• No results found

2. HISTORIESE MOMENTE VAN CHRISTENE SE ROL IN DIE

2.8 Die Christelike geloof in die 20ste eeu

2.8.4 Die ‘Christian right’ in die VSA

Tydens die vyftigste herdenking van die United Church of Christ se bestaansjaar in Junie 2007 het die voormalige senator van die staat Illinois in die VSA, Barack Obama, ‘n toe-

      

70 M.B. McGuire, Religion. The social context (5de uitgawe), p. 223.

71 Time, “Northern Ireland / In the shadow of the gunmen”, <http://www.time.com/time/printout/

0,8816,877570,00.html>, 01.10.1972; Time, “Northern Ireland: Britain gambles on peace”, <http://www.time.com/time/printout/0,8816,903397,00.html>, 03.04.1972.

72 McGuire, pp. 220-223. 73 Ibid.

25 

spraak gehou. Vir Obama was elke openbare platform in daardie stadium ‘n belangrike geleentheid om sy visie vir die VSA te verduidelik en steun te werf. Hy was in ‘n wedloop gewikkel met die baie gewilde senator Hillary Clinton vir die posisie van presidentskandidaat van die Demokratiese Party. Gedurende sy 45-minuut lange toespraak bespreek Obama uitvoerig die rol wat Christene in die opkoms van die VSA gespeel het, onder andere gedurende die Amerikaanse Revolusie en die menseregte- bewegings van die 20ste eeu. Hy lê klem op die noodsaaklikheid van geloof in politieke sake en verklaar dat “my faith teaches me that I can sit in church and pray all I want, but I won’t be fulfilling God’s will unless I go out and do the Lord’s work”.74 In dieselfde asem waarsku Obama tydens sy toespraak teen Christelike fundamentalisme. Volgens Obama is geloof in die verlede té dikwels gebruik om mense te verdeel, eerder as om mense te versoen. Sy kritiek is veral gemik teen die “so-called leaders of the Christian right, who’ve been all too eager too exploit what divides us”.75

Die ontstaan van georganiseerde Christelike fundamentalisme in die VSA word veral met die totstandkoming van die Moral Majority in 1979 geassosieer. Die Moral Majority, met die teoloog Jerry Falwell as hulle leier, beïnvloed veral gedurende die 1980’s die politieke arena as ‘n drukgroep. Dit dien as ‘n skakel tussen hoofsaaklik konserwatiewe Protestantse Amerikaners en bepaalde politieke kandidate wat konserwa- tiewe kiesers se belange op die hart dra. Dit is ‘n organisasie wat poog om op ‘n demokratiese wyse konserwatiewe Christelike oortuigings in politieke besluite te weerspieël, veral met betrekking tot wetgewing. Dit moedig Christene aan om polities aktief te word deur onvoorwaardelike deelname aan elke aspek van die VSA se demokratiese bestel. Christelike fundamentalisme het in die tyd ontwikkel tot ‘n gerekende politieke magsblok, bekend as die Christian Right. Hulle is uitgesproke gekant teen homoseksualiteit, feminisme, aborsie, die evolusieleer, sosialisme en kommunisme. Die letterlike vertolking van die Bybel lê hulle na aan die hart.76

      

74 L. Goodstein, “Faith has role to play in politics, Obama tells church”, <http://nytimes.com/

2007/06/24/us/politics/24obama.html?_r=1&pagewanted=print>, 24.06.2007.

