• No results found

3.9 PERSPEKTIEWE OP DIE BEGRIP “GODSBESKOUING”

3.9.2 Psigologiese perspektiewe

3.9.2.1 Geloofsontwikkelingsteorie

Ontwikkelingsteorie behels meer as bloot om ʼn persoon se ontwikkeling te beskryf. Dit poog om die mens se lewensfases sistematies uiteen te sit en te verklaar vanuit ʼn spesifieke teoretiese raamwerk (Meyer, 1998:43). Volgens Meyer (1998:44) het teorieë enersyds verskillende implikasies vir praktiese aspekte van die sielkunde, soos opvoeding, voorligting en psigoterapie; andersyds verskil teorieë volgens die aspek of terrein van ontwikkeling wat beklemtoon word.

Een aspek van die mens se lewe is nie belangriker as ander nie (Hanekom, 2005:10). Voorts bied die Bybel nie ʼn wetenskaplike beskrywing van die mens se samestelling nie. Dit gaan oor die openbaring van die lewende God se handelings met die skepping waarbinne die mens ʼn psigosomatiese eenheid is (Hanekom, 2005:10). Kennis oor die ontwikkeling van die mens het ʼn besondere praktiese waarde vir die individu sowel as vir die samelewing, omdat die mens homself daardeur nie net beter kan verstaan nie, maar dit dra ook by tot ʼn beter verstaan van die mens en die normale ontwikkeling van die mens binne ʼn terapeutiese omgewing (Meyer, 1998:38).

Vir die huidige studie bied verskillende ontwikkelingsteorieë slegs ʼn intellektuele raamwerk vir die verstaan van die navorsingvraag. Dit behels die manier waarop en die mate waarin verwerping ʼn persoon se Godsbeskouing kan beïnvloed deur die optrede van die primêre versorgers en ander persone. Paiget, Erikson, Kohlberg, Fowler en Trent se modelle van ontwikkelingsfases is in hierdie studie ingesluit om sodoende ʼn holistiese teologiese- psigologiese perspektief te vorm oor die invloed wat verwerping op persone se geloofsontwikkeling kan uitoefen.

Piaget het baanbrekerswerk gedoen in navorsing oor lewensfases en kognitiewe ontwikkeling. Hy was die voorloper in studie oor die kognitiewe ontwikkeling van kinders. Sy teorieë word as die belangrikste beskou vir navorsing oor kognitiewe ontwikkeling (Meyer & Van Ede, 1998:73). In die huidige studie word Piaget dus eerste bespreek waarna Fowler en Kohlberg se morele ontwikkelingsteorieë oorsigtelik aangedui word wat op Piaget se kognitiewe ontwerpe voortgebou het. Trent se geestelike ontwikkelingsteorie van kinders word laaste bespreek om aan te sluit by Osmer (2008:129) se siening van die normatiewe taak met die vraag: Hoe behoort ons op te tree?

Psigoanalitiese perspektiewe op geloofontwikkeling Piaget se kognitiewe ontwikkeling

Jean Piaget (1896-1980) het ʼn invloedryke bydrae gelewer met kennis oor die kind se kognitiewe ontwikkeling in die twintigste eeu. Sy teorie word nie net wêreldwyd bestudeer nie, maar vorm die onderbou van heelwat navorsing in Suid-Afrika (Meyer & Van Ede, 1998:73). Piaget beskou kognitiewe ontwikkeling as die resultaat van ʼn persoon se interaksie met die omgewing om te kan oorleef. Hy verdeel die vier stadia van interaksie in vier periodes (Piaget & Inhelder, 1969:3-12)

Piaget se vier fases van kognitiewe ontwikkeling word in Tabel 3.1 weergegee soos aangepas uit Piaget en Inhelder (1969: 3-12).

Tabel 3.1: Piaget se stadia van kognitiewe ontwikkeling Periode 1

Geboorte tot twee jaar

Periode 2 Twee tot ongeveer

sewe jaar

Periode 3 Sewe tot ongeveer

twaalf jaar Periode 4 Adolessensie SENSORIES- MOTORIESE PERIODE Konsep van permanente voorwerp vorm Simboliese funksie ontwikkel uit nabootsing PRE-OPERASIONELE PERIODE Prekonseptuele denke – begryp nog nie wat ʼn konsep behels nie

