• No results found

Die mens se doel met die seksuele

SEKULERE BESKOUINGS / TEORIE VAN SEKSUELE FRUSTRASIE IN DIE HUWELIK

3.8 Die mens se doel met die seksuele

3.8.1 Seks as voortplantingsmeganisme van die mensdom

Pertot (1990:24) noem die motief wat mans en vrouens bymekaar bring om gemeenskap te he die seksdrang. Anders as ander drange, soos honger en dors, sal die mens nie doodgaan as dit nie bevredig word nie. Dit is heeltemal moontlik om gesond en gelukkig te leef sonder 'n seksdrang. Aan die ander kant sal die mensdom natuurlik uitsterf as niemand seks begeer en gemeenskap het nie. Die voortbestaan van die spesies is direk afhanklik van geslagsgemeenskap. In teenstelling met ander motiewe met 'n fisiologiese basis, soos honger, dors en temperatuurregulering, hang die individu se oorlewing nie van die bedreiging van die seksdrang af nie (Louw & Edwards, 1993:464). Davis

(1976:292) maak die stelling dat die koudheid van die vrou ernstige gevolge kan inhou vir toekomstige geluk in die huwelik, en in teenstelling daarmee is impotensie in die man 'n bedreiging vir die voortbestaan van die mensdom.

3.8.2 Seks as liefde

Die empiriese studie van Beste, Bergner en Nauta (2003:127) oor "What keeps Love alive?" identifiseer tien karakter eienskappe van romantiese liefde; (1) Belegging in die welstand van die een wat jy liefhet; (2) Intimiteit; (3) Seksuele drang; (4) Eksklusiwiteit; (5) Aanvaarding; (6) Respek; (7) Verstaan van mekaar; (8) Outoriteit; (9) Vertroue en (10) Plesier. Hierdie tien eienskappe vorm 'n komplekse integrale wisselwerking met mekaar om die ware "romantiese liefde" na vore te bring. Hierdie is die raamwerk van liefde, en die een kan nie sonder die ander nie.

Volgens Kalmuss (2004:199) word seks as liefde soms heeltemal verkeerd verstaan. Kalmuss (2004:199) maak die stelling dat die groep norm is dat meisies wat seksueel aktief is met seuns wat hulle "lief" het, aanvaarbaar is; maar seks sonder "liefde" definieer meisies as "goedkoop." Verder word die geloofwaardigheid van "liefde" verdun met tyd as 'n meisie haar tweede seunsvriend het. Devenish et al. (1992:119) maak die volgende stellings rondom seks as liefde: Seks is nie liefde nie, maar is slegs 'n teken van liefde en dit vorm maar slegs een deel van die raamwerk van liefde binne 'n verhouding. Dit is heeltemal moontlik om seks te he sonder liefde, met ander woorde, die omgekeerde van hierdie stelling sal dan ook waar wees: 'n verhouding kan sonder seks oorleef, maar kan nie sonder liefde oorleef nie. Met ontbreking van liefde in 'n seksuele verhouding sal dit lei na die volgende:

- Satisfaksie op slegs 'n fisiese vlak. - Klem word gele op "performance".

- Geen gevoel vir die ander persoon se gevoelens of genietinge nie. - Seks net vir jou eie plesier.

- Gevoelens van skuld en skaamte word gereeld na die tyd ondervind.

Liefde volgens Beste et al (2003:135) en Devenish et al (1992:119) is die omgee vir en inagneming van die ander persoon se gevoelens. Dit behels 'n vennootskap in die verhouding ongeag die besluite wat oor seksuele aktiwiteite geneem word, kommunikasie oor gevoelens, oor wat die individue binne die verhouding glo, hulle vrese en besluite random seks en ander seksuele aangeleenthede. Daar moet respek vir mekaar wees. Verhoudings gebou op liefde neem tyd, moeite, en geduld. Gevoelens van sekuriteit en vertroue ontwikkel. Dit beteken om jouself te wees in hierdie verhouding, en nie om blootgestel te voel nie. Die seksuele verhouding wat die bogenoemde bevat, is die seksuele verhouding wat die meeste beloning inhou vir 'n verhouding tussen twee mense. Om liefde te maak, is nie altyd seks nie. Dit behels al die bogenoemde eienskappe.

Davis (1976:26) het die volgende te se oor liefde: "Man is capable of many kinds of love - of God, of his children, his friends, his parents. But sexual love, born of the profound procreative drive, has meaning and sanctity which divides it from all other loves. It has greatest value in marriage. For man, the purpose of sex is love."

3.8.3 Seks as plesier

Bennion (1991) se hele studie is gebaseer op seks as plesier. Die Bybel en die vroee kerkvaders se siening random die seksuele het die ganse mensdom beroof van broodnodige seksuele, plesier. Louw & Edwards (1993:464) se: "Seksualiteit speel 'n belangrike, en dikwels beslissende rol in baie intieme verhoudings. Dit verskaf geweldige bevrediging as sake goed verloop, of in teenstelling daarmee, ontsettende kwellings (frustrasie) as dit nie die geval is nie."

Bright, (1999:76) maak die stelling dat die mens 'n seksuele wese is. Seksualiteit moet beter gei'ntegreer word in die mens se psige. Die bewys daarvan is dat seksualiteit toegegooi is onder skuldgevoelens, skaamte, vrees, en bykans totale

ontkenning in al die segmente van die samelewing. Die mens het 'n reg om sy seksualiteit te beoefen in die konteks van sy soewereiniteit. Bright (1999:76) gaan voort om te se: "Sexual sanity has yet to manifest on our planet!"

So onlangs as net voor die 1ste Wereldoorlog, was die prys wat 'n vrou vir sekere regte soos om 'mevrou' voor haar naam te kon skryf, en ook om 'n voedsel kaartjie te bekom, seksuele toewyding wanneer ookal haar man daarna vra. As sy om 'n onverklaarbare rede ontdek dat seks vir haar plesier gee, het sy dit nooit laat blyk of haar man daarvan vertel nie (Davis, 1976:36).

3.8.4 Gevolgtrekking:

Die doel van die seksuele volgens die sekulere mens is nou verbonde aan die doel wat die Bybel aan die seksuele koppel. Eerstens is dit daar vir plesier, tweedens vir voorplanting en laastens ook vir liefde. In teenstelling met die kind van God, plaas die sekulere mens geweldig baie klem op die plesier van die