• No results found

SEKULERE BESKOUINGS / TEORIE VAN SEKSUELE FRUSTRASIE IN DIE HUWELIK

3.15 SAMEVATTING VAN HOOFSTUK

Uit die hoofstuk 3 kan die volgende gevolgtrekkings gemaak word:

■ Uit die oogpunt van die sekulere mens, is dit duidelik dat die seksuele nie geskep is deur 'n Skepper nie, maar dat dit spontaan ontstaan het miljoene jare gelede, en die eindresultaat is dit wat die mens vandag het. ■ Die doel van die seksuele volgens die sekulere mens, is nou verbonde

aan die doel wat die Bybel aan die seksuele koppel. Eerstens is dit daar vir plesier, tweedens vir voorplanting en laastens ook vir liefde. In teenstelling met die kind van God, plaas die sekulere mens geweldig baie klem op die plesier van die seksuele.

■ Die oorsprong van die seksuele frustrasie in die oe van die sekulere wereld, is afkomstig van die Christelike godsdiens. Verskeie skrywers soos Pertot, Bennion, Godow, Hendrix, Davis, Califia en nog vele ander, maak hierdie stellings wat die blaam vir die wereld se seksuele probleme op godsdiens plaas en spesifiek die Christelike godsdiens.

■ Dit is 'n onomwonde feit, dat in die oe van die sekulere wereld die blaam vir seksuele disfunksies en seksuele frustrasie afkomstig is van die Christelike godsdiens en dat die wereld se seksprobleme gebore is uit die Christelike denkwyses en gebruike. Sodanig so dat seks beskou word as sonde en dat seks vuil is.

■ Dit blyk uit studies dat die kerk en sy leer oor die seksuele die oorsaak is van seksuele disfunksies en seksuele frustrasie en dat die moderne Westerse wereld dit nie meer aanvaar nie. Daarom dat hulle die sienings en die leer van die kerk totaal en al verwerp.

■ Sekere seksuele versteurings (misbruike verbonde aan seks) word by die mens gevind en hierdie word hoofsaaklik verdeel in vier groepe, naamlik:

(a) Geslagsidentiteitsversteurings. 'n Geslagsidentiteitsversteuring kom voor wanneer die kerngeslagsidentiteit, die geslagsrolidentiteit en meestal ook die seksuele orientasie in disharmonie met die biologiese geslag is. Die bekendste voorbeeld van geslagsidentiteitsversteurings is transseksualisme. (b) Parafiliee. Die begrip parafiliee verwys na die bestaan van 'n afwyking (para) wat verband hou met seksuele aangetrokkenheid (filie). Hieronder sorteer Fetisjisme, Transvestitisme, pedofilie, Ekshibisionisme en ander soos seksuele masochisme (dit is wanneer die persoon seksuele bevrediging verkry indien hy tydens 'n seksuele ervaring gepynig, gestraf of psigologiese verneder word); Seksuele sadisme (dit word gekenmerk deur doelbewuste pyniging, besering of psigologiese vernedering van die seksmaat met die oog op verkryging van 'n orgasme); en Soofilie (Dit is seksuele kontak met diere). (c) Seksuele disfunksies. Seksuele disfunksies verwys hoofsaaklik na die onvermoe' of versteuring om seksuele bevrediging te verkry. Impotensie by die man en die onvermoe om orgasme te bereik by die vrou is van die bekendste seksuele disfunksies. (d) Spanning oor 'n mens se seksuele orientasie. Homoseksualisme is nie meer 'n disfunksie nie, maar is 'n erkende norm vandag.

■ Seksuele disfunksies wat aanleiding kan gee tot seksuele frustrasie soos vrees, bekommernis of angs, speel 'n baie groot rol in seksuele disfunksie by die mens, en vrees word deur Davis bo-aan die lys geplaas van seksuele disfunksies. Van hierdie vrese is; vrees vir swangerskap, vrees om te faal, vrees om jou maat teleur te stel, vrees om beheer te verloor, en vrees veroorsaak deur trauma. Alhoewel seksueel oordraagbare siektes soos MIV/VIGS 'n pandemie in die wereld is, is syfers nie aan die afneem nie, maar styg dit daagliks. Die navorser maak dus die gevolgtrekking dat seksueel oordraagbare siektes nie 'n vrees tydens seksuele omgang te weeg bring nie.

■ Alhoewel seksuele probleme en seksuele frustrasie spruit uit komplekse interpersoonlike en persoonlike probleme, is daar in 'n groot mate ook

seksuele probleme en frustrasie as gevolg van seksuele onkunde.

■ Kommunikasie is die ruggraat van 'n goeie seksuele verhouding. Dit is onmoontlik vir 'n seksuele verhouding om voort te bestaan as daar nie kommunikasie is nie. Wanneer kommunikasie ontbreek, of selfs gebrekkig is, is dit vanselfsprekend dat seksuele probleme en frustrasie ook teenwoordig kan wees.

■ Ander misbruike verbonde aan seks is verkragting, moord, pornografie, seks as 'n finansiele inkomste (Hoerery) en bloedskande.

■ Seksuele frustrasie in die sekulere wereld word gekenmerk as "teleurstelling en nederlaag" voor, tydens of na die seksuele daad as gevolg van Christelike godsdiens.

■ Moontlike oplossings vir seksuele frustrasie wat deur Bennion aan die hand gevoer word sluit in dat die volgende broodnodige dienste 'n oplossing sal wees; (A) Skoling en opleiding vir seks. (B) Beskikbaarheid vir orgasme. (C) Verbetering van die orgasme. (D) Bekendstellingsdienste. (E) Dienste wat kan help met ongewenste swangerskappe. (F) Inligtingsdienste.

■ Seksuele frustrasie is grootliks te danke daaraan dat seks slegs "toelaatbaar" in die huwelik is, en sodoende word mense gedwing om sonder noodsaaklike orgasmes klaar te kom.

■ Sukses vir moderne terapeutiese benadering vir seksuele frustrasie in die huwelik word toegeskryf aan gedragsterapie. Dit behels of 'n sistematiese metode van desensitisasie of kunsmatige desensitisasie.

■ Dus kan in kort opgesom word dat volgens die sekulere mens het seks miljoene jare terug onstaan, en God was nie die skepper daarvan nie. Seksuele frustrasie is afkomstig van die Christelike godsdiens, omdat seks beskou word as sonde en vuil. Die moderne Westerse wereld aanvaar dit nie meer nie en huldig nou hulle eie voorkeure van seksuele gebruik. Die resultaat daarvan is seksuele versteurings en disfunksies, wat aan die orde van die dag is in die moderne samelewing. Seksuele frustrasie spruit hieruit as gevolg van sekere probleme soos vrees,

kommunikasie, misbruik van die seksuele ensovoorts. Oplossings volgens sekulere denke is gedragsterapie en dat seks is nie meer net vir die huwelik is nie, maar dat dit vry beskikbaar moet wees, as die mens 'n behoefte aan orgasme het.

HOOFSTUK4

'n EMPIRIESE ONDERSOEK NA DIE AARD VAN