Intuïtiewe denke – denke word nie op logika gebaseer, maak gevolgtrekkings op grond van waarneming Transduktiewe

redenering – redeneer spesifiek tot spesifiek

KONKREET- OPERASIONELE

PERIODE Denke is konkreet en kan nie abstrak dink nie Redeneer in terme van waarneembare realiteit FORMEEL- OPERASIONELE PERIODE Interproposionele redenering, kan abstrak dink

Meier, Minirth, Wichern en Ratcliff (1991:251) reken dat Piaget daarvan oortuig is dat kinders tussen drie tot ses jaar feitlik alles wat hul ouers hulle vertel, glo en dink dat die ouers kwaliteite van almag en alomteenwoordigheid besit. Tydens die intuïtiewe fase redeneer kinders nog op ʼn transduktiewe manier en verbind onverwante situasies oorsaaklik, wat verklaar waarom hulle ʼn pa se optrede direk met God koppel en God met hul pa verbind (Mc Donald, 2015:85; Rizzuto, 1979;42; verw. 2.7.4.1). Tussen twee tot twaalf jaar kan kinders nog nie ʼn eie selfbewussyn opbou om sodoende hul eie standpunte van ander s’n te kan skei nie. Gevolglik

het verwerping tydens hierdie vroeë vormingsjare ʼn skadelike uitwerking op die kind (Rohner, 1986:119).

Meier et al. (1991:179) stel dit dat volgens Piaget se teorie leef jong kinders, veral dié voorskools, in ʼn fantasiewêreld. Binne hierdie konteks word stories van Jesus en sy opstanding onvoorwaardelik aanvaar. Dinge word dus as magies beleef en vanuit hierdie belewenis word wonderwerke verwag (Die Godsbegrip ontwikkel kwalitatief by kinders deur die verskillende kognitiewe fases vanaf geboorte tot in vroeë adolessensie (Louw et al., 1998:379).

Erikson se ontwikkelingsteorie met agt stadia

Meyer en Van Ede (1998:56) beskryf dat Erikson se teorie uit die psigoanalise ontwikkel het en verteenwoordig ʼn wyer en veelsydiger siening van die mens. Erikson bou sy teorie om psigososiale krisisse en deel sy ontwikkelingsteorie in agt stadiums in (Erikson, 1995: 222- 247)

Vir Erikson kom ʼn krisis eintlik neer op kritiese take wat tydens ʼn spesifieke fase bemeester moet word. Wanneer dit gebeur, kom ʼn basiese sterk punt of “egokwaliteit” na vore (Hanekom, 2005:52). Erikson se agt stadia van ontwikkeling soos aangepas uit (Erikson, 1995: 222-247) word in Tabel 3.2 hier onder weergegee.

Tabel 3.2: Erikson se agt stadia van ontwikkeling

Die eerste vier stadia

Stadium 1 Geboorte tot een

jaar

Stadium 2 Een tot twee jaar

Stadium 3 Drie tot ses jaar

Stadium 4 Ses tot 12 jaar Vertroue vs wantroue Sintese Hoop Is die wêreld rondom my voorspelbaar en ondersteunend? Outonomie vs skaamte/twyfel Sintese Wilskrag Kan ek op my eie iets doen of moet ek altyd van ander afhanklik wees? Inisiatief vs skuld Sintese Doelgerigtheid Is ek aanvaarbaar of is ek onaanvaar- baar? Arbeidsaamheid vs minderwaardigheid Sintese Bekwaamheid Is ek bevoeg of is ek waardeloos?

Daaropvolgende vier stadia

Stadium 5

Adolessensie

Stadium 6

Vroeë

volwassenheid

Stadium 7

Middel-

volwassenheid

Stadium 8

Bejaardheid

Identiteit vs identiteitverwarring Sintese Betroubaarheid Wie is ek werklik en wat wil ek bereik?

Intimiteit vs isolasie Sintese Liefde Verbind ek my tot ʼn verhouding met iemand, of bly ek alleen? Generatiwiteit vs stagnasie Sintese Sorgsaamheid Gaan ek ʼn sinvolle bydrae lewer tot die samelewing of stagneer en selfbehep wees en stagneer? Integriteit vs wanhoop Sintese Wysheid Was my lewe betekenisvol deur voluit te leef?

Binne ʼn teologiese antropologie dui identiteit op die volgende aspekte (Louw, 1999a:253):  mense se ontdekking van God se doel met hulle lewe;

 om as iemand wat deur God geroep word in vryheid te kan kies; en  om verantwoordelikheid te neem vir die keuses wat gemaak word.

