• No results found

Bybelse Perspektiewe op die Narratiewe Pastoraat

3.2. NARRATIEF IN DIE PASTORALE TEOLOGIE

Die narratief het in die onlangse verlede ontwikkel van ‟n belangrike hulpmiddel in die pastoraat tot ‟n modus waarbinne die pastorale teologie beoefen word. Van den Berg (1998: 70) dui daarop dat die invloed van die narratief in die pastoraat begin het by Stephen Crites, wat ‟n in 1971 ‟n artikel getiteld “The Narrative Quality of Experience” die lig laat sien het. Hierdie artikel het ‟n groot invloed uitgeoefen op die ontwikkeling van die gebruik van narratiewe in die pastoraat en ook in die praktiese teologie. In hierdie artikel maak hy gebruik van die fenomenologie om te bewys dat die menslike bestaan en menslike ervaring narratief van aard is. Die formele kwaliteit van die belewenis van die mens deur die verloop van tyd is inherent ‟n narratief.

Botha (2003: 181) neem hierdie gedagte verder deur narratiewe as vensters te beskryf – vensters, omdat dit gewoonlik ‟n blik (insig) open tot dit wat in ‟n ander persoon se gedagte- of beleweniswêreld aan die gang is. Joubert (2003: 45) wys, in aansluiting hierby, daarop hoe narratiewe ‟n bydrae kan lewer om ‟n beter interaktiewe verstaan van emosie en belewenis tussen mense tot stand kan bring. Hoe beter ‟n mens iemand anders leer ken, hoe meer kan jy uit die verhale wat hulle vertel, agterkom hoe en wat hulle dink en ook waaroor hulle die graagste dink. Hoe meer ‟n mens jou eie stories met hulle deel, hoe meer openbaar jy jouself teenoor hulle. Hy gebruik ‟n illustratiewe beeld om aan te toon hoedat narratiewe dikwels in die lewens van Christene funksioneer: “Wanneer videobande oud word neem hulle somtyds twee beelde oor mekaar op. Die gevolg is spookbeelde: die huidige beelde en vorige beelde wat gelyktydig op die TV wys. Dit is helaas ook die hartseerstorie van baie Christene se lewens. Hulle laat toe dat twee teenstrydige stories oor God gelyktydig in hulle kop afspeel soos spookbeelde.” (Joubert 2003: 43). Joubert (2003) gebruik hierdie beeld om iets van die teenstrydigheid wat daar soms by baie Christene kan wees te illustreer, maar dit staaf ook juis die feit dat baie van hierdie

59

teenstrydighede by mense narratief van aard is en dat dit in ‟n narratiewe modus na vore kom.

Daar is bepaalde kenmerke van narratiewe wat die gebruik daarvan in die pastoraat uiters geskik maak. Botha (2003: 85 - 87) stip dit soos volg aan:

Temporele ordening: Narratiewe het ‟n chronologiese en logiese struktuur. Die verteller van die narratief het dit so saamgestel dat samehangende gebeure met mekaar in verband gebring kan word, sodat die hoorder daarvan ‟n begrip van die verloop van die gebeure kan vorm. Temporele ordening is ‟n basiese kenmerk van ‟n narratief (Botha 2003: 85).

Chronologiese- en nie-chronologiese dimensies: Die verteller van die narratief kan “redaksionele kommentaar” lewer op die verloop van die narratief wat vertel word, wat nie deel uitmaak van die presiese kronologiese verloop van die gebeure nie, maar wel ‟n bydrae kan lewer tot ‟n beter verstaan van die narratief wat vertel word. Die narratief word so oorvertel dat daar bepaalde klem geplaas word op seker aspekte van die narratief, wat die verteller wil tuisbring of beklemtoon by die hoorder (Botha 2003: 85).

Narratiewe word vertel en gehoor: Die oorvertel van ‟n narratief is ‟n konkrete proses waarin ‟n spesifieke persoon gebeure aan iemand anders oorvertel. Daarom is ‟n narratief nie abstrak nie, maar juis eenvoudig. Die oorvertelling is nie in die algemeen nie, maar is spesifiek in terme van die verloop van die narratief. Die konteks waarbinne die narratief oorvertel word, het ‟n bepaalde invloed op die manier waarop die verteller die narratief aan die hoorder oordra. As illustrasie hiervan sal die vertelling van dieselfde narratief rondom ‟n braaivleisvuur en in ‟n pastorale situasie ingrypend van mekaar verskil, aangesien dit nie net die verteller is wat bepalend is tot die verloop van die oorvertel van die narratief nie, maar ook die hoorder of hoorders (Botha 2003: 85 - 86).

60  Narratiewe gee betekenis aan ervarings: ‟n Verteller van ‟n narratief deel in die proses van die vertelling van die narratief veel meer as net feite. Die vertel van die narratief gee aan die verteller die geleentheid om uitdrukking te gee aan ervaring en emosie. Die vertel van ‟n narratief maak dit ook vir die verteller daarvan moontlik om op ‟n beheerste manier uitdrukking te gee aan die emosies en ervarings wat met die belewenis van die narratief gepaard gaan. Ervarings word met die vertel van ‟n narratief georganiseer in ‟n samehangende geheel, wat die betekenis wat daaraan gekoppel word beklemtoon. Die verband wat daar in die narratief met die werklike gebeure en die belewenis daarvan getrek word, is van groot waarde vir die verteller. Daarom is die betekenis van die narratief veel meer as bloot die gebeure wat daarin vervat is (Botha 2003: 86).

