sou dit wees?”

Respondent: “Ek sal ʼn foto van myself wat ‘awkward’ met draadjies lyk, wou plak.”

Navorser: “Was jy anders as ander jongmense sou jy sê?”

Respondent: “Ja dit het gevoel of dit wat gebeur het net met my gebeur het, ek

is anders en almal kyk hoe simpel ek met draadjies lyk.”

Die navorser is bewus van jongmense se oormatige ‘bewustheid’ van ʼn denkbeeldige gehoor. Dit impliseer hul geneigdheid om te glo dat almal vir hulle kyk en hulle gedrag tot ʼn mate evalueer en dit maak hulle nog meer as volwassenes selfbewus. In hierdie geval het die trauma van die molestering en die emosionele verwonding deur die boelies baie skade aangerig en die respondent het dit deel van sy identiteit gemaak en gevolglik het sy eiewaarde drasties afgeneem. Sy persepsie van grense was ook as gevolg van die seksuele trauma, besoedel (3.2.4.3; 3.2.5.3).

Navorser: “Voel jy skuldig oor dit wat gebeur het, en dink jy. jy moet skuldig voel?”

Die respondent het geverbaliseer dat hy skuldig voel maar hy kon nie insien hoekom nie. Hierdie aspek is ook tydens ʼn gebedsessie hanteer, asook die vergifnisproses – die respondent het tydens hierdie sessie Jesus Christus se teenwoordigheid besonder ervaar. Tydens hierdie sessie was daar spesifiek na die negatiewe emosies wat vroeër beleef is (Seamands, 1993:294) verwys en God is gevra om hierdie gevoelens weg te neem en vergifnis aan die oortreder te gee (3.2.5.2; 5.8.2.3).

Die respondent het die lied, Vlieg soos ʼn arend, na hierdie gebedsessie gekies as ʼn lied wat vandag op sy tydlyn geskryf sou kon word. Hy is huis toe met die opdrag om elektronies sy tydlyn verder te voltooi deur foto’s, vriende, slagspreuke, films, herinneringe en gebeure op die tydlyn in te vul.

86

Respondent: “Dalk briefies van almal by wie ek nie uitkom om te kontak nie. Ek het

min tyd.”

Navorser: “Kry jy tyd vir Bybelstudie en om aan jou verhouding met God te bou?”

Die respondent het genoem dat sy tydbesteding en verhouding met God nie is soos wat dit moet wees nie. Daar was gevolglik gesprekvoering oor die respondent se Godsbeeld en hoe die verlede sy huidige beeld van God beïnvloed het.

Navorser: “Hoe sou jou lewe anders wees indien jou beeld van God herstel word en

die verhouding weer begin versterk.”

Respondent: “Ek sal waarskynlik minder angstig voel.”

Navorser: “Wanneer was die eerste keer wat jy van God se liefde vir jou bewus

geraak het?”

Respondent: “Met Sy hulp het ek op die regte tyd sekere dinge raakgesien en

wysheid verkry vanaf die regte mense wat oor my pad gekom het.”

Hy het vervolgens die opdrag gekry om elke dag iets sinvols op sy tydlyn te skryf of te plak en die tydlyn vervolgens weekliks aan die navorser te e-pos. Die tydlyn is ook na die maandelikse sessie gebring ter samevatting van die e-posse wat in die tussentyd tussen die navorser en respondent gewissel is. Die volgende riglyne is vir aktiwiteite van sy keuse op die tydlyn van sy profiel gegee:

- Sy ervaring van God in sy daaglikse roetine van elke dag.

- Sy pogings om van God se teenwoordigheid gedurende die dag bewus te wees en dan ook aan te dui wat dit was wat hom die meeste gehelp het.

- Om aan te dui waarvoor hy dankbaarheid is en waarom?

- Om aan te toon hoe sy daaglikse lewe anders sal wees indien hy alles wat hy doen, met die doel doen om dit vir God te doen?

- Om aan te dui hoe hy sy bewustheid van God in sy daaglikse lewe in die toekoms kan verbeter?”

Navorser: “Beskryf jou eerste herinnering in gebed met God.” (Vgl. Wright, 2006:81)

Respondent: “ Aan tafel vir danksegging.”

Navorser: “Hoe sou jy daarvan hou om jou gesprekvoering in meer diepte met God

87

Respondent: “Ek is onseker hoe, maar sou dit graag wou doen”.

Die respondent is gevra om sy gebede neer te skryf en die kern daarvan op een of ander wyse op die tydlyn van sy profiel uit te beeld, soos byvoorbeeld deur middel van ʼn filmsnit of prentjie of post.

