• No results found

Die rol wat baie Suid-Afrikaners sowel as buitelanders in hulle kapasiteit as Christene in die stryd teen apartheid gespeel het, is ‘n onderwerp wat nie na wense gedokumenteer is nie. Alhoewel veranderinge in kerke stadig plaasgevind het en die kerke in Suid-Afrika dikwels in sekere gevalle bygedra het tot die polarisering van ras in Suid-Afrika, is dit veral gedurende die 1980’s wat die kerke in Suid-Afrika ‘n belangrike rol in die stryd teen rassediskriminasie en die apartheidsbeleid gespeel het. Verskeie kerklike instellings het ‘n rol gespeel.

      

14 NG Kerk Argief en Bestuursinligtingsdienste (ABID), Stellenbosch, Sakelys van die vier-en-

twintigste Sinode van die NG Kerk in Afrika – OVS, wat vergader te Hoopstad op 24 September 1991 E.V.D., p. 30.

94 

Alhoewel die NGK geen direkte rol in die stryd teen die apartheidsbeleid gespeel het nie, het veranderinge binne die NGK ‘n belangrike uitwerking op die politiek van Suid- Afrika gehad, omdat ‘n NGK wat die hervormings sou teenstaan wat reeds gedurende die 1980’s aan die gang was, die land selfs meer sou polariseer.16 Behalwe vir die NG- kerkfamilie wat so ‘n prominente rol in die stryd teen die apartheidsbeleid gespeel het, met natuurlik die uitsondering van die drie Afrikaanse susterskerke, het die meeste kerke die vryheidstryd in ‘n mindere of meerdere mate gesteun.17

Vanuit die buiteland het die NGK óók onder geweldige druk verkeer om te verander. ‘n Belangrike ontwikkeling in dié opsig is toe die Gereformeerde Kerke in Nederland (GKN)18 en die NGK hulle bande met mekaar verbreek het. Dit was ‘n besondere bitter ontwikkeling vir die NGK omdat die NGK uit die GKN gevloei het. ‘n Verbreking van die bande tussen dié twee instellings het dus die einde van ‘n baie lang tradisie beteken en ook as ‘n soort beëindiging van die eenheid in leer tussen die twee kerke deurdat die een die teologiese regverdiging van die apartheidsbeleid as on-Christelik beskou het terwyl die ander dit as ‘n regverdige beleid gepropageer het.19

Die verhoudinge tussen die NGK en die GKN het gedurende die 1970’s al vinniger agteruitgegaan. Dit is veral die Soweto-onluste van 1976 wat Suid-Afrika se beeld geknou het en wêreldwyd is daar op ‘n spoedige oplossing vir die konflik in Suid-Afrika gehoop. Een van die redes wat veral onmin tussen die leierskap van die NGK en die GKN gesaai het, was die GKN se indirekte befondsing van vryheidsbewegings in Suid- Afrika as deel van die Wêreldraad van Kerke (WRK) se Program ter Bestryding van Rassisme (PBR). Die NGK het daarop aangedring dat die GKN hul finansiële ondersteuning aan die PBR staak. Gemoedere is veral op die spits gedryf toe ‘n predikant van die NGK, ds. H. Brand, en sy eggenote op 23 Augustus 1977 deur terroriste aangeval

      

16 Ibid.; H. Giliomee, Die Afrikaners. ‘n Biografie, p. 575.

17 R.W. Johnson, South Africa’s brave new world. The beloved country since the end of Apartheid,

p. 309.

18 Die GKN het gedurende die 16de eeu na afloop van die hervorming tot stand gekom. Die GKN is

veral deur die leerstellinge van Johannes Calvyn beïnvloed. Dis belangrik om daarop te let dat die Kaap vir baie jare ‘n kolonie van Nederland was. Vir meer inligting aangaande die GKN sien Neder- duitse Gereformeerde Kerk, Ons Nederduitse Gereformeerde Kerk. Gedenkboek by ons derde

eeufees, 1952, pp. 1-23.

95 

en vermoor is. Die NGK en die GKN het uiteindelik in 1979 alle bande met mekaar verbreek.20 Die NGK het reeds op 6 April 1978 besluit om bande met die GKN te staak nadat eersgenoemde die GKN voor ‘n ultimatum gestel het om tussen die vryheids- bewegings in Suid-Afrika en die NGK te kies. Die GKN het in 1976 hulle steun aan die befondsing van die vryheidsorganisasies gestaak om in gesprek met die NGK te tree, maar die vergadering wat op 16 en 17 Januarie 1978 plaasgevind het, was onsuksesvol. Gevolglik het die verhoudinge tussen die GKN en die NGK versuur waarna alle kontak uiteindelik verbreek is.21

Alhoewel die NGK se breuk met die GKN ‘n terugslag vir die NGK was, het die gevoel by sommige teoloë binne die NGK bestaan dat die GKN nie objektief oor Suid-Afrika se sake kon oordeel nie, omdat die GKN nie simpatiek genoeg teenoor die situasie in Suid- Afrika is nie. Alhoewel Nederland en Suid-Afrika ‘n besondere band het as gevolg van Suid-Afrika se koloniale geskiedenis en die ontstaan van die NGK, wat histories vir die blankes as ‘n fisiese bewys van hul verwantskap aan die Europese beskawing dien, was die verskille in wêreldbeskouing teen die laat 20ste eeu van so ‘n aard dat daar nie noemenswaardige begrip bestaan het nie. Veral teoloë binne die NGK het ‘n arrogansie bespeur in die wyse waarop die GKN met die NGK gehandel het.22

