• No results found

Godsdiens as oorsaak van negatiewe seksdenke 1 Inleiding

PASTORALE RIGL YNE OM SEKSUELE FRUSTRASIE IN DIE HUWELIK MEER EFFEKTIEF TE KAN HANTEER

5.8 Riglyne vir Bybelse berading aan persone met seksuele frustrasie Seksuele onkunde, kommunikasieprobleme en onrealistiese verwagtinge blyk

5.8.1 Godsdiens as oorsaak van negatiewe seksdenke 1 Inleiding

Soos vermeld in hoofstuk 3, is negatiewe en verkeerde denke rondom Godsdiens vandag een van die oorsake van seksuele frustrasie. Hierdie negatiewe seksuele denke net die wanbegrip by mense laat posvat dat seks sonde is, en daarom is seks slegs bedoel vir voortplanting. Hierdie gebrekkige siening en wanopvatting dat Godsdiens die oorsaak is van vele seksuele frustrasies in die wereld, word baie duidelik met eksegese van die Woord van God en gebed die hoof gebied (Sien hoofstuk 2). Die oplossing vir hierdie probleem is om te lees wat se God se Woord rondom die seksuele en die huweliksdaad en of Godsdiens werklik te blameer is vir seksuele frustrasie.

5.8.1.2 Algemene riglyne

Onopgeloste seksuele frustrasie wat onstaan het as gevolg van negatiewe en verkeerde denke rondom Godsdiens, be'fnvloed nie net die paartjie se geluk nie, maar het 'n daadwerklike invloed op hulle geestelike lewe. Byvoorbeeld: "God

het seks aan die mens gegee, maar Hy het soveel reels en regulasies neergele vir die gebruik daarvan, dat dit onmoontlik is om dit te geniet." Skrifgedeeltes wat verseker dat God wel seks gemaak het en dit ook vir plesier vir die man en vrou binne die konteks van die huwelik is, sluit in Gen. 1:27-28; Gen. 2:24; Spreuke 5:18-19; Heb. 13:4. Sien eksegese van Mat. 19:4-6 en Pred. 9:9.

5.8.1.3 Spesifieke riglyne

Dawn (1993:21) maak die stelling dat seks basies is soos 'n tikmasjien. As jy die handleiding volg van die tikmasjien, bring dit goeie produktiewe resultate na vore en jy sukkel nie om te verstaan hoe die masjien werk nie. Dieselfde is geldig vir die seksuele. "If we fail to follow the Designer's instructions and handle our sexuality our own way - or the way our society teaches us - we wind up with messy hands and a non-functioning instrument. But if we follow the Creator's instructions, the instrument works effectively, productively, delightfully. Its purpose is fulfilled."

Spesifieke riglyne en wenke om negatiewe persepsies oor godsdiens en seks uit te skakel met bygaande Skrifgedeeltes wat tydens die gesprekvoering tot hulp kan wees volg hieronder:

■ Die idee van man en vrou was God se idee (Wheat, 1988:24). Gen. 1:27 "En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy horn geskape; man en vrou het Hy hulle geskape." Volgens Wheat (1988:24) word hierdie belangrike essensiele waarheid en riglyn misgekyk in die Bybel. God het man en vrou gemaak vir Sy eie goeie doel. Hy het man en vrou geskape om vreugde in hulle eie lewens te bewerkstellig. Die Christelike godsdiens bewys juis dat die verskil in geslag deur God gemaak is, en nie vir die mens om chauvinisties en feministies te wees nie.

■ Die seksualiteit van mense dra God se absolute goedkeuring weg. Gen 1:31 "Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en—dit was baie goed."

Die Christelike godsdiens keur juis seks goed, en nie soos die sekulere wereld dit voorhou nie.

■ Seks en die huwelik is God se geskenk aan die mens nog voor die sondeval. Die wonderlike openbaring van een van die doele van seks word in God se Woord reg in die begin uitgespel: "Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde" (Gen. 1:27-28). Hier word die mens opdrag gegee om vrugbaar te wees en te vermeerder en om die aarde te vul. Voordat die sondeval plaasgevind het en selfs hierdie wonderlike geskenk, die seksuele, negatief kom be'invloed het, was die huwelik en die huweliksdaad reeds in die wereld en is ten voile deur God gemaak en goedgekeur. Die Christelike godsdiens bewys juis dat seks daar was, voor sonde in die wereld gekom het, en dat dit goed was en nog steeds goed is. Sien eksegese van Genesis 1:27-28 in hoofstuk 2.

