• No results found

Wanneer data ingesamel word, is dit belangrik om die bevindings in die lig van die navorsingsvraag na te gaan (Silverman, 2011:227). Tydens hierdie eksakte proses kan die aangewese of gekose metodes, bevindings en konsepte ook getoets word (Silverman, 2009:152). Sleutelvrae met die oog op analise kan gestel word om die navorsing te ondersteun. Sodanige sleutelvrae hang gewoonlik af van die navorsingsonderwerp en voorkeurmodel vir kwalitatiewe navorsing (Silverman, 2009:153; vgl. Yin, 2014:10).

2.5.1

Gevallestudie

ʼn Gevallestudie is ʼn benadering wat geskik is om ingewikkelde of eenvoudige verskynsels binne ’n navorsingskonteks te ondersoek (Berg, 2009:317). As sodanig is ʼn gevallestudie ʼn intensiewe, holistiese beskrywing en analise van ʼn enkele begrensde eenheid (Merriam, 2009:203). Dit behels om ʼn saak volledig te beskou deur dit vanuit verskeie hoeke te besigtig (Thomas, 2011:23; vgl. Yin, 2014:16).

In die huidige studie handel dit oor ʼn besondere saak (verwerping wat Godsbeskouing beïnvloed) en die navorser veralgemeen nie. Thomas (2011:3, 23) stel dat navorsers juis daarna streef om veralgemening uit die ondersoekproses te weer. Die navorser wil ʼn ryk beeld en analitiese insig kry in persone se belewenis van verwerping en die vorming van hulle Godskonsep (Thomas, 2011:23). Daar is gefokus op holistiese beskrywings en verduidelikings van ʼn geselekteerde aantal individue vanuit hulle werklikheidservarings van verwerping asook hoe en hoedanig dit hulle Godsbeskouing beïnvloed het (Berg 2009:318; Babbie & Mouton, 2004:280-281; Merriam, 2009:49).

2.5.1.1 Doel van ʼn gevallestudie

Die gevallestudie is ʼn indiepte-analise wat – in die huidige studie – die realiteit, respondente se belewenis en gedagtes oor die verwerping te ondersoek. Dit is gedoen om vas stel hoe en in watter mate verwerping iemand se Godsbeskouing sou kon beïnvloed (Bertram & Christiansen, 2014:42). Die bevindings is met reeds ontwikkelde teorieë vergelyk (Henning et al., 2004:14) binne die prakties-teologiese teoretiese raamwerk waarmee gewerk. Só is tot gevolgtrekkings gekom wat as bevindings geformuleer is (Fouché & Schurink, 2011:321; Heyns & Pieterse, 1998:82).

2.5.1.2 Keuse van gevalle

Die keuse van die gevalle om in hierdie studie te ondersoek, is bepaal deur die doelwitte vir die navorsing. Daar is oorweging gegee aan volwassenes wat:

 enige vorm van verwerping in enige stadium in hulle lewe ervaar het;  wie se Godsbeskouing daardeur beïnvloed is; en

 wat probleme ondervind met die konsep “Godsbeskouing”.

Weens die navorser praktykondervinding van funksionele terapie kon sy aspekte wat vir hierdie studie relevant is, noukeurig assesseer. In die lig van die studiefokus en as tematiese riglyn is die volgende tersaaklike faktore uitgewys om die seleksie van gevalle te rig. Hierdie faktore behels: die belewing van verwerping, die vorming van Godsbeskouing, godsdienstige agtergrond, mense se worsteling en deelnemers se wêreldbeskouing.

Verwerping en die vorming van ʼn persoon se Godsbeskouing is ondersoek om empiriese bevindings oor praktykteoretiese teorieë verder te ondersoek, te bevestig en uit te brei. Die oogmerk was om persone wat verwerping ervaar het en wie se Godsbeskouing daardeur beïnvloed is, terapeuties by te staan. Om die toepaslike data te genereer is die deelnemers se beskrywing van hul belewenis van verwerping en sekere aspekte van hulle Godsbeskouing gebruik.

2.5.1.3 Getal deelnemers

Elke studie is uniek en die aantal deelnemers wat dit benodig, verkieslik tussen 10 en 15 lede (Babbie, 2007:289; vgl. Yin, 2014:64), word bepaal deur die hoeveelheid inligting wat in besonder van elke geval benodig en/of verkry moet word (Terre Blanche et al., 2007:289). In ooreenstemming met Babbie (2007:289) se aanwysings, het 11 persone aan die navorsing deelgeneem. Dit het ook daartoe meegewerk dat elke ouderdomsgroep deur minstens twee deelnemers verteenwoordig is

.

