• No results found

Postmodernisme is onversoenbaar met tradisionele leerstellings

3.3 Die versoenbaarheid van postmodernisme met die Gereformeerde leerstellings

3.3.5 Postmodernisme is onversoenbaar met tradisionele leerstellings

Die vraag is egter: is dit moontlik om ʼn Christen te wees en terselfdertyd die postmoderne filosofie uit te leef? Volgens Van Zyl (2008:12) is die antwoord op hierdie vraag onomwonde "nee"37. Dit is egter onvermydelik dat mense wat in ʼn postmoderne samelewing leef, deur hierdie tydgees beïnvloed gaan word. Volgens my kan daar hoogstens gesê word dat die positiewe eienskappe van postmodernisme wel konstruktief aangewend kan word.

Die postmoderne tydgees maak in die meeste gevalle aanspraak op idees wat teenstrydig is met die Christelike geloof. Postmoderne idees is onversoenbaar met Christelike leerstellings; die aanvaarding van die een beteken noodwendig die verwerping van die ander (Van Zyl, 2008:12).

Daar is baie mense wat hierdie probleem probeer oorbrug deurdat hulle hul lewens in kompartemente verdeel. Hulle beskou postmodernisme as hulle lewensbeskouing, en terselfdertyd hulle Christenskap as iets wat slegs in die geestelike dimensie uitgeleef word.

Volgens Van Zyl (2008:12) het sulke mense ʼn dualistiese beskouing, terwyl Christenskap ʼn verenigde lewensbeskouing behels van iemand wat in sy totale menswees aan God behoort. God vereis van die mens totale toewyding van siel, gees en liggaam. Die vraag kan gevra word of die postmodernistiese toepassing van Christenskap nog werklik aan God se standaarde van Christenskap voldoen?

Postmodernisme plaas myns insiens ʼn beperking op Christenskap, tot so ʼn mate dat dit nie meer ʼn impak kan maak op ander en op jou eie lewe nie. Die volgende tabel illustreer die feit dat Christenskap en postmodernisme twee lewensbeskouings is wat direk in stryd is met mekaar (Van Zyl, 2008:12):

Onderstaande tabel dui ook aan watter van die punte relevant is tot Spangenberg se Skrifbeskouing.

Saak Postmodernisme Gereformeerde standpunt

Sonde Daar bestaan nie sonde nie. Sonde is ʼn realiteit wat die mens van God skei (NGB, Artikel 15).

Waarheid Daar bestaan geen objektiewe waarheid nie (Grenz, 1996:14).

Waarheid bestaan en word deur God geopenbaar in Jesus Christus

(Reymond, 1998:74).

37 Die stelling van Van Zyl (2008:12) is baie radikaal. Daar kan wel mense wees wat myns insiens aspekte van

Relativisme Alles is relatief en onderhewig aan taal en kultuur (Spangenberg, 1998:108).

God en die Bybel is ons as Christene se standaard (NGB, Artikel 3).

Mens Die mens is ʼn onbelangrike dier. Geskape na die beeld van God, maar het geval (NGB, Artikel 14).

Indiwidualiteit Bestaan nie werklik nie. Deur God geskape en ewigdurend. Moraliteit Tyd- en indiwidu-gebonde. Deur God bepaal en in die Bybel

voorgeskryf. Bybel Is bloot mense se woorde en is oop

vir dekonstruksie (Spangenberg, 1998:108).

Die Bybel is God se Woord wat deur mense op skrif gestel is. God openbaar homself deur sy Woord (Boice, 1986:48).

Redding Onnodig (Spangenberg, 2005a:2) Deur Jesus se kruisdood word die mens met God versoen (NGB, Artikel 21).

Jesus Hy was ʼn profeet. Christenskap werk vir sommige, maar nie vir almal nie.

Jesus is die Seun van God wat redding bring vir almal wat in Hom glo. Sonder Hom kan niemand gered word nie.

Opstanding Mite met betekenis (Spangenberg, 2004h:1).

Dit is ʼn feitlike gebeurtenis (Apostoliese Geloofsbelydenis). Multikulturaliteit Onmoontlik Sigbaar in die universele kerk.

3.3.6 Gevolgtrekking

In Joh. 14:6 verklaar Jesus Homself as die "Weg en die waarheid en die lewe". Daar kan dus gesê word Jesus is die waarheid. Deur te verklaar dat daar nie iets soos absolute waarheid bestaan nie, is so goed soos om te sê dat daar geen Jesus bestaan nie. Volgens postmodernisme maak taalverskille dit onmoontlik om ʼn stelling te maak wat waar is (Grenz, 2003:63).

Dit sou dieselfde wees as om te sê dat mense wat met verskillende vervoermiddels reis, nie by dieselfde bestemming kan uitkom nie. Van Zyl (2008:14) verwys na die volgende aanhaling van Groothuis:

"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictators of our passions, they cannot alter the state of facts and evidence. Truth is neither pigmented nor gendered. There is no "black truth" or "white truth" or "red truth" or "grey truth" or "woman's truth" or "male truth". Truth is a property of only those statements, propositions and beliefs that match objective reality; it matters not who utters them, where they are uttered or why they are uttered."

Hierdie aanhaling rugsteun die argument dat absolute waarheid wel kenbaar is, en dat dit nie op grond van taal, kultuur of persoonlike belewing gediskrediteer kan word nie.

Volgens Van Zyl (2008:15) staan die postmoderne parafrase van Jesus se woorde in skrille kontras met die uitsprake soos wat dit in die Nuwe Testament gevind word. Hy glo ook dat postmoderniste besig is om die hart van die evangelie uit te ruk38.

Die kerk is juis geroep om ʼn onafgewaterde weergawe van die evangelie aan mense te bring. Die inhoud van die Christelike boodskap is onveranderbaar, maar die aanbiedingswyses is aanpasbaar by die eienskappe en behoeftes van mense wat leef in ʼn postmoderne era.

Dit blyk duidelik dat postmodernisme onversoenbaar is met tradisionele leerstellings. Die vraag kan egter gevra word: In watter era was die mens die meeste objektief, in die premoderne39 tyd of in die postmoderne tyd? Verwag God nie juis dat ons geloof kinderlik moet wees nie?

38 In die vorige hoofstuk is dit duidelik dat Spangenberg besig is om presies dieselfde te doen. Sy aanval op

Gerformeerde leerstellings maak die evangelie kragteloos.

39 Spangenberg (2009c:38) is juis van mening dat die leerstellings wat hulle oorsprong gevind het in die

Is geloof nie juis ʼn vertroue op die dinge wat ons nie kan sien nie? Heb.11:1 stel dit duidelik dat geloof nie iets is wat die mens kan uitredeneer, dekonstrueer of relativeer nie. Deur dit te doen, sal ons die waarde van geloof totaal en al stroop van alle outoriteit.