Wanneer agente nie op basiese behoeftes reageer of daaraan voldoen nie, leer die kinders om hulle wêreld te wantrou. Gevolglik begin hulle binne persoonlike verhoudings agterdogtig en wantrouig optree (Mc Donald, 2015:108). Vrees kan op enige tydstip in ʼn persoon se lewe vorm aanneem. Dit geskied meestal in die vroeë kinderjare en word lewenslank deel van ʼn persoon se gedrag (Anderson & Miller, 2000:40).

Hierdie optrede beïnvloed ʼn persoon se Godsbeskouing regstreeks, in so ʼn mate dat daardie kind God dan reeds beleef as werklik of onwerklik; opbouend of remmend; sterk of swak; aktief of passief, of onbetrokke (verw. 2.7.4.1; 2.7.4.2; 2.7.4.3; 2.7.4.4). Hierdie belewing bepaal die graad van ʼn mens se gevoelens van vrees, skuld en skaamte (verw. 2.7.4.3). Gedurende Fase 2, 3 en 4 volgens Erikson se teorie ontwikkel die kind outonomie teenoor skaamte, inisiatief teenoor skuld en arbeidsaamheid teenoor minderwaardigheid. Juis in hierdie fases speel ouers se gedrag ʼn belangrike rol in die ontwikkeling van die kind se selfbeeld en die Godsbeeld (verw. 2.7.4.1; 2.7.4.2; 2.7.4.3; 2.7.4.4; vgl. Mc Donald, 2010:110-111).

Kohlberg se morele-ontwikkelingsteorie

Kohlberg is deur Piaget se werk geïnspireer en beide het ʼn waardevolle bydra gelewer tot die begrip van die morele ontwikkeling van kinders (Louw et al., 1998:380, 468). Kohlberg het van Piaget se teorie verskil deur die gevolgtrekking dat kinders teen die middelkinderjare ver verwyderd is van volwasse moraliteit wat op ʼn vlak van ontwikkeling is wat gekenmerk word deur outonome individuele gewetensbeginsels. Volgens Louw et al. (1998:382) is die verskil tussen Piaget en Kohlberg se teorie dat Piaget van mening is dat kinders feitlik volkome morele rypwording bereik het teen die einde van hul middelkinderjare.

Kohlberg (1978:83-87) deel morele ontwikkeling op in drie vlakke waarna dit weer onderverdeel word in twee fases, met die klem op die morele redeneringsprosesse wat besluitneming voorafgaan. Die opsomming van Kohlberg (1978:83-87) se morele ontwikkelingsteorie word hier onder in Tabel 3.3 uiteengesit

Tabel 3.3: Kohlberg se morele-ontwikkelingsteorie

Ouderdom Vlak Stadium Soort gedrag

Ongeveer vyf tot nege jaar Vlak 1: Prekonvensionele vlak Stadium 1 Heteronome moraliteit – Straf en gehoorsaamheids- oriëntasie

Straf word vermy deur reëls te gehoorsaam. Stadium 2 Individualistiese moraliteit – Instrumentele doel en uitruiling Om beloning en gunste te verkry word reëls

gehoorsaam Vlak 2: Stadium 3 Moraliteit van interpersoonlike verwagtings, verhoudings en konformiteit – goeie seun/meisie- oriëntasie Om aanvaar te word en verwerping te vermy word reëls gehoorsaam

Meeste adolessente asook volwassenes Slegs klein persentasie volwassenes Konvensionele vlak Stadium 4 Moraliteit van sosiale sisteme en gewete – wet en orde oriëntasie

Individu aanvaar reëls omdat hy/sy daarmee identifiseer en dit as noodsaaklik beskou vir die handhawing van sosiale orde Vlak 3: Postkonvensionele vlak Stadium 5 Moraliteit van sosiale ooreenkoms, bruikbaarheid en individuele regte

Reëls word beskou as kontraktuele ooreenkomste om die individue se regte te beskerm en sodoende algemene welsyn te bevorder Stadium 6 Moraliteit van universele etiese beginsels

Persoon tree op volgens selfgekose beginsels wat berus op universele waardes.

