• No results found

Johandries is ʼn agtienjarige seun en woon saam met sy biologiese ouers. Hy is tans ʼn graad 12 leerling. Hy het self vir berading, as gevolg van verhoudingskomplikasies

46

met verskillende agtereenvolgende meisies, aangemeld. Dit het ʼn patroon begin vorm in die sin dat daar altyd komplikasies met sy romantiese verhoudings was. Hy het telkemale leiersposisies by die skool asook in sportspanne beklee. Johandries het twee ouer broers (tans 26 en 30). Johandries het baie gemaklik gesels en het redelik wel belese met betrekking tot psigologie as vakgebied voorgekom.

Aanmeldingsklagte simptome

Problematiese romantiese verhoudings; konsentrasievermoë is aangetas; hy voel van sy toekoms onseker; hy ervaar aggressie. Tydens die aanvanklike sessie het dit voorgekom of Johandries sy ware emosionele belewenis omseil en ook baie meer onderdrukte aggressie ervaar as wat hy besef. Hy het in beheer van homself voorgekom (hy het baie inligting intellektualiseer), tot so ʼn mate dat dit die navorser laat wonder het oor obsessiewe gedrag en gedagtes. Dit het voorgekom of Johandries tot onbewustelike emosionele opberging van emosies geneig kan wees wat met tye emosionele oorweldiging tot gevolg kan hê en wat later sy innerlike beskermingsmeganisme (intellektualisering) so te sê laat ingee. Aangesien hy dus tot neurose geneig is, kan hy ook ʼn kandidaat vir angstigheid asook depressie wees.

Sessie 1

Tydens die eerste ontmoeting is Johandries op sy gemak gestel en die etiek rondom vertroulikheid in berading is aan hom verduidelik. Hy is ook gevra of hy aan ʼn ondersoek rakende ʼn nuwe beradingsmodel sou wou deelneem, en hy het met entoesiasme ingestem. Hy het erken dat hy bekend met Facebook is en meeste van sy kommunikasie met vriendskappe vind via Facebook plaas.

Johandries is gevra om sy tydlyn deur middel van gesprekvoering tydens die aanvanklike sessie te begin. Hy is gevra om sy lewensverhaal tot en met die ouderdom van 10 jaar te vertel. Na verloop van die sessie is hy gevra om tuis die kern van die gesprek tussen hom en die navorser op sy tydlyn te begin invul – dit sou onder andere impliseer om van die bladsye waarop gewerk is by te voeg/plak. Hy het genoem dat hy redelik sorgvry gelewe het en onthou dat hy baie daarvan

47

gehou het om ander te beskerm, maar dat sy fisiese krag hom bang maak, aangesien hy iemand anders glo bewusteloos geslaan het. Hy het blykbaar ook ʼn speler tydens ʼn rugbywedstryd baie seergemaak en die ander speler het oënskynlik groot beserings opgedoen.

Die navorser het onder andere die volgende tipe vrae gevra (vgl. 3.2.9):

Navorser: “Tot watter mate sou jy sê het hierdie twee gebeurtenisse jou

identiteitsvorming beïnvloed?” (vgl. 3.2.4).

Respondent: “Ek het gehou van die gevoel dat ek die sterkter een is en beheer het.”

Navorser: “Hoe het die voorval jou verhoudings/vriendskappe met vriende of

onderwysers beïnvloed?” (vgl. 3.2.5).

Respondent: “Die onderwysers het gevoel ek is ʼn goeie leier en aangesien ek

ʼn hoofleier was, het hulle sommige van my gedrag misgekyk. Ek dink die kinders het my ook beskerm deur my nie te verklik nie aangesien hulle gevoel het ek beskerm hulle teen boelies.”

Navorser: “As jy kyk na hierdie verhoudings en gedrag, sou jy sê dit kon die

vorming van jou eiewaarde en dit waarteen jy eiewaarde meet, affekteer?”

Respondent: “Ja...ek voel ek moet beskerm en dit is vir my belangrik om in beheer

te wees, die sterker een, dan voel ek goed oor myself.”

Verdere verloop van gesprekvoering vind plaas en 'n in-diepte ondersoek van voorvalle rakende die beheer, in terme van sy identiteit en eiewaarde, waarna hy verwys.