2.5.1.4 Skending van privaatheid, anonimiteit en vertroulikheid

Alle deelname was anoniem en deelnemers se persoonlike inligting en identiteit is streng vertroulik gehanteer. In die verslag is die deelnemers se identiteit beskerm deur betrokkenes onpersoonlik te identifiseer deur kodering en numeriese vermelding (R [Respondent] 1-11) (vgl. Henning et al., 2004:73; Metler, 2016:56; Silverman, 2010:167).

Die aard van die navorsing het vereis dat klankopnames van onderhoude gedoen moes word om deeglike en akkurate interpretasie van die inligting te verseker (Silverman, 2010:199). Na die afloop van die navorsing is die opnames saam met die persoonlike inligting van deelnemers veilig weggesluit in ʼn liasseerkabinet waartoe slegs die navorser toegang het. Inligting wat op rekenaar gestoor is, is beveilig deur ʼn wagwoord wat net die navorser ken. Alle resultate sal minstens sewe jaar ná voltooiing van die studie gestoor word (Henning et al., 2004:74; Berg, 2009:92).

2.5.2

Selfpersepsieskaal en pastoraal-semantiese differensiaalanalise

Die metode waarvolgens data ingesamel en geïnterpreteer word, dui aan hoe die navorser die empiriese data bekom om die navorsingsvraag te beantwoord (Boeije, 2010:58). Hiervoor is die geskikte insamelingsmetodes gevind in Hanekom (2005:123) se gestandaardiseerde selfpersepsieskaal en Louw (1999a:399) se pastoraal-semantiese differensiaalanalise). Hierdie instrumente is ideaal om inligting te bekom rakende die respondente se innerlike belewing van verwerping en die vorming van hul Godsbeskouing. Omdat die mens die onderwerp van geesteswetenskaplike navorsing is, bring dit ʼn eie problematiek na vore wat nie in byvoorbeeld die natuurwetenskappe voorkom nie. Hier moet in ag geneem word dat mense rasionele, historiese en normatiewe wesens is. Deur hulle rasionaliteit het mense die vermoë om oor hulle eie bestaan as mens te kan besin (Mouton & Marais, 1992:77).

2.5.2.1 Gestandaardiseerde selfpersepsieskaal

Die selfpersepsieskaal (Hanekom, 2005:85-87), (Addendum A) bestaan uit drie konstrukte, naamlik:

 innerlike onsekerheid – vrees/bang;  skuldgevoelens – skuld; en

 gebrek aan selfwaarde – skaamte.

ʼn Verbinding van hierdie drie konstrukte bepaal die innerlike belewenis wat bepalend op ʼn persoon se selfpersepsie inwerk. Hoe individue hulleself beskou en beleef bepaal hoe hulle

ander mense se optrede beleef en hoe hulle dus in verhouding tree met ander, insluitend God. 2.5.2.2 Pastoraal-semantiese differensiaalanalise

Die doel van Louw (1999a:399), se pastoraal-semantiese differensiaalanalise (verw. Addendum B) (hierna verkort as PSD) is om ʼn persoon se geloof-verhouding en ook sy/haar verstaan en vertolking van God binne die konteks van eksistensiële vrae oor lewensin waar te neem en te ontleed. In Louw se pastorale analise is die oogmerk om herstel te laat plaasvind en geloofsgroei te stimuleer (Louw, 1999a:374). Hiervoor identifiseer Louw (1999a:375) drie faktore in die pastorale analise:

 die aard van geloof;  godsdiens; en  Godsvoorstelling.

Deur ʼn verbinding van Hanekom (2005:123) en Louw (1999a:399) se metodologieë is struktuur aan die gesprek met deelnemers gegee. Hierdie strategie maak dit moontlik om sensitief (“priesterlik” soos Osmer [2008:29] dit stel) te luister en beter te verstaan wat aangaan. Dit het insig gebied in die manier waarop en mate waarin iemand se Godsbeskouing as gevolg van verwerping beïnvloed kon word.

