• No results found

DIE EKOLOGIESE SISTEEMPERSPEKTIEF

2.3 ONTWIKKELINGSFASE VAN DIE KLEUTER

2.3.2 Oorsig van die ontwikkelingsfase van ’n kleuter

Newman en Newman (2009:25) spesifiseer kleuters as kinders in die voorskoolse jare tussen die ouderdom van vier tot ses jaar. Hoewel Newman en Newman (2009:25) kinders tussen die ouderdom van vier en ses jaar as kleuters of kinders in hul vroeë ontwikkelingsjare groepeer en hierdie navorsing op hierdie ouderdomsgroep gerig is, verwys ander navorsers na kleuters of kinders in hul vroeë ontwikkelingsjare as kinders tussen die ouderdom drie tot ses jaar (Kruger

27

& Spies, 2006:159; Papalia & Feldman, 2011:235). Vir die doeleindes van hierdie studie is daar egter net gekonsentreer op kinders van vier tot ses jaar.

Ontwikkelingsgerigte wetenskaplikes bestudeer volgens Papalia en Feldman (2011:8) drie aspekte van die sfere van die self, naamlik die fisiese, kognitiewe en psigososiale sfere van die self. Die outeurs meld dat die biologiese of fisiese ontwikkeling van die mens die groei van die liggaam en brein, sensoriese vermoëns en motoriese vaardighede insluit. Voorts meld die outeurs dat leer, aandag skenk, geheue, taal, denke, redenering en kreatiwiteit met die kognitiewe ontwikkeling te make het. Laastens dui die outeurs aan dat emosies, persoonlikheid en sosiale verhoudingsaspekte deel uitmaak van die psigososiale ontwikkeling van die mens. Kruger en Spies (2006:164) verdeel egter in hul literatuur die psigososiale sfeer in die sosiale sfeer en die emosionele sfeer. Hoewel die fisiese, kognitiewe en psigososiale (sosiale en emosionele) ontwikkeling dus afsonderlik bespreek word, is hierdie sfere interafhanklik van mekaar en het hulle ’n invloed op mekaar (De Witt, 2009:4; Kruger & Spies, 2006:159; Papalia & Feldman, 2011:8). De Witt (2009:4) brei hierop uit deur aan te dui dat ontwikkeling die geleidelike waarneembare veranderinge in die ontplooiing van die kind-in-totaliteit is wat op pad is na behoorlike volwassenheid.

Ferrara (2002:171) asook Kruger en Spies (2006:159) meld in hul studies dat die fases in menslike ontwikkeling die beste verstaan kan word ten opsigte van die ontwikkelingstake wat mense nodig het om te bemeester sodat hulle na die volgende ontwikkelingsfase kan aanbeweeg. Volgens Louw en Louw (2007:159) kan hierdie ontwikkelingstake gedefinieer word as die probleme wat ontstaan tydens sekere vlakke van die ontwikkeling in 'n kind se lewe en wat eers suksesvol opgelos moet word om tot 'n groter waarskynlikheid van sukses ten opsigte van toekomstige take te lei. Die outeurs meld dat die suksesvolle bemeestering van die take belangrik is vir die kind aangesien die mislukking van die take tot latere agterstand op meer gevorderde ontwikkelingsvlakke kan lei. Kruger en Spies (2006:159) is van mening dat daar ’n verbintenis tussen hierdie take en die verskillende behoeftes van kinders is en dat indien hierdie behoeftes nie na behore bevredig word nie, die normale sosiale, emosionele en kognitiewe ontwikkelingsprosesse in gevaar gestel word. Henderson en Thompson (2011:28) asook Weems en Overstreet (2008:491) meld dat daar ’n lys van behoeftes is waaraan voldoen moet word in die ontwikkeling van baba tot adolessent. Volgens die outeurs het die ontwikkelende kind ’n behoefte aan basiese fisiese versorging en ook om sekuriteit, leiding, ondersteuning en beheer van die ouers te ontvang. Die outeurs meld ook dat die kind ’n behoefte aan liefde, toegeneentheid en respek het, tesame met stimulasie om te leer en toegang tot opvoeding. Laastens meld die outeurs dat kinders tydens hul ontwikkeling ook ’n behoefte openbaar tot selfstandigheid/onafhanklikheid en verantwoordelikheid.

