• No results found

5.2. DIE GEREFORMEERDE SKRIFBESKOUING

5.2.1. Oorsigtelike definiëring van die Gereformeerde Skrifbeskouing

In hoofstuk 3 (vgl. 3.2. bl. 46) is daar gepoog om op grond van die selfopenbaring van die Skrif en die gereformeerde belydenis die Gereformeerde Skrifbeskouing te definieer. Hierdie definisie kan soos volg verwoord word (vgl. 3.2.8. bl.56): ʼn beskouing van die Skrif wat erken dat die boeke van die Ou Testament en die Nuwe Testament in die Bybel die organies- geïnspireerde Woord van God is, waardeur Hy Homself, in so verre dit Hom behaag, sy wil en die weg tot saligheid deur Jesus Christus alleen aan sy kerk bekend maak. Alhoewel hierdie openbaring onderskei word in die boeke van die Ou Testament en die Nuwe

Testament vorm dit ʼn eenheid in Jesus Christus wat die weg van saligheid, die reël van die geloof en die wil van God volkome, genoegsaam en duidelik aan sy kinders bekend maak. Uit hierdie definisie is daar bepaalde sake wat duidelik na vore kom wanneer daar oor die beskouing van die Skrif besin word, naamlik:

 Die Skrif is die selfopenbaring van God, alhoewel Hy homself ook in die Skepping en deur sy Seun openbaar.

 Die Ou Testament en die Nuwe Testament vorm ʼn eenheid wat in die geheelopenbaring onderskei moet word maar nie geskei mag word nie.

 In die Skrif openbaar God sy wil in die skepping en vir die mens, en Hy maak daarin ook die weg tot saligheid vir die gelowiges bekend.

 Die openbaring van God in die Skrif is genoegsaam om sy wil te leer en die weg tot saligheid in Christus te ken.

 Die openbaring in die Skrif is ook duidelik genoeg om aan die hand van ‘n verantwoordbare eksegetiese metode die wil van God te ken en die weg tot saligheid in Christus te sien.

Die Gereformeerde Skrifbeskouing het uit die aard van die saak ook ʼn bepaalde invloed op die manier van Skrif-verklaring en Skrif-gebruik. Greijdanus (1964:100-145) lê ʼn aantal beginsels neer vir die verklaring van die Skrif wat uit die Gereformeerde Skrifbeskouing uitvloei. Opsommenderwys kan dit soos volg weergegee word:

 Die verklaring van die Heilige Skrif moet objektief bly. Dit beteken dat daar gepoog moet word om die bedoeling van God weer te gee en nie die voorveronderstellings van die verklaarder nie. Alhoewel die verklaring van die Skrif vanuit ʼn bepaalde voorveronderstelling geskied, mag daardie voorveronderstelling nie die betekenis van die teks bepaal nie. Dus moet die voorveronderstellings eerlik erken word en in die lig van die Skrif krities ondersoek word.

 Die verklaring van die Skrif moet die betekenis weergee soos dit in die geheel van die Skrif bedoel is en ook soos dit in die afsonderlike deel van die Skrif bedoel word.  Die verklaarder van die Skrif moet in gedagte hou dat die betekenis in lyn moet wees

met die geheel van die openbaring van God, wat deur mensediens gegee word.  Daar moet sensitiwiteit wees dat nie alle woorde in die Skrif die woorde van God is

nie. Daar is bv. woorde van die slang en van die duiwel. Al die gedagtelyne wat in die Skrif is, is formeel die Woord van God, maar materieel is alles nie God se woorde nie.

Alles in die Woord bevat egter Goddelike onderwysing. Dit is dus die Goddelike woord wat deur die gelowiges aangeneem moet word.

 Alles wat in die Skrif openbaar word moet in verband met die Here Jesus Christus gesien en verstaan word. Die middelpunt van die Skrif is die self-openbaring van God in Christus.

 daar moet gelet word op die wyse waarop die Skrif homself uitlê, want elkeen is die beste vertolker van sy eie gedagtes. So is die Woord die beste verklaarder van die Woord.

 Die geloof in die waarheid van die Skrif mag nie afhanklik gestel word van bevestiging buite die Skrif nie. Dit wat deur ander geskrifte, opgrawings en selfs die wetenskap na vore gebring word het slegs sekondêre betekenis by dit wat die Skrif in waarheid openbaar.

 Omdat die Skrif ʼn organisme is moet by die verklaring van die een deel van die Skrif rekening gehou word met die geheel en ander dele van die Skrif en ook met die ontwikkeling van God se openbaring.

 Daar moet rekening gehou word met die verskillende tye en bedelings waarin die bepaalde openbaring van God behoort.

 By die verklaring van die Skrif moet ons noukeurig let op die besondere en die algemene wat openbaar word. Hier moet noukeurig gelet word op dit wat in die besonder vir die bepaalde tyd en omstandighede gegeld het en wat so in algemene terme gestel word dat dit vandag nog van toepassing is.

 Verder moet daar ook by elke teks van die Heilige Skrif gelet word op die

kenmerkende. Alle dele in die Bybel het wel nie dieselfde strekking nie, daarom moet gelet word op die bepaalde konteks waarbinne die openbaring van God staan

 Die Skrif en elke deel van die Skrif moet verklaar word in die gedagtegang of gees van die bepaalde gedeelte.

 Daar moet nie rasionalisties, geestelik afwykend en in stryd met die letter van die teks opgetree word nie. Dit beteken nie dat alles in die Skrif letterlik opgeneem moet word nie, maar dat die verklaring nie in stryd met dit wat daar staan mag wees nie.

 Die dele wat duister en moeilik verstaanbaar is in die Skrif, moet vanuit die duideliker verstaanbare dele verklaar word.

 Die Skrif moet nie in stryd met die reël van die geloof verklaar word nie. Wanneer ons ʼn gedeelte van die Skrif verklaar, mag dit nie op so ʼn wyse gebeur dat die resultaat in

stryd is met die geloofswaarhede wat elders in die Skrif openbaar word nie. Die belydenis as vertrekpunt is in hierdie sin baie belangrik.

 Wanneer ʼn gelykenis verklaar word, is dit belangrik dat die beeld wat gebruik word eers duidelik raakgesien word. Daarna moet die betekende saak reg voorgestel word en daarna moet die ooreenkoms tussen die twee duidelik in die lig gestel word.  Die Skrif moet in sy onderskeie dele ook na die aard van die dele verklaar word.  Laastens moet ons sê omdat die Skrif die Woord van God is, moet die Skrif self as

die beherende reël vir sy verklaring geld. Die implikasie hiervan is dat dit wat in die geheel van die Skrif openbaarword, bepaal hoe ‘n spesifieke gedeelte verklaar behoort te word. Die deel wat verklaar word mag nie in stryd met die geheel van die Skrifopenbaring kom nie.

5.2.2. Skrifbeskouing en eksegetiese metode – Openbaringshistories/Sosiohistories.