Die waarde van Kohlberg se teorie vir die teologie lê daarin dat dit aandui hoe morele waardes ontwikkel en dat daar nie ʼn direkte verband tussen ʼn kind se ouderdom en peil van morele ontwikkeling is nie (Van Biljon, 2013:47). Volgens Meier et al (1991:181) huldig Kohlberg wel die siening dat daar ʼn verband bestaan tussen mense se waardes en oortuigings en hulle godsdienstige oortuigings en godsdiensbeoefening. In die oorgang van die prekonvensionele na die konvensionele vlak is moraliteit uiters individualisties en tot voordeel van die self. Die individu kom reëls na om beloning en gunste te verkry (Louw, 1998:381). Wat ander van ʼn persoon dink, raak belangriker, ander mense se perspektiewe word in ag geneem, moraliteit word gebou op die verwagtings van ouers, die gemeenskap, kerk en veral God. Deurlopend word reëls gehoorsaam om verwerping te vermy (Nel, 2000:19; verw.2.7.4.1; 2.7.4.2; 2.7.4.3; 2.7.4.4; vgl. Mc Donald, 2013:112).

Fowler se geloofsontwikkelingsteorie

Fowler neem Piaget, Erikson en Kohlberg se onderskeie teorieë in ag in sy samestelling van sy geloofsontwikkelingsteorie, waarin hy ses fases voorstel asook ʼn pre-fase vir suigelinge (Fowler, 1981:110, 113). In Fowler se teorie word die geloof van ʼn kind nie slegs tot godsdiens beperk nie, maar sluit alle dinge in wat in daardie stadium die belangrikste vir die kind is. Fowler fokus nie soseer op geloof as onderwerp nie, maar sy teorie het eerder te doen met die struktuur van geloof (Van Biljon, 2013:48). Fowler (1981:133-134, 149-150, 172-173, 182-

183, 197-198, 200-201) se verskillende fases word hier onder in Tabel 3.4 saamgevat. Tabel 3.4: Fowler se geloofsontwikkelingsteorie

Ouderdom Geloofsfases Soort gedrag

Net na geboorte Voorfase:

Ongedifferensieerde geloof

Kinders soek koestering, aanvaarding en veiligheid. Moet versorging ervaar om vertroue te kan ontwikkel – vertroue in hul omgewing, die versorger en die self.

Vanaf twee tot ongeveer sewe jaar

Fase 1:

Intuïtief-projektiewe geloof

Fantasie en realiteit word gereeld verwar. Nabootsing kom voor. Kinders word kragtig en blywend beïnvloed deur aksies, voorbeelde, stemming en stories deur sigbare geloof van hul versorgers. Mees basiese idee van God word gevorm weens die ouers en die samelewing se invloed.

Ses tot elf jaar Fase 2:

Mities-letterlike geloof

Werklikheid word van fantasie

onderskei. Stories word geglo wat deur die gemeenskap vertel word. Geloof, morele waardes, en houdings word op grond van letterlike interpretasies toegepas.

Elf tot vyftien jaar Fase 3: Sinteties-

konvensionele geloof

Verhoudings buite die gesin met dieselfde en teenoorgestelde geslag word as belangrik beskou. Persoon is in staat tot nadenke en bepeinsing oor eie gedagtes en ervarings. Geloof versterk waardes en informasie en voorsien basis vir identiteit.

Jong volwassene Fase 4:

Indivualiserend- reflektiewe geloof

Oorgangsfase waar nuwe identiteit en waardesisteme gevorm word.

Groepgebondenheid vorm grootliks die keuses en lewenstyl wat uitgeleef word. ʼn Tyd van onsekerheid, disoriëntasie en vrees kan voorkom.

Middel-

volwassenheid en ouer

Fase 5: Konjunktiewe

geloof ʼn Fase van weet, besef en verbintenis word ingegaan en behels meer as die digotomiese logika van fase 4.

Uiteenlopende sienings word gelyktydig oorweeg en krities

beoordeel. Persoon kom tot besef dat alle dinge organies verbind is.

Fase 6:

Geloofsuniverseling

Min mense bereik hierdie fase. Lewe word voluit geleef in diens van ander sonder enige twyfel of bekommernis.

Fowler (1981) se geloofontwikkelingsteorie was nie bedoel as sisteem om geloofsontwikkeling te klassifiseer nie. Tog kan dit vir die pastoraat ʼn diagnostiese riglyn bied om die mens se behoeftes en ontwikkeling met die eiesoortige eise gedurende ʼn spesifieke stadium te kan integreer en/of ontleed (Louw, 1999:370). Volgens die voorfase van Fowler (1981:121-134) se teorie ontwikkel vertroue teenoor wantroue deur die kind se verhouding met hul primêre versorger.

