• No results found

Gevolgtrekking van empiriese ondersoek

'n EMPIRIESE ONDERSOEK NA DIE AARD VAN SEKSUELE FRUSTRASIE IN DIE HUWELIK

4.4 Empiriese ondersoek metode

4.4.4 Gevolgtrekking van empiriese ondersoek

Volgens die empiriese ondersoek is daar 'n definitiewe teenwoordigheid van seksuele frustrasie in huwelike. Alhoewel die algehele persentasie van sommige paartjies dui daarop dat hulle sekslewe geen probleme het nie, word die seksuele frustrasie wel ontbloot deur die positiewe en negatiewe vrae te skei. Dus kan daar die volgende afleidings gemaak word:

Die meeste van die paartjies dui aan dat hulle wel huwelikstevredenheid beleef, maar huwelikstevredenheid dui nie noodwendig daarop dat daar 'n gesonde sekslewe bestaan nie. Waar daar 'n gesonde sekslewe is, is dit duidelik dat daar 'n goeie huwelikstevredenheid is ten opsigte van die mans, maar wat nogal interessant is dat die vrouens oor die algemeen 'n groter seksuele frustrasie beleef as die mans, en tog dui hulle aan dat hulle 'n goeie huwelikstevredenheid beleef. Die gevolgtrekking wat die navorser daaruit kan maak is dat seks nie soseer die bousteen in die huwelik is vir die vrouens nie, maar wel vir die mans. Dit klop met die stelling dat seks vir die man 'n baie groter rol in die huwelik speel as die vrou. Anders as by die man, beleef die vrouens wel seksuele frustrasie, maar is seks nie die alfa en die omega in die huwelik nie.

As die gemiddeld van 5 paartjies se mans en vrouens afsonderlik geneem word, word die volgende afleidings gemaak: Vrouens beleef oor die aigeheel minder seksuele tevredenheid as die mans. Vrouens, ten opsigte van die positiewe seksuele tevredenheidskaal, beleef meer seksuele frustrasie as die mans. Vrouens het 'n meer konserwatiewe houding omtrent die seksuele. Mans beleef in 'n mindere mate algehele huwelikstevredenheid as die vrouens. Met die

huwelikstevredenheid se positiewe en negatiewe skaal, beleef vrouens in 'n groter mate huwelikstevredenheid as die mans, en dit terwyl die vrouens meer seksuele frustrasie beleef as die mans.

Die verskillende persentasiepunte tussen mans en vrouens is 'n aanduiding dat daar kommunikasie in die huwelike ontbreek. Kommunikasie is een van die grootste oorsake van seksuele frustrasie in die huwelik. Waar man en vrou nie eers behoorlik met mekaar kan praat nie, hoe kan die mees intieme oomblik tussen man en vrou oop en spontaan en liefdevol wees? Hierdie is weer 'n oorsaak van vrees. Vrees word veroorsaak omdat man en vrou nie teenoor mekaar openlik kan wees nie, en dit bring geweldige seksuele frustrasie mee. Dit kan afgelei word uit die hoe persentasie vrouens wat seksueel gefrustreer is. Hulle het dalk hierdie vrees, omdat hulle nie vir hulle maat iets wil se wat dalk 'n konfrontasie kan veroorsaak nie, en gee dan maar toe aan die seksdaad, alhoewel dit hulle frustreer en nie aan hulle eie behoeftes voldoen nie. Dit kan verder daarop dui dat die mans oor die algemeen baie dominerend is, en as hulle seks wil he, dan aanvaar hulle nie nee vir 'n antwoord nie.

4.5 SAMEVATTING VAN HOOFSTUK 4

Uit hoofstuk 4 kan die volgende gevolgtrekkings gemaak word:

■ Volgens die empiriese ondersoek is daar 'n definitiewe teenwoordigheid van seksuele frustrasie in huwelike. Alhoewel die algehele persentasie van sommige paartjies dui daarop dat hulle sekslewe geen probleme het

nie, word die seksuele frustrasie wel ontbloot deur die positiewe en negatiewe vrae te skei.

■ Ten opsigte van die mans en in 'n meerdere mate die vrouens, dui huwelikstevredenheid nie noodwendig daarop dat daar 'n gesonde sekslewe bestaan nie. Waar daar 'n gesonde sekslewe is, is dit duidelik dat daar 'n goeie huwelikstevredenheid is.

■ Ten opsigte van die vrouens, en in 'n mindere mate die mans, hang huwelikstevredenheid nie noodwendig af van 'n gesonde sekslewe nie.

Waar daar 'n seksuele frustrasie teenwoordig is by die vrou, is dit duidelik dat daar nog steeds 'n goeie huwelikstevredenheid is.

■ Vrouens is oor die algemeen meer konserwatief ten opsigte van die seksuele as die man.

■ In gevalle waar die man meer liberaal is in sy uitkyk ten opsigte van die seksuele, kan dit dalk die deur oopmaak na vinnige oplossings vir seksuele frustrasies in die huwelik, soos byvoorbeeld buite-egtelike verhoudings, masturbasie ens.

■ Die seksuele sy van die huwelik bly nog steeds 'n groot geheim vir enige buitestaander. Dit is selfs vir 'n huweliksberader moeilik om eerlike, openlike en betroubare antwoorde te kry. Een bewys daarvan is dat elkeen van die 15 paartjies aan wie vraelyste gegee is die opsie gehad het om sy of haar naam op die vorm in te vul indien hulle terugvoering wil he. Daar het slegs 8 vraelyste teruggekom, en almal het anoniem gebly.

4.6 Gevolgtrekking:

Uit hierdie empiriese studie het dit dus duidelik na vore gekom dat die Christen nie gevrywaar is teen seksuele frustrasie nie. Die gemiddelde Christen-paartjies gaan wel gebuk onder seksuele frustrasie, soos hierdie studie bewys. In die lig van die uitslae van hierdie empiriese navorsing is dit duidelik dat 'n gesonde openlike beradingsmodel daargestel moet word, om mense wat gebuk gaan onder seksuele frustrasie, suksesvol te kan beraad. Hierdie model moet openlik verkondig word vanaf preekstoele en dit moet beskikbaar gestel word vir predikante en pastorale beraders, en in so mate dat selfs die wat ontken dat hulle gebuk gaan onder seksuele frustrasie, dit kan beproef om te sien of daar plek vir verbetering is sodat hulle die huwelik te kan smaak soos God dit oorspronklik geskep het.

HOOFSTUK 5

PASTORALE RIGL YNE OM SEKSUELE FRUSTRASIE IN