• No results found

15. PROGRESSIEWE EN REAKSIONÊRE FIGURE IN DIE NGK

15.1 Die rol en invloed van prof Johan Heyns

Gedurende die 1980’s het ‘n verskeidenheid van faktore daartoe meegewerk dat die NGK formeel van die teologiese regverdiging van die apartheidsbeleid afskeid kon neem. Alhoewel die NGK lank na afloop van die eerste demokratiese verkiesing in Suid- Afrika steeds as ‘n reaksionêre instelling beskou is, was dié kerk se afskeid in 1986 van die apartheidsbeleid as ‘n Bybelse opdrag aan die mense van Suid-Afrika ‘n dramatiese gebeurtenis wat ‘n dekade tevore nie moontlik sou wees nie. Kritiese uitsprake teen die beleid van die regering deur leiers binne die Afrikanergemeenskap het gereeld aandag geniet. Hierdie stand van sake, sowel as die oorheersende ‘verligte’ stroming binne die NP en die AB wat ook ‘n bepalende invloed op die NGK uitgeoefen het, het aan die dramatiese klemverskuiwings binne die NGK meegewerk.

Die belangrikste figuur in die NGK in hierdie tyd is ongetwyfeld die teoloog Johan Heyns, wat gedurende die 1980’s as die moderator van die NGK gekies is. Alhoewel Heyns gedurende sy leeftyd dikwels as ‘n liberale Afrikaner gestereotipeer is, was die teendeel eintlik waar van hom. As ‘n historiese figuur is Heyns al in die verlede met oudpresident F.W. de Klerk vergelyk. Net soos De Klerk was Heyns ook ‘n blanke Afrikaner wat die apartheidsbeleid gesteun het, maar uiteindelik by die hervorming daarvan betrokke geraak het.140

Prof. Heyns was sy lewe lank aan die NGK en die AB lojaal en waarskynlik dus ook aan die NP. Dit het hom in staat gestel om verandering van binne dié instellings te bewerkstellig. Ten tye van sy afsterwe was Heyns die vise-voorsitter van die AB – ‘n rol

      

139 Voorbeelde hiervan is Pieter Dumas, Herbie Brand en Lindo Pieters. A. Lake “Ds. Brand gaan die

bul by die horings pak” in Rapport, 03.09.1989, p. 1; S. Sussens “Race row dominee fired” in The

Sunday Star, 15.11.1987, p. 9; B.J. van der Merwe Privaatversameling, Onderhoud met L. Pieters,

Bloemfontein, 08.07.2010.

  162  

wat hy te midde van felle kritiek blý speel het. Dit is waarskynlik Heyns se besonderse redenasievermoë wat hom gedurende ‘n baie wispelturige termyn in staat gestel het om die NGK te lei. Heyns was een van die ondertekenaars van die Getuienis 1980. In 1979 is Heyns tot die moderatuur van die NGK verkies. Tydens die AS se sitting van 1982 het Heyns, tot groot ontsteltenis van konserwatiewe leiers in die NGK, beswaar teen die Wet op Gemengde Huwelike en die Ontugwet gemaak. Sy verkiesing as moderator van die Noord-Transvaal sinode in 1983 was ‘n verrassing vir waarnemers vanweë Heyns se skynbare ‘verligte’ oortuigings. In 1986 is Heyns verkies tot moderator van die AS.141 Prof. Heyns het gedurende die 1980’s die versinnebeelding van ‘verligte’ Afrikaners binne die NGK geword. Sommige waarnemers beweer dat sy invloed so bepalend was omdat hy, in teenstelling met byvoorbeeld Nico Smith, nie die NGK verlaat het nie. Na afloop van die AS in 1982 se sitting was prof. Heyns deel van die hersieningskommissie wat saamgestel is om die beleidstuk Ras Volk en Nasie te hersien. Dié kommissie was grootliks verdeeld oor die kwessie van skuldbelydenis, hoewel daar eenstemmigheid bestaan het oor die rol wat die NGK in die totstandkoming van die apartheidsbeleid gespeel het.142

Die hersieningskommissie se verdeeldheid kan geklassifiseer word as bestaande uit ‘n reaksionêre groepering en ‘n progressiewe groepering. Hierdie twee groeperinge kan beskryf word as die Heyns- en die Potgietergroep na aanleiding van die leiers wat die sterkste met ‘n bepaalde groepering geassosieer was. ‘n Belangrike figuur in die proses was prof. Carel Boshoff wat bekend was vir sy konserwatiewe politieke opvattings. Die kommissie se finale verslag sou uiteindelik aanleiding gee tot die beleidstuk KES, wat deur die AS in 1986 aanvaar is. Dit word algemeen aanvaar dat die Heyns-groep uiteindelik die kommissie se belangrikste insette gelewer het wat sou uitloop op die bekende AS van 1986 wat uiteindelik ‘n skeuring in die NGK veroorsaak het. Tydens die AS is Heyns op verrassende wyse tot moderator verkies, waarna hy opgemerk het dat die AS aan ‘’n nuwe Suid-Afrika’ moet help bou.143 Vir reaksionêre figure binne die NGK

      

141 H. Serfontein, “The man who helped prise the NG Kerk away from apartheid” in Business Day,

07.11.1994, p. 10.

142 Williams, pp. 185-200. 143

  163  

was hierdie ontwikkeling ‘n geweldige terugslag en baie tyd en energie is daaraan spandeer om die besluite van die AS teen te werk.

Na afloop van die NGK se AS van 1986 het Heyns ‘n belangrike rol daarin gespeel om die NGK se standpunt aan die wêreld oor te dra en dit te verdedig. Die NGK het steeds dikwels onder skoot gekom en is veral deur die NG-kerkfamilie, asook deur belangrike wêreldliggame soos die Wêreldraad van Kerke en die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke, gekritiseer. Ten spyte van die kritiek dat die NGK se beleidsdokument KES slegs ‘n aangepaste weergawe van die RVN van 1974 was, het Heyns kritici probeer oortuig van die NGK se nuwe koers, ‘n koers waarin hy vas geglo het.144

Te midde van felle kritiek van alle kante teen die NGK, was Heyns moderator van dié instelling. Dit het van hom ‘n belangrike transisionele figuur gemaak. Hy was nie ‘n radikale Afrikaner nie, hoewel hy te verlig na verkeie blanke Afrikaners se smaak was. Die kombinasie van die behoudende sowel as die toegeeflike, het veroorsaak dat hy ‘n man was wat vertroue kon inboesem. Dit het ongetwyfeld bygedra tot sy verkiesing as moderator van die NGK. Sy termyn as moderator sal altyd herroep word as een van die mees stormagtigste eras in die geskiedenis van die NGK.

Na afloop van die NGK se aanvaarding van die beleidsdokument KES en die gevolglike ontstaan van die APK het Heyns toenemend onder doodsdreigemente gebuk gegaan. Hy sterf op 5 November 1994 in ‘n sluipmoord. Mandela het Heyns na afloop van die moord as ‘n ‘soldaat vir vryheid’ beskryf. Ten spyte van talle leidrade sowel as ‘n beloning van R100 000 is die moord op Heyns nooit opgelos nie, maar volgens verskeie kenners, onder meer ‘n forensiese profileerder, is die grootse waarskynlikheid dat prof. Heyns deur regse ekstremiste vermoor is.145