28

Voorts word daar aandag geskenk aan elkeen van bogenoemde sfere van die self van ’n kleuter soos deur De Witt (2009:4), Kruger en Spies (2006:159) asook Papalia en Feldman (2011:8) beskryf is. Daar word eerstens op die fisiese ontwikkeling van die kleuter gefokus.

2.3.2.1 Die fisiese ontwikkeling van die kleuter

Volgens De Witt (2009:12), Louw en Louw (2007:149) asook Papalia en Feldman (2011:238) neem die snelle groei wat tydens die peuterfase plaasgevind het af in die kleuterfase. Volgens die outeurs verbeter kleuters se fisiese beweging wel aangesien hulle verbetering toon in loop, spring, huppel en die gooi van balle. Volgens Louw en Louw (2007:150) verbeter dié ouderdomsgroep se kinders vaardighede ten opsigte van die vasmaak van skoenveters en om met kryte te teken. Dit is ook in hierdie fase dat hulle ’n voorkeur vir die gebruik van die regterhand of linkerhand toon. In hierdie fase bereik die brein 90% van die volle grootte en vind ontwikkeling veral in die frontale areas plaas wat beplanning en die organisasie van aksies beheer (Louw & Louw, 2007:149). Volgens Papalia en Feldman (2011:241) is dit eers vanaf ses tot elf jaar dat daar snelle ontwikkeling in die areas van denke, taal en ruimtelike verhoudings plaasvind. Volgens Louw en Louw (2007:150) ontwikkel motoriese vaardighede nie in isolasie nie. Die outeurs meld dat dit ’n voortbouing is op die suksesvolle bemeestering van vaardighede wat reeds in die baba- en peuterfases aangeleer is. De Witt (2009:90) meld dat soos kinders se liggame ontwikkel en hulle toegelaat word om meer groot en fyn motoriese vaardighede toe te pas, hulle nuwe en vooraf verworwe vaardighede in sisteme van aksie integreer wat lei tot die ontwikkeling van meer komplekse vermoëns. Teen die ouderdom van drie jaar teken kinders vorms soos sirkels, vierkante, reghoeke, driehoeke en kruise waarna hulle begin om kombinasies van die vorms in meer komplekse ontwerpe te skep (Papalia & Feldman, 2011:243). Volgens Papalia en Feldman (2011:243) begin die simboliese fase gewoonlik tussen die ouderdomme van vier en vyf jaar. Die oorskakeling van abstrakte vorm en ontwerp na die uitbeelding van werklike voorwerpe dui op 'n fundamentele verandering in die doel van die kinders se tekeninge (Papalia & Feldman 2011:243).

2.3.2.2 Die kognitiewe ontwikkeling van die kleuter

Volgens De Witt (2009:13) asook Henderson en Thompson (2011:28) verwys Piaget na die kleuter of kind in die vroeë ontwikkelingsjare as die pre-operasionele fase van die kind se kognitiewe ontwikkeling. Volgens die outeurs is kleuters in hierdie fase nog nie gereed om in logiese en verstandelike redenasies betrokke te raak nie aangesien hulle nog in die konkrete operasionele fase is. Papalia en Feldman (2011:257) meld dat vordering in simboliese denke met groeiende begrippe van oorsaaklikheid, identiteit, kategorisering en numering gepaard gaan. De Witt (2009:15) brei hierop uit en meld dat sommige van bogenoemde begrippe hul

29

oorsprong in die baba- en peuterjare het. Ander begrippe word egter eers ontwikkel in die kleuterjare of vroeë kinderjare, maar bereik nie hul volle ontwikkeling voor die middelkinderjare nie. Van Wyk (2010:65) sluit hierby aan en meld dat die kleuter in hierdie ontwikkelingstadium nog nie tussen realiteit en fantasie kan onderskei nie. Volgens die outeur dink kleuters in hierdie fase nog konkreet oor die oplossings van probleme.

