• No results found

Kerk en samelewing in ‘n veranderende situasie

DIE OPBOU-MOTIEF IN ‘N PRAKTIES-TEOLOGIESE EKKLESIOLOGIE

5.3 DIE GEMEENTE OP MAKROVLAK

5.3.2 Kerk en samelewing in ‘n veranderende situasie

Die samelewing is nie staties nie, maar ondergaan met die verloop van tyd sekere ontwikkelinge en veranderinge. Die veranderinge het noodwendig ‘n invloed op kerk en godsdiens wat nie geïgnoreer kan word nie. Dekker en Stoffels (2001:95-107) wys op die onderstaande ontwikkelinge wat binne die samelewing plaasvind.

1. Die differensiasieproses: Die verskillende domeine in die samelewing verselfstandig. Sosiale differensiasie is die proses waardeur sosiale eenhede in sub-eenhede verdeel, gewoonlik elk met eie funksies wat selfstandig kan bestaan. Die moderne samelewing word deur ‘n

verskeidenheid van deel- of sub-eenhede gekenmerk. Parallel met sosiale differensiasie loop waarde-differensiasie. Die verskillende

samelewingsektore groei nie net struktureel (vorm) nie, maar ook kultureel (waardes). Die verskillende eenhede ontwikkel selfstandig naas mekaar. Die proses kan daartoe lei dat selfs van deel-samelewings of

“netwerkontvouing” gepraat kan word, elk met min of meer outonome waardes. Die gevolg van hierdie ontwikkelinge in die samelewing is dat die samelewing meer kompleks word.

2. Die proses van rasionalisering hang saam met die tegniese en

interafhanklikheid binne die samelewing noodsaak behoorlike beplanning. Dit lei daartoe dat ‘n gevoel van berekenbaarheid, maakbaarheid,

beheerbaarheid en voorspelbaarheid van die samelewing ontstaan. Die mense se lewe word van die wieg tot die graf beplan.

3. Die proses van individualisering verwys na die proses waar mense al meer van hulle tradisionele bande, soos die familie en kerk losraak, en al meer self oor hulle eie lewe besluit. Dit lei tot ‘n keusevryheid, selfs ‘n

keusedwang. Elkeen moet self besluit en kan nie maar net op tradisionele patrone terugval nie. Saam met die proses loop die proses van

subjektivering. Dit verwys daarna dat die belewing van mense belangriker word as dit wat objektief vasstaan, dit wat voorgeskryf word.

Op watter wyse het die veranderinge die kerk en ook die gemeente beïnvloed? Van der Ven (1993c:27) wys daarop dat die kerk nie meer ‘n oorkoepelende instelling naas die ander instellings in die samelewing is nie. “De andere institusies zijn autonoom geworden en hebben zich van haar geëmancipeerd.” (Van der Ven 1993c:27). ‘n Algemene term om die

veranderinge mee te beskryf, is sekularisasie. Dekker en Stoffels (2001:113) omskryf die term as ‘n proses “… waardoor (aspecten van) het leven en samenleving van de mensen ontrokken wordt aan de overheersing of begeleiding van godsdienstige institusies en symbolen.” Verskeie prosesse kan onder die term sekularisasie beskryf word. Hulle wys op die onderstaande drie (Dekker en Stoffels 2001:117-133):

1. Sekularisasie as vermindering van die godsdienstigheid van mense: Hier gaan dit veral oor die individuele lewe van mense. Die gevolg van die ontwikkelinge is dat die kerk en godsdiens sy monopolieposisie ten

opsigte van waardes en singewing verloor het. Die kerk staan naas ander organisasies op die markplein om die aandag van die indvidu en bie. Lojaliteit aan die kerk is daarom nie vanselfsprekend nie. Die kerk het nie meer die alleenreg op die vorming van die mens se lewensbeskouing nie. Ander produkte is ook vir die verbruiker op die mark beskikbaar. Die

2. Sekularisasie as beperking op die reikwydte van godsdiens: Hier handel dit oor die prosesse binne die samelewing. Die privatiseringsproses beïnvloed die plek van kerk en godsdiens. Die persoonlike wêreld van die mens word al kleiner. Godsdiens het saam met die mens uit die

onpersoonlike wêreld onttrek en funksioneer meesal binne die persoonlike wêreld van die mens. Die realiteit is dat godsdiens al meer om die

persoonlike wêreld van die mens – die privatisering van godsdiens - sentreer. Dit lei daartoe dat godsdienstige waardes en opvattinge ‘n al kleiner rol in die openbare lewe speel. Die grootste deel van die kerklike organisasie is op die woongebied van die mens afgestem, terwyl ‘n groot deel van die lewe daarbuite afspeel.

