• No results found

Eksegese van Pred 9:9 Tekstuele konteks van die perikoop

2.9 Basisteoretiese perspektiewe op die doel van die seksuele

2.9.4 Plesier Eksegese van Pred 9:9 1 Inleiding

2.9.4.3 Eksegese van Pred 9:9 Tekstuele konteks van die perikoop

Plek van die perikoop binne die boek en binne die Bybel

Volgens MacArthur (1997) kom die Engelse titel van die boek "Ecclesiastes" van die Griekse en Latynse vertaling van die boek van Salomo. Dit beteken "Prediker" en daarom ook die naam van die boek in Afrikaans. Prediker is afgelei van die word ekklesia, en dit beteken op sy beurt weer byeenkoms of vergadering of gemeente in die Nuwe Testament. Albei die Griekse en Latynse weergawes verkry hulle titels van die Hebreeuse titel, Qoheleth, wat beteken "die een wat mense roep of bymekaar maak." Dit dui op die een wat dan die mense toespreek, en daarom dan die benaming "Prediker" (vgl. 1:1, 2, 12; 7:27; 12:8- 10). Die boek Prediker is meestal gelees tydens Pinkster.

MacArthur (1997) maak die stelling dat wanneer daar na die outobiografiese profiel van die boek se skrywer gekyk word, wys dit na Salomo, die seun van Dawid, as die skrywer. Die bewyse hiervoor word gevind in die titel, 1:1, asook

in 1:12; 12:9. Wanneer die skrywer as Salomo geneem word, is die datum van die boek maklik om te bepaal, en dit is nie later as 931 B.C. nie. Volgens Schultz, (1997) is die skrywer egter onbekend, want daar staan in Pred. 1:12 "Ek, Prediker, was koning oor Israel in Jerusalem." Schultz (1997) se voorts dat Salomo as koning begrawe is, en dat hy nie van sy troon afstand gedoen het nie. Hierdie perikoop kan dus nie op Salomo dui nie, maar eerder as een wat die rol van Salomo aangeneem het.

Die boek Prediker word opgedeel in 4 hoofdele: a. Inleiding (1:1 -11)

b. Prediker se ondersoek (1:12 — 6:9) c. Prediker se gevolgtrekkings (6:10 - 12:8) d. Prediker se finale advies (12:9 -14)

Die plek van die perikoop binne die boek van Prediker val dus binne die Prediker se gevolgtrekkings (MacArthur, 1997).

Die genre van die perikoop en van die perikoop se boek

Verskeie sienings geld oor die genre van Prediker, maar die mees algemene genre is "wysheidsliteratuur" (Viviers, 1999:734).

Ontleding van die gedagteopbou van die perikoop

Die basiese genot-opdrag

9:9a Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet,

Die tydperk om die basiese genot- opdrag uit te voer.

9:9b al die dae van jou nietige lewe wat Hy jou gegee het onder die son—al jou nietige dae;

Die rede vir die basiese genot-opdrag

9:9c want dit is jou deel aan die lewe en aan jou arbeid wat jy met moeite verrig onder die son

Openbarinashistoriese plasina van die oerikoop

Die begrip van "geniet" of erotiese liefde kom ook voor in Spr. 5:18-19; Hoogl. 7:6-8 asook in 1 Kor. 7:2-5,9. In al hierdie betrokke perikope handel "geniet" oor dieselfde beginsel, en dit is die genot tydens seksuele omgang met jou huweliksmaat.

Die sosiohistoriese konteks van die oerikoop

Die sosiale, politieke en godsdienstige omstandighede van die eerste lesers/hoorders en hulle reaksie daarop

Agtergrond van Prediker 9:9

Volgens MacArthur, (1997) as die skrywer as Salomo geneem word, is die datum van die boek maklik om te bepaal, en dit is nie later as 931 B.C. nie. Die tydperk val dan volgens Vosloo & Van Rensburg (1993) in Salomo se laaste dae, en is die geadresseerdes Salomo se tydgenote. Die agtergrond van hierdie boek is 'n terugblik oor sy lewe, 'n lewe wat nie altyd na aan God was nie. Die doel van hierdie skrywe was om mense te wys dat hulle nie nodig het om self te leer dat alles buiten God nutteloos en sinneloos is nie (Vosloo & Van Rensburg, 1993).

Volgens Vosloo & Van Rensburg (1993) se die Prediker in Prediker 9:9 dat die mens die lewe (en hier meer spesifiek die vrou met wie die man getrou het) as 'n gawe van God moet geniet, omdat geen mens iets van die toekoms weet nie, maar wat hy wel weet, is dat almal eendag moet sterf. Hy wou dalk hier die mense kritiseer wat alles opsy skuif om rykdom te vergader. Die Prediker vra ook vir hulle wat hulle rykdom nou eintlik beteken. Volgens die Prediker is dit meer belangrik vir die mens om die gawes van God te geniet terwyl hy kan, want niemand weet wat die toekoms inhou nie.