Navorser: “Sou jy sê dat jy geneig is om ‘slagoffers’ te kies om mee in verhoudings

te wees? Met slagoffers bedoel ek mense wat op ʼn manier nie optimaal funksioneer

nie, dalk seergekry het, verwond is.”

Respondent: “... Moontlik onbewustelik.”

Navorser: “Onbewustelike prosesse kan ʼn groot rol in verhoudings speel. Sou jy sê

dat jou siening van wat ʼn leier is, deur die gebeure geaffekteer is?”

48

Navorser: “Beskryf jou siening van ʼn man se rol binne ʼn romantiese verhouding?”

Respondent: “ ʼn Man rol... seker beskerm en leiding neem.”

Navorser: “Behels leiding neem om in beheer van ander te wees?”

Die respondent is vervolgens tot selfbewuswording, met betrekking tot sekere persepsies wat hy rakende beheer en beskerming opgedoen het na aanleiding van voorvalle in sy jonger dae, gelei (vgl. 3.2.4.3).

Hy is verder gevra of daar enige foto’s van daardie tyd van sy lewe is waaraan hy kan dink wat uitstaan en waarom dit vir hom uitstaan. Hy het na ʼn foto saam sy broers verwys waaraan hy in besonder teruggedink het. Na aanleiding van opmerkings en vrae rakende die foto wat grootliks oor sy verhouding met sy broers gehandel het, het Johandries uiteindelik bekend gemaak dat sy twee broers hom as agtjarige verkrag het en hom daarna fisiese wonde toegedien het ten einde hom tot stilswye te dreig. Tydens die verwoording hiervan het Johandries sy ware emosies omseil en het dit voorgekom of hy die ‘regte’ antwoorde gee eerder as om die werklike impak van die oorspronklike trauma te besef en daaroor te rou.

Navorser: “Is dit vir jou moeilik om hieroor te praat?”

Respondent lag sarkasties en sê: “Nee ek is OK... ek weet dit was verkeerd van hulle”.

Die respondent begin vrae rakende die kwessie, veral rondom verhoudings, vra wat vertroue en die idee van beheer in verhoudings insluit. Hy het waarskynlik ʼn wanpersepsie van beheer in verhoudings asook ʼn vrees dat iemand anders, na aanleiding van die seksuele trauma, beheer sou neem.

Navorser: “Is daar ʼn moontlikheid dat hierdie trauma jou buite beheer laat voel het?”

Respondent: “Ja.”

Navorser: “Is jy bang om buite beheer te voel – voel jy veral ongemaklik in

verhoudings waar jy nie beheer het nie?”

49 Navorser: “As jy ʼn slagspreuk moet uitdink of ʼn prentjie ("image") op jou tydlyn sou wou laai ("post") in die tydperk van die trauma wat sou dit sê/uitbeeld?”

Respondent: “Sterk ou wat spiere wys en bo aan die prentjie staan daar ‘Be aware’!”

Navorser: “Het jy moontlik identiteit en eiewaarde daarin gevind dat ander jou

moet vrees ten einde selfbeheer binne die konteks van elke verhouding waarin jy

was te verkry?”

Aanvanklik het die respondent by die standpunt gehou dat hy ander wel teen slegte mense beskerm. Gaandeweg het hy egter tot die besef gekom dat beheer asook sy eie vrese vir herhaaldelike seerkry wel ter sprake was, en dat hy ten diepste homself teen mense probeer beskerm het. In die proses het hy homself op die wyse ook teen sy eie emosionele belewenis van die trauma beskerm. Hy het ook besef dat hy steeds die foutiewe ‘vaardigheid’ wat hy aangeleer het om sy ware emosies te omseil, deurgaans toegepas het.

Die implikasie hiervan was dat ʼn tipe passiewe aggressie gewek is wat groei belemmer het, aangesien dit nog nooit geïntegreer was nie. ʼn Alternatiewe hanteringsvaardigheid is aanbeveel en daar is ook aan hom verduidelik waarom dit tot sy voordeel sou wees (3.2.4.3). Gepaste grense in hierdie verband is ook bespreek (3.2.5.2) en ook dat God hom in die proses sal bystaan om dit te implementeer (vgl. Twombley, 1998:64) sodat hy op die gepaste manier iemand kan liefhê (vgl. Twombley, 1998:74).

