• No results found

KERKFAMILIE

Dit is belangrik om daarop te let dat die NGK nie histories voorsiening gemaak het vir verskillende kerke vir mense van verkillende rasse nie. Aanvanklik was die NGK ‘n kerk wat vir alle rasse oop was, hoewel moontlik nie toeganklik in alle opsigte nie. Niemand kon geweier word om die NGK se dienste by te woon op grond van ras en herkoms nie. Die NGK se impak op die samelewing was egter beperk, veral met betrekking tot nie- blankes wat slegs ‘n klein hoeveelheid van die ledetal van die NGK uitgemaak het. Die NGK het gesukkel om deur sendingaksies groot getalle nie-blankes by die kerk betrokke te kry. Minimale ywer om sendingwerk te doen, het moontlik ‘n rol gespeel, die setlaarsomstandighede was primitief en godsdiensaktiwiteite was beperk. Die gedagte

      

4 T. Heneghan en G. Jones, “Pope stresses Christian unity at Lutheran church”, <http://www.reuters.

90 

van ‘behoordende tot die Christelike geloof’ was belangriker vir die setlaars as die praktiese beoefening daarvan. Die bestaande kultuur van inheemse mense en slawe het waarskynlik ook ‘n rol gespeel. Geloof is ‘n belangrike kulturele funksie en mense gryp soms juis terug na die oortuigings van hulle voorouers in tye van politieke onstabiliteit. Dit is eers teen die middel van die 18de eeu wat sendingaksies noemenswaardige vordering met die verspreiding van die Christelike geloof gemaak het.5 Boonop was die NGK histories ‘n funksie van die regering en het vroeg reeds die kenmerke van ‘n volkskerk getoon wat, hoewel dit nie eksklusief was nie, hoofsaaklik die belange van slegs een bevolkingsgroep gedien het.6

Die teoloog Nicolaas Hofmeyr het gedurende die 1850’s die vraagstuk van nie-blanke lidmaatskap bestudeer en bevind dat totaal onafhanklike denominasies vir nie-blankes onwenslik is. In 1857 het die Algemene Sinode (AS) die kwessie van nie-blanke lidmaat- skap bespreek. Dit is Hofmeyr wat eerste die teorie ontwikkel het van verskillende kerkgeboue vir verskillende rasse, waar dié kerke steeds in ‘n soort moeder teenoor dogter verhouding by mekaar geaffilieer is. Tydens die gebeure het Hofmeyr opnuut die kwessie van evangelisasie opgehaal en mense tot kritiese denke aangespoor ten einde die boodskap te versprei. Uiteindelik het die AS besluit dat nie-blankes verkieslik in bestaande kerke opgeneem word, maar waar die ‘swakheid van sommige’ dit nie toelaat nie, aparte geboue opgerig moes word.7

Wat neerslag by dié sinode gevind het, was ‘n proses wat reeds lank in die Kaap aan die gang was, naamlik rasseskeiding. Dit was teen 1857 algemene gebruik dat mense op grond van ras by sosiale interaksie geskei word. Deur die toegewing te maak, het die sinode gehoop dat die NGK nie deur ‘die swakheid van sommige’, met ander woorde rassisme, gekniehalter word om die Woord van God te verkondig nie. Dit was dus ‘n goeie voorbeeld van hoe samelewings kerke kan verander.8 Dit was in daardie stadium duidelik dat die kwessie van gesamentlike aanbidding ‘n gewigtige uitdaging binne die NGK geword het. Die sinode se uitspraak het weliswaar die weg gebaan vir die ontstaan

      

5 F.E. O’B. Geldenhuys, In die stroomversnellings. Vyftig jaar van die NG Kerk, pp. 27-29.

6 H. Giliomee, “‘The weakness of some’; the Dutch Reformed Church and white supremacy” in

Scriptura 83(2), 2003, pp. 218-219.

7

Ibid.

91 

van verskillende kerke vir verskillende rasse, maar het ook daarop gewys dat dit nie die ideaal is nie en dat die behoefte tot afsonderlike aanbidding in der waarheid die resultaat van menslike ‘swakheid’ is. Dit was ‘n diplomatiese manier om die diskriminasie wat binne die NGK posgevat het te probeer omseil.9

Dit is noemenswaardig dat die NGK by hierdie geleentheid, hoewel dit tog die toegewing gemaak het, pertinent die kwessie van rasse-differensiasie en die skeiding van rasse gekritiseer het. Hoewel die NGK in daardie stadium grootliks die belange van blanke Afrikaners gedien het, het die NGK nie ‘n spesifieke volkskerk-agenda nagestreef nie. Dit is eers teen die 20ste eeu wat die NGK waarlik in ‘n volkskerk verander het en ook nie sonder belangrike interne bedenkinge nie, soos wat die gebeure by die Cottesloe- beraad van 1960 sou bevestig.

Gevolglik het daar dus onafhanklike gemeentes in die NGK begin ontstaan wat slegs die nie-blankes bedien het. Hierdie gemeentes, wat as ‘sendinggemeentes’ bekend gestaan het, het in 1881 tot die Nederduitse Gereformeerde Sendingkerk (NGSK) ontwikkel. Dit was die gevolg van die besluite van die AS van die NGK van 1880. Die idee om ‘n nuwe kerk te begin, was reeds vooraf in die omloop. ‘n Beskrywingspunt wat deur ds. S. Hofmeyr van Montagu vir oorweging aan die AS gestuur is, het gelei dat “De Synode overwege de wenschlikheid om de Zendinggemeenten onzer kerk langzamerhand tot een lichaam te organiseren, en neme daartoe de vereiste maatregelen”.10 Die saak is tydens die sinode bespreek en het uiteindelik op ‘n stemming

uitgeloop wat die ontstaan van die NGSK bekragtig het.11

Dit was vermoedelik die heel eerste keer wat die gedagte om afsonderlike kerke vir verskillende rasse te ontwikkel in Suid-Afrika opgeteken is. Die stigtingsvergadering van

      

9 World Council of Churches, “Uniting Reformed Church in Southern Africa”, <http://www.

oikoumene.org/gr/member-churches/regions/africa/south-africa/uniting-reformed-church-in-southern- africa.html>, 01.01.2006.