Tydens die kleuter- of vroeë kinderjare verbeter die kinders se aandag en die spoed en doeltreffendheid waarmee hulle inligting verwerk. Hulle begin ook om langdurige herinneringe te vorm (Papalia & Feldman, 2011:265). Volgens De Witt (2009:17) onthou jong kinders nie so goed as ouer kinders nie omdat kleuters geneig is om te fokus op die presiese besonderhede van 'n gebeurtenis wat maklik vergeet kan word, terwyl ouer kinders en volwassenes in die algemeen konsentreer op die kern van wat gebeur het. Volgens die outeurs kan belangrike aspekte van ’n situasie in gebreke bly by die kleuters of kinders in hul vroeë ontwikkelingsjare omdat hulle minder kennis van die wêreld het en hul aspekte soos wanneer en waar iets plaasgevind het, vergeet.

Die kognitiewe ontwikkeling van die kleuter word vervolgens in Tabel 2.1 geïllustreer tesame met voorbeelde om elke vlak van ontwikkeling te verduidelik.

Tabel 2.1: Kognitiewe begrippe wat deur kleuters ontwikkel word

Gebruik van simbole Die kleuter hoef nie in sensoriese kontak met 'n voorwerp of persoon te wees om aan die voorwerp of persoon te dink nie.

Die kleuter kan deur verbeelding ander eienskappe aan voorwerpe of persone toedien as wat hulle werklik is.

Begrip van identiteite Die kleuter ontwikkel die vermoë om te weet dat oppervlakkige veranderings nie die aard van voorwerpe of persone verander nie.

Begrip van oorsaak en gevolg Die kleuter ontwikkel die vermoë om te besef dat gebeure oorsake en gevolge het.

Vermoë om te klassifiseer Die kleuter begin voorwerpe, persone en gebeure in betekenisvolle kategorieë organiseer.

Begrip vir getalle Die kleuter ontwikkel die vermoë om te begin tel en met hoeveelhede te kan werk.

30

Bron: Papalia en Feldman (2011:256).

Tydens die pre-operasionele fase van die kind is daar soos in Tabel 2.1 geïllustreer word ’n vooruitgang in die kind se simboliese gedagtegang wat vergesel word deur 'n groeiende begrip vir kousaliteit, identiteite, kategorisering en numering. Die kleuter begin in hierdie fase ook om ander se gevoelens in ag te neem en ander se gedrag te voorspel.

Die volgende aspek van die kleuter se ontwikkeling wat bespreek word, is die psigososiale ontwikkeling van die kleuter.

2.3.2.3 Die psigososiale ontwikkeling van die kleuter

Die self-konsep van kleuters of kinders in die vroeë ontwikkelingsjare is hul totale prentjie van hul vermoëns en eienskappe (Papalia & Feldman, 2011:282). Volgens Louw en Louw (2007:174) bepaal kleuters se kognitiewe konstruksie van hulself hoe hulle oor hulself voel en dit beïnvloed ook hul optrede. Volgens die outeurs het kleuters se bewustheid van hulself ook 'n sosiale aspek, naamlik dat kleuters in hul selfbeeld ook ’n groeiende begrip vorm van hoe ander hulle sien. Selfbeeld begin in die peuterfase vorm soos die kind ’n besef van die self begin ontwikkel (Papalia & Feldman, 2011:282). Volgens die outeurs begin hierdie definisie van die self egter tussen die ouderdom van vyf en sewe jaar te verander. De Witt (2009:26) meld dat kinders se selfbeeld gebaseer is op hul groeiende kognitiewe vermoë om hulself te beskryf en te definieer. Van Wyk (2010:64) sluit hierby aan en meld dat kinders in hierdie stadium van ontwikkeling egosentries is en dat hulle die wêreld net vanuit hul eie perspektief kan sien. Volgens die outeur vind kinders in hierdie ontwikkelingsfase dit moeilik om menings en gevoelens van ander in te sien. Die outeur meld egter dat soos kleuters kognitief ontwikkel en besef dat hulle nie fisiek deel is van hul ouers nie maar afsonderlike persone is, begin hulle ook die vaardigheid ontwikkel om ander se opinies en gevoelens in te sien.

