• No results found

Alhoewel die regering deur middel van aanpassings aan die apartheidsbeleid gepoog het om Suid-Afrika polities meer stabiel te maak, asook om die beeld van die land plaaslik en internasionaal te verbeter, het die situasie teen 1984 drasties agteruit gegaan en was die apartheidsbeleid ál meer uit verskillende fronte onder skoot. Teen 1984 het geweld wydverspreid in informele nedersettings voorgekom. Die regering het desperaat gepoog om die geweld onder beheer te kry. Botsings tussen ondersteuners van die Inkatha Vryheidsparty (IVP) en die United Democratic Front (UDF) het ál meer dikwels voorgekom. Swart polisiemanne is veral geteiken deur die anti-apartheidsaktiviste wat dit ten doel gehad het om Suid-Afrika onregeerbaar te maak.20

Die regering se strategie van divide et impera (verdeel en heers) was besig om te misluk. Meer as ooit tevore het mense van uiteenlopende kulturele agtergronde teen die apartheidsbeleid saamgespan. Tussen 1984 en 1986 het meer as 3 000 burgers in konflikte gesterf, met nagenoeg 30 000 polisie-aanhoudings wat uit die politieke aktivisme gespruit het. Die geweld het ook die infrastruktuur van die land skade laat lei en die ekonomie ‘n knou gegee. Polities-gelaaide begrafnisse van gestorwe anti- apartheidsaktiviste het gereeld die emosies laat opvlam en veroorsaak dat Suid-Afrika opslae in die buitelandse media gemaak het.21

Terwyl die NGK en die NP-regering gewikkel was in ‘n oorlewingstryd, was dit vir verskeie waarnemers duidelik dat verdere aanpassings aan die apartheidsbeleid nood- saaklik was, omdat die Driekamer Parlement en die grondwet nie die gewenste resultate gelewer het nie. Dit het al meer duidelik geword dat onderhandelinge op die lang duur die enigste moontlike en haalbare alternatief geword het. Waar die meeste kerke in Suid- Afrika egter die regering vooruit was, het die NGK steeds geworstel met die

      

19 T. Kupersus, State, civil society and apartheid in South Africa: An examination of Dutch Reformed

Church-State relations, pp. 132-133.

20 R.G. Crawford, Journey into apartheid, pp. 69-71. 21 Arnold, pp. 730-731.

  125  

veranderinge wat reeds aan die apartheidsbeleid aangebring is. Die regering was egter in so ‘n mate in ‘n oorlewingstryd gewikkel dat die belange van blanke Afrikaners sekondêr geword het. Die oorlewing van die regering deur middel van politieke hervorming en gewelddadige onderdrukking was die primêre oorweging. Die regering het egter gedurende die 1980’s volhard met die beleid dat swart Suid-Afrikaners nie deel mag vorm van die parlement nie. President Botha het hardnekkig bly klou aan mag in sy oortuiging dat Suid-Afrika ‘n belangrike pion in die stryd tussen kommunisme en kapitalisme was. Jare na sy laaste termyn as president het hy steeds volgehou dat “In the eighties the onslaught against South Africa was bigger than before. It was an onslaught that manifested itself in South Africa, in Angola, in the fall of the Portuguese regions and was inflamed by international powers”.22

In Augustus 1985 het die minister van buitelandse sake, Pik Botha, die hoop laat opvlam dat die regering moontlik die apartheidsbeleid gaan laat vaar met sy uitsprake dat president Botha moontlik nuwe hervormings in sy komende toespraak op 15 Augustus gaan aankondig. Suid-Afrika was in daardie stadium polities só onstabiel, dat ‘n aankondiging dat die regering ‘n einde aan die apartheidsbeleid gaan maak waarskynlik minder verrassend sou gewees as op 2 Februarie 1990 toe so ‘n aankondiging uiteindelik wél gemaak is. Die geweld in Suid-Afrika het só ‘n stap geregverdig en die media het in daardie stadium wild gespekuleer oor die president se komende toespraak. In die proses het die verwagtinge van miljoene mense, ook in die buiteland, opgevlam, maar Botha sou uiteindelik met sy Rubicon-toespraak teleurstelling meebring vir baie van die hoopvolle aanhoorders.23

Die spekulasies rondom die aankondigings wat Botha tydens sy toespraak sou maak, was buitensporig. Dit het boonop die president ontstel dat dié gerugte die ronde doen. Die regering het wel beplan om sekere aankondigings aangaande burgerskap van swart Suid- Afrikaners te maak, sowel as die noodsaaklikheid van konstitusionele aanpassings met

      

22 J-A. Stemmet, “Botha’s Babylon and the big brawl: Reflections on the way that the regime of

P.W Botha viewed the international anti-apartheid campaign” in Journal for Contemporary History, 30(3), Desember 2005, p. 17.