75 Ibid.

76 R.C. Liebman, “Mobilizing the moral majority” in R.C. Liebman en R. Wuthnow (reds.), The new

26 

Die Moral Majority is slegs een van verskeie inisiatiewe wat met Christelike fundamentalisme in die VSA geassosieer word. Teen die 1980’s was die Moral Majority egter vir ontleders sinoniem met die Christian Right in die geheel. Alhoewel fundamentele Christene in die VSA sedert die totstandkoming van die Moral Majority nasionale aspirasies vir die VSA gekoester het, is dit veral op plaaslike regeringsvlak waar die grootste suksesse deur regse Christene behaal is. In 1982 het regse Christene in die staat Arizona daarin geslaag om novelles van Joseph Conrad77 en John Steinbeck78 uit skole te verban.79 Verskeie inisiatiewe is van stapel gestuur om konserwatiewe Christelike waardes in skole te bevorder. In die staat Texas het Christene, wat teen die liberale karakter van skole gekant was, gedurende 1981 ‘n drukgroep gevorm. Die aktiviste het uiteindelik hulle saak in die howe verdedig, maar die hofuitspraak was nie ten gunste van die beswaardes nie. As gevolg van die vrese vir finansiële verliese het uitgewers van skoolhandboeke egter reeds voor die hofuitspraak veranderinge in die inhoud aangebring. Van die sake in skole wat gedurende die tyd by fundamentele Christene kommer gewek het, sluit onder meer in “... open-ended questions that require students to draw their own conclusions; statements about religions other than Christianity ... any aspect of sex education other than the promotion of abstinence; statements which emphasize contributions made by blacks; Native American Indians, Mexican-Americans, or feminists ... and statements in support of the theory of evolution, unless equal space is given to explain the theory of creation”.80

Vir konserwatiewe Christene in die VSA het die behoud van tradisionele waardes en kulturele praktyke gedurende die tweede helfde van die 20ste eeu ‘n belangrike saak geword. Gedurende die 1960’s het die VSA ‘n kulturele revolusie ondergaan. Outoritêre figure is uitgedaag, veral in die lig van die VSA se rampspoedige militêre aktiwiteite in Viëtnam. Diskriminasie teen vroue en swart mense is op publieke platforms bespreek. Omgewingsbewustheid het toegeneem en die opkoms van die popkultuur het ‘n seksuele

      

77 Die skrywer Joseph Conrad (1857-1924) is bekend vir sy post-koloniale werke. Sy bekendste roman,

Heart of darkness, handel oor magsvergrype van Europeërs en by implikasie dus Christene in Afrika.

78 Die skrywer en Nobelpryswenner vir letterkunde John Steinbeck (1902-1968) se novelles is bekend

daarvoor dat dit die negatiewe eienskappe van die kapitalistiese stelsel ondersoek. Sien byvoorbeeld Nobel Prize, “The Nobel Prize in literature 1962. John Steinbeck”, <http://nobelprize.org/nobel_ prizes/literature/laureates/1962/steinbeck-bio.html>, s.a.

79 Armstrong, The battle for God ..., p. 315. 80 Ibid.

27 

revolusie tot gevolg gehad wat ook met dwelmmisbruik gepaardgegaan het. ‘n Gebrek aan ervaring het egter die politieke aktiwiteite van fundamentele Christene soms in die wiele gery. Anti-homoseksuele en anti-aborsie-uitsprake is dikwels as onchristelik ervaar en in swak smaak. Uit die bostaande aanhaling is dit waarskynlik so dat rassisme ook daar ‘n rol in die denke van verskeie Protestantse konserwatiewe Amerikaners gespeel het, hoewel dit nie as ‘n deurslaggewende faktor beskou kan word vir die opkoms van Christelike fundamentalisme in die VSA nie.81

Die Christelike geloof waarteen Barack Obama hom tydens sy toespraak uitgespreek het, is ‘n Christelike lewenswyse wat drasties verskil van die humanistiese aard van Jesus se lewensverhaal soos dit in die Christelike Bybel vertel word. Dit is ook teenstrydig met verskeie geestelike en politieke leiers, soos Martin King jr., Moeder Teresa en pous Johannes Paulus II, wat van die Christelike boodskap ‘n baken van hoop in tye van maatskaplike, sosiale, ekonomiese en politieke onstabiliteit gemaak het. In plaas van vrede verkondig dit vyandskap tussen Christene en diegene wat nie God se gebooie nakom nie. In plaas van naasteliefde verkondig dit weersin in buite-Bybelse spirituele aansprake en beskou ongelowiges as onpatriotiese landsburgers. Die politieke aktivisme van fundamentele Christene in die VSA is tot vandag toe nog ‘n belangrike faktor, maar dit het veral gedurende die regeringstyd van president Ronald Reagan hoogty gevier vanwaar dit stelselmatig ‘n kleiner houvas op politieke sake verkry het.82

3. DIE POLARISERENDE AARD VAN RELIGIE EN WEDYWERING OM