Volgens Kraft (2005:18-20; Matt 11:28) bevorder gebed selfbewuswording aangesien die mens geleentheid kry om te vra wat hy/sy benodig en kans kry om hul ware gevoelens bekend te maak. Die outeur beklemtoon ook die volharding in gebed en om soos Jesus te bid (vgl. Luk 11:1-13). Draper (1996:152) beveel aan dat die mens Psalms in berading gebruik en om te bid. Deur die Psalms te bid kan baie terapeuties wees. Die individu moet die Psalm deel van sy/haar eie biddende hart maak en vervolgens sy/haar eie gevoelens en ervarings as’t ware in die woorde van die betrokke Psalm ‘inweef’. In die geval van Hendrik is daar leiding rakende Psalm 113 gegee. In hierdie verband is die volgende stellings aan hom gestuur om self op sy profiel van toepassing te maak en te interpreteer soos wat dit vir hom betekenis het:

- Die mens besef God se Heiligheid en die hart beweeg in stille bewondering. - Om te bid vir die koms van die Koninkryk bewys die mens se gewilligheid om

na God se beeld te verander.

- Om vir daaglikse brood te bid, maak die persoon bewus van alles wat vir die volle funksionering van die mens benodig word.

- Om die self vir God se vergifnis oop te stel, gee geleentheid aan die individu om eie sonde te erken en ander ook te vergewe.

Die volgende vraagstuk (‘quiz’) is ook aan Hendrik gestuur om deel van sy profiel te maak. Hierdie e-pos is na aanleiding van vorige gesprekke gestuur waaruit geblyk het dat daar gereeld problematiese belewenisse rondom verhoudings was. Die wyse waarop mense ander sien, bepaal hoe hulle ook hanteer sal word – ander mense moet deur Jesus se oë gesien word:

88

- Hoe maak jy tyd vir dit wat jy voel van meer belang is?

- Hoe kan ek my belangrikste verhoudings koester? Sluit dit my verhouding met God in?

- Hoe kan ek beter dissipelskap in my daaglikse lewe toepas?

Pastorale ingrepe

Die navorser het vir Hendrik tot selfbewuswording begelei, en kognisies wat verwronge was probeer uitwys en vervolgens gekorrigeer. Daar is in besonder ook op sy identiteit en eiewaarde en deur middel van Bybelse waarhede is daar telkens gepoog om sekere wanpersepsies te korrigeer.

Die werking van die Heilige Gees kon duidelik in Hendrik bespeur word betreffende die bou van gesonde verhoudings, die vestiging van gesonde grense (vgl. Spr 13:12; Langberg, 1999:125) en die gevolglike vermindering van isolasie, met besondere verwysing na Galasiërs 5:22-23. Gesonde verhoudings help ook om traumatiese ervaringe te hanteer en eiewaarde te verhoog (Jantz, 2009:285).

Met die hantering van die emosionele wonde wat hom toegedien is, asook die seksuele trauma, is Psalm 113:7-8 gebruik. Hoewel Hendrik voel dat hy emosioneel skade berokken is en ook met skuldgevoelens oorlaai is, is hierdie vers aan hom verduidelik, naamlik dat God hom vanuit die ashoop wil optel en langs prinse laat sit. Hy is dus van groot waarde en belang (5.7.5.1). God help inderdaad ook om gesonde grense te stel (Cloud & Townsend, 2008:1222; Langberg, 1999:126). Tydens die gebedsessie is hierdie Psalm ook gebruik. Hendrik het uiteindelik vertroosting en versterking van sy waarde by God gevind. Soos talle ander wat hierdie selfde roete gevolg het, kon Hendrik met die volgende uitspraak van Twombley (1998:137) identifiseer:

As we have seen, the answer to the question, “Where was God when I cried?” is that God was there. He was with me all the time. The

89

same is true for you. God knows your pain. He knows your hurts. That is why He is reaching out to you now. He alone knowns the depth of your betrayal. He cares about you. If you are to access God’s love, you must choose the Father and accept His Son, Jesus. You must also believe that God has good in store for you.

Hendrik is ook gevra om deurlopend uitbeeldings van sy keuses op sy tydlyn van enigiets waarvoor hy dankbaar teenoor God was te maak. Hy het hierdie uitdaging aanvaar en het gaandeweg meer en meer tot die besef van wat sy waarde by God was gekom en hy het sy hoop in Jesus Christus gevind. Op hierdie wyse het hy dus psigies en geestelik met sy groeiproses ʼn aanvang geneem.