• No results found

Eksegese op Spr 5:18-19 Tekstuele konteks van die perikoop

2.9 Basisteoretiese perspektiewe op die doel van die seksuele

2.9.2 Uiting van Liefde Eksegese op Spr 5:18-19 1 Inleiding

2.9.2.3 Eksegese op Spr 5:18-19 Tekstuele konteks van die perikoop

Plek van die perikoop binne die boek en binne die Bybel

Volgens Venter (1999:708) is Spreuke 'n Ou Testamentiese boek vol van lewenswysheid. Die boek word saamgestel uit verskillende spreuke van verskillende skrywers wat oor honderde jare ontstaan het, en met verloop van tyd is hierdie spreuke saamgevoeg in versamelings later tot 'n geheel in een boek. Die boek Spreuke bestaan hoofsaaklik uit vyf versamelings en die perikoop van Spreuke 5:18-19 vorm deel van die eerste versameling van spreuke.

Die genre van die perikoop en van die perikoop se boek

Die perikoop van Spreuke 5:18-19 het hoofsaaklik oor die algemeen 'n opvoedkundige doelwit. Volgens Venter (1999:709) is daar 'n gemeenskaplike opvoedkundige tema tussen die verskillende eenhede. Die genre van die boek Spreuke is meer en deels letterkundig van aard en word opgedeel in twee dele: i - Joodse Wysheid letterkundig en ii - Spreukwoordelik letterkundig (Zaspel, 1996).

Ontleding van die gedagte-opbou van die perikoop

Die toewensing van seen

Spr. 5:18a Mag jou fontein geseend wees,

Blydskap oor die huweliksmaat - die vrou

Spr. 5:18b en verheug jou oor die vrou van jou jeug

Die vergelyking van die vrou met twee verskillende bokkies

Spr. 5:19a die lieflike wildsbokkie en aanvallige steenbokkie

Die uiting van liefde in die vorm van voorspel

Spr. 5:19b laat haar boesem jou altyd vermaak,

Die oogmerk van seksuele liefde

Spr. 5:19c mag jy in haar liefde gedurigdeur bedwelmd wees

Openbarinashistoriese plasma van die perikoop

Volgens die King James Konkordansie (2008) kom die begrip van "die liefde" reg van die begin van die Bybel tot aan die einde voor. Meer spesifiek kom die begrip van liefde in die verlowingstydperk sowel as in die huweliksverband voor in die perikoop van Hooglied 2:3-7; 4:10 en 8:5-7, 1 Tess. 4:4, 1 Pet 3:2, 1 Kor. 7:1-4 en 1 Kor. 7:8-9. In hierdie betrokke perikope handel "die liefde" oor dieselfde beginsel, naamlik die uiting van liefde deur middel van die huwelik of komende huwelik. Die perikoop van Spr. 5:18-19 handel meer spesifiek oor die doel van liefde in die vorm van seksuele eenwording. Die sterk gevoel van liefde word beskryf as so sterk soos die dood self, en dit moenie te vroeg wakker gemaak word nie. Die liefde word in die ander perikope beskryf as 'n onuitblusbare vuur.

Die sosiohistoriese konteks van die perikoop

Die sosiale, politieke en godsdienstige omstandighede van die eerste lesers/hoorders en hulle reaksie daarop

Agtergrond van Spreuke (Aitken, 2000:405; MacArthur, 1997)

Die boek Spreuke is baie gebruik as 'n tipiese teksboek vir onderrig. Mense wat nog nie genoeg ervaring opgedoen het nie moes leer oor die lewe, en sekere situasies op verskeie lewensterreine waarin mense onderrig moes word, is aangespreek deur gebruik te maak van Spreuke. Spreuke is van geslag tot geslag oorgedra vanwee die opvoedkundige waarhede wat in Spreuke voorkom. In die hele samelewing is Spreuke gebruik in skole, om kinders te leer hoe om te lees en te skryf, en in die koninklike hof moes amptenare en troonopvolgers protokolle leer, en daarvoor is Spreuke gebruik. Verder was daar verskeie besprekingsgroepe waar die geldigheid van die oorgelewerde spreuke krities bespreek is.