Navorser: “Mense glo soms halwe waarhede met betrekking tot hul waarde as

kinders van God en hul eiewaarde ry wipplank wanneer dit aan ander se opinies of gedrag teenoor hulle gemeet word. Word die manier hoe jy teenoor ander optree soms deur hulle aanvaarding van jou bepaal?”

Respondent: “Nie werklik nie.”

Navorser: “Wat dink jy van jou identiteit in Christus? As jy na jou leefwyse kyk, waar

kry jy jou identiteit?”

50

Die navorser het aan die respondent verduidelik dat Jesus Christus beklemtoon het hoe belangrik dit vir die mens is om te weet wie hy/sy is, om ook konsekwent hom/haarself te kan wees (Hudson, 2010:27; Vgl. Lukas 4:3) en te bereik wat hy/sy moet bereik.

Knowing who he is, Jesus invests himself single-mindedly in the realization of his Father’s kingdom vision for our broken world (Hudson, 2010:27).

Navorser: “Dit is baie belangrik vir jou om te besef wat jou waarde en jou identiteit in Christus is. Regdeur Jesus se lewe het hy sy identiteit gevind deur sy verhouding met God die Vader.”

In hierdie verband is die volgende aanhaling deur Hudson (2010:26) aan die respondent voorgehou, bespreek en verduidelik:

In our quest for identity, the crucified and risen Christ meets us right where we are. Like us, he also needed to know who he was. He was not immune to the human quest for identity. However in stark contrast to ourselves, when Jesus needed to know who he was, he listened to his Father’s voice, trusted that voice and claimed its truth for his own life.

Aan die einde van die sessie is Johandries huis toe gestuur en gevra om sy tydlyn nog verder te gaan verleng vanaf ouderdom 10 tot en met sy huidige ouderdom. As deel van die verlenging van hierdie tydlyn is hy gevra om soveel moontlik van die volgende aspekte gebruik te maak:

- Insluiting van spesifieke foto’s - Slagspreuke

- Films - Tydskrifte

51

- Reekse of enige ander inligting

- Verskillende kwessies wat hy op sy Facebook-profiel sou ‘like’ - Enige kommentaar van ander of van homself op sy Facebook tydlyn

- Foto’s van ander waarvan hy sal hou of waarop hy kommentaar sou wou lewer (vgl.3.2.1.8; 6.6.2.1) – hy kan kreatief wees

- Hy kan verder op sy werklike Facebook-profiel teruggaan en ondersoek ten opsigte van wat hy werklik gedoen en waarvan hy gedurende daardie ouderdomme gehou het instel.

- Hy moet ook veral na vriende verwys wat hy sou kies om sy tydlyn te kon bestudeer asook vriende wat daar was en nie meer is nie.

- Die verhoudings waarna hy verwys moet ook sy verhoudings met sy ouers en sibbes insluit. Indien hy hulle nie in die tydlyn insluit nie, sal die navorser saam met die respondent die redes ondersoek waar nodig.

Sessie 2

Daar is aan die respondent verduidelik dat ʼn gedeelte van hierdie sessie deur gebed in beslag geneem sal word. Die navorser het ook die sessie met gebed geopen ten einde ʼn gebedsatmosfeer te vestig en ook die respondent meer van God se teenwoordigheid bewus te maak (vgl. 5.7.5).

Wat die traumatiese ervaring van die verkragting deur sy broers betref, is dit in- diepte deurgewerk. Daar is veral ook op die effek hiervan op sy identiteit en eiewaarde (vgl. 3.2.4.1), sy verhoudings (veral romantiese verhoudings) en ander komponente van sy funksionering gefokus. Hy is ook op die effek hiervan wat na vore gekom het in die vorm van beskermingsmeganismes wat hy begin gebruik het, asook die mate van obsessiewe beheer in verhoudings gewys.

In hierdie sessie is daar verder grootliks van pastorale ingrepe gebruik gemaak, soos om byvoorbeeld tydens ʼn gebedsfase vir Jesus Christus te vra om deur die Heilige Gees saam met die respondent na die oorspronklike traumatiese situasie van verkragting terug te beweeg en die trauma en vrese in daardie situasie self te

52

hanteer (vgl. Seamands, 1995:141). Na hierdie gebedsfase is die respondent aanbeveel om ʼn nuwe post op sy tydlyn te skryf of prentjies/foto’s rakende die proses te plaas indien hy gereed sou voel – hy het dit vervolgens op ʼn baie positiewe wyse gedoen (vgl. 3.2.1.8).