■ Binne die ruimte van die huwelik is die seksuele slegs beperk tot die verbeelding van die egpaar, mits dit geoorloof is en nie oorgelaat word aan sondige praktykte wat God in sy Woord verbied nie. Volgens Smith en Smith (2005:78) is alles geoorloof tydens seks, behalwe die volgende: Seks met diere (Levitikus 18:23), homoseksualiteit (Levitikus 18:22; Romeine 1:26-32), owerspel of egbreek (Eksodus 20:14) en dit sluit enige derde party in, pornografie, sodomie (Genesis 19:1-11) ensovoorts. Die volgende Skrifgedeelte is 'n goeie riglyn om te volg "Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet" (Heb. 13:4). Die Christelike godsdiens bewys juis dat seks onbeperk is en oorgelaat word aan die verbeelding van die egpaar, maar slegs binne God se voorskrifte soos hierbo genoem, en slegs in die ruimte van die huwelik. Sien eksegese van 1 Korintiers 7:9 in hoofstuk 2.

■ Die term van "hulle sal een vlees wees" (Mat. 19:4-6), dui spesifiek hier op die eenheid wanneer man en vrou se liggaam een word tydens die huweliksdaad. Hier praat Jesus oor die eenwording van man en vrou, en dit word as iets onbeskryflik wonderlik goed uitgebeeld, en is ook skaamteloos (Wheat, 1988:32). Volgens Wheat (1988:32) is skaamte in

die huweliksdaad nie deur God se toedoen teenwoordig nie, inteendeel beteken die woord vir eenwording in die oorspronklike taal, om mekaar te ken. Hierdie /cen-woord, die huweliksdaad, se diepste betekenis is dus dat die man en vrou 'n intieme, sagte, teer en persoonlike kennis van mekaar ontdek en mekaar leer ken (Wheat, 1988:32). Die Christelike godsdiens bewys dat die huweliksdaad skaamteloos behoort te wees in die huwelik, en dat dit juis die plek is waar man en vrou mekaar moet leer ken. Sien eksegese van Matteus 19:4-6 in hoofstuk 2.

■ Die resultaat (orgasme) van hierdie wonderlike eenheid met jou getroude maat, die uiting van liefde, is die toppunt van die seksuele, en hier in die Bybel word dit onbeperk vir die huweliksmaats aangebied "mag jy in haar liefde gedurigdeur bedwelmd wees" (Spreuke 5:18-19). Die Christelike godsdiens bewys juis dat die toppunt van die huweliksdaad, die orgasme, as 'n geskenk aan die huwelikspaar deur God gegee is wat hulle gedurigdeur kan ervaar, sonder enige voorbehoud. Sien eksegese van Spreuke 5:18-19 in hoofstuk 2.

■ Seks is nie net vir voortplanting bedoel nie. Dit is ook 'n manier waarop huweliksmaats fisiese plesier aan mekaar kan gee, en dit word duidelik in die Skrif ontbloot deur die Hooglied te lees, Spreuke 5:15-21, en ook Deut. 24:5. Die Christelike godsdiens bewys juis dat seks nie net vir voortplanting is nie, maar ook vir die huwlikspaar se plesier. Sien eksegese van Prediker 9:9 in hoofstuk 2.

■ God hou nie die seksuele as 'n tergende wortel voor die mens en se "dit is nie vir jou nie." Inteendeel is die huwelik die enigste voorwaarde vir die gebruik van seks. Daarom dat Paulus hier skryf: "Maar as hulle hulle nie kan beheers nie, laat hulle trou; want dit is beter om te trou as om van begeerte te brand" (1 Kor. 7:9). Die Christelike Godsdiens bewys juis dat seks slegs bedoel is vir die huwelik. Sien eksegese van 1 Korintiers 7:9 in hoofstuk 2.

5.8.2 Vrees