Die geloofskeuses waarvoor die perikoop die eerste lesers/hoorders gestel bet Volgens MacArthur (1997) is Spreuke 'n goudmyn van Bybelse teologie. Die priester het die Wet gegee, die profeet het 'n Woord van God gegee, en die wyse man (Salomo) het wyse berading gegee. Spreuke roep die mens tot geloofskeuses wat nie deur die Wet of die profete aangespreek is nie, en fokus op moeilike vraagstukke waarmee die mens swoeg. Spreuke reflekteer temas van die Skrif, gebring op die vlak van praktiese geregtigheid (1:3). Spreuke adresseer die mense se etiese keuses, dit bevraagteken die mens se denkrigting, sy leefwyses en hoe die mens sy daaglikse lewe hanteer in die lig van geestelike waarheid. Meer spesifiek word die mens deur Spreuke geroep om te lewe soos die Skepper bedoel het vir die mens om te lewe die dag toe God die mens gemaak het (Psalm 90:1,2,12).

Woordstudie van belangrike begrippe

"Mag jou fontein geseend wees, en verheugjou oor die vrou vanjoujeug— die lieflike wildsbokkie en aanvallige steenbokkie; laat haar boesem jou altyd vermaak, magjy in haar liefde gedurigdeur bedwelmd wees"

As daar na die betrokke perikoop gekyk word, is daar basies drie begrippe wat uitstaan: "mag jy in haar liefde gedurigdeur bedwelmd wees."

Hierdie drie begrippe gaan nou in meer besonderhede bestudeer word.

liefde ( runs' / ahabah) - ontleding: substantief in die vroulike vorm

Volgens Brown, Driver & Briggs (2000) is die betekenis van die woord liefde (ahabah):

i. Liefde

• Menslike liefde teenoor 'n menslike objek • Ten opsigte van mens tot mens

• Ten opsigte van mens tot homself

• Tussen man en vrou • Seksuele drang

ii. God se liefde vir Sy mense.

Gevolgtrekking:

Wanneer hierdie begrip liefde (ahabah) in die konteks van die perikoop

Spreuke 5:19 gebruik word, is dit duidelik dat die begrip die liefde aandui tussen man en vrou, en het dit ook 'n seksuele konnotasie.

Gedurigdeur (Tttfl / t3m1vd) - ontleding: substantief in die manlike vorm

Volgens Brown, Driver & Briggs (2000) is die betekenis van die woord (tamlyd) om uit te rek, gedurig, of aanhoudend.

Gevolgtrekking:

Wanneer hierdie begrip gedurigdeur (tamlyd) in die konteks van die perikoop Spreuke 5:19 gebruik word, is dit eens dat die begrip, die aanhoudendheid, gedurige of uitgerekte seksuele liefde tussen man en vrou aandui.

Bedwelmd (naff / shagah) - ontleding: verbum

Brown, Driver & Briggs (2000) gee die betekenis van die woord shagah aan as om af te dwaal, dronk, of bedwelmd aan.

Gevolgtrekking:

Wanneer hierdie begrip bedwelmd (shagah) in die konteks van die perikoop Spreuke 5:19 gebruik word, word die begrip van dronk word, die

bedwelmde gevoel (orgasme) van seksuele liefde tussen man en vrou aangedui.

Skrif-met-Skrifveraelvking

Hierdie erotiese woorde wat daar Spr. 5:19 gebruik word, kom ook voor in Spreuke 7:18, Eseg. 23:3, 8, 21. Hierdie perikoop bevestig dus die seksuele konnotasie van die liefde tussen man en vrou.

Godsopenbarina in die perikoop

Die Godsopenbaring in hierdie spesifieke perikoop is dat God die seksuele geskep het met die doel om uiting te gee aan liefde. Dit weerspieel die liefde van God self tot die mens.

Opsomming en gevolgtrekking van eksegese oor Spreuke 5:18-19

Hier lig die skrywer van Spreuke 5:18-19 duidelik uit dat seks 'n uiting van liefde tussen man en vrou is. Tydens die gedurige uiting van liefde met eenwording van die vlees in die huwelik tussen 'n man en vrou, is dit baie duidelik dat die mens bedwelmd raak van liefde, letterlik dronk word van liefde soos ook gesien in Spreuke 7:18 (Aitken, 2000:410).

2.9.3 Voortplanting - Eksegese van Gen. 1:28