• No results found

BIED

Die AS het weer in 1990 vergader. Tydens dié geleentheid het die NGK ‘n hersiene weergawe van KES as beleidsdokument van die NGK aangaande ras- en

      

121 NG Kerk Argief en Bestuursinligtingsdienste (ABID), Bloemfontein, Skema van werksaamhede

voorgelê aan die veertigste vergadering van die Hoogeerwaarde Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika op Dinsdag, 13 Oktober 1987 om 9:30 vm. en volgende dae in die Ned. Geref. Kerksentrum, Kaapstad, 1987, p. 507.

122 B.J. van der Merwe Privaatversameling, “Nota, Oktober 1987” in Dokumentasie ontvang van F. Wes-

sels, 15.08.2010.

123 B.J. van der Merwe Privaatversameling, “Besluite van die sinode van die NG Kerk in SA (Wes-

Kaapse sinode) 13–22 Oktober 1987, Kaapstad” in Dokumentasie ontvang van F. Wessels, 15.08.2010.

  156  

volkereverhoudinge aanvaar. Dit het opnuut die teologiese grondslag van die apartheidsbeleid verwerp, maar weereens nie die apartheidsbeleid onvoorwaardelik as onchristelik en sondig verklaar, soos so baie Christene en denominasies plaaslik sowel as internasionaal gedoen het nie. In stede daarvan het dié beleidsdokument van die NGK die suksesse van die apartheidsbeleid as bewys aangevoer dat verskeie kritici van die apartheidsbeleid ‘onbillik’ is.124

Nietemin het die beleidsdokument erken dat die NGK die apartheidsbeleid as ‘n Bybelse opdrag voorgehou het en dat die Kerk daardeur steun gegee het aan ‘n beleid wat tot diskriminasie gelei het.125 Die beleidstuk het verder, deels met reg, verklaar dat “Apartheid began to function in such a way that the largest part of the population of the country experienced it as an oppressive system”.126 Daar kan geargumenteer word dat die vorm van apartheid wat in die eerste helfte van die 20ste eeu deur die NGK bepleit is, verskil het van die apartheidsbeleid soos wat dit in die tweede helfte van die 20ste eeu toegepas is. Dit is so dat die NGK met die totstandkoming in die 1960’s van die tuislandstelsel sekere eienskappe van die apartheidsbeleid gekritiseer het, soos die trekarbeidstelsel. Die NGK se kritiek teen die ongewenste eienskappe van die lewensomstandighede van trekarbeiders het egter geen praktiese gevolge ingehou nie. ‘n Groot leemte word gelaat deur die afwesigheid van ‘n bespreking oor die redes vir die Kerk se stilswye ten opsigte van die vele ongeregtighede van die apartheidsbestel.

Die AS is egter ook vir ‘n ander rede belangrik. Dit is die heel eerste AS wat na die oorspronklike standpunt van die NGK meer as ‘n eeu tevore teruggekeer het deurdat dit die bestaan van verskillende kerke vir verkillende rasse as ‘n struikelblok vir die Kerk aanvaar het. Die bestaan van sodanige kerke het veral gedurende die 1980’s tot geweldige spanning en tweespalt gelei en het ewe skielik onprakties voorgekom vir verkeie leiers in die NGK.127 Die AS het die NGK dus opnuut in die kollig geplaas en was ‘n belangrike voorspel tot die Rustenburg-konferensie wat kort na afloop van die AS sou plaasvind.

      

124 Dutch Reformed Church, Church and Society. A testimony of the Dutch Reformed Church. Approved

by the General Synod of the Dutch Reformed Church, October 1990, pp. 38-39.

125

Ibid., pp. 38-40.

126

Ibid., p. 39.

  157  

Die Rustenburg-konferensie is gehou nadat die president van Suid-Afrika, F.W. de Klerk, ‘n komitee saamgestel het met dr. Louw Alberts en pastoor Frank Chikane as voorsitters. President De Klerk se doel was om die kerke in Suid-Afrika se gesamentlike mening oor die situasie in Suid-Afrika te bepaal. Die komitee wat gelei is deur Chikane en Alberts het 80 kerke gekry om verteenwoordigers te stuur na wat bekend sou word as die inter-kerklike Rustenburgse-konferensie. Die konferensie het in November 1990 plaasgevind. Die NGK se afgevaardigdes was dr. P. Russouw, dr. D.J. Hattingh en dr. F.M. Gaum.128 Die konferensie was bedoel as ‘n soort rigtingwyser aan Suid-Afrika vanuit die kerklike perspektief, aangesien Suid-Afrikaners toe reeds op koers was om ‘n nuwe politieke model te aanvaar.