Die NGK het gevolglik ál meer geïsoleerd geword as deel van ‘n georganiseerde poging deur veral die internasionale Christelike gemeenskap om die NGK te dwing om van koers te verander. In 1982 het die Christian Reformed Church van die VSA, die Switserse Gereformeerde kerke en die Duitse Gereformeerde Bond hulle bande met die NGK verbreek uit protes teen die NGK se teologiese regverdiging van apartheid. Ook die United Congregational Church of Southern Africa het in daardie jaar alle bande met

      

20 P.J. Strauss, Die Nederduitse Gereformeerde Kerk en die Gereformeerde Kerke in Nederland:

betrekkinge rondom die Suid-Afrikaanse rassevraagstuk (Ph.D.-proefskrif, Universiteit van Pretoria,

1983), pp. 462-480.

21 P. Strauss, “Toenemende isolasie deurbreek – die NG Kerk en die ekumene 1974-1998” in Coertzen

(red.), pp. 384-385.

22 B.J. van der Merwe Privaatversameling, Onderhoud met F. Wessels, Belville, 16.08.2010; B.J. van

96 

die NGK verbreek. Die NGK het dus skielik binne ‘n kwessie van enkele jare in ‘n geïsoleerde instelling verander.23

Die WRK het in die dekades na afloop van die Cottesloe-beraad voortgegaan om te poog om die apartheidsbeleid tot ‘n einde te bring. Behalwe vir die WRK se finansiële hulp aan die vryheidsbeweging het dié organisasie ook ‘n rol in die isolasie van die NGK gespeel. Direkte konfrontasie was gedurende die 1980’s egter lank reeds iets van die verlede. In 1972 het die sentrale komitee gevra dat al die lidkerke van die WRK, asook individuele Christene wêreldwyd, alle moontlike invloed sal gebruik om beleggers te ontmoedig om in Suid-Afrika te belê. Die WRK het nooit anders as krities teenoor die apartheidsbeleid gestaan nie.24

Ofskoon die WRK ‘n belangrike rol in die isolasieproses van Suid-Afrika in die algemeen en die NGK in die besonder gespeel het, is die WRK nie ‘n instelling wat ‘n deurslaggewende invloed op die NGK uitgeoefen het nie. Die WRK is ‘n instelling wat wydverspreid deur NGK-teoloë geïgnoreer is vanweë dié raad se oënskynlike liberale benadering ten opsigte van sake van teologiese aard. Die WRK is deur beide die regering van die dag sowel as die NGK gesien as ‘n instelling wat ‘n bedreiging vir Suid-Afrika inhou en wat die land nie goedgesind is nie. Dit was as’t ware makliker vir leiers binne die NGK om nie die WRK se aktiwiteite ernstig op te neem nie.25

‘n Verdere organisasie wat ook in verset teen die apartheidsbeleid die NGK gekritiseer het, is die Gereformeerde Ekumeniese Sinode (GES).26 Die GES het in 1983 tydens ‘n vergadering in Chicago die NGK versoek om hulle steun aan die apartheidsbeleid te onttrek en binne drie jaar verslag te lewer oor hul vordering in die verband. Die NGK het in reaksie hierop hulle lidmaatskap aan die GES na afloop van die gebeure gestaak. Teen

      

23 C. Boshoff, “Verhoudinge in die Ned. Geref. Kerkfamilie” in Tydskrif vir Geesteswetenskappe 23(2),

Junie 1983, pp. 81-90.

24 Report of the Eminent Church Persons Group, South Africa: the sanctions mission, pp. 19-20. 25 B.J. van der Merwe Privaatversameling, Onderhoud met F. Wessels, Belville, 16.08.2010.

26 Die GES is ‘n instelling wat elke vier tot vyf jaar vergader oor teologiese sake wat belangrik in

Gereformeerde kerke wêreldwyd is. Die GES is in 1946 in die VSA gestig en het hoofsaaklik uit behoudende Gereformeerde kerke bestaan. Deur die loop van sy bestaan het die GES op gereelde basis die NGK gekritiseer weens die kerk se ondersteuning van die regering se apartheidsbeleid. Vir meer inligting sien byvoorbeeld Geldenhuys, pp. 96-102.

97 

die middel van die 1980’s was die NGK dus ‘n geïsoleerde instelling wat in die spervuur gestaan het van felle kritiek dat hulle die gesag en geloofwaardigheid van die kerk in die oë van die internasionale gemeenskap grootliks ondermyn het.27 Dit het egter ook beteken dat die invloed wat die internasionale gemeenskap van Christene op Suid-Afrika uitoefen in ‘n sekere sin beperk was. Kerke kon reken op die steun van die internasionale gemeenskap, maar die internasionale gemeenskap van gelowiges was weinig direk by die debatte binne Suid-Afrika betrokke. Soos wat die vertroue tussen veral die blanke Afrikaners en die internasionale gemeenskap afgeneem het, het die geleenthede ook afgeneem vir die internasionale gemeenskap om op godsdienstige vlak direk by die situasie in Suid-Afrika betrokke te wees.

5. DIE 1982-VERGADERING VAN DIE WÊRELDBOND VAN GEREFOR-