• No results found

3.2 OOGMERKE VAN HIERDIE HOOFSTUK

3.2.7 Emosionele verwonding en trauma

3.2.7.3 Behandeling van ʼn getraumatiseerde

Die prosedures wat gewoonlik ter verligting van trauma gebruik word, is kognitiewe strategieë, emosionele en geestelike sorg, asook ʼn ondersteuningstruktuur (Jooste & Maritz, 2014: 102).

Leiding is baie belangrik vir iemand wat deur trauma is of selfs die ondersteuners/bystanders van iemand wat deur trauma is, aangesien daar

126

verskeie vrae gevra word soos: “Hoekom nie ek nie? Hoekom ek? Hoekom het dit gebeur? Kon ek dit gekeer het?” Hierdie vrae het ʼn groot invloed op die getraumatiseerde in die sin dat dit steeds vrae is wat in die langtermyn in hulle lewens sou kon bly (Frost, 2003:197).

Tydens trauma word die liggaam se verdedigingsmeganismes oorspoel en gedisorganiseer. Later is die gevaar nie meer daar nie, maar die simptome wat normaalweg op enige aanduidings van trauma volg sou onmiddellik gesneller kon wees en met tyd vererger. ʼn Belangrike deel van die genesingsproses na trauma is gevolglik in die bemagtiging en die herstel van bande en verhoudings en verder ook om ten opsigte van alle verliese te rou (Herman, 1998:148).

Volgens Eckes en Radunovich (2009:2) is adolessente meer vir die gevolge van trauma vatbaar, aangesien adolessensie normaalweg ʼn betekenisvolle tyd vir sosiale en emosionele ontwikkeling is. Hulle word ook deurlopend aan gebeure blootgestel wat tot trauma kan lei, soos boelies, konflik met lede van portuurgroepe en ander skoolgeweld. Die gevolglike doelwit volgens Malchiodi (2008:164) is om adolessente te help om uiteindelik betekenis en hoop in die trauma te vind. Die bogenoemde outeur beklemtoon ook dat dit belangrik is om ouderdomsgepaste intervensies te gebruik, om die traumatiese herinneringe en emosionele verligting te verlig en op so wyse die bogenoemde doelwit te bereik.

Volgens Staggs (2013) moet die volgende drie fases van trauma deurgewerk word: - Fase 1: Die beradene vertel sy/haar verhaal binne ʼn veilige ruimte. Daar

word aandag geskenk aan die vaardigheid van regulering van emosies, bewuswording te kweek en interpersoonlike effektiwiteit te verhoog.

- Fase 2: Daar word oor die gebeure teruggekyk en gepraat as deel van die behandeling.

- Fase 3: Hierdie fase fokus op die aanleer van nuwe vaardighede en hoe om dit te gebruik.

127

Wanneer die beradene geleentheid kry om binne ʼn veilige ruimte hul verhaal te vertel, kan die feite van die saak gesien word, erkenning aan die seer gegee word en daar kan sin uit die ervaring gemaak word. Dit help ook vir die herstel van die beradene se eiewaarde. Soms help dit as die beradene van hul eie ervarings deel want dan word die emosionele seer van die beradene as’t ware ontlont en hulle voel nie alleen nie (Frost, 2003:207).

Traumaberading behels verder die holistiese ondersoek van die beradene. Die berader moet die kompleksiteit van die trauma en die geassosieerde reaksies ondersoek (Lopez-levers, 2012:1). Die volgende aspekte moet byvoorbeeld in hierdie verband in ag geneem word:

- Ontwikkelingstadium waartydens die trauma plaasgevind het.

- Was die oorsaak van die trauma deur ʼn persoon veroorsaak wie die beradene vertrou het?

- Die beradene se ondersteuningsisteem (Lever-Lopez, 2012:1).

Trauma het ʼn groot invloed op mense se verhoudings en dit is waarom die berader ook ondersoek na die beradene se verhoudings en ondersteuningsisteem moet instel (Lopez-levers, 2012:2).

Tegnieke wat gebruik kan word indien die beradene dit moeilik vind om te praat, is byvoorbeeld sketse, die gebruik van simbole of die gebruik van klei (Crenshaw, 2008:3). Die doel van die gebruik van sekere tegnieke is om toegang tot die beradene se innerlike wêreld te verkry (Crenshaw, 2008:6). Die terapeutiese verhouding bly egter steeds van die grootste belang (Crenshaw, 2008:6).

Die drie pilare waaraan veral aandag gegee moet word tydens berading na trauma ervaar is, is volgens Lopez-Levers, (2012:152) die volgende:

- Veiligheid van die beradene.

128

- Onderrig ten opsigte van die bestuur van emosionele impulse asook die toepassing van selfregulering.

ʼn Verdere belangrike aspek is om op die moontlike invloed van die verlede op die hede te fokus, om dit te verstaan en om beradenes te bemagtig om hulle huidige lewens meer effektief te bestuur (Knight, 2015:1).

Anders as trauma-gesentreerde berading, waar die onderliggende trauma die primêre fokus is, help trauma-ingeligte berading die oorlewende van die trauma om hulle vaardighede te ontwikkel en om gemaklik en effektief daagliks te funksioneer (Gold, 2008:60). Die effekte van die trauma wat ervaar is as kind word nie geïgnoreer nie maar ʼn gedetailleerde weergawe van die trauma is nie die hooftaak nie (Gold, 2008:60).

Volgens Foa, Chrestman en Gilboa-Schechtman (2009:45) word die volgende lewensdomeine onder andere normaalweg deur trauma aangetas: emosionele gesondheid, rekreasie, verhoudings, skolastiese funksionering en onafhanklikheid.

Wanneer daar byvoorbeeld met adolessente gewerk word wat emosionele verwonding opgedoen het, moet daar aandag aan die simptome geskenk word wat op verswakte funksionering, soos slaap en geïrriteerdheid, dui (Foa et al., 2009:47). Dit is van belang om die simptoom na die lewensdomein, wat van toepassing is, te herlei. In hierdie verband sal min slaap byvoorbeeld ʼn negatiewe invloed op die beradene se energievlak hê en daarom weer sy skolastiese funksionering of vlak van geïrriteerdheid beïnvloed en dit sal weer sy verhoudings en sy siening van homself beïnvloed. Die volgende vrae kan in hierdie verband help:

- Wat sou jy in hierdie stadium omtrent jou lewe wou verander? - Hoe sou jy jou lewe oor drie maande wou sien?

- Wat sou jy wou doen as jy ouer is?

129

Hierdie vrae sou vervolgens by sekere Facebook-tegnieke aangepas kan word, byvoorbeeld:

- Wat sou jy op jou tydlyn in hierdie stadium wou skryf? Watter foto’s sou jy wou sien en watter vriende sou jy in hierdie stadium van jou profiel wou deel hê?

- Watter slagspreuk wil jy op jou tydlyn plaas (‘post’) om jou te herinner aan hoe jy jou lewe binne drie maande sou wou sien?

- Wat sou jy wou hê moet in jou persoonlike besonderhede, wat beroep insluit, aangetoon word as jy bo dertig is?

- Watter vriende/verhoudings het jy nodig, of vriendskappe wat jy moet hersien, om dit te bereik? Watter tipe boeke moet jy lees om meer van hierdie doelwit te leer? Watter slagspreuk gaan jou motiveer om die doelwit te bereik? Is daar ʼn storie/film/DVD waarna jy kan kyk wat jy voorheen van gehou het en wat jou laat lag of beter voel het as jy bedruk gevoel het?