Die verskeidenheid van kerkleiers wat die Rustenburg-konferensie bygewoon het, is verrassend. Die nuwe gees van optimisme wat in Suid-Afrika na afloop van die vrylating van Nelson Mandela en die ontbanning van die ANC en die PAC in Februarie 1990 posgevat het, het waarskynlik hiertoe bygedra, maar alhoewel sommige leiers bereid was om die strydbyl te begrawe, was ander minder te vinde hiervoor. In die openingseremonie het Desmond Tutu die kerkleiers gewaarsku dat hulle nie Suid-Afrika sou kan lei indien daar onderlinge onenigheid onder die kerkleiers self bestaan nie. Tutu het onder meer op die geleentheid gesê: “Those who have wronged must be ready to say, ‘we have hurt you by this injustice, by uprooting you from your homes, by dumping you in poverty-stricken homeland resettlement camps ... and denying you fundamental rights. We are sorry, forgive us’”.129

Alhoewel Tutu later gekritiseer sou word vir die eenvoudige aard van sy uitnodiging tot skuldbelydenis, het die gebaar uiteindelik tot ‘n dramatiese skuldbelydenis deur ‘n prominente leier binne die NGK gelei. Alhoewel hy nie ‘n lid van die NGK se amptelike afvaardiging was nie, het prof. Willie Jonker in reaksie op Tutu se uitnodiging gereageer deur te verklaar: “Ek bely voor u en voor die Here nie net my eie sonde en skuld, en my persoonlike verantwoordelikheid vir die politieke, maatskaplike, ekonomiese en strukturele onregte wat teenoor baie van u gepleeg is en die gevolge waarvan u en ons

      

128 Nederduitse Gereformeerde Kerk: Algemene Sinode, Die verhaal van …, p. 55. 129 J. Allen, Rabble-rouser for peace. The authorized biography of Desmond Tutu, p. 342.

  158  

hele land nog onder ly nie, maar plaasvervangend – waag ek dit ook om dit in die naam van die NGK te doen waarvan ek ‘n lidmaat is, en namens die Afrikanervolk in sy geheel”.130

Ten spyte van die kritiek wat op die skuldbelydenis van prof. Jonker van beide anti- apartheidsaktiviste sowel as apartheid-bittereinders gevolg het, sal die Rustenburg- konferensie altyd as ‘n inspirerende gebeurtenis onthou word. Dit verg besonderse leierskap om foute te erken, maar dieselfde geld ook by die aanvaarding van so ‘n skuldbelydenis. Terwyl sommige Afrikaners moontlik tereg gevoel het dat prof. Jonker se skuldbelydenis nie álle Afrikaners verteenwoordig nie, het sommige kerkleiers aan die ander kant van die spektrum gevoel dat die skuldbelydenis slegs ‘n seremoniële gebeurtenis sonder veel praktiese waarde was. Dit was veral verteenwoordigers van die NGSK wat nie vir die skuldbelydenis te vinde was nie, onder meer die voormalige NGK- predikant prof. Nico Smith.131

Die feit dat ‘n leiersfiguur van die NGK egter die vrymoedigheid gehad het om ‘n belydenis van só ‘n aard te kon maak, spreek boekdele van die lang pad wat die NGK in minder as ‘n dekade gestap het. Oor die opregtheid van die belydenis kan waarlik eindeloos gedebatteer word, veral in ag genome dat die belydenis namens die Afrikaners en die NGK in geheel gemaak is. Oor die sin van staatmanskap wat tydens die geleentheid geopenbaar is, kan daar egter nie veel verskil word nie. Tutu het enkele oomblikke na afloop van die belydenis die mikrofoon geneem en gesê dat vergifnis, volgens die wyse hoe hý die Christelike geloof verstaan, nie slegs die plig van ‘n Christen is nie maar die wil van God vir mense is.132 Dit was, soos wat dikwels in die geskiedenis al gebeur het, ‘n rare moment waartydens mense vir ‘n oomblik kon vergeet van eiebelang en vir ‘n wyle deur ‘n groter werklikheid van Christelike eenheid en nasieskap meegevoer kon raak.