ʼn Nadere blik op Louw (1999a:396) se metodiek is nodig. Louw (1999a:396) het Osgood se model van semantiese differensiaalanalise vir die pastoraat so aangepas dat dit beter insig bied ten opsigte van mense se algemene begrip of konsep van byvoorbeeld God. Dit help om hierdie begrip en konsep te kan evalueer. Louw (1999a:396) se doel met die aanpassing is dat begrippe wat met God se handelings in die heilsgeskiedenis in verband gebring word in hul teenoorstellende waardes uitgeken kan word. Hierdie begrippe word in vier dimensies verdeel (Louw, 1999a:397) naamlik:

 Waarskynlikheid: God se regverdigheid teenoor kwaad en lyding speel ʼn belangrike rol.  Evaluerend: Bepaal of ʼn persoon ʼn assosiasie oproep wat opbouend is en sekuriteit bied,

of een wat remmend en ontwrigtend inwerk,

 Potensiaal: Dui kontrabegrippe van sterk of swak aan wat bepaal of ʼn persoon ʼn sekere verwagting oor God koester en aan in watter mate die persoon met hierdie Godsbeskouing kan identifiseer.

 Aktiwiteit: Verband tussen God se algemene handelings en spesifieke dade tree hier na vore wat óf aksie/doenend of passief/onbetrokke kan wees.

In die PSD (Louw, 1999a:399) kom ʼn persoon se onmiddellike ervaring, waarneming, identifikasie en verwagting van God na vore. Hierdie analise fokus op die kognitiewe

assosiasies van ʼn persoon se verstaan van die konsep “God”. Dit is dus nie bloot gerig op die affektiewe assosiasies van geloofsbewegings nie (Louw, 1999a:396).

Die volgende inligting vanuit die subtemas is belangrik: werklikheidsgestalte, waarde, potensiaal en doeltreffendheid in die PSD (Louw, 1999a:398). Dit word hieronder uiteengesit.  ʼn Hoë (positiewe) telling in elke afdeling dui op ʼn positiewe identifikasie tussen die persoon

en God.

 ʼn Telling wat in elke afdeling om die 0 (neutrale posisie) konsentreer, dui op ʼn moontlike neutrale houding teenoor God wat kon ontstaan het: as gevolg van:

 ʼn gebrekkige kennis; of

 ʼn gebrek aan belangstelling en/of toewyding.

 ʼn Lae (negatiewe) telling in elke afdeling dui op moontlike krisis-vlakke wat die persoon ervaar en hoe hierdie krisis sy/haar verstaan van God beïnvloed.

ʼn Telling wat ʼn neutrale posisie weerspieël, dui op ʼn gebrekkige groei of oppervlakkige identifisering met God. Hierdie dempende uitwerking wat ʼn neutrale verstaan van God op ʼn persoon se geloofsgroei het, kan deur konstruktiewe konfrontasie gehanteer word (Louw, 1999a:398).

Met die implementering van Louw (1999a:398) se PSD moet die volgende faktore in ag geneem word:

 Die persoon wat verwerping ervaar het moet aangemoedig word om in stilte na te dink oor sy/haar onmiddellike ervaring met God en daarna so eerlik en opreg moontlik teen die aangeduide skaal die konsep “God” evalueer.

 Dit is belangrik dat aan die persoon verduidelik word dat die verskeie konstrukte in die PSD nie etiese kategorieë is wat goed of sleg/kwaad weerspieël nie. Gevolglik hoef hy/sy nie bang te wees om ʼn negatiewe assosiasie van God op te roep nie. Voorts hoef negatiewe assosiasie nie opgeroep te word soos dit “behoort te wees” of soos die kerk of dogmatiek dit voorskryf nie.

 Aan die persoon wat verwerping ervaar het, moet verduidelik word dat die positiewe sowel as die negatiewe dimensies ʼn belangrike rol speel in die ontwikkeling van gelowiges se spiritualiteit.

 Wanneer ʼn persoon gevra word om die PSD te voltooi, is dit belangrik dat die analise en die begrippe wat daarin voorkom en betekenis daarvan aan so een verduidelik word. Vanweë die PSD se fokus op ʼn persoon se Godskonsep in die algemeen, word die PSD

tweede in die onderhoud gedoen. Sodoende kan die navorser die deelnemer aan die hand van die inligting wat bekom word verder uitvra oor sy/haar belewing van God as Vader (vgl. Hoefner, 2009:87).

Respondente het tydens die onderhoud die PSD ingevul. Daar is vooraf aan elkeen verduidelik wat elkeen van die waardes van die abstrakte begrippe beteken voordat hy/sy dit tydens die onderhoud ingevul het.