Die geloofskeuses waarvoor die perikoop die eerste lesers/hoorders gestel het Geloofskeuses waarvoor die volk dus gestel is, is om mense te wys dat alles sonder God nutteloos en "n gejaag na wind is.

Woordstudie van belangrike begrippe

"Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet, al die dae van jou nietige lewe wat Hy jou gegee het onder die son—al jou nietige dae; want dit is jou deel aan die lewe en aan jou arbeid wat jy met moeite verrig onder die son."

As daar na hierdie betrokke perikoop gekyk word, is daar twee begrippe wat uitstaan. Die eerste is "geniet", en die tweede is "wat jy liefhet."

Uit die gedagtestruktuur hierbo kan gesien word dat die Prediker in die oorspronklike taal twee begrippe, naamlik "geniet (run / ra'ah)" en "wat jy

liefhet (TIK / 'ahab)" gebruik. Hierdie twee begrippe gaan nou in meer besonderhede bestudeer word.

geniet (nan / ra'ah) - ontleding: verbum

Volgens Enhanced Strong's Lexicon (1995) kom die woord ra'ah 1313 keer in die Skrif voor. Dit word gebruik as "sien" 879 keer, "kyk" 104 keer, "aanskou" 83 keer, "vertoning" 68 keer, "verskyn" 66 keer, "oorweeg" 22 keer, "siener" 12 keer, "spioen" 6 keer, "respek" 5 keer, "waarneem" 5 keer, "voorsien" 4 keer, "verband" 4 keer, "geniet" 4 keer, "siedaar" 3 keer, "voorsien" 2 keer, "hoede" 2 keer en 74 keer deurmekaar vertaal. In die konteks van 9:9 is dit duidelik dat hierdie begrip verwys na'n "geniet" (Ware, 2004).

i ,

Gevolgtrekking:

As daar na die konteks van die begrip (ra'ah) in Pred. 9:9 gekyk word, kan die begrip slegs die betekenis van "geniet" aanneem (Ware, 2004).

"wat iv liefhet ( XIK / 'ahab)" ontleding: verbum

Volgens Enhanced Strong's Lexicon (1995) kom die woord 'ahab 208 keer in die Skrif voor. Dit word vertaal as "liefde" 169 keer, "beminde(s) of mingenot" 19 keer, "vriend(e)" 12 keer, "geliefde" 5 keer, "voorliefde" 1 keer, "lieflik" 1 keer en liefhe 1 keer.

Gevolgtrekking:

In die konteks van 9:9 is dit duidelik dat hierdie begrip verwys na menslike liefde van een persoon na die ander. En dit sluit in familie, sowel as seksuele liefde (Brown Driver & Briggs, 2000).

Skrif-met-Skrifveraelvkina

In Gen. 3:16c; Spr. 5:18,19; Pred. 9:9; Hoogl. 7:7,8 en 1 Kor. 7:2-5, 9 kom dieselfde beginsel van genot voor. Dit dui op seksuele genot wat ervaar word wanneer 'n getroude paartjie seksuele gemeenskap met mekaar geniet (De Bruyn, 1997) (Sien ook eksegese op Spr. 5: 18-19). De Bruyn (1997) se voorts die volgende op grond van die Skrif en veral op grond van die boek Hooglied en

1 Korintiers 7 oor die funksionering van die erotiese liefde in die huwelik:

"Binne die huwelik as liefdesgemeenskap het geslagsgemeenskap nie net 'n plek en 'n funksie met die oog op voortplanting nie, maar het dit ook 'n eie onmiskenbare plek en betekenis. Geslagsgemeenskap word trouens deur man en vrou aangevoel en ervaar as een van die belangrikste maniere waarop hulle uiting gee aan hulle besondere liefde vir en trou aan mekaar en aan die innige wedersydse begeerte om in hulle liefde so na as moontlik aan mekaar te kom en met mekaar een te word. As geslagsgemeenskap onder normale omstandighede in 'n huwelik onmoontlik gemaak word, beteken dit

noodwendig 'n verminking van die huwelik. Man en vrou beroof mekaar dan van een van die belangrikste vorms van huweliksbelewing."

Godsopenbaring in die perikoop

Die Godsopenbaring in hierdie spesifieke perikoop is dat God die seksuele geskep het met die doel om dit geniet. Dit weerspieel die liefde van God Self aan die mens (Stedman, 1995:3).

Opsomming en gevolgtrekking rakende die eksegese van Prediker 9:9

Die eksegese van Pred. 9:9a toon baie duidelik dat God nie net die seksuele geskep het met die doel om voort te plant en vir die uiting van liefde nie, maar ook om dit te geniet. Volgens Arp (1998:30) het God nie net seks beskik as 'n voortplantingsmeganisme en uiting van liefde alleenlik nie, maar dit is ook aan die mens gegee vir loutere genot: "Intended for more than procreation, an intimate, pleasurable sexual experience is the most intense and intimate thing a couple can share".

2.9.5 Samevatting van eksegetiese perspektiewe op die doel van die