• No results found

2.3 Die konsekwensies van Spangenberg se Skrifbeskouing

2.3.7 Die dogma van erfsonde

Volgens Spangenberg (2004j:1) het godsdiensdebatte aangetoon dat daar duidelik twee groepe teenoor mekaar staan.

Een groep beklemtoon die tradisionele Christelike dogma waar die ander groep nuwere feite beklemtoon wat deur eeue se intensiewe Bybelnavorsing en wetenskaplike kennis aan die lig gebring is. Spangenberg (2004j:1) verwys na die tradisionele leerstuk oor sonde soos volg:

Die volgende tekste vorm almal ʼn integrale deel van die tradisionele leerstuk oor sonde: Genesis 2-3; Psalm 51:7; Romeine 5:12, 18-19. Hierdie leerstuk is grootliks te danke aan die kerkvader Augustinus (354-430).

Augustinus het geglo dat daar ʼn oer-egpaar Adam en Eva was, wat sowat 6000 jaar gelede geleef het. Hulle was perfek en sondeloos en die tuin waarin hulle geleef het, was onoortreflik. Hierdie wêreld het in duie gestort die dag toe Eva besluit het om God se gebod te verontagsaam.

God het die mens uitdruklik gebied om nie te eet van die boom van goed en kwaad nie, maar die slang het haar met slinkse redenasies oorreed. Eva het geëet en ook vir Adam daarvan gegee. Toe God daarvan hoor, het Hy hulle uit die tuin verban en ook baie swaar gestraf.

Die straf behels dat Adam van daardie dag af baie hard moes werk en dat Eva haar kinders met pyn die wêreld moes inbring. Die slang is ook gestraf en hy moes van daardie dag af op sy pens seil en daar was permanente vyandskap tussen die slang en die mens.

Die gevolg van hierdie oersonde is dat almal en alles nou stukkend was. Die hele mensdom is in ellende gedompel. Dawid het in Ps 51:7 die volgende geskryf oor hierdie pynlike toestand waarin die mens homself tans bevind: "Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang." Die ongehoorsaamheid van Adam en Eva het die mensdom soos 'n virus besmet. Paulus verklaar egter in Romeine 5 dat Jesus die ellende en sonde wat Adam in die wêreld ingebring het, omgekeer het. In die plek van sonde staan vergifnis en vryspraak. Jesus het die sonde op Hom geneem sodat die res van die wêreld kan leef. Bogenoemde is die Christelike leer oor sonde in kort opgesom (Spangenberg, 2004j:2).

Spangenberg (2004j:2) beweer dat Bybelwetenskaplikes die afgelope driehonderd jaar die boeke van Genesis, Psalms en Romeine intensief bestudeer het. Hierdie studies het getoon dat die tradisionele leerstuk oor die sonde berus op interpretasies wat nie waterdig is nie. Hy verwys na die volgende voorbeelde (Spangenberg, 2004j:2):

Daar is nie een skeppingsverhaal nie, maar twee (Gen. 1 en Gen. 2-3). Nie een van die verhale kan as geskiedenis geklassifiseer word nie (Spangenberg, 2004j:2). Dit beteken dat daar nooit ʼn regte Adam en ʼn Eva bestaan het nie, hulle was slegs verhaalkarakters. Genesis 2 en 3 vertel nie hoe sonde die wêreld ingekom het nie, maar hoe die mens sy paspoort om vir ewig te lewe, verbeur het. Die slang het Eva weggelok van die tweede boom – die boom van die ewige lewe. Die slang het haar die vrugte van die boom van kennis van goed en kwaad aangebied.

Volgens Spangenberg (2004j:2) is die slang nie verteenwoordigend van Satan nie. Latere vertellings het die slang gelyk gestel aan Satan. Die slang is ʼn verhaalkarakter wat net soos ander dierekarakters kan praat.

Psalm 51 is ʼn gedig wat vermoedelik nie deur Dawid geskryf is nie, maar deur ʼn onbekende skrywer na die Babiloniese ballingskap (587-539 v.C.). Die opskrif ʼn Psalm van Dawid is ʼn latere toevoeging.