Vir sommige blanke Afrikaners wat hulle lewens daaraan gewy het om die apartheidsbeleid te laat slaag, was Jonker se skuldbelydenis egter een té veel. Van die

      

130 Anon, “Die sonde van apartheid – Dit is wat die NG Kerk besluit en bely het” in Beeld, 16.11.1990,

p. 7.

131 Jonker, pp. 206-207. 132

  159  

prominente leiers wat Jonker oor die kole gehaal het vir sy belydenis, was Jaap Marais (HNP-leier) en die leier van die amptelike opposisie, dr. Andries Treurnicht. Die feit dat die skuldbelydenis in dieselfde jaar plaasgevind het as wat die vryheidsbeweging ontban is, het opnuut die verwyte die ronde laat doen dat die NGK slegs die NP se beleid bevorder.133 Ook gewone lidmate het van hulle laat hoor. Baie lidmate het hulle leiers direk gekonfronteer weens hulle ontevredenheid. Daar was egter ook verligting en dankbaarheid onder verskeie Afrikaners oor die stap wat deur prof. Jonker geneem is.134 Dit is duidelik dat baie blanke Afrikaners nie ten gunste van so ‘n verklaring was nie, wat dit des te meer manmoedig van prof. Jonker gemaak het om op te staan vir dit waaraan hy geglo het reg was, ongeag wat sy kritici daaroor te sê het – ‘n eienskap van ware leierskap. Die Kerk het na vele dekades toegegee dat die apartheidsbeleid géén skriftuurlike basis bevat nie en dat dit verkeerd was van die Kerk om só ‘n beleid te kon goedpraat, veral met die Bybel onder die arm. Hierdie stand van sake het dit vir die eerste keer in baie jare vir leiers in die NGK moontlik gemaak om uit te reik en die behoeftes van meer as net hulle eie lidmate aan te spreek.

Ten spyte van die dramatiese gebeure tydens die Rustenburg-konferensie het die NGK se standpunt rondom die apartheidvraagstuk dié kerk egter stééds verhoed om aan die verwagtinge van verskeie kritici daarvan te voldoen. Die gebeure by dié konferensie was, met die uitsondering van prof. Jonker se skuldbelydenis, kenmerkend aan ‘n patroon wat dikwels in die NGK herhaal het. Die Kerk het ook tydens dié geleentheid nie apartheid as ‘n sonde veroordeel nie en kon daarom nie die verklaring wat tydens die konferensie deur die meeste van die verteenwoordigers onderskryf is, ongekwalifiseerd steun nie.135 Die NGK sou egter gedurende die post-apartheidsera steeds deur die spoke van apartheid geteister word. In sy verklaring rakende die AS van 1990 en die daaropvolgende Rustenburg-kerkberaad het die ASK van die NGK hom teen Desember 1990 soos volg uitspreek: “Die Algemene Sinode het daarop gewys dat daar ook eerlike en opregte bedoelings ten opsigte van die optimale ontwikkeling van alle bevolkingsgroepe binne hulle eie kulturele tradisie was, en dat dit onbillik sou wees om alles wat binne die

      

133 J. Loader, “Groot dilemma ... kerklike standpunte staan binne partypolitiek in Beeld, 20.11.1990,

p. 10.

134 Anon, “Gróót woelinge in NGK oor belydenis” in Vrye Weekblad, 16.11.1990, p. 18. 135 Nederduitse Gereformeerde Kerk: Algemene Sinode, Die verhaal van …, pp. 55-56.

  160  

politieke bestel van apartheid plaasgevind het as verkeerd en sleg te bestempel ... In sy belydenis oor apartheid, het prof. Jonker hom op die besluite van die Algemene Sinode beroep, ofskoon hy nie die hele verband van die sinode se besluite vermeld het nie”.136 Met hierdie stap het die NGK twee dinge bereik. Dit het stilswyend prof. Jonker se belydenis goedgekeur deur dit nié te kritiseer nie, maar dit het ook bevestig dat die NGK geensins gereed is om die apartheidsbeleid in alle opsigte te verwerp nie. Dit is ‘n goeie voorbeeld van hoe die NGK, net soos die regering gedurende die tydperk 1980-1990, nie bereid was om ondubbelsinnig ‘n koers van óf revolusionêre leiding óf reaksionêre leiding aan die blanke Afrikaners te bied nie. Dit is hierdie stand van sake wat nie net die NGK nie, maar ook groot getalle van die Kerk se lidmate in ‘n identiteitskrisis laat dompel het.137