  126  

die oog op die akkommodasie van swart Suid-Afrikaners, maar die regering het inderwaarheid nooit beplan om die apartheidsbeleid totaal te laat vaar nie.24

Op 15 Augustus het president Botha in Durban, danksy die krag van televisie, sy toespraak ten aanskoue van ‘n geraamde 300 000 000 mense gelewer - ‘n verstommende getal waarnemers. Botha was op die kruin van sy politieke mag, maar oornag het hy in die harte van baie mense verander van ‘n ongewilde man na ‘n gehate man, veral internasionaal. Botha het by dié geleentheid verklaar dat Suid-Afrika se probleme deur Suid-Afrikaners opgelos sou word. In sy toespraak het hy uitdagend voorgekom. Vir diegene wat na drastiese aanpassings uitgesien het, was dit ‘n bittere teleurstelling.25 President Botha se toespraak het nie gehelp om die situasie in Suid-Afrika te ontlont nie. Dit was eerder ‘n geval van vet op die vuur. Alhoewel vertroue in die NP om die apartheidsvraagstuk op te los die party van ‘n oorwinning by die stembus tydens die algemene verkiesing van 1987 verseker het, was beroeringe in die party aan die orde van die dag. In 1986 het F. Van Zyl Slabbert, leier van die Progressiewe Federale Party (PFP) wat die amptelike opposisie in daardie stadium was, die parlement verlaat in ‘n poging om die kredietwaardigheid van dié instelling te ondermyn.26 Ten spyte van die hervorming wat president Botha onderneem het, het die parlement se relevansie in die politieke sake van Suid-Afrika ‘n laagtepunt bereik. Te midde van kwynende getalle NP- ondersteuners het die KP uiteindelik in 1987 onder leiding van dr. Treurnicht die amptelike opposisie geword.27

Alhoewel die regering onder Botha dikwels gekritiseer is vir die stadige pas van hervorming, moet daar in ag geneem word dat Suid-Afrika reeds in ‘n transisionele era was. Die rol van P.W. Botha in die totstandkoming van volslae demokrasie in Suid- Afrika is al deur uiteenlopende waarnemers opgemerk. Die Britse joernalis Simon Jenkins het in 1988 verklaar: “What [P.W.] Botha did was no mean feat – State of

      

24 J-A. Stemmet en S.L. Barnard, “PW Botha’s Rubicon speech of 15 August 1985: A river too wide

and a bridge too far” in Journal for Contemporary History, 27(1), April 2002, pp. 119-135; Welsh, pp. 231-232; Giliomee, p. 569.

25 Stemmet, pp. 27-28.

26 T.R.H. Davenport, South Africa. A modern history, p. 438. 27 Thompson, pp. 237-238.

  127  

Emergency or not. It demands every bit of pragmatism as a leader”.28 Hy het verder daarop gewys dat hoewel Suid-Afrika gedurende die 1980’s baie gewelddadig was, die aantal lewensverliese grootliks beperk is. Boonop het daar ook in die tyd ‘n noemenswaardige herverspreiding van rykdom in Suid-Afrika plaasgevind. Meer as ooit tevore het wit Suid-Afrikaners se welvaart na nie-blankes oorgespoel.29 Daar sal waarskynlik altyd op ‘n ambivalente wyse aan president Botha se termyn as leier van Suid-Afrika teruggedink word. Hierdie feit kan goed geïllustreer word deur ‘n opmerking van president Jacob Zuma tydens sy Staat van die Nasie-toespraak op 11 Februarie 2010 toe hy verklaar het: “It was he [Botha] who initiated the discussion about the possible release of political prisoners”.30 Die 1980’s was dus ‘n belangrike voorspel waardeur Suid-Afrika moes worstel om tot by die punt te kom wat dit moontlik sou maak om die oorgang na volwaardige demokrasie te bewerkstellig. Vir die NGK was dié tydperk ewe belangrik in die voortbestaan van dié instelling.