’n Narratief het ’n plot of ’n verhaallyn: ‟n Narratief bestaan gewoonlik uit

‟n samevoeging van ‟n groep klein narratiewe of elemente van ‟n narratief. Daar kan daarna verwys word as episodes van ‟n verhaal. Uiteindelik moet hierdie episodes bymekaar kom in die uiteindelike verloop van die verhaal. Die verteller organiseer hierdie episodes of kleiner narratiewe sodat dit alles deel vorm van die plot of verhaallyn van die narratief. In die normale oorvertel van ‟n narratief, vind die organisering van hierdie episodes of kleiner narratiewe in ‟n plot of verhaallyn outomaties plaas en is dit gewoonlik nie ‟n bewuste of sigbare proses nie (Botha 2003: 86).

Gebeure en ervarings, en die betekenis wat daaraan geheg word,

beïnvloed mekaar: ‟n Narratief wat vertel word, bevat twee basiese

elemente van verhale, naamlik ‟n aksie-element en ‟n bewussynselement. Die basies struktuur van ‟n narratief geskied vanuit die aksie-element waar gebeure oorvertel word. Ervarings en gebeure word met mekaar in verband gebring deur middel van die plot of verhaallyn. Die betekenis wat in die narratief na vore kom, is afkomstig vanuit die bewussynselement. Daar bestaan ‟n interaktiewe proses tussen hierdie twee basiese elemente van ‟n narratief, wanneer die verteller kommentaar lewer op die verloop van gebeure in die narratief wat vertel word. Enersyds beïnvloed die aksie-element van die

61

narratief die bewussynselement wanneer die verteller in die vertel van die narratief sin maak van die verloop van gebeure, maar andersyds beïnvloed die bewussynselement van die narratief die aksie-element wanneer die insig vanuit die vertelling van die narratief help om die verloop van gebeure vir die verteller in beter perspektief te plaas (Botha 2003: 86).

Ideaalbeelde en self-narratiewe: Die vertel van ‟n narratief het ‟n bepaalde effek op die verteller van die narratief. Die vertel van ‟n narratief is ‟n korrigerende terugspeel van gebeure en belewenisse wat die verteller in staat stel om ideaalbeelde van optrede vanuit die narratief wat vertel word, te kan vorm. Dit het ‟n bepaalde invloed op die self en verleen vorm aan die manier waarop die verteller homself sien. Mense het verskillende ideaalbeelde en self-narratiewe wat as sentrale temas dien waarvolgens hulle hul lewensverhale konstrueer (Botha 2003: 87).

In die lig hiervan is dit belangrik om kennis te neem van Müller (1996: 5) se definisie van die praktiese teologie: “Praktiese teologie is die sistematies-gestruktureerde, voortgaande hermeneutiese proses, waardeur gepoog word om menslike handelinge, wat verband hou met die verhale van die Christen-geloofsgemeenskap, teologies te verhelder en te vernuwe.” Müller (1996: 3 - 5) voldoen met hierdie definisie aan die eise van die ekosistemiese paradigma. Hierdie ekosistemiese paradigma kan beskryf word as ‟n paradigma waarbinne die begrip “narratiewe” as ‟n beskrywing dien van die studieveld van die praktiese teologie wat bydra tot ‟n beter begrip van die konsep “kommunikatiewe handelinge”. Dit beteken dat wanneer kommunikatiewe handelinge in die praktiese teologie bestudeer word en dit gedoen word met ‟n definitiewe en doelgerigte narratiewe perspektief, die benadering binne hierdie paradigma veel meer inklusief is en dat dit verwys na die totale ekosisteem waarbinne die kommunikasieproses verloop (Müller 1996: 4).

62

Müller (1996: 97 - 105) stel ‟n model van narratiewe betrokkenheid in sy pastorale benadering voor. Hierdie model kan skematies soos volg voorgestel word (Müller 1996: 100):

Figuur 4

Die “Gespreksagenda” van Müller (1996: 100) word vervolgens beskryf. Die “gespreksagenda” in die figuur word in die eerste paragraaf hieronder behandel, gevolg deur die “prosedures” in die daaropvolgende paragraaf.

Die narratiewe pastoraat verloop volgens ‟n gespreksagenda, wat ingerig word na aanleiding van die pastor se narratiewe betrokkenheid by die kliënt (Müller 1996: 99). Hierdie narratiewe betrokkenheid word na vore gebring deur vyf groot bewegings of verhale. Hierdie vyf verhale is die bene waarop Müller (1996: 107 - 140) se model van narratiewe betrokkenheid gebaseer word.

GESPREKSAGENDA

PROSEDURES

Die sirkulêre verhaal Die kronologiese verhaal Die grafiese verhaal Die ekosistemiese verhaal Die geëksternaliseerde verhaal Die geloofsverhaal

Die hipotetiese verhaal Verantwoordelikheid vir die verhaal

‟n Rituele verhaal 1. ‟n Verhaal van NOOD

2. ‟n Verhaal met ‟n Storie (VERLEDE)

3. ‟n Verduisterde TOEKOMSVERHAAL

4. HERSTURKTURERING