• No results found

Die respondente is met ʼn neutrale houding van die navorser benader wat op ʼn atmosfeer van onvoorwaardelike aanvaarding gefokus het (vgl. 5.3.6). Die aard van

43

die gesprekke is gevolglik meer semi-gestruktureerd benader ten einde genoegsame ruimte vir individuele terugvoer en reaksie vanaf respondente te bied. Die aspekte waarop egter in die breë in al die gesprekke gefokus is (in mindere of meerdere mate, afhangende van elke individuele respondent se eie unieke verhaal), is die volgende (vgl. Bylaag I):

- Identiteit: vgl. 3.2.4; eiewaarde, 5.7.5.1; selfbewuswording, 5.7.5.2; emosionele intelligensie, vgl. 5.7.5.2; doelwitte en toekomsperspektief asook hanteringsvaardighede, vgl. 5.7.5.2.

- Verhoudings: vgl. 3.2.5, 5.6.2; ouerleiding, vgl. 3.2.5.1; 5.8.2.2; vergifnis, vgl. 3.2.5.2; 5.8.2; grense, vgl. 3.2.5.3; 5.8.2.4; kommunikasie, vgl. 5.7.1.

- Seksuele trauma: vgl. 3.2.6;5.9.3.

- Emosionele en geestelike verwonding/trauma: vgl. 3.2.4.1; 1.2.5; 5.3.1.

Bovermelde is aspekte waaraan daar deurlopend tydens die sessies gewerk is aangesien bewuswording ʼn prioriteit vir integrasie en groei is ten einde beter funksionering te bevorder (vgl. 5.3.7). Daar is ook deurlopend fyn na enige emosionele verwonding wat plaasgevind het geluister en dit is hanteer in die mate waarmee die betrokke respondent daarmee gemaklik was en ook gereed daarvoor was. Om hierdie bewuswording en hantering van die aspekte te stimuleer, het

Facebook-tegnieke 'n pertinente fasiliterende rol vervul (vgl. 3.2.2.4; 3.2.9; Bylaag J).

Aan elke respondent is daar tydens die eerste sessie verduidelik hoe om die tydlyn, elektronies of op die profielblad soos aan hulle gegee, in te vul. Die blad kan op ʼn selfoon of rekenaar/tablet voltooi word. Die invul van die gegewens kan met verloop van tyd plaasvind en daar kan dus agterna byvoegings gemaak word indien sekere belangrike aspekte aanvanklik uitgelaat is. Daar kan ook foto’s, of foto’s van uitbeeldings tot die profiel toegevoeg word. Aangesien die tydlyn elektronies ingevul kan word, sal die respondente ook notas met verloop van tyd rakende die aspekte wat bespreek word kan invoeg indien hul sou wou – op hierdie wyse kan inoefening, met betrekking tot die aspek van selfbewuswording, plaasvind.

44

Wanneer daar binne hierdie konteks na die tydlyn verwys word, is dit nie die respondent se werklike Facebook-tydlyn nie, maar ʼn ‘terapeutiese’ tydlyn (vgl. 3.2.9; vlg. ook narratiewe struktuur 3.2.9 en 3.2.3) wat opgestel word. Dit is egter die keuse van die respondent om wel van sekere van die inligting op hul werklike

Facebook-tydlyn gebruik te kan maak aangesien dit ʼn groot bron van inligting kan

wees. Wanneer daar na ander se tydlyne of posbussies verwys word, is die implikasie nie dat daar van die respondent verwag word om werklik ʼn digitale boodskap te stuur nie, maar die klem is eerder op die terapeutiese ervaring van die tegniek wat gebruik word.

Hierdie Facebook-tegnieke sou ook sonder ʼn profielblad deur die navorser met die doel op vraagstelling en eksternalisering gebruik kan word (3.2.9) ten einde ʼn aanduiding ten opsigte van moontlike opvolgende vrae wat gevra sou kon word te kan gee (vgl. Bylae I en J).

2.14.1 Samevattende toerusting wat in die model in hierdie studie gebruik word

Elke respondent wat dit verkies om die profielblad prakties en nie elektronies te doen nie, ontvang 50 bladsye (waarvan 20 die afmetings van 10cm×10cm het, nog 20 die afmetings van 10cm×5cm het en 10 met die afmetings van 20cm×20cm het). Op hierdie 50 bladsye word beelde (images) of slagspreuke of enige Facebook-tegniek prakties as deel van die narratiewe struktuur tydens die sessies (3.2.1.8; 6.5.2.2; 6.6.2), en uiteraard met terapeutiese waarde, uitgevoer. Op meeste van hierdie bladsye sal tydens die sessies gewerk word en later sal die respondent spesifieke bladsye uit hierdie groep van 50 by sy/haar profiel gaan byvoeg, waar hy/sy voel hulle dit graag kronologies volgens die tydlyn/profiel sou wou invoeg – dit sal vervolgens ook inpas volgens die orde waarvolgens die vertelling plaasvind en gebeure geopenbaar word. Die individu kan hierdie bykomende uitbeelding aan die kant van die bladsy plak om te blaai asof hy/sy telkens ʼn ‘addisionele’ bladsy byvoeg indien hy/sy sou wou – daar is nie noodwendig vaste reëls rondom hierdie saak nie. Wanneer daar later duidelike groei plaasgevind het, kan die respondent dit oorweeg om die bladsy finaal in te plak of by te voeg waar daar voorheen bloot na hierdie aspek verwys is.

45

Elke respondent ontvang ook ʼn A4 boek met die basiese struktuur van die tydlyn op die eerste bladsy aangedui – na die eerste sessie waartydens die tydlyn/profiel aan hulle verduidelik word kan die respondent daarop skryf en plak. Hierdie is slegs ʼn aanduiding vir die respondent maar hy/sy moet verseker word dat kreatiwiteit verwelkom word en dat hy/sy nie nodig het om angstig te voel of die tydlyn/profiel korrek geskep word al dan nie. Die respondent kan vervolgens die tydlyn verder op die opvolgende bladsye trek – dit word gedoen op 'n wyse wat vir hom/haar die maklikste en mees doeltreffende is. Die tydlyn word nie vooraf verder as bladsy 1 getrek nie, aangesien die navorser onseker is oor hoeveel inligting die respondent in sy/haar profiel sal wil byvoeg. Die respondent word ook aangemoedig om genoegsame spasie tussen uitbeeldings of skrywes te laat indien hy/sy ʼn oefening op ʼn sekere plek sou wou byvoeg.

Die respondent wat sou verkies om eerder die profielblad elektronies te doen (verwys na gevallestudie 4 as voorbeeld) ontvang die vooraf geprogrammeerde

MSWord dokument per e-pos en kan die tydlyn kreatief invul – voorbeelde van

kreatiwiteit is om foto’s van die uitbeeldings (terapeutiese eksternalisering) te neem en daarby in te voeg en ook die res van die inligting, soos nodig, in te tik. In hierdie geval kan sketse/prente ook vanaf die Internet getrek word en op die tydlyn ingevoeg word – hierdie sketse/prente is apart van die prente/beelde wat as deel van eksternalisering van traumatiese ervaringe ingevoeg word waarvan foto’s geneem moet word.

Elke respondent ontvang vervolgens vier koeverte waarin boodskappe of ‘posts’ aan ander geplaas word. Hierdie koeverte kan simbolies gebrand of begrawe word wanneer die respondent gereed voel. Daar kan ook meer as een boodskap aan ʼn sekere persoon gestuur word en in een koevertjie geplaas word met die persoon se naam op.