• No results found

Ander disfunksies verbonde aan die seksuele 1 Verkragting

SEKULERE BESKOUINGS / TEORIE VAN SEKSUELE FRUSTRASIE IN DIE HUWELIK

3.11 Seksuele versteurings as uitvloeisel van seksuele frustrasie

3.11.3 Seksuele disfunksies

3.11.3.1 Ander disfunksies verbonde aan die seksuele 1 Verkragting

Hendrix (2005:196) maak die stelling dat verkragting die oorsaak is van die feit dat die mensdom beroof is van plesier, en dat weerhouding van plesier, as gevolg van Christelike beginsels, die oorsaak is van verkragting. "Rape, in particular, has nothing to do with sexual pleasure, and everything to do with the

lack of, or denial of, pleasure." In teenstelling hiermee se Kalmuss (2004:203) die volgende: "The early learning of "erotic" and dysfunctional sexual scripts is likely to influence subsequent sexual behaviour which may explain why victims of such sexual abuse are more likely to engage in early high-risk sexual activity."

3.11.3.1.2 Moord

Purcell & Arrigo (2006:14) maak die volgende stelling in hulle studie:

"To be sexual, one must have erotic fantasies, and without such imaging, it is impossible to be sexual. Fantasy is a fundamental aspect that accounts for extreme deviation from what is typically normal sexual activity. A factor that distinguishes normal from abnormal imaging is the nature and content of the fantasy. Most abnormal fantasies contain aggressive and sadistic elements."

Purcell & Arrigo (2006:25) se voorts dat "Fantasy is based on memory." Die geheue op sy beurt is onderworpe aan 'n psigologiese proses om 'n voorval wat in die geheue gestoor is te herroep. Wanneer hierdie voorval herroep word, vind daar distorsies langs sekere kanale en lyne plaas. Wanneer nadruk op 'n sekere lyn geplaas word, word hierdie lyn meer en meer dominerend, as gevolg van die positiewe gekondisionerende terugvoer wat dit ontvang. Hoe meer seksueel stimulerend die denkbeeld is, hoe meer kan dit aanleiding gee tot mastuberende denkbeelde. Geleidelik deur kondisionering is dit die denkbeeld wat die oorsaak is dat die persoon meer en meer eroties opgewek word. Wanneer die denkbeelde van seksuele moordenaars ondersoek word, is daar gevind dat hulle seks met aggressie assosieer. 'n Algemene tema wat in hierdie denkbeelde gevind word is die teenwoordigheid van: "Power, domination, molestation and revenge as well as the desire to degrade and humiliate others. Ultimately, the lust murder transforms his fantasies into predatory criminal behaviour."

In baie moordgevalle is die motief seks gewees, en in die geval van Crystal

Todd, 'n 17-jarige tienermeisie in die jaar 1991, was dit geen uitsondering nie. Bell (2001) se die dat aangeklaagde, Ken, se motief vir hierdie moordsaak aggressiwiteit blyk te gewees het. Ken het die polisie vertel dat hy en Crystal na 'n afgelee area gegaan het om seks te he, en daar seks sonder die nodige beskerming gehad het. Hy noem aan die polisie dat toe hy saad gestort het, Crystal absoluut woedend teenoor hom was. Sy het gedreig dat as sy swanger sou raak, sy vir almal sou vertel dat hy haar verkrag het. Haar geskreeu het hom so aggressief gemaak dat hy enigiets sou doen om haar stil te maak. Hy het dus sy mes wat hy in die motor bere gegryp, en haar begin steek. Toe hy agter kom wat hy gedoen het, het hy haar liggaam weggesleep van die motor af en haar lyk in 'n sloot gegooi. Daarna het hy die mes weggegooi en huistoe gery.

3.11.3.1.3 Pornografie

Die woord "pornografie" kom van die Griekse woord "Pornographos" wat die betekenis het van skrywes rondom die seksuele lewe van prostitute en hulle kliente. In hierdie geval is pornografie die uitbeelding van seksuele eksplisiete materiaal vir die wat dit wil lees, die wat daarna wil kyk en vir die wat daarna wil luister (Bennion, 1991:221). Pornografie word in die sekulere wereld voorgehou as goed en noodsaaklik. Louw & Edwards (1993:466) se dat alhoewel laboratoriumstudies aantoon dat mans en vrouens ewe veel op erotiese stimuli reageer, vrouens dikwels verklaar dat hulle nie van die materiaal hou nie. Die verklaring vir hierdie paradoks is dat die materiaal wat vir navorsing gebruik word gewoonlik nie seksisties is nie, terwyl ander erotiese materiaal meestal daarop gemik is om mans op te wek, en vrouens dikwels in vernederende rolle voorstel. "Widespread pornography is indicative to our liberation from sexual repression" (Hendrix, 2005:197). Mans se houdings in verband met seksuele aggressie word nadelig be'fnvloed deur aggressiewe pornografie (Louw & Edwards, 1993:467).

3.11.3.1.4 Seks as 'n finansiele inkomste (prostitusie)

Die verkoop van seks word beskou as die oudste beroep in die wereld. Bennion (1991:210) spreek hom ten sterkste uit teen mense wat hierdie noodsaaklike

dienste afmaak as hoerery. Alle werke wat die mens verrig, word tog deur die brein of hande verrig, waarom word sekswerke dan verdoem? Dit is dan ook deel van die mens se liggaam. In plaas daarvan dat seks wat verkoop word as "hoerery" bekend moet staan, moet dit eerder gesien word as "erotiese Samaritane." Hy gaan voort en maak die volgende twee stellings rondom hierdie aspek:

"It is not immoral to make or receive payment for sexual service willingly rendered. The duty of sex-fulfilment may require a person to pay for what they need rather than go without. The duty of sex-respect requires that prostitutes of both sexes should be well treated and never degraded. They serve a useful and valid social purpose."

3.11.3.1.5 Bloedskande

Bloedskande het 'n noue band met pedofilie soos reeds gemeld in punt 3.11.3.1.5. Volgens Bennion (1991:144) kan bloedskande slegs as nadelig en immoreel beskou word op grond van die volgende drie punte: (1) As dit 'n defektiewe nageslag voortbring, (2) as dit die verhoudings binne die familie skade berokken, (3) as dit immoreel gedoen word met 'n te jong persoon deur 'n baie ouer persoon. Verder volgens horn is daar niks fout met bloedskande nie.

3.11.3.2 Sekere seksuele disfunksies wat aanleiding kan gee tot seksuele