Tydens die intuïtief-projektiewe geloofsfase word kinders se geloof beheer deur hul verbeel- ding eerder as logiese denke. Hier help fantasie die kind se gedagtes vorm rondom karakters wat beskerm en aanval, byvoorbeeld God en Satan. Gedurende die mitiese-letterlike geloofsfase word geloof meer letterlik en konkreet ervaar, God word meer antropomorfies (in mensvorm) beskou met wette en straf (Ryan, 1998a:40; Van Biljon, 2013:48). Vanuit die empiriese ondersoek het dit na vore gekom dat wanneer ʼn kind tussen die voorfase en die mitiese-letterlike fase verwerping ervaar het (verw. 2.7.4.1; 2.7.4.2), dit hul selfkonsep negatief beïnvloed (verw. 2.7.4.3) het. Dit het weer hul Godsbeskouing regstreeks beïnvloed (verw. 2.7.4.4).

Trent se geestelike ontwikkelingsteorie van kinders

In die geestelike ontwikkeling van kinders het Trent et al. (2000:113, 120, 127, 134) die kind se kenmerkende ontwikkelingseienskappe in ag geneem, naamlik die kognitiewe, geestelike en fisieke ontwikkeling. In Tabel 3.5 hier onder word ʼn opsomming van die verskillende stadiums weergegee.

Tabel 3.5: Trent se geestelike ontwikkelingsteorie

Ouderdom Kenmerkende

ontwikkelingseienskappe

Geestelike ontwikkeling 0 tot vier jaar

Fondasie word gelê

Die mens word hulpeloos en afhanklik gebore met ʼn ingebore behoefte aan versorging, liefde en veiligheid.

Kinders vorm ʼn beeld van die wêreld en leer die wêreld is ʼn veilige plek en hulle is gelief.

Vyf tot ses jaar

Kinders leer en vestig verhoudings

Ontwikkeling van

vaardighede en vermoëns. Begin sosiaal verkeer en lof en goedkeuring van ouers vorm ʼn belangrike aspek van die kind se lewe. Kan dink oor die verlede en toekoms en leer van hul eie regte.

ʼn Sterk basiese begrip gevorm van die Bybel en verhouding met God asook ʼn verstaan hoe dit bymekaar inskakel. Kind begin

verstaan die lewe handel oor verhoudings – God en hulle asook hulle en ander. Kind besit ʼn basiese sosiale en geloofsvaardigheid en is gereed om meer te leer.

Sewe tot nege jaar Versekering van geloof

Eie waardes en morele beginsels word geïntegreer deur goeie gewoontes. Portuurgroepe en

goedkeuring word belangrik en heldeverering is aan die orde van die dag. Denke is logies en sistematies, en kan konkrete idees hanteer.

Kinders het nodig om God se liefde en omgee

gedemonstreer te sien om hul geloof in die lewe te versterk. Leer gewoonte aan om dinge volgens God se riglyne te doen en om na God te gaan vir hulp. God se liefde moet beleef word sodat hulle hul geloof as prakties en werklik te kan ervaar. 10 tot twaalf jaar

Kennis van God word in persoonlike geloofsisteem geïnternaliseer

Persoonlike groei en toenemende

onafhanklikheid vind plaas. Portuurgroep speel

belangrike rol en sterk gevoel van lojaliteit is teenwoordig. Kan logies dink en redeneer en is tot abstrakte denke in staat.

Oorgangstadium in ontwikkeling tot ʼn

persoonlike verhouding met God. Kinders is gereed om keuses te maak wat gebaseer is op die inligting wat hulle deur die jare versamel het.

Trent et al. (2000) se geestelike ontwikkelingsteorie fokus daarop om ouers te lei in hul taak om hul kinders geestelik op te voed en leiding te gee. Trent et al. (2000:107) beskou dit as die ouer se plig om in die eerste vier jaar van die kind se lewe die grondslag van liefde en aanvaarding te lê. Hierdie grondslag vestig die wete by die kind dat God ʼn werklikheid is, en daarom omgee en sorg. Vanuit die empiriese ondersoek het dit duidelik geword: Waar kinders tussen nul en vier jaar nie gekoester, gelief of aanvaar gevoel het nie, het hulle later getwyfel aan God se almag, liefde, betroubaarheid en kenbaarheid. In teenstelling hiermee het die kinders wat gelief en aanvaar gevoel het, nie getwyfel aan hierdie genoemde aspekte van God se teenwoordigheid nie, ten spyte daarvan dat hulle verwerping ervaar het.