Emosies wat gerig is op die self – soos skuldgevoelens, skaamte en trots – ontwikkel teen die einde van kinders se derde jaar nadat die kinders die konsep van selfwaarde aangeleer het en die standaard van gedrag, soos deur hul ouers gestel is, aanvaar het (Papalia & Feldman, 2011:285). Kruger en Spies (2006:178) meld dat indien daar onvoldoende interaksie tussen die versorger en die baba plaasvind die kind in latere jare ’n gebrek sal toon om emosies te identifiseer, te verstaan en te verbaliseer. Louw en Louw (2007:181) meld verder dat kinders wat verwaarloos en mishandel is dikwels dit moeilik vind om hul emosies uit te druk. Hierdie

Teorie van gedagte Die kleuter word meer bewus van verstandelike aktiwiteite en die brein se funksies.

31

kinders toon ook baie minder negatiewe emosies. Volgens die outeurs is hierdie egter vals positiewe emosies wat die kinders geleer het om te gebruik om hulle te beskerm teen persone wie hulle nie vertrou nie. Volgens Van Wyk (2010:64) groei die kind in hierdie fase van totale afhanklikheid na ’n groter onafhanklikheid wat daartoe lei dat hulle aktief besig is om hul omgewing, wat ook die omgewing van hul liggame insluit, te verken en te poog om dit te bemeester.

Om te verduidelik hoe die kleuter se definisie van die self ontwikkel, word elke fase vervolgens in Tabel 2.2 aan die hand van ’n beskrywing en ’n voorbeeld verduidelik.

Tabel 2.2: Fases in die verandering van die kleuter se self-definisie

Bron: Aangepas uit Papalia en Feldman (2011:283).

Soos in Tabel 2.2 geïllustreer, kan die kind op vierjarige ouderdom nog nie ’n logiese verband tussen die verskillende eienskappe van die self toon nie. Soos hierdie begrip tussen die ouderdom van vyf en ses jaar ontwikkel, begin die kleuter om die verband tussen die eienskappe te verstaan. Hierdie eienskappe is egter óf positief óf negatief. Dit is eers in die

Fases in die

verandering van die self-definisie (Neo- Piaget perspektief) Beskrywing Voorbeeld Fase 1: Enkel verteenwoordiging Ouderdom 4 jaar

Stellings oor die self is eendimensioneel

• Die kind se stellings beweeg van een spesifieke stelling na die volgende sonder dat daar ‘n logiese verband is.

Ek hardloop vinnig. Ek hou van roomys.

Fase 2:

Verteenwoordigende afbeeldings

Ouderdom 5 tot 6 jaar

• Die kind begin om logiese verbindings tussen die verskillende aspekte van die self te maak. • Uitdrukking van die self is nog steeds in totale

positiewe konsep, dit wil sê in alles of niks terme.

Ek kan vinnig hardloop en ver spring en ek is ook sterk.

Fase 3:

Verteenwoordigende stelsels

Vind plaas in die middel kinderjare

• Die kind begin om spesifieke kenmerke van die self te integreer in 'n algemene

multidimensionele konsep.

• Soos die kind se “alles of niks” denke

verminder, word die kind se beskrywing van die self meer gebalanseerd en realisties.

Ek hardloop vinnig maar is nie goed met

32

middelkinderjare dat die kind se beskrywing van die self meer realisties en geïntegreerd word met positiewe en negatiewe eienskappe.