Aangesien vergifnis ook hier baie prominent ter sprake is, is die respondent gevra om ʼn boodskappie of briefie te skryf wat hy na die (verbeelde) tydlyn/posbussie van die oortreders sou stuur (vgl. 3.2.5.2; 3.2.2.4). In hierdie boodskappie/briefie omskryf die respondent wat gebeur het en wat die effek daarvan op sy identiteit, eiewaarde, toekomsperspektief, grense en persepsies van verhoudings was. In hierdie boodskappie moet daar ook die korrektiewe deel van sy ware identiteit in Christus (Richardson, 2005:111) en sy verhouding met God en hoe hy nou as sterker persoon daardeur gegroei het, omskryf word. Herraming het gevolglik plaasgevind (3.2.5). Die briefie of ‘post’ is in een van die gegewe koeverte geplaas en die respondent kon kies hoe hy dit verder gaan hanteer. Johandries het dit, na afloop van die sessie, in die see gaan gooi (hy, sowel as die navorser woon by die kus). Richardson (2005:151) verwys daarna dat Jesus deur Sy teenwoordigheid herinneringe kan uitvee en vergifnis laat plaasvind:

Jesus exercises his lordship and healing presence in our memories and mental images, giving us strength to extend and receive forgiveness.

Aan Johandries is vervolgens ʼn visualiseringsaktiwiteit verduidelik soos deur Hudson (2010:77) voorgestel. Vrae en opmerkings soos die volgende het byvoorbeeld hierdie proses aan hom verduidelik:

- “Gaan in jou sielskamer. Wat sien jy daar?”

- “Is daar enige vullis?”

- “Is daar geleenthede waar jy nie so liefdevol was soos jy moes wees nie?”

53

- “Laat jouself toe om die stem van die opgestane Jesus te hoor wat aan die deur

van die sielskamer klop.”

- “Hoe reageer jy?”

Die respondent kan na aanleiding van die aktiwiteit ʼn uitbeelding van die 'voor' en 'na' (Jesus instap) voorkoms van die sielskamer maak.

- “Deel jou ervaring van die Heilige Gees in jou belewenis van die uitbeelding.”

- “As jy nou na jou profiel gaan, wat sou jou aktiwiteit ‘log’ in terme van jou

optrede weerspieël?”

- “Lyk dit soos Christus se gedrag?”

Na aanleiding van die gesprek het dit geblyk of daar meer sosiale insig bewerkstellig is wat sosiale en emosionele intelligensie impliseer. Johandries het gevoel dat Jesus Christus hom in die proses van vergifnis bygestaan het en dat sy sielskamer skoner is.

Sessie 3-5

Tydens hierdie sessies is die tydlyn, wat as narratiewe struktuur dien (3.2.9;3.2.3), verder tesame met al die genoemde aspekte bespreek ten einde breedvoerige bewuswording en eksternalisering te bevorder. Die respondent is veral ten opsigte van die volgende aspekte van die hantering van kognitiewe distorsies tydens gesprekvoering, leiding gegee: Sy verhouding met God; vergifnis; emosionele intelligensie en toekoms-perspektief. Daar is verder op die volgende vrae rakende sy verhouding met God na aanleiding van die reflekterende gedagtes van die vorige sessies gefokus:

- “Beskryf jou prentjie en idee van God en wees so eerlik as wat jy kan?”

- “Voel jy God is vir of teen jou?”

- “Is God in beheer en indien Hy is, is dit nodig dat jy ook moet wees?”

Die volgende vrae is na aanleiding van die individu se verhoudings met ander gevra nadat hy na betekenisvolle vriendskappe op sy tydlyn verwys het:

54

- “Wat gaan jy doen om meer deel van die spirituele gemeenskap te raak?”

- “Hoe voel jy oor vriendskappe wat deel van jou spiritualiteit was?”

- “Wat is jou planne met betrekking tot geestelike dissipelskap?”

In hierdie verband is die volgende aanhaling deur Hudson (2010:55) met die respondent bespreek:

Genuine repentance and belief in Christ almost always immerse the disciple into a life together with others (vgl. Rom 3:22-23). Within community we gradually become the people God’s wants us to be.