3. Sekularisasie as ‘n aanpassing van godsdiens: Die godsdienstige sisteme moet ook by ‘n veranderende situasie aanpas.’n Verskuiwing vind plaas van ortodoksie na etikalisme. Die leerstelling word minder belangrik en die regte manier van lewe skuif al meer na vore. Die proses kan ook as

horisontalisering beskryf word. Hierdie fundamentele verskuiwings sorg vir ‘n diepgaande verandering in die godsdiens. Die oorsake vir die

verskuiwings is kompleks. Mense het nie meer transendente ervarings nie, daar is wel angsgevoelens, maar minder skuldgevoelens wat tot ‘n

verminderde behoefte aan verlossing lei. Omdat die kerk op die markplein meeding, moet hulle aan die behoeftes van mense aandag gee, van daar die afname van ortodoksie, die klem op etiek en meer horisontale denke.

Die kerk funksioneer in twee verskillende wêrelde. Aan die eenkant is die kerk in sy amptelike optrede deel van die abstrakte georganiseerde wêreld. Aan die anderkant funksioneer kerk en godsdiens binne die persoonlike wêreld van die individu. ‘n Onderskeid tussen denominasionele en gemeentelike lojaliteit kan op grond daarvan gemaak word (Dekker 1995:93). Dit plaas die kerk voor ‘n dilemma. Die waardes wat die kerk wil bevorder, kom nie altyd op die voorgrond nie. Van der Ven (1993c:29) praat in dié verband van "culturele generalisering." Medemenslikheid kom byvoorbeeld op die voorgrond, maar armoede en onregverdigheid kry nie die nodige aandag nie.

Dekker (1995:104-105) onderskei drie maniere waarop die samelewing die kerk binnekom:

• Kultuur kleur godsdiens, die leer en denkbeelde wat in die kerk aan die orde kom, in.

• Die plek wat die lidmate in samelewing inneem, kom die kerk binne. Dit verwys, onder andere, na die rol wat die beroep, ouderdom en sosiale status van lidmate in die gemeente speel.

• Probleme van die samelewing kom deur middel van die lidmate die kerk binne. Werkloosheid, etiese probleme en byvoorbeeld armoede,

konfronteer die kerk.

Die kerk kan nie die samelewing ignoreer nie. “Niet alleen om individuele leden diaconaal of pastoraal te helpen, maar ook om op deze wijze bezig te zijn met die samenlevingsproblematiek en zo te trachen invloed op de samenleving uit te oefenen” (Dekker 1995:107).

Die kerklike lewe is vroeër meesal rondom die plaaslike gemeente

georganiseer. Alle fasette van die lewe is op die wyse by die kerklike lewe betrek. (Dekker 1995:138).

Die kerk as geloofsgemeenskap is ‘n basisgemeenskap wat by die situasie en behoeftes van die mense moet aansluit. Die basisgemeenskap speel veral ‘n rol as toerusting- en vormingsentrum. Die omvattenheid en problematiek van die samelewing oorspan egter die vermoë van die basisgemeenskap.

“Hiervoor is dus een behoefte aan een sterk gedifferentieerde kerk: geografisch (lokaal, regionaal, landelijk en internasionaal), maar ook

functioneel of categoriaal (naar de taak of de situatie of de groeperingen van mensen waarop het werk betrekking heeft) en mischien ook wel mentaal (naar de aard van godsdienstigheid en spiritualiteit) (Dekker 1995:140-141).

Die kern van die kerk word nog steeds uit die plaaslike gemeente opgebou. Die beginsel wat aan ‘n gemeente vorm gee, is naamlik dat dit uit eenhede

van gelowiges bestaan wat binne '’n bepaalde gebied woon. Dekker (1995:141) maak die volgende kritiese opmerking oor die vorming van ‘n gemeente: “Als men het protestantse kerkelijke leven goed bestudeert kan men constateren dat ten diepste niet het territoriale, maar het

dominocratische principe de inrichting van dat leven bepaalt: niet het bestaan van bepaalde kerkelijk organisatie, maar de omvang van de werkkracht en takenpakket van de predikant.” Die gemeente word gevorm en in stand gehou in samehang met die pligte en vermoë van die predikant!

Sekere aanpassings sal gemaak moet word. Dekker (1995:142) verduidelik die aanpassing aan die hand van die “buurtwinkel”. Die “buurtwinkel” kon vroeër in al die daaglikse aankope behoeftes van die mens voorsien. Die supermark en ook die spesialiswinkel het as gevolg van veranderende behoeftes ontwikkel.