Die woorde "Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore en in sonde het my moeder my ontvang" (Ps. 51:7) het volgens Spangenberg (2004j:2) niks met erfsonde te doen nie. Dit is eerder ʼn hiperbool waar die digter sy eie geneigdheid om verkeerd te doen betreur. In Romeine 5 stel Paulus die eerste Adam teenoor die tweede Adam. Die opmerklike is egter dat Paulus Eva glad nie vermeld nie.

Spangenberg (2004j:2) skryf dit toe aan die feit dat vroue as halfwas-mense beskou is. Eva kon tog nie die teenhanger van die manlike Jesus gewees het nie. Paulus se beheptheid met die wet is te wyte aan die feit dat hy self ʼn Fariseër was. Volgens Paulus het die wet geen rol meer te vervul nie. Jesus se kruisdood het die wet en die profete vervul.

Volgens Spangenberg (2004j:2) ontken toegewyde Bybelwetenskaplikes allermins die aanwesigheid van sonde. Hulle reken bloot dat mense nie sondaars is omdat hulle so gebore word nie, maar omdat hulle verkeerd kies en handel. Ons is daarom nie sondaars vanweë ons voorouers nie, maar vanweë die feit dat ons daagliks verkeerd kies en handel.

Spangenberg (2004j:2) verwys na die volgende aanhalings uit onlangse publikasies as bewys dat ander geleerdes sy oortuiging deel dat die Bybel nie erns maak met erfsonde nie. Die volgende gedeelte voer ook nie aan dat die dood deur Adam en Eva se toedoen in die wêreld in gekom het nie. Spangenberg (2004j:3) verwys na die volgende aanhaling van die Skotse Ou-Testamentikus Alastair G Hunter20:

"We were not created evil; our birth is not inevitably contaminated by the genetic inheritance of a mythic fall from grace. It has always puzzled me that intelligent people, who are well aware of the nature of genetic processes and evolutionary biology, can still propound the inexpressible nonsense that, because some legendary forefather and mother committed wrongdoing, bad blood has somehow entered the human race."

James Barr word soos volg aangehaal deur Spangenberg (2004j:3):

20 Spangenberg verwys telkens na die werke van James Barr, Sibley Tower, Freeman, Cees Den Heyer, Harold

"The thought that all death, at all times and in all circumstances, is due to a primeval fault is difficult to take seriously, and all the more so when we perceive that Old Testament scripture by no means supports this idea.

Similarly, the belief that God really, on the ground of a fault committed by two humans in the beginning of the world, ordained death as a destiny for all later humanity, throughout history, has truly staggering effects on the idea of God.

Now modern Old Testament scholarship has, I think, been agreed that the Pauline use of the story (we should call it a use rather than an interpretation) does not fit the actualities of the text. In that sense, even if Brunner may have brushed aside Köhler's judgement in 1926, competent scholarship has continued to conclude that, at least on the negative side, Köhler was right. The story of Adam and Eve was not the story of the 'Fall of Man' in the traditional sense.

At the end of a survey of mainstream modern scholarship, Sibley Towner (1984:81) pronounced it as 'univocal in all the literature of the main stream' that:

There is no Fall in scripture, if by Fall one means the doctrine of the shattering of the divine image in humankind, the loss of immortality at an early moment in human history, and the inexorable transmission of the original sin through human genes ever after. There is no account of the origin of evil and no primeval encounter with Satan."

Spangenberg (2004j:3) verwys ook na die volgende aanhaling van die vroulike teoloog Anne Primavesi:

"Since the time of Augustine, mainstream Christianity has held that without Adam's sin, there would be no death. But because Adam sinned and left us prey to the power of death, we need a saviour. The 'anthropo-logic' implies, indeed states, that we human beings were distinguished from all others by being created by God to live forever. Our salvation by Christ means that God's purpose stands, and that we alone, out of all species, are to be exempt from death."

Volgens Spangenberg (2004j:3) is die leer oor die erfsonde en die leer van die dood as die straf op sonde uitgediende leerstukke wat in ʼn argief hoort. Hy beweer ook dat Augustinus se kennis van Hebreeus gering was en dat hy op grond van Griekse en Latynse vertalings hierdie rare leerstellings geformuleer het. Augustinus se siening berus volgens Spangenberg (2004j:3) nie op goeie eksegese nie, maar eerder op filosofiese aannames wat ons nie verder kan onderskryf nie. Die studie van menslike gene en evolusionêre biologie maak dit ook onmoontlik om verder aan hierdie leerstellings te bly vasklou.