10 H. Giliomee, “ ‘The weakness...”, pp. 218-219 ; N.J. Smith Die planting van afsonderlike kerke vir

nie-blanke bevolkingsgroepe deur die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika. ‘n Histories- Missiologiese analise en Ekklesiologiese beoordeling (Ph.D.-proefskrif, Universiteit van Pretoria,

1972), p. 72.

11 C.J. Kriel, Die eerste eeu. Geskiedenis van die Nederduitse Gereformeerde Sendingkerk in Suid-

92 

die NGSK het op 5 Oktober 1881 in Wellington plaasgevind. Vir etlike dekades ná die stigting het verwarring steeds bly heers oor die onafhanklike aard van die NGSK al dan nie. Alhoewel die NGK nou by die administrasie van die NGSK betrokke was, het onversoenbaarheid tussen die twee kerke uiteindelik daartoe gelei dat die NGK in 1916 besluit het dat die NGSK voortaan heeltemal selfstandig moet funksioneer en besluite sonder die NGK se goedkeuring moet kan neem.12

Op hierdie wyse het die NGSK dus ontstaan. Die NGSK was gedurende die apartheids- jare bekend daarvoor dat dit grootliks die bruin mense (Kleurlinge) van Suid-Afrika bedien het, hoewel blankes ook deel van die NGSK gevorm het. Die NGSK was ‘n onafhanklike en outonome instelling wat mettertyd sou ontwikkel tot ‘n belangrike instrument in die stryd teen apartheid en rassediskriminasie deur onder meer die blote bestaan van onafhanklike kerke vir nie-blankes as ‘n bewys aan te voer vir die rol wat die NGK in die praktiese uitvoering van die apartheidsbeleid gespeel het, ‘n beleid wat deur miljoene Christene wêreldwyd as teenstrydig met die Woord van God en die Christelike lewensbeskouing gesien is. Soos die apartheidsregime toenemend meer brutaal in hulle werkswyses geword het, het hierdie verset vanuit die NGSK gegroei in ‘n poging om aan die onstabiele aard van Suid-Afrika gedurende die 1980’s rigting en leiding te verskaf. Vir verskeie teoloë en leiers binne die NG-kerkfamilie, onder blankes sowel as nie- blankes, het die skeiding van rasse, veral binne die opset van die NG-kerkfamilie, veral gedurende die 1980’s ‘n verleentheid geword. Deur die blote bestaan van wit, swart, bruin en Indiër kerke, het die politieke invloed van die NGK op die hele Suid-Afrika ‘n bron van kommer geword vir talle Suid-Afrikaners wat deur die apartheidsbeleid ontnugter is. Die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (NGKA)13 is byvoorbeeld “deur baie swartmense gesien as ‘n staatskerk. Hulle is van mening dat die geld van die kerk van die staat kom en dat die staat langs hierdie weg besig is om die kerk te

      

12 Smith, pp. 72-77; N. Slabbert, Die houding en reaksie van die NGSK ten opsigte van sekere

dokumente van die NGK rakende menseverhoudinge en rasse-aangeleenthede (B.Th.-verhandeling,

Universiteit Stellenbosch, 1993), pp. 9-11.

13 Die NGKA wat in 1925 tot stand gekom het, het die swart lede van die NG-kerkfamilie bedien.

M. Lebone, “Die totstandkoming van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika: hoogtepunte en laagtepunte van die afgelope vyftig jaar” in P. Coertzen (red.), 350 jaar Gereformeerd, 1652-2002, pp. 277-278.

93 

manipuleer. Die Ned Geref Kerk gebruik die NGKA om die jongmense te beïnvloed. Die NGKA word ook gesien as die uitvloeisel van apartheid. Die NGKA en die Ned Geref Kerk word as een kerk gesien en verantwoordelik gehou daarvoor dat die swartmense se grond van hulle af weggeneem is”.14

By die kwessie van kerkeenheid was die legitimiteit van die NGK dus ‘n belangrike oor- weging. Met die groeiende agitasie jeens ras-gedifferensieërde organisasie en praktyke, was die NGK en die NG-kerkfamilie toenemend as ‘n struikelblok vir rasseharmonie in Suid-Afrika gesien, sowel binne as buite die NGK. Die NG-kerkfamilie, wat intern met kwessies van sosiale geregtigheid en die apartheidsvraagstuk geworstel het, kon in die hele proses weens die verdelings nie uit een mond praat nie. Dit was ook ‘n kwessie dat die NG-kerkfamilie se uitsprake aangaande rasseverhoudinge nie veel gewig onder die algemene publiek gedra het nie, weens die feit dat die persepsie bestaan het dat die NG- kerkfamilie self ‘n verdelende invloed op Suid-Afrika uitgeoefen het. Dit was dus vir hierdie rede dat veral druk op die NGK uitgeoefen is om apartheid af te sweer. Die begeerte na politieke mag deur leiersfigure in die NG-kerkfamilie kan egter volgens sommige ontleders nie heeltemal buite rekening gelaat word nie.15

4. POLITIEKE AKTIVISME TEEN DIE APARTHEIDSBELEID EN DIE