Daar is vervolgens ook aandag aan Johandries se sosiale en emosionele intelligensie geskenk na aanleiding van die opmerkings oor sekere foto’s en "posts' binne sosiale kontekste wat van belang was. Hudson (2010:129) beveel Christene aan om binne sosiale situasies te luister – veral te luister na dit wat nie noodwendig gesê word nie. Op hierdie wyse kan mense, bloot deur ʼn Christelike teenwoordigheid, van Christenskap bewus gemaak word en uiteindelik wel ʼn keuse vir Christus maak (vgl. 1 Pet 3:1).

SESSIE 6

Die respondent is gevra om ʼn film te kies wat volgens hom op die laaste jaar van sy lewe van toepassing sou wees en hy moet ook verduidelik waarom hy dit sou kies. Vervolgens moet hy ʼn soortgelyke keuse van ʼn film maak wat volgens hom op die fase van sy lewe na die berading van toepassing is. Die twee films se inhoude word vervolgens in terme van identiteit, verhoudings en groei met mekaar vergelyk. Johandries het vervolgens You, me and Du Preez as aanvanklike film voor berading gekies. As rede het hy genoem dat Du Preez se intensies suiwer maar kinderlik was, en dat hy onwetend maar met goeie bedoelinge, skade in sy verhoudings aangerig het.

Wat die fase na berading betref, het hy genoem dat hy nie ʼn ander film wil kies nie maar eerder ʼn uitbeelding wou maak. Die uitbeelding was ʼn boom met vrugte aan –

55

hy het daarna verwys as die vrug van die Gees (Gal 5:22-23) – na aanleiding van ons bespreking daarvan binne die konteks van verhoudings en om as dissipel op te tree. Om met ander geliefdes van God in kontak te kom, is ook ʼn goeie manier om meer van elkeen se geliefdheid in God bewus te raak en om bewuswording daarvan te versterk. Dit is ook belangrik om in verhouding met ander te tree en God se seëninge sodoende te versprei (Hudson, 2010:32; vgl. 1 Joh 4:11-12). Die respondent kon die groei wat plaasgevind het, asook die integrasie van die terapeutiese proses, waarneem.

Daar is sekere patrone in gedrag wat spirituele wanpersepsies kan veroorsaak en die betrokke persoon in verhoudings kan laat onttrek (Langberg, 1999:55; Hudson, 2010:13). Die wyse waarop so persoon lewe, word vervolgens grootliks deur sy/haar verhouding met God en prentjie wat sy/hy van God het gevorm – dit sluit lewensdoelwitte en tydsbeplanning in (Langberg, 1999:55; Hudson, 2010:13). Deur middel van ʼn sosiale medium soos Facebook se tegnieke kan ʼn berader/terapeut baie effektief en sinvol reageer deur sekere onvoltooide sinne op die tydlyne van die profiel van sulke persone te plaas (posts). Hulle word vervolgens gevra om hierop te reageer (vgl. Hudson, 2010:134). So proses kan die selfbewuswording van die ander persoon bevorder en kan ook help om die ander persoon beter te leer ken. Voorbeelde van sulke onvoltooide sinne is die volgende:

- Ek het tot die punt gekom waar ek God ervaar as... - Dit is min dat ek God ervaar as...

- Ek voel meer in kontak met God wanneer...

- ʼn Oomblik in my lewe wanneer ek ervaar het hoe God se krag werklik deur

my gewerk het, was...

- Vir my is Jesus...

- Die mees betekenisvolle verskil wat Jesus in my lewe gemaak het, was... - Ek het die Heilige Gees in my lewe ervaar wanneer...

- Wat ek die graagste met ander oor God sou wou deel is...

56

- Wat my die meeste vreugde van God bring, is...

- Wanneer ek oor God se liefde vir my reflekteer dan is ek... - Die duidelikste teken van God in my lewe vir my is...

Gevolgtrekking

Tesame met die behoefte aan beheer binne die konteks van verhoudings, het Johandries ʼn verwronge persepsie rakende sy identiteit gehad. Hy het ook met tye gevrees dat hy self beheer sal verloor en ander selfs kan beseer. Die volgende aspekte is aan hom verduidelik:

- Die proses van gedrag en emosies wat op gedagtes volg.

- Die belangrikheid om telkens sy kerngedagtes te identifiseer (3.2.2).

- Daar is ook aan hom verduidelik dat as gelowige is hy, volgens Joh 1:12, ʼn kind